Showing posts with label Jesus se gebed. Show all posts
Showing posts with label Jesus se gebed. Show all posts

Friday, December 23, 2011

Die gebed.


Die gebed.

As kind moes ek die onse vader uit my kop geleer het, amper soos ‘n resitasie.

Maar; wat is gebed en wat is die onse vader?

Die onse vader is nie ‘n resitasie nie, maar dit leer ons ‘n volgorde van hoe ons moet bid om resultate te verkry. So baie mense bid en bid sonder om resultate te verkry. Indien jy een van hulle is sal jy nou leer HOE om resultate te verkry. Jesus het ons ‘n voorbeeld hiervan gegee maar ons was “te dom” om te verstaan wat die onse vader werklik beteken.

Gebed is nie iets waar jy in die aand op jou knieë val om te vra of aan te dring op die dinge wat jy wil hê nie.

Gebed is die dinge wat jy van vanmôre tot vanaand gedoen, gedink en gesê het en behoort in die aand afgesluit te word met die onse vader.

Ek sê; jou daaglikse gebed is = dit wat jy vandag gedoen, gedink en gesê het.

Ek sê; as jou gedagtes vir vandag was, hoe jy gaan wraak neem op iemand, dan is dit = jou gebed.

As jou gedagtes vir vandag was, hoe sleg dit gaan of oor al jou probleme wat jy het, dan is dit = jou gebed en dit is wat jy gaan kry, WANT DIT IS JOU GEBED, die dinge waarvoor jy vra. JY KAN SLEGS KRY WAARVOOR JY VRA, LOGIES.

Ek sê; as jou “gebed” vandag negatief was dan sal jy môre die negatiewe kry, want dit was wat jy gevra het en jy kan niks anders kry as dit waarvoor jy gevra het nie.

Ek sê; as jy glo wat jy vandag gesê en gedoen het dan is dit wat jy môre sal kry.

 

As dinge sleg gaan dan is dit baie, baie moelik om ‘n positiewe gebed te hê, maar begin om positiewe dinge te sê, begin om dinge te sê soos; hoe jy dit graag wil hê, en binnekort SAL JY DIE DINGE ONTVANG WAT JY VRA. Jy kan begin deur te se; dinge is alreeds beter.

 

Jare gelede het ek ‘n grap daarvan gemaak as mense my vra; hoe gaan dit?

My antwoord was; ellendig baie dankie en met jou?

Dit was nie baie lank nie of my hele lewe was totaal ellendig, dit het my langer geneem om uit te vind waarom!!!!!

 

Baie mense spandeer hul hele lewe daaraan om aan ‘n/die probleem te dink, natuurlik sal die probleem nooit opgelos word nie. Waarom nie?

Omdat jy jou energie mors EN DIE PROBLEEM VERERGER.

EK Sê; DINK AAN DIE OPLOSSING WANT JY SAL DIE PROBLEEM NOOIT OPLOS SOLANK JY AAN DIE PROBLEEM DINK NIE.

Einstein, een van die grootste wetenskaplikes en ook profete van ons tyd het gesê; wanneer jy iets nie verstaan nie; SPANDEER NET TYD DAARAAN. Logies; tyd  aan die oplossing.

 

Math. 21:18-22; hierdie verse leer jou presies wat ek jou nou gesê het.

Jesus het ‘n woord gespreek en die vyeboom was gehoorsaam aan die Woord, hy het verdroog.

Jesus sê toe; as julle geloof het en nie twyfel (in dit wat jy sê), sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie, (naamlik verdroog) maar al sê jy ook vir hierdie berg; hef jou op en werp jou in die see – sal dit gebeur. Lees ook Mark. 11:23-26.

In eenvoudige taal sê dit; as jou gebed/gedagtes vir vandag ellende was dan is dit wat jy môre gaan kry, want dit was jou gebed, die dinge wat jy vra en in glo sonder om te twyfel.

Dril dit in jou kop in; JY KAN ALLEEN ONTVANG WAARVOOR JY GEVRA HET!!!! As dit nie waar is nie, kan jy netsowel jou bybel in die asblik gooi. Ek kan dit nie meer as dit beklemtoon nie..

As jy ander seën, ontvang jy seën en om hierdie rede het Jesus gesê; seën jou vyande. Jy kan SLEGS ONTVANG AS JY GEE, EN WAT JY GEE. As jy nie seen nie kan jy nie seen ontvang nie.

 

Die betekenis van vyeboom is; om aan te hou met lewe, kameraad, besitting of voltooiing.

Jou gebed is jou KAMERAAD, JOU BESITTING, WIE JY IS en bepaal wie jy is en of jy sal aanhou om te lewe. As jou gebed negatief is sal jy “die vyeboom” verdroog, maar as jou gebed positief is sal jy “jou vyeboom” vrug dra.

Jy is die vyeboom en wat hierdie gelykenis ons leer is; jy kan verander deur jou woorde te verander, as jy glo IN DIT WAT JY Sê sonder om te twyfel.

enigiets en vra jouself dan die vraag; glo jy dat jy gesê het wat jy nou net gesê het? As jou antwoord ja is, dan is dit genoeg geloof om te verander wat jy ook al wil verander.

 

JESUS HET GESE; as jy geloof het sonder om te twyfel, dan kan jy enigiets doen, en dit beteken; jy kan ellende hê OF jy kan die wonderlike dinge hê, afhangende van WAARIN JY GLO sonder om te twyfel.

As jy sê jy is mislik, dan sal jy binnekort glo sonder om te twyfel dat jy mislik is, en dit is dan ook wie jy is, want wat jy glo is waarheid vir JOU, die res is leuens. Daar is geen groter waarheid as dit nie.

Ek sê; jy kan die vyeboom/jouself vertel om te verdroog of om vrug te dra.

Die vyeboom kan haat of liefde produseer.

 

Die vraag is, hoe skep jy geloof sonder om te twyfel?

Jy moet jou ore laat drink wat jou mond praat/eet, en wat jou ore drink sal jy/waar word, want jy is ‘n geestelike fabriek.

Jy is nie geskep om perfek te wees nie, maar om perfeksie te skep.

Jy kan nie die wêreld die hele dag vertel dat jy Moses is nie, en in die aand bely jy dat jy inderdaad Hitler is nie, of andersom.

Ek sê; jy is dit wat jy die hele dag bely het, en dit is jou gebed en dit is wat jy binnekort sal wees, as dit nog nie is nie sal dit binnekort wees, want jy word wat jy sê, en jy kry dit waarvoor jy bid/sê, dit is ‘n onveranderlike wet.

Ek sê; jy glo sonder om te twyfel wat jy vandag gesê het.

Of lewe jy ‘n leuen?

Om jou geloof “sonder twyfel” te verander, MOET JY DIE DINGE WAT JY Sê VERANDER EN ALLES SAL DIENOOREENKOMSTIG VERANDER, want jou ore drink die gees wat uit jou mond uit kom en jou “brein” gee jou wat jy vra. (Naby jou is die Woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van geloof wat ons verkondig) Rom.10:8

Miskien sê jy; jy weet nie hoe ek voel nie maat, ek voel aaklig!!!

JY IS AAKLIG, dit is waarom jy dit sê, en jy sal so bly as jy nie jou woorde verander nie.

Waarom sê jy nie; ek voel wonderlik, want jy saai wat jy graag wil oes, al sien/voel jy nognie die oes nie.

Wanneer ek aaklig voel begin ek bid en sê; Here ek voel aaklig vandag, maar ek dank u daarvoor, maar nou wil ek beter voel deur beter dinge te sê soos; ek voel wonderlik!!!

Het jy al ooit daaraan gedink om God te dank vir jou siekte?

Die skrif leer my om God vir ALLES te dank, daarom kan jy begin om hom te dank vir die pyn wat jy het, en begin dankie sê vir die wonderlike van môre. God kan net gee wat hy van jou ontvang.

Die skepping word deur gees bedien en wat jy sê en glo, dit is wat jou “engele” vir jou sal doen. Wanneer iemand jou vra; hoe gaan dit, sê dan; fantasties, wonderlik. Jy sal die verskil in enkele dae voel, gewaarborg!!!!!

 

Lees hierdie dinge hardop, sodat jou ore die gees van hierdie woorde kan drink, want die gees wat jou oë drink is ‘n leuen.

Ek sê; jou oë voer jou brein met leuens, moenie hulle glo nie.

Maak dit ‘n daaglikse roetine om te sê en te luister wat jy sê; sê; EK is die God wat jou doodmaak en EK is die God wat jou lewe gee.

Sê dit totdat jy verstaan wat dit sê, want jy weet nie wat dit bedoel nie.

Sê; Ek is die een wat jou siek maak en Ek is die een wat jou gesond maak. Lees Deut. 32:39.

 

Sê; EK is die Here JOU God; sê dit totdat jy verstaan wat dit sê want jy weet nie!!!! Slegs wanneer jy weet wat dit beteken, kan jy al die ander dinge verstaan en kan God vir jou werk en doen wat jy sê. Sê dit al neem dit jou maande om te verstaan!!!!!

Ek sê; jy sal NIKS VERSTAAN as jy nie hierdie waarheid verstaan nie!!!! Deurn 32:39!!!!

Ek sê; LAAT JOU ORE HOOR WAT JY Sê. Probeer die volgende oefening:

As jy wil hê jou gebed moet beloon word MOET JY JOU ORE OP JOU STEM KONSENTREER. Maak jou hande bak agter jou ore en focus op jou woorde terwyl jy hardop praat.

Jesus het voortdurend gesê; laat hy wat ore het, LUISTER WAT DIE GEES Sê. Moenie sien wat die oë sien nie. Moet ook nie hoor wat die vleeslike oor hoor nie, hoor wat die gees se. Ons planet is een van min of selfs die enigste een waar klank gehoor kan word omrede ons unieke atmosfeer, maar die geeste waarvan ons hier praat het dit nie nodig nie. Dit is soos die wind se die bybel, jy weet nie waarvandaan dit kom nie.

Om geloof sonder twyfel te skep, sal jy die dinge moet sê soos jy wil hê dit moet wees. Jy sal die dinge moet ROEP wat jy nie kan sien of nie werklikheid

is nie. (Heb. 11:1 en Rom.  Hierdie woorde gaan nou in vervulling; GENEESHEER GENEES JOUSELF.  Die vrug van die dinge wat jy roep maar nognie   kan sien nie is;

                       DIT WORD REALITEIT SONDER ENIGE TWYFEL, want jy het dit in bestaan geroep, jy het dit geskep. Het jy al ooit hieraan gedink;                                   

Die mens is ‘n Geestelike fabriek , ‘n skepper sy lewe lank. Dit is die belangrikheid van JOU.

Jesus het gesê; God kan slegs doen SOOS HY HOOR. (Joh. 5:30)

Ek sê; God is gees, (Joh.4:24) draer van woord en andersom, en kan slegs volgens jou gesproke woord doen.

Ek sê; God kan niks doen as hy nie hoor wat hy moet doen nie, maar as hy hoor dat jy ellendig is sal hy presies dit vir jou doen. Die mees belangrike ding in jou betsaan is jou gesproke woord en jou brein. Die bybel is duidelik oor die belangrikheid van woorde en jou brein. Jesus het gese; woorde is gees en lewe. As dit waar is dan is die vokgede belangrike ding jou brein, jou komputer wat woorde in gees omskep. Die oog is die boom van dood en die oor die boom lewe, dit is as jy die korekte woorde gebruik om die boom van lewe te voed. God het jou met ‘n brein geskep wat jou of siek of gesond kan maak afhangende van die bemesting wat die oor binne gaan.

Jy bestaan uit twee dinge naamlik; EK/MY en JY/JOU.

EK/MY = jou gees/identiteit en JY/JOU = jou vleis.

Spandeer nou tyd om te verstaan wat ek sê!!!

Sê; EK is die Here JOU God.

Sê; dit is EK wat JOU siek maak.

Sê; JY maak MY siek.

Weereens, laat jou ore hoor wat die gees sê.

Ek sê; laat JY hoor wat EK sê.

Gaan staan voor ‘n spieël en sê hierdie dinge terwyl jy na jouself kyk en wys na jou liggaam as jy sê JOU/JY en na jou mond wanneer jy sê EK/MY.

Jy sal die krag van hierdie oefening voel.

Sê; EK het JOU lief.

Ek is wat Ek is (Exodus 3:14)      

 

Woorde kan jou bevrug/verwagtend maak met gees, want woorde is die draer van gees.

Jy kan jouself in enkele dae verander.

Ek sê; eenmaal bevrug, kan jy geboorte gee aan ‘n nuwe jy/’n nuwe vyeboom in ‘n kwessie van dae, sê net die dinge wat jy begeer en laat jou ore die gees drink.  Die bybel se ons drink gees.  Die rede is; water is die simbool van gees.

Salomo het gesê; hy wat die vyeboom oppas sal die vrug daarvan eet, maar ek kan ook sê; hy wat nie sy vyeboom oppas nie sal OOK die vrug daarvan eet. Jy is die vyeboom.

Woorde is die draer van jou emosies/jou gedagtes; dit kan haat of liefde wees of blydskap, dit kan jou doodmaak of lewe bring.

Ek sê; daar is lewe in woorde; woord = gees = lewe OF DOOD (dood en lewe is in die mag van die tong Spreuke 18:21.) afhangende waarin jy glo. Ek sê; woorde het mag om jou te dood of om jou te laat lewe, of mag om te gee of te neem!!!!!!

Jesus het gesê; die woorde wat ek tot julle spreek, is gees en is lewe. Joh.6:63.

Gees is die draer van woorde en die woorde wat jy tien jaar gelede gesê het is steeds in die atmosfeer, kan nooit verdwyn nie en moet vervul word.

 

Jesus het gesê; so moet julle dan bid, Math. 6;9.

Jesus het ‘n volgorde van gebed aan ons gegee.

 

Die eerste ding wat hy sê is Math.6:7; moenie ydele herhaling van woorde gebruik nie. Die meeste van ons se gebede is so deurmekaar dat ‘n mens die vraag kan vra; nou wat is dit wat jy eintlik wil hê?

 

Onse vader wat in die hemele is, laat u naam geheilig word.

Wat dit sê is; die eerste ding waarmee jy jou gebed begin is om die naam van God te heilig deur byvoorbeeld te sê; heilig, heilig, heilig is u naam, die naam bo alle name, die mooiste naam, die ewiglewende.

Hou vir ‘n rukkie hiermee aan. Wat jy in efek doen is om die een met die ewige gees te roep. Alle ongewenste geeste sal “hardloop”.

Jy kan dinge sê soos; ek vra toestemming om tot u te nader, ek wil dat u in my inkom, ek wil dat u my metgesel sal wees, om in u te wees en u in my sodat ons een kan wees. (Sien ook Joh. 17:21 en 22)

Heilig, heilig, heilig is u naam, u eenheid daar bo en maak ook my eenheid heilig. Dit is belangrik om dit drie keer te herhaal.

Natuurlik is dit belangrik om te identifiseer met wie jy wil praat want daar is duisende geeste. As jy met Piet wil praat bel jy tog nie vir Koos nie.

 

Wat is die eenheid van God?

1 Johannes 5:7; daar is drie wat getuig in die hemel; die Vader, die Woord en die Gees en hierdie drie is EEN.

Wat beteken dit?

Die een wat praat = die Vader en sy stem = die Woord en die Gees in die spraak = die Gees. Logies is hulle ‘n eenheid en nie drie persone soos ons al die jare gepreek het nie. Ons is geleer dat dit drie persone is en hierdeur het ons die eenheid verbreek, want hierdie drie dinge = ‘n “persoon”, dit beskryf ‘n lewende wese.

Omdat jy na die gelykenis en beeld van God geskape is, het jy logies ook hierdie beeld van eenheid.

Ek sê; jy is ook ‘n eenheid naamlik; jy wat praat, jou stem van woorde en die gees in jou woorde, en dit is ‘n eenheid, een liggaam en DIT IS JY. Wanneer jy dan bid LUISTER wat jy sê, want wat jy hoor = JY.

 

Maar; wat is jou woorde en wat is die gees in jou woorde?

Indien die gees in jou woorde bv. wraak is, sal jy slegs met sulke geeste kan kommunikeer.

 

Die tweede ding om te doen as jy bid is;

Vers 10; laat u koninkryk kom, laat u wil geskied soos in die hemel so ook in die aarde.

Nou kan jy aan God sê hoe jy wil hê die koninkryk moet wees. Gebruik jou “wildste” verbeelding. Voordat jy dit doen, seën die woorde wat jy gaan gebruik. Sê; Vader seën die voedsel/woorde wat ek nou gaan eet, seën dit aan u liggaam en ook aan my liggaam.

Dink jy nie God het ook dinge nodig soos; jou liefde, gesondheid, plesier, blydskap en al die dinge wat vir jou belangrik is om te hê nie?

Daarom; gee dit aan hom deur te sê; ek wil dat u gelukkig is, om gesond te wees, om liefde te ontvang, my liefde, rykdom, ewige lewe en dat u regeer.

 

Jy is veronderstel om die hemele te voed en JY KAN SLEGS TERUG ONTVANG WAT JY INGESIT HET, WAT JY God gegee het. LOGIES IS DIT SO want jy kan net kry wat jy ingeskink het.

As jy water in ‘n glas gooi sal jy SLEGS water daar uitkry.

Ek sê; as jy haat inskink kan jy slegs haat uitskink. Gedagtig aan die openbaring tot dusver, wil ek u versoek om die volgende gedeeltes goed te oordink.

 

Daarom het jy nou op hierdie stadium van jou gebed die geleentheid om AAN GOD TE GEE WAT JY VIR GOD WIL HE, want die dinge wat jy hom gee is die dinge wat hy aan jou kan terug gee. Dit is hoe die skepping werk. Soms koop ek iets lekker om te eet en terwyl ek die geure geniet sê ek; proe HERE, proe die smaak , geniet dit saam met my, proe hoe wonderlik u dit gemaak het.

 

Die derde ding om voor te bid is; Vers 11; gee ons vandag ons daaglikse brood.

Slegs nou, nadat jy God sy daaglikse brood gegee het, kan jy vir jou daaglikse brood vra, en jy vra nie net vir jouself nie, want die skrif sê; gee ONS en nie gee my nie.

 

Ek sê; moenie gulsig wees nie; God moet eerste eet voordat jy eet.

Logies is dit so, want dit is wat hierdie gebeds model ons leer, stem jy saam?

Wat is die dinge wat jy nodig het?

Weereens, moenie ‘n vraat wees en eerste wil eet nie, vra eers die dinge vir jou haatlike buurman; vra om hom lief te hê, vra genesing vir die siekes en hulp vir die armes, want onthou, hulle is selle van jou liggaam, haat jy die siek dele van jou liggaam, of wens jy dit genesing toe?

As jy jou buurman genesing gee, dan het jy genesing; as jy jou buurman haat dan haat jy jouself, OMDAT julle een geestelike liggaam is.

 

Die vierde ding van jou gebed is soos in vers 12;

Vergeef ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.

Vra eers vergifnis vir jou buurman of vir hulle wat jou te na gekom het.

Nadat jy nou die goeie en die vergifnis vir jou buurman gevra het , NOU KAN JY VIR JOUSELF VRA.

Noem die wat jy kan onthou asook die wat jy nie kan onthou nie, want iemand anders onthou dalk jou sondes.

Jy sal vind dat sodra jy dit begin doen sal die gees jou herinner aan dinge wat jy lankal vergeet het.

Vers 14; as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse vader julle ook vergewe. Lees ook Mark.11:25-26.

Vers 15; maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie sal julle vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Dit maak dit dan duidelik; vergewe eers jou buurman en dan vra jy vergifnis vir jouself, ANDERS SAL JOU SONDE NIE VERGEWE WORD NIE, jy vra verniet!!!!

Jou stem van woorde het mag om te vergewe.

 

Die vyfde ding om te doen is;

Vers 13; lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.

Nou kan jy die dinge noem waarmee jy ‘n stryd voer om af te skud. Vra dat hierdie dinge in jou sterf.

Bid hardop wanneer jy bid sodat jou ore die gees van jou gebed kan drink; konsentreer op die woorde wat jy sê, fokus jou ore sodat dit jou brein kan indring, want wat jy ookal sê, goed of kwaad, dit is voedsel vir jou brein.

Lees Heb. 9:5; laat jou gerubs van heerlikheid/jou ore, die versoendeksel/jou mond/woorde oorskadu. Jou lippe of woorde word die versoendeksel genoem, want gebed is versoening.

Wanneer jy op jou woorde van gebed konsentreer, pennetreer dit jou brein baie beter.

Jy mag dalk nou vra; waarom hou jy aan om te sê, hoor en konsentreer op die woorde wat jy sê?

Wel, doen dit en vind uit!!!!

 

Die sesde ding om te doen is;

Vers 13 vervolg; aan u behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot in ewigheid.

In hierdie deel van jou gebed verseker jy God dat jy hom die eer gee vir alles.

Moenie sê; ek glo u kan dit doen nie, maar sê; ek weet u kan die woorde vervul wat ek gesê het; ek plaas u op die troon; ek verheerlik u om alle mag en eer te hê, ek wil vra dat u doen soos ek sê, maar u wil geskied.

Geloof kom nou tot ‘n einde, want kennis neem nou die plek van geloof; JY WEET, JY HET KENNIS. Stel hierdie dinge op die proef en sien hoe alles vir jou in vervulling gaan.

Tot nou het God in elk geval al jou woorde in vervulling gebring; toe jy die slegte gevra het, het hy dit vir jou gegee, en ook die goeie, maar jy het dit nie voorheen verstaan nie.

 

Die laaste ding om te doen is om jou gebed af te sluit met die woord AMEN wat beteken; laat dit wees soos gespreek. Hiermee verseël jy jou gebed. Sê drie maal Amen.

Gebruik hierdie volgorde van gebed en resultate is gewaarborg.

Kom ons som op;

Heilig die naam van God.

Sê hoe jy wil hê die koninkryk moet wees en GEE aan God.

Nou vra jy jou daaglikse benodigdhede, eers vir ander en dan vir jouself.

Nou vra jy vergifnis, eerstens vir ander en dan vir jouself.

Vra om nie in versoeking te kom nie, noem die dinge waarmee jy sukkel en gee die eer aan God.

Verseker God dat alles aan hom behoort asook alle eer.

Sluit jou gebed af met, amen.

 

Moses het God gevra; as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê; die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle vra; wat is sy naam? --- wat moet ek hulle antwoord?

God het geantwoord; Ek is wat/wie Ek is. Ook sê hy; Ek is het my na julle gestuur. (Eksodus 3:14)

Die woord Ek = God; ook, Ek = wie God in jou is of vir jou is.

Ek sê; die woord ek = jou identiteit, wie jy is of wie God is.

God sê dus; Ek is wat die woord Ek vir jou beteken.

God sê dus; Ek = wie jy is en jy = wie Ek/God is.

Herhaal hierdie woorde male sonder tal; EK IS WIE EK IS; herhaal dit TOTDAT jy verstaan wat dit beteken.

EK GEE JOU DIE BETEKENIS NAAMLIK; EK IS WIE GOD IS EN GOD IS WIE EK IS.

EK VRA; WATTER BETEKENIS HET DIE WOORD EK VIR JOU?

Besef u nou die waarde van u woorde? Verstaan u nou God is meer as net in jou hart, Hy is in die woorde wat jy spreek. Inteendeel Hy is die Woorde wat jy praat. Kan u nou al uself identifiseer met God?

Ons vertel later heelwat meer hieromtrent en vertel onder andere hoe genesings kan geskied.

 

 

                 DIE VAS.

 

 

Die woord vas het die betekenis van; om die mond te seël, of om jou van voedsel te weerhou asook van vleeslike gemeenskap te weerhou, bv. In die huwelik. Maar ons praat van geestelike voedsel, want ons betree nou die geestelike wêreld.

Wat is geestelike voedsel?

Ons het reeds verduidelik dat geestelike kos is; dit wat by jou ore ingaan, want die goed wat by die oor ingaan gaan uit in jou asem of woorde met lewe en skeppings-krag wanneer die brein dit vrystel. Woorde/die dinge wat by die oor ingaan, word realiteit in die brein. Wat die hart van vol is loop die mond van oor.

Woorde hou lewe en dood. Niks kan so seer maak soos woorde en niks kan genees soos woorde.

Ek sê; woorde maak jou siek en woorde maak jou gesond.

Dink ‘n oomblik hieroor en sê sewe maal hardop; my woorde het mag om my te genees en my woorde het mag om my siek te maak.

Sewe is ‘n baie belangrike getal en dit help om dit wat jy vra sewe maal te herhaal.

 

Maar; wat presies word met vas bedoel as dit sê dit beteken om die mond te seël?

Eerstens, vas is nie net om jou van normale voedsel te weerhou nie, dit is nie al wat die bybel ons leer nie.

Jesaja 58:5; volgens hierdie vers is vas ‘n kwelling vir die siel. Jy kwel nie die siel deur nie te eet nie!!

Vas is om ‘n dag te kies waar jy jouself afsonder en jy praat geen onheil en geen vervloeking, met ander woorde, jy sluit die mond soos die betekenis sê.

Jy sê net die goeie dinge van ander, jy wens hulle gesondheid toe, jy vra God om die armes te voed, jy vra vergifnis vir ander en jouself, jy vra genesing, vir welvaart ens.

Ek sê; jy verseël jou mond vir die slegte en jy voed jou ore met die GOEIE VOEDSEL.

DIT IS DIE BETEKENIS VAN VAS!!!!

Wat is die goed daarvan om jou liggaam te straf om sonder kos te bly?

Verseker kan jy die nut daarvan sien om jou mond te sluit vir die normale slegte dinge wat ons daagliks sê en hoor.

Lees Math. 6:16-25 en Jesaja 58.

Jesaja 58:6; is dit nie die vas wat ek verkies nie; dat julle losmaak die bande van goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die verdruktes en elke juk stukkend breek?

Jy doen dit beslis nie deur nie kos te eet nie, doen jy?

Vers 7; is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges, swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?

WAT BETEKEN DIT OM JOU VIR JOU EIE VLEES NIE TE VERBERG NIE?

Dit beteken dat jy jouself beoordeel en ondersoek in die dinge wat jy doen en sê; EN VRA DAT DIT VERANDER.

 

Jy is verseker nie so dom om te dink hierdie dinge word letterlik bedoel nie? NEE, DIT IS DIE GEBED WAT JY MOET BID WANNEER JY JOU VASDAG HOU.!!!!

Daar is ‘n groot gewaarborgde belofte indien jy dit wel so doen.

Vers 10 sê; jy moet jou siel laat uitgaan…

Dit kan jy alleen doen deurdat dit jou gebed en lewenswyse is. Tradisioneel het klem geval op die fisiese deelneem aan goeie dade, binnekort sal u ervaar dat u geestelike woorde veranderinge bring sonder dat u self n vinger roer. U gebede sal dus die reaksie en vervulling bring wat u nog altyd na verlang het.

Die beloftes is volop soos;

Vers 8; dan sal jou lig deurbreek --- en jou genesing skielik kom..

Vers 9; dan sal jy roep en die HERE sal antwoord…

Vers11; die HERE sal jou gedurigdeur lei, en jou siel versadig…

Vers 14; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en ek sal jou laat ry oor die hoogtes van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob….

Lees die hele hoofstuk.

 

Kom bymekaar en beoefen hierdie voorbeeld wat God ons gee, op jou eie of saam met ander en SIEN BOSTAANDE BELOFTES VAN GOD WAAR WORD!!!!!

 

Jy het bes moontlik gebid, gevas en sonder enige resultate, my vriend hierdie is “potent stuff”.

Daar is altyd ‘n verkeerde en ‘n regte manier van dinge doen, naamlik ‘n mens kan by die agterkant begin of by die begin!!!!

 

 

 

Voorstel; deur spieëls op die regte hoeke te plaas kan ‘n hele stad met slegs een ligbron verlig word.

 

 

Saturday, March 17, 2007

hoofstuk 1 die bybel en die big bang

 

                         HOOFSTUK 1.

Die bybel en die Big Bang.

Alle aanhalings is uit die King James 1611.

 

         Sommige van julle mag dalk vind dat jy slaperig voel terwyl jy lees, dit is as gevolg van die herfokus van jou oog en brein, sien dit as ‘n positiewe teken. (Dieselfde het sommige tradisioneel geglo dat die  “duiwel” ons vaak maak om ‘n groot waarheid te mis..)

 

            Die nuwe skepping van hemel en aarde.

 

Die bybel is seker die mees bespreekte boek op aarde. Mense maak mekaar dood en is lief vir mekaar as gevolg van die bybel.

 

        Dan is daar die verskille tussen die wat glo in evolusie en die wat glo in skepping. Sommige verwerp die wetenskaplikes wat glo in evolusie en glo absoluut “dat God alles geskape het.”

Persoonlik verstaan ek nie hierdie geskille nie, want is evolusie nie ook ‘n vorm van skepping nie? Evolusie soos ek dit sien is “verbetering” van die vorige skepping. Is tegnologie nie vandag beter as minder as 100 jaar gelede nie? Klip is verander in staal, deur kennis, staal en meganika het verbeter tot vliegtuie. Telefone na selfone, radios na sateliet Televisie ens, ens. Die Internet is behulpsaam dat mense kennis en vooruitgang, evolusie van gedagtes deel en niks is meer onmoontlik nie. Die Engele leer by ons. Geestelik is daar ‘n parallel, wel onsienlik maar dit bring ons dieper in hierdie Openbaring van Johannes.

Die sienlike alhoewel sigbaar voor ons is van minder belang. Ewige lewe is belangriker…Gees , lewe, ewigheid is van belang. Nie evolusie soos uit teorie verduidelik word nie maar wel Skepping vir ‘n beter, ewige toekoms. Maak dit regtig saak waar jy vandaan kom? Of Maak dit saak waarheen jy oppad is?.. Die feit is die mens se verstand, intelligensie, empatie (ons is nie meer barbaars nie) en vermoë het verbeter met tyd en dit is ware evolusie sonder enige weersprekende teorie. Dink net wat dit vir u gees beteken..

Volgens die bybel is God Gees en alles waarvan jy weet het gees anders sal hulle nie kan bestaan nie.

Kom ons neem plante as voorbeeld. Plante moet gees hê anders sal hulle leweloos wees en nie kan groei nie. Om hierdie rede kan ‘n mens sê dit is die gees in die plant wat moontlik wil verander. Dit kan natuurlik om verskeie redes wees soos byvoorbeeld om homself te verdedig of om mooier te word.

Sal ‘n mens dan sê dit is die plant wat wil verander of is dit God (die gees in die plant) wat verandering bring?

 

         Natuurlik is dit waar tensy jy glo dat God nie in alles is nie en dan sal alles dood wees want ons weet dat God = lewe, alle vorme van lewe.

Nietemin die bybel is duidelik; God is in alles. Jy kan besluit of jy die bybel glo maar ons sal dit in elkgeval volledig bespreek.

 

Skepping is ‘n stadige proses, ten minste vir ons is dit..

 

     Dan is daar natuurlik die vraag; het God alles in 6 dae geskape nl. 144 uur.

Ons kan tog nie so naief wees om te dink en te glo dat dit waar is nie.

Indien dit waar sou wees, waarom neem dit ‘n mens 20 jaar om volwasse te word of ‘n boom jare om groot te word? Waarom neem dit dan nie bv. 0,0003 sekondes nie?

 Genesis is in sy geheel ‘n boek van simbole, as jy dit nie glo nie sal jy niks verstaan van hierdie openbaring uit die 7 de oog  nie. Indien jy dit nie glo nie is dit dan baie maklik om van Satan ontslae te raak want dan glo jy tog dat dit ‘n werklike slang was wat Eva verlei het, en al wat ons dan moet doen is om al die slange dood te maak en Satan sal DOOD wees. Genesis is ook ‘n opsomming van die bybel in geheel.

        Ons is op aarde om kennis in te win en wat meer is, ons eet van die boom van kennis. Verder; ons sterf omdat ons van die boom van kennis eet, sien Gen. 3:3 en 6. dit is baie duidelik in hierdie vers dat die rede waarom ons sterf is omdat ons van die boom van kennis eet. Vir baie jare het ons gepreek dat dit sonde is om van die boom van kennis te eet, maar daar is goeie nuus; God het nooit gese dit is sonde om van hierdie vrug te eet nie hy het slegs gese; die dag waarop jy daarvan eet sal jy sterwe.Gen 2;17. inteendeel, God moedig ons aan om kennis te soek.

Kennis het merkwaardig vermeerder veral oor die laaste honderd jaar, bloot omdat ons van hierdie boom eet.

Indien jy terugdink aan die prehistoriese tyd sal jy onthou dat daar ‘n tyd was wat ons geglo het die aarde is plat. Nou weet ons die aarde is rond.

Ons ontvang dus nog steeds kennis elke dag, ons eet immers nog steeds van die boom van kennis. Daar is ‘n groot verskil in; om in iets te glo of om kennis van iets te hê.

 

         Het jy al ooit hieraan gedink; God het die mens (Man en Vrou) op die sesde dag geskape maar dit is nog steeds die sesde dag.

Dit kan nog nie die sewende dag wees nie want die sewende dag is die dag van rus en jy is veronderstel om die dag van rus in te gaan, sien Open. 14:13 en Pslm. 95: 11. Of rus jy reeds in die ewigheid?

God het die skepping slegs op die sesde dag voltooi en omdat ons nog op die sesde dag is het God logies nog nie die skepping voltooi nie. Sien Gens. 1: 31.

 

Gen 2:1; so het God dan voltooi die hemel en die aarde met hulle GANSE skepping.

Dit is tog duidelik uit hierdie vers dat die HELE skepping op die sesde dag voltooi is, maar God is steeds besig om die aarde (alle sigbare dinge) en die hemel (onsigbare dinge) te skep. Dit is duidelik uit die volgende fotos wat die geboorte van sterre aantoon en dus het God nognie die skepping voltooi nie en dit is onweerlegbare bewys dat ons steeds op die sede dag is.

        Dink ‘n oomblik aan die volgende; Gen.2: 17 van die boom van die kennis van goed en kwaad daarvan mag jy nie eet nie, want die dag as jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe.

Dit sê; die selfde dag as jy van die vrug van die boom van kennis eet, dieselfde dag sal jy sterwe. Dieselfde dag is logies die sesde dag.

Miskien verskil jy nou en sê; die sesde dag is die dag waarop die mens geskep is en dit is reeds lankal verby. Vir die wat so dink vra ek die vraag; Adam het die vrug geeët en God sê; op dieselfde dag as jy dit eet sal jy sterf, my vraag is; waarom het Adam dan nog ‘n verdere 800 jaar gelewe en nie op dieselfde dag gesterwe nie?

Die antwoord is eenvoudig; omdat die sesde dag nog nie tot ‘n einde gekom het nie. Indien die skepping geeindig het, of voltooi is op die 6 de dag waarom word nuwe planete steeds gevorm? (The expanding universe= bewys..) Net so is ons nog nie in die dag van rus nie. Goeie nuus, dit is naby indien u hierdie openbaring verstaan.

As ons nie hierdie WAARHEID glo nie sal die bybel ‘n leuen en ‘n geslote boek vir jou wees.

 

          Wat meer is, die mens is geskep om slegs vir een dag te lewe, nl. die sesde dag. Aan die einde van die sesde dag sal die mens vir ewig verdwyn, sowel as alles wat jy nou sien….

 

         Jy mag dalk vra; waarom? Omdat ons dan oorbeweeg na die sewende dag, die dag van rus, waar jy ‘n nuwe liggaam sal ontvang want jou huidige liggaam sal dan verdwyn, vernietig word Gen 2:1-3 en 1 Korint 15:52.

 

           Huidiglik glo ek is ons een uur weg van hierdie merkwaardige gebeurtenis. Een uur verteenwoordig 41.666 jaar en is ook gelykstaande aan een generasie.

Kom ons kyk wat die bybel sê hoe alles ontstaan het.

Om hierdie bespreking te verstaan sal jy hierdie volle manuskrip moet lees nl. die openbaring van Johannes.

Nietemin, kom ons gaan na Gen. 1, die skepping van die hemel en die aarde.

Onder die term hemel moet ons verstaan dit wat ons die ruimte noem en onder die term aarde, alle sigbare hemel liggame soos sterre, sonne en planete.

 

Wanneer ons na die volgorde van die skepping kyk soos in die bybel beskryf sal ons sien die volgorde maak nie sin nie.

 

Die logiese volgorde sal soos volg wees;

 

Dag een; God sê laat daar lig wees. (Big Bang, Bevrugting, Nuwe lewe in die eerste dimensie van evolusie * sien my definisie van evolusie*)

 

Dag twee; (dag 4 volgens die bybel) die ontstaan van die planete, sterre en sonne.

 

Dag drie; (dag twee volgens die bybel) die skepping van atmosfeer om die hemelliggame.

 

Dag vier; (dag drie volgens die bybel) droë grond verskyn en plante begin groei in die water en op land.

 

Dag vyf; skepping van die see diere en voels.

 

Dag ses; die skepping van land diere en die mens.

 

Dag sewe;  mens en dier en alle sigbare dinge verdwyn en ons betree die sewende dag van rus.

 

 

Volgens die bybel is plante en bome op die derde dag geskep en die son op die vierde dag.

Ons weet almal dit is onmoontlik vir plante om sonder sonlig te groei want plante het fotosintese nodig om te groei.

Die skepping/aarde bestaan uit twee helftes nl. hemel, en aarde/grond die ander helfte.

Die hemel reageer as die manlike en die aarde as die vroulike baarmoeder of siel van die skepping. Om hierdie rede word die aarde  die moeder van alle lewe genoem. ( Asseblief, moenie hierdie openbaring vergelyk met die new age of “heavens gate” of enige ander geloof van ons tyd nie. U sal wel vind dat alle gelowe en godsdienste soms ooreenkomste het, tog is daar diversiteit en dit is gesond, dit laat ons dink en bring eenheid sowel as begrip vir mekaar as ons “ oopkop” dink en sien hoe elkeen sy deel doen in Een liggaam. ) Hierdie onderwerp word volledig in ‘n ander hoofstuk bespreek.

 

Die betekenis van die woord Genesis is oorsprong en dit moet ons dus vertel hoe alles ontstaan het.

 

Wetenskaplikes sê die huidige skepping het 20 biljoen jaar gelede ontstaan met ‘n oerknal soos hulle dit deesdae noem. Sommige wetenskaplikes sê nou dit was 15 biljoen jaar gelede. Sommige wetenskaplikes sê selfs dat die skepping slegs 13,7 bijoen jaar oud is. Syfers speel egter ‘n groot rol in die bybel en 15 biljoen jaar pas nie in nie.

 

Die volgende het nou op ‘n web blad verskyn;

Die Britse span was die eerste Hubble Ultra Deep Field (HUDF) beelde, wat die mens se diepste optiese siening van die heelal te analiseer. Die span beskou die getal van die sterre-vorming van sterrestelsels en gevind dat daar veel minder as wat verwag is. Die tempo waarteen nuwe sterre gebore is was 'n baie stadiger as wat voorheen gedink het.
Wetenskaplikes glo dat die energie wat vrygestel word wanneer sterre gebore voorsien genoeg straling 'n gordyn van die koue, primordiale waterstof wat na die Big Bang gevorm op te hef, is nou wetenskaplikes om weer te dink dat die teorie.
"Ons kan meet hoe vinnig sterre is in die vroeë heelal gebore is nie," sê dr Andrew Bunker. "Maar ons resultate toon 'n legkaart, lyk die geboortesyfer laag in vergelyking met die meer onlangse verlede Dit is nie wat teoretici verwag het: op die vroegste tye, die heelal blykbaar' n vinnige verwarming te ondergaan die vernaamste kandidaat vir wat het veroorsaak dat hierdie is 'n ultraviolet straling.. wat gegenereer kan word as die sterre gebore is. die resultate dui daarop dat dit nie die geval was, kan die klein aantal star die vorming van sterrestelsels in die Ultra Deep Field nie voldoende is om dit te doen. Miskien is dit verwarming verder terug in die tyd gebeur het, nader na die Big Bang. "
Deur die ontleding van die foto's wat geneem deur die Hubble-teleskoop Bunker se span kon amper sien aan die begin van tyd. Hulle was in staat om 50 voorwerpe wat geneig is om te wees sterrestelsels so ver weg dat die lig van hulle geneem het 13 biljoen jaar die aarde te bereik, te identifiseer. Die sterrestelsels ontbloot deur die span wat bestaan ​​het 95 persent van die pad terug na die begin van die tyd. Dit is die naaste die mens nog ooit gekom het na die Oerknal, toe die heelal minder as 'n miljard jaar oud.
Einde van aanhaling.

Indien dit lig 13 biljoen jaar geneem het om ons te bereik dan moet die skepping veel ouer wees as die + of – biljoen jaar wat sommige wetenskaplikes se. dit moet dan minstens 6 biljoen jaar ouer wees wat ons by 20 biljoen jaar bring.

Kom ons sê die skepping is wel 20 biljoen jaar oud; kom ons deel nou 6 dae in 20 biljoen in dan sal jy vind dat elke dag 3,333 biljoen jaar is.

Kom ons bespreek nou hierdie dae afsonderlik.

Ons sal jou die He-breeuse betekenis van sommige woorde gee. Sommiges is nie direkte vertalings nie maar met kruis verwysings bting dit ons by die woorde.

 

Dag 1 Gen. 1:1. in die begin het God die hemel en aarde geskape.

Ons kan die afleiding maak dat God twee plekke geskape het; ‘n geestelike plek en ‘n fisiese plek of ‘n onsigbare plek en ‘n sigbare plek.

 

Vers 2. en die aarde was woes en leeg. In hierdie verduideliking veronderstel ons soos sommige wetenskaplikes dat daar ‘n vorige skepping was sonder sigbare hemel liggame soos sterre en planete. Die ander verduideliking kan wees dat die vorige skepping verwoes is deur bv die sogenaamde swart gate (black holes).

Die woord leeg beteken; ‘n leemte,’n vakuum, holte, nutteloos of waardeloos, om na binne te tril, om te bewe of te tril, om skielik in beroering te bring of om te skud, om te glinster/skitter.

Ons kan dan hieruit aflei; dit was ‘n lugleegte of vacuum wat onstabiel geword het en skielik in beroering gekom het en ‘n versamelplek van nuttelose material was. ‘n Mens kan aflei dat hierdie vakuum die sigbare deeltjies in die ruimte ingesuig het.

 

Die betekenis van woes; ons kan ook sê soos die engelse vertaling; dit was sonder vorm; rommel of afval, verlate en waardeloos.

Die aarde was op daardie stadium sonder ‘n spesifieke vorm omrede dit onstabiel was en die pulpitasie wat soos ‘n bodemlose put ‘n orkaan vorm en wat die materie laat tol. (Sien gees onder.)

Dit is ook waardelose materie.

 

(Vers twee vervolg;) en duisternis was op die wêreld vloed.

Duisternis; vermeerderde duisternis, verwoesting, elende, dood, hartseer, donker nag en toenemende duisternis.

Toenemende duisternis = dit het meer en meer sigbaar geword.

Hierdie versameling van materie het meer en meer verdig en sigbaar geword, nie meer deurskynend nie. Ons kan hieruit aflei dat die sigbare duisternis genoem word, ‘n plek van ellende en smart.

Wêreld vloed; die engelse vertaling sê “face of the deep”.

Die betekenis van hierdie woorde word as volg beskryf.

Dit is ‘n malende massa, ‘n bodemlose put, ‘n onpeilbare put, ‘n golwende massa wat opwel, ‘n geraas/gebrul/rumoer, geweldige beroering en skudding, ‘n geskud en nog meer wat hierdie geweldige kragte beskryf.

Dit beskryf die toestand van die materie wat op een plek versamel het.

Ons kan dus ook sê hierdie kolkende massas het meer en meer verdig en swaarder geword, maar het nog geen vaste vorm gehad nie, logies kan ‘n mens dit aflei.

 

Vers twee vervolg; en die gees van God het gesweef op die waters.

Gees; die beskrywing van gees in Hebreeus is as volg. Wind, asem, lug, woede, reuk, gewelddadigheid, by ooreenkoms gees of ‘n orkaan.

Die betekenis van gees in die nuwe testament het verander.

 

Hierdie geweldadige orkaan word genoem die gees van God.

Hierdie malende kolkende massas is die oorsaak van hierdie orkaan of gees. Hieruit kan ons dus aflei dat daar ‘n vorige skepping was wat “opgebreek” het, of wat “ingesuig” was en verklein het en toe deur middel van die Big Bang die huidige skepping gevorm het. Hierdie insuiging het die materie verdig totdat dit “ontplof het. Lees onderstaande;

Nuwe ontdekkings oor 'n ander heelal wie se ineenstorting blyk te gegee geboorte tot ons leef in vandag sal word aangekondig in die vroeë on-line uitgawe
van die joernaal Nature Physics op 1 Julie 2007 en sal word gepubliseer in die Augustus 2007 kwessie van die tydskrif seprint uitgawe.
Navorsers Kyk buite die geboorte van die Heelal.
Volgens Einstein se algemene relatiwiteitsteorie, die Oerknal verteenwoordig die begin, die Groot gebeurtenis wat nie net die saak, maar ruimte-tyd self is gebore. Terwyl klassieke teorieë bied geen leidrade oor die bestaan ​​voor daardie oomblik het 'n navorsing-span by Penn State gebruik kwantum gravitasie berekeninge drade wat lei tot' n vroeër tyd om uit te vind.

"Daar is twee klassieke takke van die heelal met mekaar verbind deur 'n kwantum brug. Dit verbind die voormalige val met die huidige uitbreiding. "

 

 

Die skepping in sy huidige vorm is in ‘n anti klok tol, dieselfde as ‘n tornado of die tornado wat wat hierdie skepping bewerk het.

Ook alles in ons sonne stelsel draai anti kloksgewys. Dit is ‘n simbool dat ons terug gaan in tyd. Iewers in die toekoms sal die skepping in ‘n kloksgewys tol verander.

Wetenskaplikes het nou ‘n melkweg ontdek wat kloksgewys draai.

(‘n Ander idée kan wees dat die sogenaamde swart gate die vorige skepping ingesuig het en dat daar dan “’n nuwe skepping aan die ander kant gebore word.”)

(Vers 2 vervolg;) Water. Die betekenis van water word hier beskryf as ‘n fontein of ‘n oog en dit beskryf hierdie draaiende kolkende massas. Ons is bekend daarmee om te praat van die oog van ‘n orkaan.

Vers 3. en God het gesê laat daar lig wees en daar was lig.

Hierdie malende kolkende massas het ontplof en dit beskryf die sogenaamde oerknal van ongeveer  twintig (twintig werk egter beter uit volgens die Bybel)  biljoen jaar gelede.

Lig; lig word beskryf as; om aan die brand te steek, om te glim, liggewend/skitter/ophelder.

Volgens die bybel het hierdie bodemlose put omgeval van noord na suid en in die middel van die ruimte oop gebars of ontplof.

 

Jy mag nou dalk argumenteer en sê die gees van God is nie ‘n orkaan nie. (Moontlik dink jy daaraan dat God se stem in die koelte van die aand gekom het? Wel dit was eers later. Onthou wat hier gebeur het.)

God het baie magte en kragte, die bybel sê God het sewe geeste. Ons bespreek dit verder in ander hoofstukke.

 

Vers 4; toe sien God dat die lig goed was en God het skeiding gemaak tussen die lig en die duisternis.

Soos ons bespreek het; voor hierdie ontploffing het die ruimte meer en meer verdig met die sigbare “stof” deeltjies wat in die ruimte rondgesweef het en as waardelose material opgehoop het. Na hierdie ontploffing het hierdie sigbare deeltjies saamgevoeg en sigbare voorwerpe gevorm soos die son, sterre en planete om sodoende die ruimte skoon soos water te laat; dit is die tydelike  skeiding.

Ek sê; die skeiding is die skeiding/samevoeging van die sigbare deeltjies wat in die lug rondgesweef het.

 

Vers 5. en God het die lig dag genoem en die duisternis het hy nag genoem.

Hy het die helder lug dag of lig genoem en die sigbare voorwerpe het hy nag of duisternis genoem. Alhoewel u bv. die son sou sien as lig en sienlik, dien die son as die “element” wat lewe, energie, of selfs sperm ter bevrugting van die aarde (sienlik\ vroulik) gee.

Gedurende ons besprekings sal jy agterkom hoe belangrik dit is om te weet God noem die sigbare dinge duisternis.

God het die hemel dag of lig genoem en die sigbare aarde nag of duisternis.

Ons is nou aan die einde van die eerste dag of aan die einde van 3,333 biljoen jaar van die skepping.

 

Dag 2 vers 6; en God het gesê; laat daar ‘n uitspansel wees tussen die waters en laat dit skeiding maak tussen waters en waters.

Waters; water is die simbool van gees en stel dus verskillende hemele of atmosfere voor. Ons bespreek dit later weer. Noag se ark het drie verdiepings en stel drie verskillende hemele voor, ons bespreek dit later.

 

Atmosfere vorm nou om die planete met ‘n koepel tussen die verskillende atmosfere wat elke afsonderlike atmosfeer se gees of atome afsluit van mekaar, ondeurdringbaar die een van die ander.

Daar is ‘n skeiding tussen die gees/atome van die planeet en die interplanitêre hemele gemaak, asook tussen verskillende atmosfeer lae.

Vers 8. en God het die uitspansel hemel genoem of verskillende lae in die atmosfeer. Die woord uitspansel het ook die betekenis van; om uit te brei of te ontwikkel.

Water; gees of hemel = deursigtig of helder.

 

Dag 3. die logiese skeppings orde bring ons nou by vers 14 (6,666 bj jaar na die oerknal).

God het gesê laat daar ligte wees aan die uitspansel van die hemel om skeiding te maak tussen die dag en die nag en laat hulle dien as tekens sowel vir vaste tye asook vir dae sowel as jare.

“Ons” beweeg nou in ‘n tyd sone in, terwyl dit voorheen tydloos was. Verder; gasse begin nou saamvoeg en begin “brand” soos die son. Ander dien as weerkaatsing soos die maan.

 

Vers 16. God het toe die twee groot ligte gemaak; die groot lig om te heers oor die dag en die klein lig om te heers oor die nag; ook die sterre.

Son as energie vir die dag en die maan as energie vir die nag albei nodig vir “groei”. Dit word uitdruklik gesê om te heers.

Die hebreeuse betekenis vir heers is; om heerskappy en mag te hê.

Ons kan aanvaar dat die son en maan ‘n baie groot rol gespeel het in die skepping gedurende hierdie tyd want hulle het heerskappy en mag ontvang.

 

Vers 17. en God het hulle aan die uitspansel van die hemel gestel om lig te gee op die aarde.

Lig; die betekenis van lig word weergee as opgewek of om opgeruimdheid te gee.

Hierdie uitspansel is opsigself soos ‘n spieël wat alles in ‘n agterstevoor beeld weergee, ‘n verlede beeld, ‘n vals skepping om “ons terug te hou.”

Die skepping lyk glad nie soos jy dit sien nie. Dink hieraan; as daar ‘n oerknal 20 biljoen jaar gelede was wat die skepping verander het kan die volgende moontlikhede wees…

Wanneer jy ‘n ster sien ontplof kon dit miljoene jare gelede gewees het maar jy sien nou eers die flits want jy is gebonde aan tyd, gemeet in ligjare. Die Hubble teleskoop, sein vanaf n ruimtetuig sateliet-fotos terug aarde toe van gebeure in die heelal wat ligjare terug gebeur het. Veronderstel jy sien nou vir die eerste keer die flits van ‘n “nuut gebore” ster en daardie spesifieke ligflits het 10 biljoen jaar geneem om jou te bereik dan kan die volgende waar wees..

*Dit kon geheel getransformeer het.

*dit mag dalk glad nie meer bestaan nie want dit kon totaal gedisintregeer het en bestaan dalk nie meer vir die afgelope 10 biljoen jaar nie.

*gebruik die volgende hipotese; indien jy ‘n telleskoop het om ‘n sekere planeet te sien kan jy moontlik selfs bewegende wesens sien, alhoewel hulle glad nie meer bestaan vir die afgelope 10 biljoen jaar, want die lig bereik jou nou eers.

Ons hier op aarde is in so ‘n situasie.

Ek sê; ons bestaan nie, ons is vasgevang in die verlede.

Miskien is dit ‘n bietjie bo ons intelligensie vermöens.

Wetenskaplikes beweer hulle het reeds fotos  geneem van hoe die skepping gelyk het kort na die oerknal. U  het reeds van die fotos hier gesien. Nou wat sê dit vir jou?

Dag 4; of 9,999 biljoen of liewer 10 biljoen jaar na die ontploffing.

Gen 1 Vers 9.God het gesê laat die waters onder die hemel hulle op een plek versamel sodat die droë grond sigbaar word.

“Aarde” was vloeistof met ‘n groot hoeveelheid “minerale”. Die vloeistof en minerale het geskei en droë grond het verskyn. God noem die droë materie aarde en die versameling van waters see.

Eenmaal verdeel kon mistigheid en reën begin want die aarde is warm en die water is koud, dus kon wind begin waai en dit was nodig vir plante se ontwikkeling. Sien Gen. 2: 4-6.

Gen 1 Vers 11. en God het gesê laat die aarde voortbring grasspruitjies, plante wat saad gee en bome wat volgens hul soorte, vrugte dra waarin hulle saad is op die aarde.

Om voorsiening te maak vir mens en dier moes die aarde plante voortbring om suurstof te verskaf.

Evolusie/skepping het in hierdie volgorde geskied;

Gras het evoleer tot gras met saad, wat na bome verander met hulle saad in hulle.

Die Hebreeuse betekenis vir grasspruitjies word beskryf as iets soos alge wat later ontwikkel het tot gras met spesifieke spesies volgens hul soorte.

Logies het alge ook in die water ontstaan.

Ons is gewoond aan die term sintuie.

Grasspruitjies (Heb) deshe’ = tender is een sintuiglik, gras met saad het twee sintuie, vrugtebome drie sintuie, vis vier, diere vyf en mense is ses sintuiglik.

Sintuie is in der waarheid = gees = God.

Plante het ‘n asemhalings stelsel ‘n respiratoriese asemhaling, dit gebruik lug en dit is dus die eerste geestelike uitruiling (God is gees) maar daar is steeds geen kreature.

 

Dag 5 vers 20. En God het gesê laat die waters wemel met ‘n gewemel van (bewegende) lewende wesens en laat die voëls oor die aarde vlieg lands die uitspansel van die hemel.

Die oorspronklike skrifte noem dit bewegende wesens wat lewe het.

Bewegende wesens; dit word beskryf as organismes wat beweeg of kruip.

Wat lewe het; om lewend te word, maar hulle is nie asemhalend nie.

Vir die eerste keer is daar nou lewe met gees en beweging.

 

 Vers 21; en God het die groot seediere geskape en al die lewende wesens wat beweeg waar die waters van wemel, volgens hul soorte; en al die gevleuelde voëls volgens hulle soorte.

Die oorspronklike skrifte sê die water het voortgebring en noem die walvis as die groot dier.

 

Walvis; ‘n monster.

Lewende wesens; asemhalende kreature wat verstandelik is.

Hierdie wesens het nou ontwikkel tot diere wat longe het en verstandelik is, hulle het ‘n brein ontwikkel.

 

Die eerste wesens was bewegende wesens wat lewe het en het nou ontwikkel tot lewende wesens wat asemhaal en wat ‘n brein ontwikkel het.

 

Dag 6 vers 24; en God het gesê laat die aarde lewende wesens voortbring volgens hulle soorte; vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.

 

Dit het in hierdie volgorde gebeur;

Lewende wesens met ‘n lae verstandelike brein funksie het uit die water aan land gekom en het geleidelik ontwikkel tot vee. Logies was hulle asemhalende wesens.

Vee; ‘n water “os”, ‘n seekoei of nyl “perd”.

Verder, om doofstom te wees (‘n dom dier sonder geluid of spraak/geluid.)

Gehoor en geluid is op land ontwikkel nie in die water nie.

 

Wilde diere; dit word beskryf as hardlopende wesens.

Al hierdie diere en ook later die “mens” beskryf in Gen. 4: 17 – 23 was tweeslagtige wesens, hulle het hulself bevrug by wyse van spreke; ons bespreek en bewys dit in ‘n ander hoofstuk.

 

Toe ongeveer 555,555 miljoen jaar gelede sê God; vers 26; laat ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis. Iemand het aan my gesê; God was alleen en wou kinders skep; ja natuurlik is dit waar maar wie is die ons in vers 26 dan, want dit suggereer tog dat God wel nie alleen was nie?

Ons bespreek in ‘n ander hoofstuk wie die “ons” is.

 

Beeld; ‘n skim, spookbeeld, ilusie, droombeeld, sinsbedrog, spieëlbeeld, persoonlikheid, figuur en skadubeeld.

 

Gelykenis; ‘n ooreenkoms, model, vorm, fatsoen, ‘n vergelykende ontwerp, ‘n ewebeeld of ‘n denkbeeld.

 

Vers 27; en God het die mens geskape na sy beeld, na die beeld van God het hy hom geskape;

Dan sê God presies wat hy met hierdie beeld bedoel, hy sê; man en vrou het hy hulle geskape.

 

Inteendeel, God sê; sy beeld is man en vrou in een liggaam en jy is presies na hierdie selfde beeld en gelykenis geskape.

 Die afleiding is dus dat ek en jy man en vrou is in een liggaam.

Onthou die bybel sê man en vrou sal een word, een vlees.

Ek wil dit nou duidelik stel; God sê; hy = manlik en vroulik.

 

Hoe kan dit gebeur om een vlees te word mag jy dalk vra. Slegs in hul kinders is dit moontlik. Wanneer ‘n kind verwek word ontvang hy die gene van beide sy ma en pa, 50% van beide.

Dus, slegs in hul kinders kan man en vrou een vlees word; daar is geen ander manier nie, logies.

 

Ons bespreek dit later verder in ‘n ander hoofstuk want dit openbaar groot geheime.

 

Nogtans kan ons hieruit aflei dat die mens uit diere ontwikkel het.

Verander dit jou doel, jou trots of jou waardigheid? God het immers gesê hy sal mense uit rots skep. Die mens is op die sesde dag geskape en sal ook op dieselfde dag vir ewig verdwyn….

Die toekomstige verheerlikte liggaam of “mens” is geskep om uiteindelik op die sewende dag oor die skepping te heers. Om hierdie rede maak dit absoluut sin dat die mens se ontstaan van rots tot gras tot vis tot landdiere tot mens ontwikkel het. (Verheerlik is tog n beter vorm of ontwikkeling /evolusie van die sterflike ligaam wat ons nou ken tot die uiteindelike verheerlikte liggaam.)

Die mens is dus uit die bestanddele van die huidige skepping geskep.

Indien ons die kennis moet hê om die skepping te wil bestuur is daar geen beter manier as om die bestanddele van die skepping te hê nie.

 

Hemel en aarde het mekaar bevrug ten tye van die Big Bang waar die atome van aarde en hemel saamgesmelt het in die baarmoeder van die aarde.

In hul kinders, ek en jy het hemel en aarde een vlees geword.

Ek sê; hemel en aarde het een vlees geword in my en jou want ons het dieselfde gene as ons ouers, naamlik die skepping.

 

 

 

 

                            OPSOMMING.

 

Dit moet nou vir jou baie duidelik wees dat die bybel die skepping presies beskryf soos die wetenskaplikes, want dit beskryf die Big Bang asook hoe alles ontstaan het; inteendeel dit beskryf dit baie beter en wetenskaplikes kan nou van die bybel leer.

 

Die woord evolusie het presies dieselfde betekenis as die woord wat die bybel gebruik om die skepping van diere te beskryf nl. volgens hulle soort.

Die skepping self het ge-evoleer vanaf die big bang wat begin het met ‘n lugleegte tot wat ons vandag sien.

 

Ons kan dus verstaan dat die skepping ‘n proses van “evolusie” ondergaan het deurdat verskillende “materie” gevorm is deur verbindings van verskillende atome.

Het jy geweet dat die materie in jou liggaam miljoene jare oud is?

Uit hierdie besprekings kan ons dan duidelik verstaan dat die aarde as baarmoeder dien want sy is die een wat kinders baar nl. plante, en diere en mense.

 

 Die hemel dien dus as die manlike ouer wat verskillende sperm voorsien om aarde te bevrug.

Jy kan nou na die volgende fotos hier onder kyk en besluit; 1) was daar ‘n big bang?;

2) het God alreeds die skepping voltooi soos deur sommiges geglo word dat die skepping in 144 uur geskape is?; 3) is God/die skepping steeds besig om homself te skep/herskep tot iets beter?;

 4) is daar ook vir ons ‘n skielike “verandering/metamorfose” in die toekoms?