HOOFSTUK 1.
Die bybel en die Big Bang.
Alle aanhalings is uit die King James 1611.
Sommige van julle mag dalk vind dat jy slaperig voel terwyl jy lees, dit is as gevolg van die herfokus van jou oog en brein, sien dit as ‘n positiewe teken. (Dieselfde het sommige tradisioneel geglo dat die “duiwel” ons vaak maak om ‘n groot waarheid te mis..)
Die nuwe skepping van hemel en aarde.
Die bybel is seker die mees bespreekte boek op aarde. Mense maak mekaar dood en is lief vir mekaar as gevolg van die bybel.
Dan is daar die verskille tussen die wat glo in evolusie en die wat glo in skepping. Sommige verwerp die wetenskaplikes wat glo in evolusie en glo absoluut “dat God alles geskape het.”
Persoonlik verstaan ek nie hierdie geskille nie, want is evolusie nie ook ‘n vorm van skepping nie? Evolusie soos ek dit sien is “verbetering” van die vorige skepping. Is tegnologie nie vandag beter as minder as 100 jaar gelede nie? Klip is verander in staal, deur kennis, staal en meganika het verbeter tot vliegtuie. Telefone na selfone, radios na sateliet Televisie ens, ens. Die Internet is behulpsaam dat mense kennis en vooruitgang, evolusie van gedagtes deel en niks is meer onmoontlik nie. Die Engele leer by ons. Geestelik is daar ‘n parallel, wel onsienlik maar dit bring ons dieper in hierdie Openbaring van Johannes.
Die sienlike alhoewel sigbaar voor ons is van minder belang. Ewige lewe is belangriker…Gees , lewe, ewigheid is van belang. Nie evolusie soos uit teorie verduidelik word nie maar wel Skepping vir ‘n beter, ewige toekoms. Maak dit regtig saak waar jy vandaan kom? Of Maak dit saak waarheen jy oppad is?.. Die feit is die mens se verstand, intelligensie, empatie (ons is nie meer barbaars nie) en vermoë het verbeter met tyd en dit is ware evolusie sonder enige weersprekende teorie. Dink net wat dit vir u gees beteken..
Volgens die bybel is God Gees en alles waarvan jy weet het gees anders sal hulle nie kan bestaan nie.
Kom ons neem plante as voorbeeld. Plante moet gees hê anders sal hulle leweloos wees en nie kan groei nie. Om hierdie rede kan ‘n mens sê dit is die gees in die plant wat moontlik wil verander. Dit kan natuurlik om verskeie redes wees soos byvoorbeeld om homself te verdedig of om mooier te word.
Sal ‘n mens dan sê dit is die plant wat wil verander of is dit God (die gees in die plant) wat verandering bring?
Natuurlik is dit waar tensy jy glo dat God nie in alles is nie en dan sal alles dood wees want ons weet dat God = lewe, alle vorme van lewe.
Nietemin die bybel is duidelik; God is in alles. Jy kan besluit of jy die bybel glo maar ons sal dit in elkgeval volledig bespreek.
Skepping is ‘n stadige proses, ten minste vir ons is dit..
Dan is daar natuurlik die vraag; het God alles in 6 dae geskape nl. 144 uur.
Ons kan tog nie so naief wees om te dink en te glo dat dit waar is nie.
Indien dit waar sou wees, waarom neem dit ‘n mens 20 jaar om volwasse te word of ‘n boom jare om groot te word? Waarom neem dit dan nie bv. 0,0003 sekondes nie?
Genesis is in sy geheel ‘n boek van simbole, as jy dit nie glo nie sal jy niks verstaan van hierdie openbaring uit die 7 de oog nie. Indien jy dit nie glo nie is dit dan baie maklik om van Satan ontslae te raak want dan glo jy tog dat dit ‘n werklike slang was wat Eva verlei het, en al wat ons dan moet doen is om al die slange dood te maak en Satan sal DOOD wees. Genesis is ook ‘n opsomming van die bybel in geheel.
Ons is op aarde om kennis in te win en wat meer is, ons eet van die boom van kennis. Verder; ons sterf omdat ons van die boom van kennis eet, sien Gen. 3:3 en 6. dit is baie duidelik in hierdie vers dat die rede waarom ons sterf is omdat ons van die boom van kennis eet. Vir baie jare het ons gepreek dat dit sonde is om van die boom van kennis te eet, maar daar is goeie nuus; God het nooit gese dit is sonde om van hierdie vrug te eet nie hy het slegs gese; die dag waarop jy daarvan eet sal jy sterwe.Gen 2;17. inteendeel, God moedig ons aan om kennis te soek.
Kennis het merkwaardig vermeerder veral oor die laaste honderd jaar, bloot omdat ons van hierdie boom eet.
Indien jy terugdink aan die prehistoriese tyd sal jy onthou dat daar ‘n tyd was wat ons geglo het die aarde is plat. Nou weet ons die aarde is rond.
Ons ontvang dus nog steeds kennis elke dag, ons eet immers nog steeds van die boom van kennis. Daar is ‘n groot verskil in; om in iets te glo of om kennis van iets te hê.
Het jy al ooit hieraan gedink; God het die mens (Man en Vrou) op die sesde dag geskape maar dit is nog steeds die sesde dag.
Dit kan nog nie die sewende dag wees nie want die sewende dag is die dag van rus en jy is veronderstel om die dag van rus in te gaan, sien Open. 14:13 en Pslm. 95: 11. Of rus jy reeds in die ewigheid?
God het die skepping slegs op die sesde dag voltooi en omdat ons nog op die sesde dag is het God logies nog nie die skepping voltooi nie. Sien Gens. 1: 31.
Gen 2:1; so het God dan voltooi die hemel en die aarde met hulle GANSE skepping.
Dit is tog duidelik uit hierdie vers dat die HELE skepping op die sesde dag voltooi is, maar God is steeds besig om die aarde (alle sigbare dinge) en die hemel (onsigbare dinge) te skep. Dit is duidelik uit die volgende fotos wat die geboorte van sterre aantoon en dus het God nognie die skepping voltooi nie en dit is onweerlegbare bewys dat ons steeds op die sede dag is.
Dink ‘n oomblik aan die volgende; Gen.2: 17 van die boom van die kennis van goed en kwaad daarvan mag jy nie eet nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.
Dit sê; die selfde dag as jy van die vrug van die boom van kennis eet, dieselfde dag sal jy sterwe. Dieselfde dag is logies die sesde dag.
Miskien verskil jy nou en sê; die sesde dag is die dag waarop die mens geskep is en dit is reeds lankal verby. Vir die wat so dink vra ek die vraag; Adam het die vrug geeët en God sê; op dieselfde dag as jy dit eet sal jy sterf, my vraag is; waarom het Adam dan nog ‘n verdere 800 jaar gelewe en nie op dieselfde dag gesterwe nie?
Die antwoord is eenvoudig; omdat die sesde dag nog nie tot ‘n einde gekom het nie. Indien die skepping geeindig het, of voltooi is op die 6 de dag waarom word nuwe planete steeds gevorm? (The expanding universe= bewys..) Net so is ons nog nie in die dag van rus nie. Goeie nuus, dit is naby indien u hierdie openbaring verstaan.
As ons nie hierdie WAARHEID glo nie sal die bybel ‘n leuen en ‘n geslote boek vir jou wees.
Wat meer is, die mens is geskep om slegs vir een dag te lewe, nl. die sesde dag. Aan die einde van die sesde dag sal die mens vir ewig verdwyn, sowel as alles wat jy nou sien….
Jy mag dalk vra; waarom? Omdat ons dan oorbeweeg na die sewende dag, die dag van rus, waar jy ‘n nuwe liggaam sal ontvang want jou huidige liggaam sal dan verdwyn, vernietig word Gen 2:1-3 en 1 Korint 15:52.
Huidiglik glo ek is ons een uur weg van hierdie merkwaardige gebeurtenis. Een uur verteenwoordig 41.666 jaar en is ook gelykstaande aan een generasie.
Kom ons kyk wat die bybel sê hoe alles ontstaan het.
Om hierdie bespreking te verstaan sal jy hierdie volle manuskrip moet lees nl. die openbaring van Johannes.
Nietemin, kom ons gaan na Gen. 1, die skepping van die hemel en die aarde.
Onder die term hemel moet ons verstaan dit wat ons die ruimte noem en onder die term aarde, alle sigbare hemel liggame soos sterre, sonne en planete.
Wanneer ons na die volgorde van die skepping kyk soos in die bybel beskryf sal ons sien die volgorde maak nie sin nie.
Die logiese volgorde sal soos volg wees;
Dag een; God sê laat daar lig wees. (Big Bang, Bevrugting, Nuwe lewe in die eerste dimensie van evolusie * sien my definisie van evolusie*)
Dag twee; (dag 4 volgens die bybel) die ontstaan van die planete, sterre en sonne.
Dag drie; (dag twee volgens die bybel) die skepping van atmosfeer om die hemelliggame.
Dag vier; (dag drie volgens die bybel) droë grond verskyn en plante begin groei in die water en op land.
Dag vyf; skepping van die see diere en voels.
Dag ses; die skepping van land diere en die mens.
Dag sewe; mens en dier en alle sigbare dinge verdwyn en ons betree die sewende dag van rus.
Volgens die bybel is plante en bome op die derde dag geskep en die son op die vierde dag.
Ons weet almal dit is onmoontlik vir plante om sonder sonlig te groei want plante het fotosintese nodig om te groei.
Die skepping/aarde bestaan uit twee helftes nl. hemel, en aarde/grond die ander helfte.
Die hemel reageer as die manlike en die aarde as die vroulike baarmoeder of siel van die skepping. Om hierdie rede word die aarde die moeder van alle lewe genoem. ( Asseblief, moenie hierdie openbaring vergelyk met die new age of “heavens gate” of enige ander geloof van ons tyd nie. U sal wel vind dat alle gelowe en godsdienste soms ooreenkomste het, tog is daar diversiteit en dit is gesond, dit laat ons dink en bring eenheid sowel as begrip vir mekaar as ons “ oopkop” dink en sien hoe elkeen sy deel doen in Een liggaam. ) Hierdie onderwerp word volledig in ‘n ander hoofstuk bespreek.
Die betekenis van die woord Genesis is oorsprong en dit moet ons dus vertel hoe alles ontstaan het.
Wetenskaplikes sê die huidige skepping het 20 biljoen jaar gelede ontstaan met ‘n oerknal soos hulle dit deesdae noem. Sommige wetenskaplikes sê nou dit was 15 biljoen jaar gelede. Sommige wetenskaplikes sê selfs dat die skepping slegs 13,7 bijoen jaar oud is. Syfers speel egter ‘n groot rol in die bybel en 15 biljoen jaar pas nie in nie.
Die volgende het nou op ‘n web blad verskyn;
Die Britse span was
die eerste Hubble Ultra Deep Field (HUDF)
beelde, wat die
mens se diepste optiese siening van die heelal te
analiseer. Die span beskou
die getal van die
sterre-vorming van sterrestelsels en gevind
dat daar veel minder as wat verwag is. Die tempo waarteen nuwe sterre gebore is was
'n baie stadiger as wat voorheen gedink het.
Wetenskaplikes glo dat die energie wat vrygestel word wanneer sterre gebore voorsien genoeg straling 'n gordyn van die koue, primordiale waterstof wat na die Big Bang gevorm op te hef, is nou wetenskaplikes om weer te dink dat die teorie.
"Ons kan meet hoe vinnig sterre is in die vroeë heelal gebore is nie," sê dr Andrew Bunker. "Maar ons resultate toon 'n legkaart, lyk die geboortesyfer laag in vergelyking met die meer onlangse verlede Dit is nie wat teoretici verwag het: op die vroegste tye, die heelal blykbaar' n vinnige verwarming te ondergaan die vernaamste kandidaat vir wat het veroorsaak dat hierdie is 'n ultraviolet straling.. wat gegenereer kan word as die sterre gebore is. die resultate dui daarop dat dit nie die geval was, kan die klein aantal star die vorming van sterrestelsels in die Ultra Deep Field nie voldoende is om dit te doen. Miskien is dit verwarming verder terug in die tyd gebeur het, nader na die Big Bang. "
Deur die ontleding van die foto's wat geneem deur die Hubble-teleskoop Bunker se span kon amper sien aan die begin van tyd. Hulle was in staat om 50 voorwerpe wat geneig is om te wees sterrestelsels so ver weg dat die lig van hulle geneem het 13 biljoen jaar die aarde te bereik, te identifiseer. Die sterrestelsels ontbloot deur die span wat bestaan het 95 persent van die pad terug na die begin van die tyd. Dit is die naaste die mens nog ooit gekom het na die Oerknal, toe die heelal minder as 'n miljard jaar oud.
Einde van aanhaling.
Wetenskaplikes glo dat die energie wat vrygestel word wanneer sterre gebore voorsien genoeg straling 'n gordyn van die koue, primordiale waterstof wat na die Big Bang gevorm op te hef, is nou wetenskaplikes om weer te dink dat die teorie.
"Ons kan meet hoe vinnig sterre is in die vroeë heelal gebore is nie," sê dr Andrew Bunker. "Maar ons resultate toon 'n legkaart, lyk die geboortesyfer laag in vergelyking met die meer onlangse verlede Dit is nie wat teoretici verwag het: op die vroegste tye, die heelal blykbaar' n vinnige verwarming te ondergaan die vernaamste kandidaat vir wat het veroorsaak dat hierdie is 'n ultraviolet straling.. wat gegenereer kan word as die sterre gebore is. die resultate dui daarop dat dit nie die geval was, kan die klein aantal star die vorming van sterrestelsels in die Ultra Deep Field nie voldoende is om dit te doen. Miskien is dit verwarming verder terug in die tyd gebeur het, nader na die Big Bang. "
Deur die ontleding van die foto's wat geneem deur die Hubble-teleskoop Bunker se span kon amper sien aan die begin van tyd. Hulle was in staat om 50 voorwerpe wat geneig is om te wees sterrestelsels so ver weg dat die lig van hulle geneem het 13 biljoen jaar die aarde te bereik, te identifiseer. Die sterrestelsels ontbloot deur die span wat bestaan het 95 persent van die pad terug na die begin van die tyd. Dit is die naaste die mens nog ooit gekom het na die Oerknal, toe die heelal minder as 'n miljard jaar oud.
Einde van aanhaling.
Indien dit lig 13 biljoen jaar geneem het om ons te bereik dan moet die skepping veel ouer wees as die + of – biljoen jaar wat sommige wetenskaplikes se. dit moet dan minstens 6 biljoen jaar ouer wees wat ons by 20 biljoen jaar bring.
Kom ons sê die skepping is wel 20 biljoen jaar oud; kom ons deel nou 6 dae in 20 biljoen in dan sal jy vind dat elke dag 3,333 biljoen jaar is.
Kom ons bespreek nou hierdie dae afsonderlik.
Ons sal jou die He-breeuse betekenis van sommige woorde gee. Sommiges is nie direkte vertalings nie maar met kruis verwysings bting dit ons by die woorde.
Dag 1 Gen. 1:1. in die begin het God die hemel en aarde geskape.
Ons kan die afleiding maak dat God twee plekke geskape het; ‘n geestelike plek en ‘n fisiese plek of ‘n onsigbare plek en ‘n sigbare plek.
Vers 2. en die aarde was woes en leeg. In hierdie verduideliking veronderstel ons soos sommige wetenskaplikes dat daar ‘n vorige skepping was sonder sigbare hemel liggame soos sterre en planete. Die ander verduideliking kan wees dat die vorige skepping verwoes is deur bv die sogenaamde swart gate (black holes).
Die woord leeg beteken; ‘n leemte,’n vakuum, holte, nutteloos of waardeloos, om na binne te tril, om te bewe of te tril, om skielik in beroering te bring of om te skud, om te glinster/skitter.
Ons kan dan hieruit aflei; dit was ‘n lugleegte of vacuum wat onstabiel geword het en skielik in beroering gekom het en ‘n versamelplek van nuttelose material was. ‘n Mens kan aflei dat hierdie vakuum die sigbare deeltjies in die ruimte ingesuig het.
Die betekenis van woes; ons kan ook sê soos die engelse vertaling; dit was sonder vorm; rommel of afval, verlate en waardeloos.
Die aarde was op daardie stadium sonder ‘n spesifieke vorm omrede dit onstabiel was en die pulpitasie wat soos ‘n bodemlose put ‘n orkaan vorm en wat die materie laat tol. (Sien gees onder.)
Dit is ook waardelose materie.
(Vers twee vervolg;) en duisternis was op die wêreld vloed.
Duisternis; vermeerderde duisternis, verwoesting, elende, dood, hartseer, donker nag en toenemende duisternis.
Toenemende duisternis = dit het meer en meer sigbaar geword.
Hierdie versameling van materie het meer en meer verdig en sigbaar geword, nie meer deurskynend nie. Ons kan hieruit aflei dat die sigbare duisternis genoem word, ‘n plek van ellende en smart.
Wêreld vloed; die engelse vertaling sê “face of the deep”.
Die betekenis van hierdie woorde word as volg beskryf.
Dit is ‘n malende massa, ‘n bodemlose put, ‘n onpeilbare put, ‘n golwende massa wat opwel, ‘n geraas/gebrul/rumoer, geweldige beroering en skudding, ‘n geskud en nog meer wat hierdie geweldige kragte beskryf.
Dit beskryf die toestand van die materie wat op een plek versamel het.
Ons kan dus ook sê hierdie kolkende massas het meer en meer verdig en swaarder geword, maar het nog geen vaste vorm gehad nie, logies kan ‘n mens dit aflei.
Vers twee vervolg; en die gees van God het gesweef op die waters.
Gees; die beskrywing van gees in Hebreeus is as volg. Wind, asem, lug, woede, reuk, gewelddadigheid, by ooreenkoms gees of ‘n orkaan.
Die betekenis van gees in die nuwe testament het verander.
Hierdie geweldadige orkaan word genoem die gees van God.
Hierdie malende kolkende massas is die oorsaak van hierdie orkaan of gees. Hieruit kan ons dus aflei dat daar ‘n vorige skepping was wat “opgebreek” het, of wat “ingesuig” was en verklein het en toe deur middel van die Big Bang die huidige skepping gevorm het. Hierdie insuiging het die materie verdig totdat dit “ontplof het. Lees onderstaande;
Nuwe ontdekkings
oor 'n ander heelal
wie se ineenstorting blyk te hê gegee geboorte tot
ons leef in
vandag sal word aangekondig in die
vroeë on-line uitgawe
‘van die joernaal Nature
Physics op 1 Julie 2007 en sal word gepubliseer in die
Augustus 2007 kwessie
van die tydskrif
seprint uitgawe.
Navorsers Kyk buite die geboorte van die Heelal.
Navorsers Kyk buite die geboorte van die Heelal.
Volgens Einstein se
algemene relatiwiteitsteorie, die
Oerknal verteenwoordig die begin,
die Groot gebeurtenis wat nie net die saak, maar ruimte-tyd self
is gebore. Terwyl klassieke teorieë bied
geen leidrade oor die bestaan voor
daardie oomblik het 'n navorsing-span
by Penn State gebruik kwantum gravitasie berekeninge
drade wat lei tot' n vroeër tyd om uit te vind.
"Daar is twee klassieke takke van die heelal met mekaar verbind deur 'n kwantum brug. Dit verbind die voormalige val met die huidige uitbreiding. "
"Daar is twee klassieke takke van die heelal met mekaar verbind deur 'n kwantum brug. Dit verbind die voormalige val met die huidige uitbreiding. "
2 comments:
Binne de raamwerk wat die kerk om jou plaas en binne die raamwerk van die bree Christendom voel dit wat jy hier geplaas het verkeerd. Maar, miskien is dit hoogtyd om meer vrylik te dink... want wat jy gesê het maak eintlik sin wanneer jou denke nie ingeperk is nie.
dankie. ja dink jy nie dat ons "ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis nie"?
binne die raamwerk van die kerk soos jy dit stel verwerp ons die wetenskap, maar God is tog ook wetenskap en maak sy kennis hierdeur bekend terwyl ons dalk aan ou uitgediende gedagtes vasklou. johan.
Post a Comment