hoofstuk 10 die toring van babel
HOOFSTUK 10.
Sommige mense mag dalk sê; alles waarin ek glo het
gebeur, daarom MOET dit waar wees!!!!
Ja, alle leuens is waar, maar NOOIT DIE
WAARHEID NIE
DIE TORING VAN BABEL.
Gen. 11;1; die hele aarde het dieselfde “taal” gehad
en een en dieselfde “woorde.”
Vers 2; en toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle
‘n laagte in die land Sinear, en daar het hulle gaan woon.
Die bybel soos voorheen gesê, is geskryf in
gelykenisse, simbole, raaisels, en spiëel beelde, en dit is ook nie in volgorde
geskryf nie.
Om hierdie rede sê vers twee in der waarheid; soos die
tyd verloop het en die brein in ‘n twee lob brein ontwikkel het, het die aarde
‘n soortgelyke manier van denke en aanbidding gehad.
Vers 4; hulle sê; kom laat ons vir ons ‘n stad bou en
‘n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik, en laat ons vir ons ‘n naam
maak, sodat ons nie oor die hele aarde verstrooid raak nie.
Vers 3; daarop sê hulle vir mekaar; kom laat ons stene
vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en die
lymgrond vir klei.
Die betekenis van lymgrond is teer, ‘n by-produk van
olie; hierdie “eerste” toring is in Irak gebou waar daar volop olie en teer is.
Die woorde “kom laat ons”/of die engelse “Go to”
beteken; God gee of God bring voort/skep.
Ons kan nog baie sê oor hierdie toring wat in die
hemel opgegaan het en ‘n “gat” in die osoon laag gemaak het, wat ‘n simbool is
van die sewende koepel wat oopmaak.
Vers 5; toe daal die HERE neer om die stad en die
toring te sien waaraan die mense kinders gebou het.
The form Babylon is the Greek variant of Akkadian
Babilu (bāb-ilû,
meaning "Gateway of the god(s)", translating Sumerian
Ka.dingir.ra).
In the Bible, the
name appears as ááì (Babel),
interpreted by Genesis
11:9 to mean "confusion", from the verb balal, "to
confuse".
Neo-Babylonian Empire
Vers 6; die HERE sê; daar is hulle nou een volk en een
taal. En dit is net die begin van hulle onderneming; nou sal niks vir hulle
meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie. (die
oorspronklike sê; wat hulle kan verbeel om te doen.)
Verbeelding het eers ontwikkel na die koms van Jesus,
en daarom praat dit van die koms van Jesus, want hy is die een wat verwarring gebring
het soos hyself gesê het. Hy het gesê; stuur my en ek sal oorwin.
Vers 7; kom laat ons neerdaal en hulle taal daar
verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Vers 8; so het die HERE hulle dan oor die hele aarde
verstrooi en hulle het opgehou om die stad te bou.
Vers 9; daarom het hulle dit Babel genoem, want/omdat
daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar.
Die naam Babel of Babilon beteken verwarring; eers
was daar verwarring en toe is die stad Verwarring genoem.
Logies is hierdie nie ‘n toring soos jy ‘n toring ken
nie, dit is ‘n gelykenis van iets anders.
Waarom sal God bekommerd wees oor ‘n toring wat met
stene gebou is en wat “die hemel kan bereik?” Dit is tog belaglik!!! (Al sou
die mens die aarde opgebruik vir die toring, soos ‘n bal kougom uitrek sou dit
nie die hemele bereik nie. Hoekom het God nie ook ingegryp met die ruimtetuie
wat wel hoog in die ruimte ryk en steeds verder vorder nie? Want dit is nie van
belang nie.)
Horeb en Golgota verduidelik wat hierdie toring en
stad is.
Horeb verduidelik wat die toring van Babel beteken,
maar Golgota verduidelik dit selfs beter; ons sal eers met Horeb deel.
Horeb is soos
verduidelik die beeld van God, maar is ook ‘n simbool van die geestelike
heerlikheid van God. Hoe hoër die berg hoe meer heerlikheid.
Ek sê; hoe hoër die berg hoe hoër het die gees in die
hemel opgevaar, of hoe hoër het die toring in die hemel opgevaar.
Ons praat dus van ‘n geestelike toring wat die hemel
kon bereik.
Alle, enige gees = God. Ek sê; jou asem = God, jou
gedagtes = God, jou hond se asem = God.
Ons was nie toegelaat om die berg aan te raak nie,
maar die aanraking is die simbool van; moenie ‘n toring na die hemel bou nie,
of moenie dat jou gees opvaar na die hemel nie, na God of moenie “dinge”
.verheerlik nie.
Ek sê; ‘n toring is die simbool van hoe die mens se
gees opvaar na die hemel, en spesifiek waar ‘n groot groep mense soos by ‘n
kerk byeenkoms deur geloof en verheerliking, heerlikheid gee aan iets
spesifiek, of ‘n sport byeenkoms waar jy jou span saam met duisende ander luid
toejuig.
Waarom moet ons nie ‘n toring bou/opklim na die berg
nie?
Omdat die hipotese is; God is bo op die berg, wat
simboliseer dat God verhewe is in die hemel en ons moenie opklim om hom aan te
raak nie of ons moenie ‘n geestelike toring na die hemel bou om God aan te raak
nie.
Ex. 19:12; jy moet vir die volk ‘n grens rondom aanwys
en sê; pas op dat julle nie op die berg klim of sy voet aanraak
nie. Elkeen wat die berg aanraak, moet sekerlik gedood word.
Vers 13; geen hand mag hom aanraak nie; maar hy moet
sekerlik gestenig of sekerlik met ‘n pyl geskiet word; of dit ‘n dier of ‘n
mens is – hy mag nie lewe nie. As die ramshoring lang geluide blaas, mag
hulle op die berg klim.
Die ramshoring wat blaas is die sewende basuin wat nou
blaas en ons mag nou die berg klim.
Kom ons bespreek nou hierdie twee verse;
Wys ‘n grens aan ---
Wat is hierdie grense?
Die grense is die tien gebooie wat sê; jy mag nie…
Wat beteken hierdie grense?
Dit beteken; indien jy die gebooie kan nakom sonder om
hulle te oortree, dan mag jy die berg klim/die toring bou na God, jy sal dan
soos God word, in sy teenwoordigheid wees sonder om ooit weer te sterf!!!! Jy sal van die boom van lewe eet.
Niemand kon dit nog regkry nie, bloot omdat dit
onmoontlik is om die berg te klim sonder om die gebod te oortree, terwyl jy
vleeslik is. Dit is die rede waarom ons sterf en wat meer is, ook diere sterf
as hulle die berg aanraak.
Jy mag nou redeneer en vra; is dit nie onregverdig
nie, want hoe kan ‘n dier die gebooie onderhou?
Ja natuurlik is dit vir beide mens en dier
onregverdig, maar verseker vir die dier want die mens is baie beter toegerus
met intelligensie.
Nietemin, dit is eintlik baie eenvoudig; elkeen,
enigeen wat ore het sal sterf, want ons is die gekose geslagte lam.
Ex. 19:11; eers na twee dae, 2000 jaar, wanneer die
sewende basuin blaas, mag ons die berg bestyg.
Waarom mag ons die berg na twee dae bestyg?
Omdat ons eers ons klere moes was, bedoelende ons moes
‘n aanvaarbare gees “word” en intelligent genoeg wees om minstens die liggaam
te onderskei.
Ex. 19:10; gaan na die volk en heilig hulle VANDAG
EN MORE.
Vandag en môre = die 2000 jaar waar Jesus Christus in
die graf is, terwyl hy sy klere was = die afgelope 2000 jaar.
Nie alleen moes ons ons klere was nie, maar ons moes
ook die berg heilig maak.
Ex. 19:23; --- baken die berg af en heilig dit ---
(heilig die berg, heilig God.)
Ex. 19:13; ---- as die ramshoring lang geluide blaas, MAG
hulle op die berg klim.
Wat beteken dit, --- wanneer die basuin lang geluide
blaas?
Wanneer die sewende koepel in jou brein oopgaan, dan
is dit die sewende basuin wat blaas, wanneer jou geestelike oog oopgaan.
Wanneer sal hierdie sewende basuin blaas?
NOU, MET DIE UITGAAN VAN HIERDIE MANUSKRIP NA DIE
MENSDOM!!!!
Ex. 19:11; ---- hou hulle gereed teen die DERDE
dag; want op die derde dag sal die HERE voor die oë van die hele volk op die
berg Sinai afdaal.
Die derde dag is die dag wat begin aan die einde van
die laaste twee dae, naamlik aan die einde van 2000 jaar, en dit is NOU.
Wanneer dit sê; voor die oë van die hele volk, beteken
dit nie dat dit ‘n sigbare verskyning is nie, maar jou geestelike oog sal
oopgaan.
Die derde dag duur ‘n duisend jaar.
Geestelik het ons die berg geklim.
Ons het ‘n goue dier/kalf gemaak en die eerste vier
gebooie oortree en gesê; dit is ons God, soos Jesus as God byvoorbeeld. Lees
ex. 32:1-6.
Ons het ook die vlees en bloed van hierdie dier geëet,
bedoelende, ons het die gees van die dier gedrink, en hierdie gees het as ‘n
toring opgevaar om God te bereik.
Hierdie geestelike toring word as die rooi draak met
sewe koppe en tien horings en vier vlerke beskryf. Openb. 12:3.
Hierdie toring is die toring van gehoor, toe die oor
by Horeb oop gegaan het.
Dit is dus duidelik dat ons die berg geklim het, met
ander woorde ons het ‘n toring na die hemel gebou/na die top van die berg, en
moes dus sterf, want ons het die berg geklim/aangeraak deur vier gebooie te
oortree.
Hierdie toring van gehoor simboliseer; ons het na die
STEM van die vrou Sinai geluister.
In Ex. 32 verse 1-6 lees ons hoe die mense ongeduldig
geword het omdat die een wat hulle moes lei, Moses, “nie terugkeer van die berg
af nie.”
Moses was die een om hulle na God te lei, om hulle te
wys hoe om ‘n toring te bou na God, sonder om hul lewe te verloor.
Hy is die een om hulle te wys hoe om hul klere te was
sodat hulle heilig kon word en om terselfdertyd God te heilig, want God het
boos en onvrugbaar geword en wou weer geheilig en vrugbaar word.
Ons het ons klere gewas deur sekere dinge soos reeds
bespreek te heilig.
Nietemin, die volk het by Aaron aangedring om “’n
toring te bou.”
Hierdie mens dier kon slegs aanbid wat hy met sy
naakte oog kon sien, en Aaron het ‘n goue kalf gemaak en gesê; hier is julle
Gode.
Vers 6; en hulle het die ander dag vroeg klaar gemaak
en drankoffers geoffer en dankoffers aangebring; daarop het die volk gaan sit
om te eet en te drink, en hulle het opgestaan om te speel.
Om te eet en te drink is die simbool van; die eet en
die drink van die gees van die goue kalf. Hulle het opgestaan =
opgerys/opgevaar na die hemel, ‘n toring gebou.
Dit is ook ‘n simbool van die nagmaal(tyd).
Onmiddelik het God geweet, die toring het hom bereik
in die hemel/berg en hy sê aan Moses; vers 7, gaan heen, klim af, want
jou volk wat jy uit Egipteland laat optrek het, het verderflik gehandel.
Omdat die volk die eerste vier gebooie oortree het, is
hierdie gees gebore en het opgevaar na die hemel/God; hulle het met ander
woorde die berg aangeraak deurdat hulle die eerste vier gebooie oortree het en
moes nou sterf.
Vers 19; moses het afgekom/neergedaal/geval en die
goue kalf gesien en Moses het die tafel met die gebooie gebreek, die beloftes
van God en het die kalf gemaal tot poeier, dit op die water gegooi en die volk
dit laat drink.
Kom ons bespreek hierdie twee verse;
Christus was bo-op die berg en het ‘n geestelike gebod
geskryf, maar die mense was vleeslik en kon dit net sigbaar verstaan en
hierdeur het Christus dus vlees/sigbaar geword vir ons en die eerste belofte is
verbreek en het nou ‘n fisiese gebod geword.
Water = gees, en die maal van die kalf tot poeier
beteken dat die volk nou die bitterheid van die gees deur hulle self verwek sal
drink en sterf.
Goud smaak bitter.
Voorwaar, vers 27; -- laat elkeen sy swaard aangord
aan sy heup, gaan heen en weer van poort tot poort in die laer, en laat elkeen
sy broer en elkeen sy vriend en elkeen sy naaste doodmaak.
Vers 28; daar het drieduisend mense gesterf daardie
dag.
In elk geval het almal in die woestyn gesterf.
Hierdie was die geboorte van Ismael die sintuig van
gehoor --- die wilde een, met sy ma as Sinai, wat nou geboorte gee aan hulle by
die voet van die berg. Ek is seker daarvan dat jy die “wildheid” van hierdie
wesens kan verbeel toe die oor begin oopgaan.
Ek sê; die slawe is gebore.
Ek sê; die geslagte lam is gebore.
Ek sê; die mens het nou skuldig geword en het die seun
van die verderf geword, en sal nou terugkeer tot stof.
Ek sê; die sigbare berg/Sinai/Hagar is die ma van
hulle aan die voet van die berg.
Ek sê; die mens sal voortaan in die plek van God
sterf, wat boos geword het.
Die geboorte van gehoor het hierdie dier- mens ‘n
wrede dier gemaak.
Ons kan nou na ‘n ander prent kyk aangaande hierdie
gebeurtenis.
Openb. 6:9; toe hy die vyfde seël oopgemaak het, sien
ek onder die altaar (die altaar wat Aaron vir die goue kalf gebou het) die
siele van die wat gedood is terwille (in die plek van God) van die woord van
God en die getuienis wat hulle gehad het.
Vers 10; en hulle het met ‘n groot stem uitgeroep en
gesê; hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons
bloed op die bewoners van die aarde nie.
Hieruit is dit duidelik dat ons op die aarde die
geslagte lam is.
Openb.12;3; en ‘n ander teken/wonder het in die hemel
verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings en
op sy koppe sewe krone.
Die krone dui aan dat God hulle as heersers aangestel
het.
Vers 4; en sy stert het die derde van die sterre van
die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. (ons die verkoses.)
Die stert simboliseer die predikers as die profeet van
die “goue kalf”/ Jesus as God en ons wie die predikers volg is die verkose een
wat deur die stert van die draak meegesleep word en op die aarde gewerp is.
Kom ons bespreek nou hierdie twee verse;
Die betekenis van ‘n teken/wonder = ‘n teken, ‘n
wonderwerk of om te kenne te gee of te openbaar.
Hoe vreeslik hierdie draak ookal mag lyk, dit is ‘n
groot wonderwerk of openbaring, want God is nou losgekoop deur hierdie een
derde van die hemelse wesens, wat vrywillig gekom het om te sterf, om diens in
die vlees te doen, en om terwille van die Skepping/God te sterf en om weer gees
te gee aan die sterwende skepping. Dit praat van jou wat gewilliglik vir God
gesterf het en daarom sal jy al die mag en eer ontvang, want dit is die “omkoop
geskenk” wat jy ontvang in ruil daarvoor dat jy die stukkie geneem het en die
martelaar vir God geword het. Jy is Judas wat die omkoop geskenk geneem het.
Die bybel sê jy is verkoop.
Die oopmaak van die vyfde seël in openbaring 6:9 is
die oopgaan van die gehoor sintuig, of die blaas van die vyfde basuin, of die
vyfde koepel wat oopgaan. Die mens het die seëls oopgemaak.
Dit is eers nou dat gehoor vir die hele skepping
oopgaan, want voorheen het hulle geen gehoor gehad nie, geen klank was bekend
nie, en daarom is dit ‘n wonderlike gebeurtenis, ‘n wonderwerk!!!
Wetenskaplikes stuur klank seine die ruimte in, in die
hoop om met moontlike lewe kontak te maak, maar hulle het hul tyd gemors, want
daardie wesens ken nie klank nie, hulle kan nie hoor nie.
Eers nou as die dak van Noag se ark verwyder word, sal
klank ‘n werklikheid wees vir hulle, vir die eerste keer.
Ek sê; eers nou met die oopgaan van die sewende
koepel, die sewende seël, die dak van Noag se ark, wanneer die sewende basuin
blaas, sal die hemele oopmaak na die interplanitere hemele, na hulle en na ons,
die uitspansel/dak sal verwyder word en ons sal kennis deel.
Dit is die sending van hierdie profeet; om jou sewende
koepel te laat oopgaan asook die hemele na die derde hemel sodat jy die
Lewendmakende Gees kan ontvang wat Jehovah genoem word, ‘n gees wat homself vir
ewig energeer.
Jy moenie Horeb of Sinai sien as ‘n gebeurtenis van ‘n
dag of twee nie.
Ek sê; die oopmaak van die oor het twee dae geneem om
ten volle te ontwikkel, naamlik 2000 jaar, maar ook dit is simbolies want dit
het waarskynlik miljoene jare geneem. Twee dae = 1.5 biljoen jaar, die periode
vandat die seelewe op land gegaan het nl. die vyfde en sesde dag. 1.5 biljoen
jaar as ons die tyd neem waarin ons melkweg omwentel.
Horeb en Golgota is dieselfde gebeurtenis beskryf deur
twee verskillende oë of intelekte.
Ek sê; Jesus het gesê; ek is die begin en die einde
en begin en einde is op presies dieselfde oomblik en kan nie geskei word nie.
Ek sê; aan hulle wat die genade ontvang om te verstaan
wat ek sê, wanneer ek sê; NOU, HIERDIE is die begin en die einde.
Jesus
het gesê; daar kom ‘n tyd dat ek nie deur gelykenisse tot julle sal spreek nie
maar, reguit uit die perd se bek, en dit is nou.
Hy het ook gesê; as julle nie die aardse dinge
verstaan nie, hoe sal julle die hemelse verstaan/die geestelike?
Dit is nou dat hy met julle oor die hemelse dinge
praat en die vraag is; verstaan jy?
Grace.
Give grace my Lord
For we are carnal and
We live in fear and pain
In uncertainty of the future
We can only see, what we see
Open up my God to thee
Open up my soul in thee
Open up my spirit towards thee
Wisdom Lord I plea
I love you mother and father
Pardon me, my father
For mothers name I mention first
She has shared my pain
But now my GLORY!!!
Let we all now be one in thee
Judas your beloved,
How wonderful is love!!!!!
Wind
van die liefde.
Waar het die liefde sy bevrug gevind
In die oggendwind het sy aangekom
En het ons saam ontwaak
Ek sien haar in my drome
Sy het die gedaante van ‘n vrou
In oggend dou ontwaak sy
Ek skep haar met die stroom van my gedagtes
Ek sien die strale van die son
Weerkaatsend op haar borste
‘n druppel van die hemel dou
blinkend op haar tepels, soos
die eerste liefdes druppels
sag en glad as ek dit raak met my verlange
strelend is my gedagtes hande
weerkaatsend in my oë as ek jou beraak
jy is die mooiste, mooiste vrou
ek het jou gebaar, ek het jou lief
met liefdes sperm van my gedagtes
het ek jou gevorm, en het jy
ontwaak, dit is die liefde
hier by my, het ek en jy mekaar gevind
met liefdes dou het jy my omvou binne jou
maar soos die strale van die son dan rek
en die dou druppels belek
so het jy dan ook verdwyn
maar net tot môre
as die nuwe dag hier binne my,
my gedagtes wek
dan sien ek jou weer
en jy is die mooiste, wanneer
ons weer mekaar ontmoet
in ons verrukkings wind
dan sal ons baar die liefde,
ONS KIND!!!!
Johan.
Poësie profeet?
HERE u weet
Ek is geen poësie profeet
Ek weet daar minder van
As ‘n doemprofeet
wat sê hy weet
Of ‘n kat wat sê
Hy ken safraan
Maar dit bly so mooi vir my
As u hier so deur my spoel.
Maar, Erasmus vir ewig en u vir my
Vir altoos en vir altyd, altoos…..
Erasmus.
Openb. 6:14; “toe die draak gebore word”, het die
hemele weggewyk soos ‘n boek wat toegerol word.
Ek sê; die ou hemel is opgerol en ‘n nuwe hemel is
uitgerol naamlik, die tweede hemel en dit is vooruitgang.
Daar is nog twee torings om te bespreek en dit het
betrekking op Jesus en die laaste profete. Die eerste toring in verband met
Jesus is sy vleeswording, waar hy sigbaar as ‘n bewegende voorwerp vir die
naakte oog verskyn het. Hier het die mens se oog oopgegaan, sy sesde koepel of
basuin het geblaas.
As ons nou deur ‘n ander oog na berg Horeb en Sinai
kyk dan sien ons Jesus/Mo Hammed/Abraham as berg Horeb of berg Golgota of berg
Moria of die berg by Mecca. Mo Hammed het gekom om te waarsku dat ons nie
torings moes bou nie, bedoelende geestelike torings; hy het gesê selfs die
grafte moes nie opgeheuwel word nie maar gelyk met die grond wees.
Nietemin, Mo Hammed se volgelinge het ‘n moskee bo-op
sy graf gebou.
Ek sê; sy volgelinge het ‘n geestelike toring op sy
graf gebou en hom verheerlik, hom “uit sy graf gebring” iets wat hy ten
strengste verbied het. Daar is ook geen fotos of beelde van hom nie want dit
word verbied.
Sy volgelinge verwag dat hy ook na daardie selfde plek
sal terugkom. (Wêreld spektrum ensiklopedie.)
Christene het presies dieselfde gedoen, en ‘n
geestelike toring bo-op Jesus se graf gebou, hom uit sy graf gebring, en verwag
dat hy weer na Jerusalem sal terugkeer.
Vir beide Muslem en Christen, dit sal verseker NIE
GEBEUR NIE.
Die skrifte sê
so. Ons praat later hieroor.
Alle gelowe annekseer die sogenaamde Jerusalem in
Israel as hul heilige stad en land.
Die geveg aangaande Jerusalem is ‘n oop boek aan ons
almal; ons sien dit elke dag op tellevisie, die verwarring en mense wat sterf.
Maar is dit die heilige stad?
Die huidige Jerusalem/land van Israel was ‘n idée om
‘n “nuwe” Jerusalem te bou en het sy oorsprong in die laat 1800’s en begin
1900’s. (Ensiklopedie Wêreldspektrum.)
Aanvanklik het die Sioniste die idée gehad om die
“nuwe” Jerusalem in of Argentinia of Uganda te bou, maar het toe besluit op
Palestina die sogenaamde verlore vaderland.
Omtrent al die gelowe het dit aanvaar as die “nuwe”
Jerusalem, waar die tempel weer gebou sal word en vir sommige gelowiges, waar
Jesus weer sal terugkeer. Hulle sê dit is die geboorte plek van Christus of
stad van Abraham waar Christus hemel toe gevaar het, dieselfde soos Mecca, waar
Mo Hammed hemel toe gevaar het en hulle sê God het hulle laat opvaar.
Die waarheid is; die volgelinge het hulle laat
“opvaar”.
Wie
is Jerusalem?
Kom ons kyk wie Jerusalem werklik is en debateer wat
daar gebeur het.
Gen. 11:7; laat ons neerdaal en hulle taal daar verwar,
sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.
Die rede vir God om neer te daal is dus; OM
VERWARRING TE SKEP onder die geloof van die mense, sodat hulle nie hierdie
gesamentlike toring sou bou nie, sien vers 6, of minstens dat hulle
verskillende torings sou bou om hul sending te vervul.
Om hierdie rede kom Jesus dan, en sy sending of die
verklaring van sy sending is; Luk. 12:49 en 51. ek het gekom OM VUUR op die
aarde te werp –
Dink julle dat ek gekom het om vrede op die aarde te
gee? NEE, ek sê vir julle, MAAR EERDER VERDEELDHEID/VERWARRING.
Dit is duidelik dat die toring van Babel na Jerusalem
verwys waar God neergedaal het.
Math. 13:34; al hierdie dinge het Jesus deur
gelykenisse vir die skare gesê en sonder gelykenisse het hy vir hulle niks gesê
nie.
Vers 35; sodat vervul sou word wat deur die profeet
gespreek is; ek sal my mond open deur gelykenisse; ek sal uitspreek dinge wat
verborge was van die grondlegging van die wêreld af.
Ons is nou besig om hierdie verborge dinge te
openbaar, waarvan die meeste ‘n geheim was tot nou.
Mark. 3:12; hy het hulle herhaaldelik streng gebied om
hom nie bekend te maak nie
Die vuur waarvan Jesus praat is die Heilige
Spook/Skim.
Die Heilige Spook is ‘n aardse gees wat VUUR
genoem word.
Math. 3:11; --- hy sal julle doop met die Heilige
Spook en met vuur.
Hierdie gees genoem Heilige Spook, is die “gees van
die dooies”; dit hou jou in ‘n diepe slaap/dit verblind jou sintuie, soos
voorheen verduidelik.
Terselfdertyd is hierdie vuur ook bedoel om jou te
laat verderf en jou te laat sterf om terug te keer tot stof.
In sy eie woorde is Jesus die een om VUUR EN
VERWARRING te bring na die toring van Babel/Jerusalem. Gen. 11: 7.
Jesus het in gelykenisse gepraat wat dit vir ons
onmoontlik gemaak het om te verstaan, want ons het nog nie die wysheid gehad om
die gelykenisse te verstaan nie.
Verder; hy het nie bekend gemaak wie hy is nie.
Openb. 22:16; --- ek is die wortel en die geslag van
David, die blink môrester.
Jes. 14:17; -- hoe het jy uit die hemel geval O
môrester, Lusifer, seun van die daeraad.
(jy mag vind dat ek baie dinge herhaal wat reeds gesê
is, maar ons beskryf dit vanaf ‘n ander hoek en die gelykenisse vloei die een
in die ander, maar ek sal my bes doen om dit deur verskillende oë te beskryf.
Dit is ook uiters noodsaaklik dat jy die gelykenisse verstaan.)
Jesus is in sy eie woorde die Lusifer, die “vorige”
môrester wat uit die hemel geval het. Jy weet nou waarom hy uit die hemel geval
het, JY sy liggaam/vrou het hom die vrug van die oog gegee om te eet nadat
jy omgekoop is om dit te doen.
Hy is in sy eie woorde die wortel van David en nie die
spruit/tak nie.
Die spruit moet nog kom, is nou hier. Sien Sagr. 3:8 en 6:12.
Jesus het die hoeksteen van die fondament van die
tempel gelê, jou liggaam/siel. HY HET NIE DIE TEMPEL GEBOU NIE. Kan jy
dit ontken?
Die wortel kan nie vrug dra nie, maar wel spruite
maak.
Die SPRUIT is die een wat die tempel bou, wat die
tempel meet, OM JOU TOEGANG TE GEE NA DIE ALLERHEILIGSTE TEMPEL, en om te meet wie
mag ingaan om vrug te dra/’n oes te lewer.
Wat of wie is hierdie vuur waarmee Jesus gesê het hy
ons sal doop?
Kom ons kyk wat God gesê het van die gevalle môrester.
Eseg. 28:2; mense kind sê aan die vors/prins van
Tirus/Lusifer; so spreek die Here HERE; omdat jou hart hoogmoedig was en jy
gesê het; ek is ‘n God, ek bewoon ‘n godewoning in die hart van die see
(see = gees) – terwyl jy tog ‘n mens is en geen God nie – en jou hart gemaak
het soos die hart van ‘n God.
Die betekenis van Tirus = die God van die aarde,
naamlik Satan/Lusifer is die prins/God van die aarde, ‘n aardse idool.
Tirus beteken verder; om die mond te sluit/die een wat
homself nie bekend maak nie.
Dit beteken ook; die een wat die bodemlose put van die
see gesink het.
See = gees, dus ‘n geestelike put gesink het.
Vers 8; in die kuil/hel sal hulle jou laat neerdaal,
en jy sal in die hart van die see die bittere dood sterwe van een wat verslaan
is. (soos ons verkondig die geval met Jesus was.)…
Vers 13; jy was in Eden, die tuin van God (in jou
gesig as jou man)
Hy was die een in jou brein/jou voorkop, jou man/gees
wat deur Kain vervang is omdat jy boos geword het.
Vers 14; jy was die gesalfde gerub met uitgespreide
vlerke wat beskut ---
Die betekenis van beskut = deurvleg/verweef as ‘n
beskutting; by implikasie om te omhein, om te oordek, te beskerm, te verdedig,
om saam te voeg en nog meer.
Dit spreek vir homself, maar ons kan byvoeg, om ewige
lewe te gee.
Sien ook Gen.2:15.
Vers 15; jy was volkome in jou weë van die dag af wat
jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is.
Jy weet nou hoe hy met ongeregtigheid gevul is.
Vers 16; weens die grootheid van jou koophandel het hulle
jou binneste met geweld gevul, en jy het gesondig; DAAROM het
ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe. (uit die tuin verdrywe)
Voorheen was sy werk om, soos verduidelik, ewige lewe
te gee, maar die mens, sy liggaam het gesondig en hom gevul met sonde deur
middel van die man die sigbare as voedsel te gee deurdat ons idole aanbid het.
Dit het dus veroorsaak dat die môrester/Christus uit die hemel gewerp is, uit
die berg/die heerlikheid van God.
In der waarheid sê dit dat jy ‘n idool van jouself
gemaak het.
Hierdie het meegebring dat die ewige gees in die brein
vervang is deur Kain of Satan, die gees van die sigbare. Al hierdie dinge was
‘n beplande aksie met onder andere om kennis te “pluk” omtrent die sigbare
helfte van die skepping, maar ook om die skepping met ‘n lewende siel te
energeer.
Kom ons som op; die ewige gerub/Jehovah is vervang met
‘n gerub met ‘n vlammende swaard/Satan, wie se sending nou was om jou te laat
sterf maar om ook
kennis in te win.
Die vuur waarvan Jesus praat is hierdie gerub/Satan
wat ons verwar om ons weg te hou om te pluk van die boom met ewige vrugte.
Hierdie gees is bedoel om jou te verteer totdat ons
genoeg intelligensie het.
Eseg. 28:18; --- daarom het ek ‘n vuur uit jou
binneste laat uitgaan; dit het jou verteer en ek het jou tot as gemaak (jou tot
stof laat terugkeer) op die aarde voor die oë van almal wat jou gesien het.
Vers 19; al jou bekendes onder die volke is ontsteld
(oorspronklike sê; verstom/verslae) oor jou; (soos die geval nou sal wees met
die uitgaan van hierdie skrywe) jy het ‘n verskrikking geword en sal daar
nie meer wees tot in ewigheid nie.
Wat sê hierdie twee verse vir ons.
Die vuur uit ons midde wat ons verteer is die gees in
die voorkant van die brein; die saad van dood is in die brein, maar kan in ‘n
saad van lewe verander word, maar totdat dit gebeur sal ons sterf, na die
verderf gaan, terugkeer tot stof.
Soos vers 19 sê; nooit sal jy meer wees nie,
want die mens is geskep om net een dag te leef, die sesde dag om siel te gee aan
die skepping en wanneer dit voltooi is, is sy sending verby/volbring, en sal
hy, die duiwel vernietig word.
Die duiwel = die menslike liggaam, maar die duiwel IS
NIE = Satan, want Satan is die gees van die duiwel, die geestelike kind aan
wie die mens geboorte gegee het.
Dieselfde met Jesus = die menslike liggaam, maar Jesus
IS NIE = Christus, want Christus is die gees van die liggaam, dit is AS
JY KAN ONDERSKEI.
Verder sê vers 19; ALMAL WAT JOU KEN SAL VERSTOM
WEES OOR JOU.
Dit sê; almal wie Jesus ken sal verstom wees.
Sal jy dit aanvaar as waar of sal jy dit ontken soos
die bybel sê; die duiwel is ‘n leuenaar gebore? Sal dit vir die kerk moontlik
wees om hul blindheid te erken? God het jou verblind maar die bybel sê ook dat
jy hierdie openbaring sal verwerp soos jy reeds gedoen het, vir jou eie redes. Nou kom die skrif in vervullig wat sê;
Jes. 14:16-17; die wat jou sien, beskou jou, hulle let op jou en sê; is dit
die man wat die aarde laat sidder het, koninkryke laat beef het? Die wêreld
soos ‘n woestyn gemaak en sy stede verwoes het (deur oorlog en terreur), wat sy
gevangenis nie losgelaat het huistoe nie?
Wat beteken dit; hy het sy gevangenis nie laat huistoe
gaan nie.
Ons is sy gevangenis want hy sit in ons brein, en hy
hou ons gevange, want hy verblind ons en solank ons hom as God verkondig sal
ons sy gevangenis bly, totdat ons kan onderskei. Kan jy onderskei? Kan jou
predikant wat jou geestelike aanvoerder en vader is onderskei?
Die bybel sê ons hou aan om die een wat ons slaan te
aanbid.
Hoe het hy ons verblind?
Deur ons te verlei.
Hoe het hy ons verlei?
Hy het homself God genoem. Lees Joh. 10: 22-42.
Hy het gesê; Gen. 3: 4-5; --- julle sal gewis nie
sterf nie ----
Joh. 6:54; hy wat my vlees eet en my bloed drink, het
die ewige lewe –
Hy het gesê jou oë sal oopgaan.
Gen 3:5; God weet dat as julle daarvan eet,
julle oë sal “dan” oopgaan –
(Dieselfde dag)
Luk. 24:30-31; -- hy het gedank en die brood gebreek en dit aan hulle gegee, toe is
hulle oë geopen, en HULLE HET HOM HERKEN.
Hierdie brood wat Jesus aan ons gee, is ‘n simbool van
die vrug van kennis of die bewys dat ons hom vlees gemaak het, want hulle het
hom herken nadat hulle die vrug van die oog geneem het.
Om hom te herken beteken om hom as God te aanvaar. Om
hom te ken moes ons die vrug van kennis eet.
Dit is ook die simbool van die nagmaal wat in sekere
kerke gebruik word.
Dit is ook ‘n simbool van die vrug van die oog, want dit
is die vrug van die oog wat die oog geopen het na die pluk van die
vrug, logies.
In hierdie geval is die vrug van die oog; ons het
Jesus die mens/profeet as God aanvaar en daardeur het ons drie gebooie oortree
en een uit hulle gemaak en gesê; JESUS IS ONS GOD.
Hy het gesê; julle sal gode word/soos God.
Gen.3:5 ---- julle sal soos God wees –
Joh. 10:34; -- is daar nie in julle wet geskrywe; ek
het gesê julle is Gode nie?
Wanneer het hy dit gesê?
Hy het dit in Genesis 3:5 gesê.
Deur middel van hierdie dinge het Lusifer die slang
(die liggaam van Jesus) ons verblind en verlei om die skepsel te volg as God en
ons het die omkoop stukkie geneem.
Hy het ons ook ‘n teken gegee om ons te verlei deur te
sê; hy sal op die derde dag die Sondag uit sy graf opstaan, wat “bewaarheid
is”. Lees Joh. 20:1-10 en Math. 28:1-10.
Deut. 13:1-2; -- as ‘n profeet by jou opstaan en jou
‘n teken of ‘n wonder aankondig, en die teken of wonder kom uit wat hy
jou beloof het met die woorde; laat ons agter ander Gode aan loop – wat
jy nie geken het nie – en hulle dien.
Vers 3; dan moet jy nie luister na die woorde van die
profeet nie—(die profeet, die stem van die vrou)
Joh. 8:12; --- ek is die lig van die wêreld; wie my
volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van
die lewe hê.
Duidelik was hierdie profeet die vals profeet en om
hierdie rede moes hy sterf.
Deutn. 13:5; die profeet of die man wat as dromer
optree moet gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God.
Die val van die Môrester Jesus, het drie stadiums
naamlik; die sesde, sewende en agste
dier. Lees Openb. 17:10-11.
Die vyfde dier wat geval het is Moses die tien
gebooie, want Jesus het sy plek ingeneem, die plek van die rooi draak.
Ek sê weer; ons moes Jesus volg om die siel te skep en
“JESUS” HET NIE GESONDIG NIE; JY SY BRUID/SY LIGGAAM het hom boosheid gegee as
voedsel en hy het BOOS geword. Jy het gesondig, die kerk het, want die kerk het
hom die verbode vrug gegee om te eet.
Die
eerste fase van die dier uit die aarde.
Jesus het gekom om die gebod/wet te vervul, hy het
nie gekom om dit te vernietig nie. Math. 5:17.
Ek sê; hy het nie gekom om die rooi draak te vernietig
nie maar om hom te versterk.
Die eerste fase of die sesde dier was toe Jesus
sigbaar op die aarde geloop het, en homself as God verklaar het, en ons oë het
oopgegaan vir die sigbare.
Hy het die aarde vir twee en veertig maande
“bewandel.”
Die draak het hom sy krag, sy troon en groot mag
gegee. Openb. 13:2-5.
Hy is die eerste Adam wat sy lewe verloor/gegee het,
omdat hy die vrug van die boom geëet het, wat sy vrou aan hom gegee het om te
eet. Lees Gen. 3.
Onder toesig van Moses het die rooi draak die
Israeliete water/gees gegee uit ‘n rots, manna in die woestyn en oorwinning in
baie oorloë, maar nou het Jesus die mag en troon van die rooi draak ontvang
wat hy by berg Sinai ontvang het.
Die draak wat by Sinai gebore is het nou terug gewyk
en sy krag aan Jesus gegee, en dit was dan die val van die vyfde dier/koning, want
hierdie koning het nou sy troon aan Jesus die sesde koning gegee.
Ek sê; Moses, priester van die Voorhof het nou plek
gemaak vir Jesus die priester van die Heilige kamer om die gebooie ten volle te
vervul.
Ek sê; Moses die vyfde koning, die koning van gehoor
het plek gemaak vir die sesde koning die koning van sig.
Met die eerste verskyning by Horeb het ons God gehoor
maar nou met hierdie verskyning sien ons God/Jesus as God.
Ek sê; die mag van die Voorhof/die Draak is oorgedra
aan hierdie “lopende” dier met een horing en oë soos ‘n mens en ‘n mond wat
groot dinge spreek, naamlik Jesus. Lees Dan.7:8.
Hy het mense se siektes gesond gemaak onder die krag en
mag van die wet. Dit verklaar die magte van die eerste Adam.
Alle genesings wat huidiglik in die kerk geskied,
gebeur onder hierdie mag, en daarom word slegs siektes wat verband hou met die
siel genees. Ook dokters en medisyne resorteer onder hierdie magte.
Hy het homself as die seun van God verklaar en alle
mense het die dier met sewe koppe en tien horings gevolg, en op sy koppe ‘n
naam van godslastering naamlik; ek is die seun van God. Lees Openb.
13:1.
DIE HELE WêRELD HET HIERDIE DIER GEVOLG. Lees Openb. 13:3.
Miskien sê jy; ek het nie hierdie dier gevolg nie! Ek
veronderstel dat jy dan ook sal sê dat hierdie vers ‘n leuen is; dit moet
dan ‘n leuen wees, want die bybel sê; die HELE wêreld het agter die dier
aangegaan.
Ja, die kerk ontken dit en sê hierdie gebeurtenis moet
nog in die toekoms gebeur, maar sal jy dit nou ontken?
Verstaan jy dat jy vir God gewerk het?
Hier is ‘n
paar voorbeelde van wat aan ons voorgehou word as ons God en wie ons volg;
Einde van aanhaling.
Fotos soos hierdie word gebruik om oorlog te adverteer
en heeltemaal tereg se dit; ek is die outeur van oorlog. Dit is wat Jesus gese
het; ek het gekom om vuur en verdeeldheid op die aarde te werp.
Openb. 13:3; ek het een van sy koppe gesien net of dit
dodelik gewond
was ----
Wat beteken dit en watter een van die sewe koppe was
gewond?
Dit is die kop met die vier horings wat een horing
geword het wat gewond was.
Ek sê; dit is die kop met een horing en oë soos ‘n
mens en ‘n mond wat groot dinge spreek, naamlik dit praat van Jesus.
Dan. 7:8; terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ‘n
ander horinkie tussen (tussen die tien horings) hulle op, en drie van die
vorige vier is daarvoor ontwortel –
Dit sê; drie horings is heeltemal geignoreer/oortree
en een horing is uit hierdie vier gemaak.
Ons het reeds verduidelik dat een kop vier horings of
gebooie gehad het, naamlik die eerste vier gebooie.
Die drie horings wat ontwortel is, is die tweede,
derde en vierde gebod naamlik;
Die eerste gebod; Ek is die HERE jou God, jy mag geen gode voor my
aangesig hê nie.
Die tweede gebod; jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gekykenis
maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder die aarde is, of van wat in
die waters onder die aarde is nie.
Die derde gebod; jy mag voor hulle nie neerbuig en hulle dien nie.
Die vierde gebod; jy mag die naam van die HERE jou God nie ydelik
gebruik nie.
Hierdie laaste drie gebooie is ontwortel, geignoreer,
oortree en een gebod/horing is van hulle gemaak naamlik die eerste gebod wat
sê; ek is die HERE jou God –
Jesus is dus hierdie kop met een horing, en met oë en
‘n mond van ‘n mens en hy sê; ek is die HERE jou God, volg my, aanbid my.
Het jy hom aanbid?
Indien jy hom aanbid het, dan het jy sy No 666, die No
van die siel.
As jy dalk sê; ek is muslem en ek het nie my profeet
aanbid nie, dan is jy iemand sonder ‘n siel en ongelukkig sal jy dan ‘n verdere
1000 jaar moet wag om wakker te word. Is jy ‘n siel? Jy moet ‘n besluit
maak, jy kan nie soos ‘n tak in die wind waai nie.
Openb. 13:3; hierdie kop/Jesus is dodelik verwond ----
Hy is gevange geneem, gekruisig en begrawe.
Hierdie kop met een horing, met oë en ‘n mond van ‘n
mens HET GESTERF.
Op daardie oomblik van dood het die sesde engel geblaas
en ‘n ster het van die hemel geval op die aarde en die sleutel van die
bodemlose put/hel/die graf is aan hom gegee, en hy het die steen voor die
graf/hel weggerol vir die sewende dier/koning ---- die een wat uit die
graf/aarde op gekom het.Lees Openb. 9:1-2.
Die volgelinge van die vyfde, sesde, sewende en agste
dier/konings vaar na die verderf, volgens die bybel. Om na die
verderf te vaar beteken nie dat ons na ‘n brandende vuur in die hel gaan soos
ons dit al die jare verkondig het nie, want jy IS in die hel; dit
beteken slegs dat jy oud word en sterf, soos ons dit ken.( Die Russeliete het
reeds baie jare probeer bewys die hel beteken graf “geber” Dit is ook nie
korrek nie, dit is nie wat ek se nie..)
Hierdie vers maak dit dan ook duidelik DAT HULLE WAT
NOU HIERDIE PROFEET SAL VOLG, SAL NIE NA DIE VERDERF VAAR NIE, MAAR
EWIGE LEWE ONTVANG.
Aanvaar asseblief hierdie aanbod!!!
Ook op dieselfde oomblik van dood het die voorhangsel
in die tempel in twee geskeur van bo tot onder. Lees Math. 27:51.
Wat beteken dit?
Die geblaas van die vyfde engel simboliseer die eerste
hemel, die hemel van die sintuie, die een waar Moses ons ingeneem het. Die
voorhof simboliseer ook die eerste hemel. Die eerste hemel simboliseer ook die
troposfeer en tot ‘n mate ook die stratosfeer waar ons normale klank golwe kry.
Die dood van hierdie sesde dier aan die kruis het die
volgende hemel, die tweede hemel vir die mens oopgemaak, WANT DIE VOORHANGSEL
HET OOPGEGAAN na die volgende hemel.
Gedurende hierdie tydperk voor die kruisiging, het Jesus/die
dier self die gebruik van die nagmaal ingestel, die stukkie van verraad of
die omkoop stukkie aan ons gegee.
Wat is die implikasies dat Jesus self die nagmaal
ingestel het?
In die eerste plek is dit die sigbare bewys dat
ons wel die stukkie/vrug van die oog, die vrug van die boom in die middel van
die tuin in Eden geneem het.
Tweedens, dit is ‘n “nag maaltyd” soos die
woord “nagmaal” duidelik sê, en dit simboliseer die tydperk in die graf
--- die tweeduisend jaar van duisternis.
Duisternis bedoel; sonder die lig, sonder Christus,
inteendeel dit beteken ons is antichris.
Die nagmaal is die bewys dat hulle wat dit gebruik die
Judas is wat God verraai het.
Ja, in der waarheid is Jesus die Judas wat jou
verraai het, maar jy is die een wat gely het.
Jy sal Judas moet vergewe. Sal jy Judas vergewe
Jesus het gesê; Luk. 22:18; ek sê vir julle; ek sal
sekerlik nie drink van die vrug van die wynstok voordat die koninkryk van
God nie gekom het nie.
Wanneer kom die koninkryk van God?
NOU!!!!!!!
Derdens; dit simboliseer die indompel van die stukkie
wat hy aan Judas gegee het.
Judas is ‘n ander naam vir die menslike liggaam, en
daarom is ons Judas wat die dompel stukkie gewilliglik geneem het ---
die vrug gepluk het.
Judas is die seun van Simon; bedoelende, Judas is die
gehoorsame een.
Ek sê; jy is die gehoorsame een wat die vrug geneem
het.
Ek sê; ons is die verraaiers, want ons is die
Liggaam/Eden.
Ek sê; ek is die verraaier maar ook die een wat God
bekend maak.
Vierdens; toe ons die stukkie neem, HET SATAN
ONMIDDELIK IN ONS INGEVAAR, GEBOORTE GEKRY IN ONS.
Lees; Luk. 22:3 en Joh. 13:27.
Wat beteken dit as ek sê Satan het geboorte gehad in
ons?
Dit beteken dat die gees van sigbaarheid/sig, wat
Satan genoem word, geboorte ontvang het.
Dit is die geboorte van die sesde gees van Satan die
voltooiing van die siel.
Satan is die gees met sy oorsprong uit die sigbare,
terwyl Christus se oorsprong uit die onsigbare is.
Vyfdens; dit beteken dat ons die gees van die siel
drink en eet.
Die gees van die siel = die gees van die sigbare. Dit
beteken dat ons die sigbare dinge gees gee sodat hulle ook lig kan word.
Natuurlik beteken dit ook dat die sigbare ook aan ons gees gee. Satan het vir
‘n sif gevra sodat die siel gesuiwer kon word.
Sesdens; dit beteken dat ons Satan aanbid soos sy
versoek was.
Die nagmaal is ‘n getuie en bewys dat ons Satan aanbid
--- die liggaam soos hy versoek het.
Hierdie dier het die aarde vir 42 maande bewandel, die
tydperk van sy/Jesus se prediking. Lees; Openb. 13:5.
Die tweede fase van die dier, die sewende dier/koning.
Die tweede fase of die sewende koning het begin toe hy
uit die graf uit gekom het, toe die graf oopgemaak is.
Openb. 9:1; ek het ‘n ster uit die hemel op die aarde
sien val en aan hom is die sleutel van die put van die afgrond gegee. Openb
9;13 die sede engel.
Math. 28:2; --- ‘n engel van die Here het uit die
hemel neergedaal en gekom en die steen van die opening weggerol en daarop gaan
sit. (die graf het oop gegaan).
Vers 3; en sy gedaante was soos weerlig ---
Luk. 10:18; ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die
hemel sien val ---
Openb. 13:3; --- sy dodelike wond is genees ---
Sy dodelike wond is genees want hy het opgestaan/weer
lewendig geword.
Die graf/put/hel het oopgegaan want die rots wat die
deur van die hel verseël het is weggerol op die derde dag na die kruisiging.
Hierdie dier/koning uit die see/geloof het die
sleutels wat die hel oopmaak gehad, Openb. 9:1; hy het gesê hy sal weer
opstaan.
Die oomblik van dood of die oomblik toe die graf
oopgaan was die oomblik toe die sesde engel gebore is. Lees Luk. 23:46.
Dood en lewe is op presies dieselfde oomblik en kan
nie geskei word nie. Dit was die oopgaan van die tweede hemel toe die
voorhangsel van bo tot onder geskeur het. Lees Math. 27:51.
Dit simboliseer die skeuring van die hemel (Jes.
64:1), die koepel/uitspansel tussen die
eerste en tweede hemel het geskeur.
Ons het toe toegang verkry na die tweede hemel,
naamlik die mesosfeer, 70-90 km. vanaf die aarde waar normale klank golwe volop
is.
Die oomblik toe hy uit die graf kom is die oomblik van
hemelvaart van hierdie koning. Mark. 16:19.
Hierdie is die eerste opstanding, die opstanding van die siel, die geboorte
van die siel en die geboorte van Satan se sesde gees, en die geboorte van die
No 66, die No van die antichris.
Ons kan sê; voor die sterwe van Jesus aan die kruis
het ons die No 6 gehad en met die opstanding het ons die No 66 ontvang.
Hierdie No’s simboliseer die vermoë van die mens se
brein.
Jy behoort nou duidelik te verstaan dat dit ‘n lang
tyd geneem het vir die dood en dus ook vir die opstanding uit die graf, en die
2 dae of 2000 jaar is slegs ‘n formule of gelykenis om die vordering van die
mens se brein oor ‘n baie lang periode te beskryf. Daar kan nog baie hieromtrent
gesê word maar jy sal verstaan dat die mens die vermoë van verbeelding nie
oornag ontwikkel het nie.
Met hierdie nuwe hemel wat vir ons oopgegaan het na
die opstanding uit die graf/siel, het ons toegang tot die Heilige kamer ontvang
en die besnydenis het uitgedien geraak.
Waarom het dit uitgedien geraak?
Die besnydenis simboliseer die ontwikkeling van die
sintuie, ‘n insnyding in die vleeslike sintuie en dit kon nie verder ontwikkel
nie, en daarom het ons ‘n nuwe hipotese benodig in die vorm van ‘n lewende
(sigbare) God, naamlik Jesus. Voorheen het ons God nie gesien nie maar gehoor
by die lees van die wet.
In hierdie nuwe kamer, die Heilige kamer, genoem
heiligdom of Jesus, betaal ons met ons eie lewe en bloed as die skuldige een
wat vir elkeen se sonde moes sterwe.
In hierdie kamer het die mens se naam van Adam tot
Jesus verander.
God het hulle naam Adam genoem en nou noem hy hulle
naam Jesus, ‘n siel.
Dit is nou ‘n insnyding in die hart, die siel se gees
waar dit voorheen in die voorhof ‘n insnyding in die sintuie was.
Hierdie kamer is veronderstel om die mens se
verbeelding te ontwikkel.
Heilige kamer of heiligdom het die betekenis van;
toewyding aan ‘n man, deur middel van prostitusie of losbandige en
wellustige afgodediens van ‘n idool.
Ek sê; dit is ‘n heiligings proses deur middel van
afgodediens en prostitusie.
Ek sê; deurdat ons toewyding gegee het aan ‘n manlike
idool soos Jesus/Mo Hammed en andere het ons onsself geheilig.
Ek sê; deur middel van ‘n hipotese dat hierdie idool
‘n perfekte persoon is, en deur die begeerte om soos die idool te word, het ons
onsself geheilig.
Dit is nie alleen deur Jesus of Mo Hammed nie, maar
ook deur rock sterre; om soos die idool te word is die hoof gedagte.
Jy kan nou dalk wonder waarom dit prostitusie genoem
word?
Die antwoord is baie eenvoudig; Jesus = die sigbare
liggaam, en daarom = vroulik en duisternis.
As ons Jesus dus as ‘n man preek terwyl sy in der
waarheid vroulik is, is dit prostitusie, want ons het geestelike omgang, stem
jy saam?
Kan jy jou ‘n geestelike kind van so ‘n seks daad
voorstel?
As gevolg hiervan, dat ons ‘n vrou as man verheerlik,
het ons seks tussen man en man en tussen vrou en vrou.
Die waarheid is dus; die kerk het ons tot afgodediens
en prostitusie gebring, want hulle het gesê; kom ons verheerlik hierdie “man.”
Hierdie sewende dier of koning wat uit die aarde
opgekom het sal volgens die bybel slegs ‘n kort rukkie regeer. Lees Openb.
13:11 en 17:10.
Die tydperk wat hierdie koning regeer is volgens die
hipotese die tydperk vanaf waar hy uit die graf kom tot sy hemel vaart, en dit
is wanneer verbeelding oorneem.
Ons het die hipotese dat dit 40 dae geduur het.
Ek sê; vandat Jesus uit die graf gekom het tot sy
hemel vaart is 40 dae.
Ek sê; sy regering was totdat die Heilige Spook Gees
gekom het.
Ek sê; die Heilige Spook kon slegs kom nadat ons die
dier wat uit die aarde opgekom het verheerlik het en logie eers nadat hy
opgevaar het.
Wat beteken hierdie hemel vaart?
Dit beteken dat die siel (gees van die siel) opgevaar
het na die hemel.
Dit beteken dat die gees van die sigbare dinge
opgevaar het hemel toe.
Dit beteken dat Satan opgevaar het.
Dit beteken dat die Heilige Spook opgevaar het.
Dit beteken dat dit ‘n geestelike toring is wat
opgevaar het. Ons weet dat die toring in Babilon gebou is en daarom weet ond
dat Jerusalem Babilon is.
Die opstanding/oopgaan van die graf is die dier wat
uit die aarde opkom. Lees Openb. 13:11.
Wat beteken dit; die dier wat uit die aarde opkom?
Dit beteken; dit is ‘n gees geskep op/uit die
aarde, naamlik die gees van Satan/gees uit die sigbare; daar was nog nooit
voorheen so ‘n gees in die hele skepping nie, dit is reuse vooruitgang.
Openb. 13:11; hy het twee horings gehad net soos ‘n
lam ---
Dit sê; soos ‘n lam want hy is nie die lam nie,
ek en jy is die lam.
Die dier wat uit die aarde opkom is die dier wat die
swaardwond ontvang het en lewe – lees Openb. 13:14.
Hy het hierdie swaardwond ontvang toe hy aan die kruis
gehang het. Lees Joh. 19:34.
Die hemelvaart van Jesus wat aan ons gemeld word in
Hand. 1:9 is ‘n simbool van die waarheid; inteendeel alles omtrent Jesus is;
Gelykenisse, simbole, raaisels en spieël beelde van
die waarheid.
Jy mag dalk vra; wat is die waarheid, want al hierdie
dinge het gebeur?
Die waarheid is dat die hemelvaart van Jesus ‘n
simbool is van die siel wat in die tweede hemel opgeneem is na die troon van
God.
Ek sê; dit is ‘n simbool van JOU siel wat in
die hemel opgeneem is.
Ek sê; dit is die toring van die siel wat opgeneem is
om aan die regterhand van God te sit.
Die regterhand van God is sy woord. Die opneem van die
siel Jesus kon slegs geskied na die verheerliking van Jesus, bedoelende
die verheerliking van die liggaam wat uit die graf gekom het, want slegs dan
kon die siel geboorte kry of slegs dan kon die Heilige Spook geboorte kry of
slegs dan kon die gees van verbeelding geboorte ontvang en opvaar.
Joh. 7:39; dit het hy gesê van die gees wat die sou
ontvang wat in hom glo; want die Heilige Spook was daar nog nie OMDAT
Jesus nog nie verheerlik was nie.
Waarom slegs dan?
Deurdat ons die DENKBEELDIGE een wat uit die
graf gekom het verheerlik het, het JY die gees van verbeelding ontwikkel
= die Heilige Spook Gees.
Dit is jou verbeelding wat jou verblind het.
Ek sê; verbeelding het hom uit sy graf gebring en jy
is die graf waaruit hy opgestaan het.
Dit maak dit dan baie duidelik dat Adam ‘n lewende
siel geword het EERS NADAT die mense Jesus begin verheerlik het.
Gen. 4:26; Set het geboorte gegee aan Enos en toe het
hulle die naam van die HERE begin aanroep.
Set het die betekenis van ses, bedoelende die geboorte
van die sesde gees wat Jesus gebring het. Hierdie gees het geboorte gegee aan
die sterfling Enos, ‘n indiwidu. Die onsterflike siel het eers later ontwikkel.
Dit maak dit ook duidelik dat jy hierdie Adam is
wat ‘n lewende siel geword het nadat jy Jesus begin verheerlik het,
en nie ‘n ander enkele persoon duisende jare gelede nie. Dieselfde geld vir
alle ander gelowe.
Ek sê; slegs nou is die siel van Adam voltooi en slegs
nou kan hy ‘n lewende siel genoem word.
Sodra jy die gees van verbeelding ontwikkel het, word
jy ‘n geestelike wese wat sigbare dinge gees gee, want die skrif sê; strome van
lewende water/gees sal uit jou binneste vloei, dit is as jy glo volgens Joh.
7:38.
Daar is geen ongelowiges nie, selfs hulle wat glo
daar is geen God nie, OOK HULLE GLO, STEM JY SAAM?
Jy kon nie ‘n geestelike wese word mits jy die gees
van die Spook/Slaap het nie, wat ‘n gees van verbeelding of van drome is.
ALLE MENSE het die gees van verbeelding en selfs sommige diere.
Om verbeelding te skep het tyd geneem soos jy sal kan “verbeel.”
Die eerste diere wat uit die water gekom het het nie die gees van
verbeelding gehad nie.
Dit bring ons nou by die derde fase van die dier
naamlik die agtste koning.
Die sesde, sewende en agtste dier is dieselfde dier,
maar dit simboliseer die ontwikkeling van die menslike brein gedurende drie
fases, genoem die sesde, sewende en agtste dier.
Jy sal nou ook kan verstaan hoe ‘n lae intellek die
mens werklik het.
Die derde fase van die dier, die agtste koning.
Hierdie dier het die No 666 wat die intelligensie of
vermoë van die mens se verbeelding aandui. Jy is hierdie dier; jy is die
antichris, want SES IS DIE NOMMER VAN DIE MENS EN DIE ANTICHRIS.
Jy is die antichris want jy verheerlik en energeer
sigbare dinge. Dit was ons sending en ons het damn goed gedoen.
Hierdie is die totpunt van intelligensie van ‘n
sterfling. Die volgende vloer is onsterflikheid en ons bespreek dit in die
hoofstukke oor die Allerheiligste en die nuwe hemel en aarde.
Alhoewel die finale intelligensie van die mens 666 is,
het dit “2000” jaar geneem om dit te ontwikkel soos jy nou kan verbeel.
Verbeelding is die tweede mees kragtigste gees en
skepper in die hele skepping.
Ons het verbeel/gedroom om te vlieg, en ons vlieg nou.
Ons het verbeel/gedroom om na ander planete te gaan en
ons het.
Die betekenis van verbeel is om te droom en om hierdie
rede noem die bybel Jesus die dromer, want hy het hierdie gees gebring.
Weereens wil ek sê; ons moes die dromer volg,
want sonder die gees van drome sou ons nie die luuksheid van vandag gehad het
nie, maar die belangrikste is; deur te droom het ons geskep; ‘n nuwe skepping,
en ‘n NUWE LIGGAAM VIR ONSSELF; ‘n ewige liggaam.
Vir 2000 jaar het hierdie gees ALLE MAG IN DIE HEMEL
EN IN DIE AARDE GEHAD. Lees Math. 28:18.
Die skrif sê IN die aarde en nie op die aarde,
daar is ‘n groot verskil in betekenis.
Miskien vra jy; waarom het hierdie gees alle mag
ontvang?
Omdat die hele skepping in ‘n diepe slaap gegaan het,
terwyl hierdie gees die hele skepping ‘n hergeboorte gegee het deur middel van
verbeelding en die magte en kragte van die sigbare sterre wat ontplof en nuwe
sterre vorm, windkragte ens.
Die gees was tydelik die regeerder en heerser. Lees
Gen. 1:28.
Die sesde gees is die skepper van vorm en fatsoen.
Kerk as die profeet van die dier het ‘n reuse rol
gespeel om hierdie dinge te verwesenlik soos, hulle het gepreek en gesê; jy is
tot ENIGIETS INSTAAT AS JY GLO, en dit het die verbeelding van sy gemeente
grootliks opgewek.
Wanneer jy na die predikers luister sal jy duidelik
verstaan hoe die kerk in die algemeen die mens se gees uitlok/wakker
maak/aanhits om verskillende dinge te begeer.
Rykdom is een van die dinge, maar behoort die laaste
ding te wees om te preek.
Hulle het die “goue kalf” geskep en aan ons vertel dat
hierdie goue kalf vir ons sondes gesterf het en dat ons hom moes volg. Net so
moes ons glo dat die bul wat vir die tabernakel geslag is ook vir ons sondes
gesterf het. Die probleem is egter dat indien hierdie bul vir ons sondes geslag
is moes hy verderf soos met die geval van die bul in die tyd van Moses. Dit het
egter nie gebeur nie wnt hy het uit die graf gekom en ons moes die gelag
betaal.
Ek sê; hulle het ‘n geestelike toring geskep alhoewel
dit ‘n toring van verwarring is bedoelende; baie verskillende gelowe het
voortgekom uit hierdie dier, en elkeen verskil die een van die ander met sy eie
interpretasie alles nodig om Satan te verheerlik sodat ons die sigbare lewe kon
gee.
Ek sê; deurdat ons Jesus as die geslagte bul
verkondig, het ons dit geroep om waar te word en dit is nou vervul; jy het
die geslagte bul geword, want jou naam is Jesus, of het jy nie hierdie naam
aangeneeem nie? Het die kind nie die naam van sy vader nie?
Openb. 13:12; hy oefen al die mag van die eerste dier
uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop/daarin woon,
die eerste dier aanbid (die een wat die swaardwond aan die kruis ontvang het),
waarvan die dodelike wond genees is. (sy wond is genees want hy het weer lewend
geword).
Vers 14; hy verlei die bewoners van die aarde, deur
die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen (in direkte
sig), deur aan die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak
vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword het.
Kan enigeen ontken dat hierdie vers van Jesus praat?
Jy kan ook nie ontken dat dit presies is wat ons in
die kerk preek nie, naamlik dat ons ‘n beeld moet maak van die dier wat die
swaardwond ontvang en lewendig geword het nie.
Of muslem wat ‘n moskee oor die graf van Mo Hammed
gebou het en hom na die hemel preek en ook sy terugkeer verkondig?
Is daar hulle wat sal ontken dat hy die dier gevolg
het? Ontken jy dit?
Hulle wat dit ontken sal sekerlik nie die
ALLERHEILIGSTE BINNEGAAN NIE en sal ‘n verdere 1000 jaar slaap.
Jy kan logies nie vergifnis ontvang as jy nie skuld
erken nie.
Skuld bekenning gaan gepaard met ‘n boetedoening.
Hierdie verse sê dat die kerk die aanhitser was om
hierdie toring en beeld te bou vir die dier, deur ons aan te sê om die een te
aanbid wat “vir ons sonde gesterf het” en uit die graf gekom het en vir ewig
lewe.
Ander het hierdie voorbeeld gevolg soos rock sterre en
het ‘n beeld om hulself gebou, een van die grootste bydraes het van sport gekom
met sy mijoene aanhangers.
Die waarheid is, God het JOU NAAM Jesus genoem.
Die bybel sê baie sal voortgaan om nog steeds idole te
aanbid en hulle sal ‘n verdere 1000 jaar slaap. Sal hulle?
Vers 13; hy doen groot tekens sodat hy selfs vuur uit
die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. (soos Jesus
belowe het hy sou.)
Hand. 2:2-3; daar kom skielik uit die hemel ‘n geluid
soos van ‘n geweldige rukwind, en dit het die hele huis gevul waar hulle gesit
het. Toe is deur hulle tonge gesien soos van vuur, wat hulself verdeel
en op elkeen van hulle gaan sit het.
Hierdie beskryf die vuur as gees van die sigbare.
Vers 4; en hulle is almal vervul met die Heilige Spook
gees ---
Hieruit is dit duidelik dat vuur = Heilige Spook wat =
die siel.
Openb. 13:15; dit is hom gegee om ‘n gees aan die
dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat ----
Sommige kerke noem dit die doping in die Heilige
Spook, die spreke in tale.
Hand. 2:4; (vervolg) het begin spreek in ander tale
---
Kerk is egter nie die enigste een wat die Heilige
Spook “gegee” het nie, ons noem ‘n paar;
Sport, rock sterre, predikers, rolprente, televisie,
skole, oorlog en baie ander.
Die Heilige Spook is tog immers die gees van die siel,
die denkende gedagte en kerk of enige ander instansie kan nie aanspraak maak
dat hy die enigste skepper van die ontwikkeling van die siel/die denke is nie.
Logies nie!!!
Wetenskaplikes het miskien die grootste aandeel daarin
om die menslike denke te skep; dink aan ‘n Einstein, teenoor die kerk wat die
gees opwek en hoofsaaklik ‘n doem profeet is; hulle verwerp eenvoudig alles,
maar later word hulle volgelinge van hul eie verwerpings, en nie leiers soos ‘n
mens sou verwag nie.
In die toekoms sal die “kerk” die profeet van waarheid
en voorspoed wees.
Openb. 13:15; (vervolg) hy maak dat almal gedood word
wat die dier en sy beeld nie aanbid nie –
Dit word algemeen in die kerk gepreek, dat hulle
wat nie die dier/Jesus aanbid nie in ‘n ewige vuur in die hel sal brand en hul
sien hulself as die enigste gereddes en heiliges.
Hoe selfsugtig en onvergewensgesind kan ons tog nie
wees nie!!!!!
Ek het eenkeer ‘n prediker hoor preek wat sê; daar sal
chaos wees wanneer die Seun van die mens terugkeer, want vliegtuie sal val
omdat die loods gered/weggeraap sal word.
Dit is egter nie die Seun van die mens wat ek aan jou
voorstel nie, want die een wat ek bring is die een wat die in die vallende
vliegtuig red, want die loods is “reeds” gered.
Waarom sal God ‘n reeds geredde loods red?
Nee, hy kom vir my en jou, die in die vallende
vliegtuig. DANK GOD VIR GENADE, VIR MY IN ELKGEVAL.
Openb. 17:11; elkeen wat die dier volg en DIT IS
ELKEEN, VAAR na die verderf.
Wat beteken dit om te sê ons vaar na die verderf?
Dit het ‘n eenvoudige verklaring naamlik;
Jy word elke dag ouer en jou selle brand weg by
wyse van spreke, en uiteindelik gaan jy dood – jou liggaam keer terug tot stof
– minstens jou liggaam doen as jou verlosser, want jou liggaam se naam =
Jesus, die een wat vir jou sonde gesterf het. Tydens Moses het ‘n
onskuldige bul vir jou gesterf.
Ek sê; jou liggaam sterf gewilliglik vir jou gemors.
Dankie Judas dat jy in my plek sterwe.
Jou siel aan die anderkant, kan nie/sal nooit sterwe
nie en om hierdie rede het Jesus ewige lewe beloof. Deur die gehoorsaamheid van
een man het lewe na ons teruggekeer.
Wat is hierdie gehoorsaamheid?
Dit is die gehoorsaamheid OM TE KOM STERF VIR SONDE
IN DIE PLEK VAN GOD.
Joh. 17:12; oor die wat u my gegee het, het ek gewaak,
en NIE EEN VAN HULLE HET VERLORE GEGAAN NIE, BEHALWE DIE SEUN VAN DIE
VERDERF sodat die skrif vervul sou word, naamlik jou liggaam/jou vleis.
Ek sê; jou liggaam is die seun van die verderf = die
duiwel = die slang wat jou verlei het; en hy is die een wat vir ewig in die hel
sal brand, nie vir ewig nie, maar vir altyd verdwyn.
Dit is nie hoe sommige predikers gepreek het nie;
hierdie vers sê; SLEGS jou liggaam sal vir ewig verlore gaan, want JY het reeds
‘n nuwe liggaam vir jouself geskep of wil jy dalk jou ou liggaam behou? Wil jy?
Jesus het oor jou gewaak tot die koms van Johannes, en
Jesus het jou nou alreeds oorhandig/oorgedra na Johannes soos hy vooruit gesê
het.
Ek sê; jou siel is nou volledig ontwikkel en is nou
oorgeplaas na Johannes om jou te doop met die Lewendmakende Gees, want hy is
die een wat jou gedoop het met die gees van slaap/dood.
Jy moes gedoop word om deur die Jordaan rivier te gaan
bedoelende, die rivier van dood.
Jy kan nie die gesig van God sien tensy jy sterf nie.
Die wynsak/jou liggaam moes homself eers gereed maak VOORDAT
DIT DIE NUWE WYN/GEES VAN LEWE KON ONTVANG.
Babilon
die moeder hoer.
Openb. 17:3; ek het ‘n vrou sien sit op ‘n
skarlakenrooi dier vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings.
Ons het reeds verduidelik wat of wie hierdie dier of
rooi draak is met sewe koppe en tien horings.
Hierdie vers sê; ‘n vrou sit op bedoelende, ‘n vrou regeer hierdie dier.
Vers 4; die vrou was bekleed met purper en skarlaken
en versierd met goud en kosbare stene en pêrels, en sy het in haar hand ‘n
goue beker gehad, vol van gruwels en die onreinheid van haar hoerery.
Vers 5; op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe; VERBORGENHEID,
DIE GROOT BABILON, DIE MOEDER VAN DIE HOERE EN VAN DIE GRUWELS VAN DIE AARDE.
Wie is hierdie moeder hoer wat geboorte gegee het aan
alle hoere op aarde?
Wat is haar verborge naam?
DIE VERBORGE NAAM IS JERUSALEM; sy het geboorte gegee aan alle
hoere/gelowe op aarde en gruwels, WANT SY IS DIE TORING VAN VERWARRING.
Sy is die moeder van; die verwarring in godsdiens want
elkeen van haar kinders/gelowe verskil die een van die ander en blameer mekaar.
Vers 15; die waters wat jy gesien het waar die hoer op
sit is volke en menigtes en nasies en tale.
Die waters = die gees van die verskillende gelowe; die
verskillende geestelike torings wat die atmosfeer bereik het.
Water simboliseer altyd gees.
Openb. 17:2; met wie die konings van die aarde
gehoereer het, en (al) die bewoners van die aarde het dronk geword van
die wyn van haar hoerery.
Wyn is ook ‘n simbool van gees en daarom sê hierdie
vers; almal van ons is dronk gemaak met die gees uit die goue beker van die
hoer. Die goue beker simboliseer ook dat sy die gees besit/beheer.
Hierdie vers sê; jy is dronk van die wyn van
Jerusalem se gruwels.
Kan jy dit bevestig? Ek kan!!!
Waarom word sy ‘n vrou genoem, want alle gees =
manlik?
Waar kom hierdie vrou se gees vandaan, want hierdie
vrou is simbool van die gees van die rooi draak? Wat hierdie vers werklik sê
is; sy regeer oor hierdie gees en is nie die gees self nie.
Sy word vrou genoem want ons het die vrou verheerlik,
gees gegee aan die vrou, byvoorbeeld; ons het die vrou/Jesus aan die kruis
verheerlik, en ons het Jerusalem, Mecca, sigbare heilige plekke verheerlik.
Daarom is hierdie verborge vrou/hoer, Jerusalem.
Ons het haar beklee met eer, goud en kosbare stene en
pêrels, bedoelende ons het haar die hoogste eer gegee. Sien vers 4.
In haar hart het sy gesê; ek is ‘n koningin, ek is
nie manloos nie, en ek ken geen hartseer nie.
Wie is haar man? Wie is sy?
Sy is Jerusalem aan wie ons eer bewys het; ons sê;
sy is ons ma, sy is die ma van Jesus ons God.
Ons het Jesus aan haar gegee as man, en daarom sit sy as koningin om te regeer
en haar man is Jesus. Lees Openb. 18:7.
Openb.17:18; die vrou wat jy gesien het is die
groot stad wat HEERSKAPPY VOER oor die konings van die aarde.
Logies is dit Jerusalem want sy beinvloed die besluite
van die hele mensdom en die leiers/konings van die aarde. Sy regeer die
mensdom, want sy is die moeder en vrou van ons God.
Ons noem haar die Heilige stad in ‘n Heilige land; ons
sê sy sal vir ewig wees, sy is die hoofstad van die so-genaamde heilige land.
MAAR SY IS NIE DIE MOEDER VAN DIE SEUN VAN DIE MENS,
WANT SY HET GEBOORTE GEGEE AAN SATAN.
Dit is lagwekkend om hierdie stad of land heilig te
noem as mens na al die oorloe en lyding kyk.
Ek sê; JERUSALEM is die hoofstad van Satan.
Ek sê; JERUSALEM is die hoofstad van die hel.
Ek sê; hulle wat hulself Jode noem, is nie Jode nie.
Lees Openb. 2:13 en 3:9
Net hulle = elkeen op aarde, wat die besnydenis nie in
die sinne/die vleis/die penis het nie, maar in die hart/siel = Jode/ISRAEL. Ook hulle wt hul die reg toe eien om jood
genoem te word het die siel ontvang as geskenk van God, of hulle dit wil he of
nie.
Hoe anders sou die vroue op aarde gered word want
hulle het geen penis om te besny nie? Hoe blind kan ons tog wees? Hoe blind kan
hulle wees wat hulself Jood noem? Skaam julle!!!
Ja, maar blind is hulle wat hul hoofde teen ‘n
sogenaamde heilige muur slaan. ‘n Heilige muur?
Jerusalem is die hoofstad van alle verwarring, hoere,
gruwels en vuilheid. Sy is immers die toring van Babel waar God ons kom verwar
het. Jerusalem het geboorte gegee aan die seun van verderf; al haar volgelinge
sterf, gaan na die verderf en brand in die helse vure, want as jy haar seun
volg gaan jy na die verderf.
Openb.18:24; die bloed van profete en heiliges is
in haar gevind, EN VAN ALMAL WAT OP DIE AARDE GEDOOD IS.
Vers 5; haar sondes reik tot aan die hemel ---
Jes.47:7; ek sal in ewigheid wees, gebiedster vir
altyd ---(‘n ma en vrou van God/Jesus. Lees ook Eseg. 28:2-8.)
Om Jerusalem se onthalwe maak mense mekaar daagliks
dood.
Jerusalem het alle lewe op aarde uit haar beker laat
drink; sy het almal van ons dronk gemaak, mal gemaak met haar wyn/gees. Sy het
ons verwar. Kan enigeen van julle dit ontken? Kan jy? Net as jy oneerlik is!!!
Lees Openb. 17:2 en Jerm. 51:6, 41,42,47,64.
Jerusalem self is dronk van die bloed van die heiliges
en die bloed van die martelare van Jesus.
Waarom al hierdie dinge?
Omdat sy ons verblind het, ons vertel het dat slegs een
persoon vir ons sondes gesterf het, en ons moet hierdie man verheerlik,
maar terwyl ons dit doen is ons die martelare van Jesus, want ons ly en sterf.
MAAR, DIT IS ‘N LEUEN dat een persoon vir ons sonde
gesterf het, want
sy is ma van ALLE leuens, want ons is die geslagte skaap, ons eie
liggaam/Jesus het homself gegee vir ons
sondes.
Meer
omtrent haar leuens.
Dit is eenvoudig ‘n leuen om te sê;
een man, een liggaam is vir ons sonde gekruisig op ‘n
heuwel naby Jerusalem; dit is ‘n leuen, want ons is almal gekruisig in/op ‘n
heuwel genoem Golgota, naamlik IN JOU BREIN.
Christus is begrawe in ‘n graf naby Jerusalem –
Christus is in jou begrawe; jy is sy lewende graf. Die
bybel sê hy is begrawe in ‘n graf waarin niemand nog ooit begrawe is
nie.
dit is nie waar nie, ‘n leuen om te sê Jerusalem is
die ma, die stad waar Christus gebore is --- Jerusalem is die ma van Satan die
ma van die no 666.
dit is ‘n leuen om te sê dat Jesus Christus ‘n ewige
naam is – hierdie naam kom NOU tot sy einde, want die naam Jesus
Christus sal in die hemel wees slegs tot die wederoprigting. Lees Hand.3:21 en
Openbaring 3: 12.
5) dit is ‘n leuen om te sê dat Jerusalem die hoofstad
is en dat die tempel weer hier herbou sal word –
Kaapstad die moederstad, met heuwel Sion/Tafelberg sal
die ewige hoofstad wees.
Sion beteken; permanente hoofstad, ‘n teken/merk, ‘n
monumentele of vergulde pilaar. Dit beskryf Kaapstad waar die nuwe beeld van
God uitgekerf is; die Tafel, die Moeder Stad, Kaap van goeie hoop,
Duiwels piek, Sein heuwel, Leeu kop, die Twaalf Apostels en Judas piek.
Hierdie name is nie toevallig daar nie, God het hulle
gegee.
Die bybel is duidelik; daar is ‘n nuwe naam en die
naam is Kaapstad die Moeder stad; lees Jesaja 62: 2 en Openbaring 3: 12. Lees
ook; Joh. 4:21.
Hier is inligting met betrekking tot die temple wat
veronderstel is om in die huidige Jerusalem gebou te word;
Here's something to think about, if you
think that the Temple to be built in Jerusalem soon will be exactly as outlined
in Ezekiel 40-48. The area where the Temple in Ezekiel is located is 500 reeds
square as stated in Ezekiel 42:15-20. 500 reeds is about 1.5 km or 1 mile
square on each side, being more exactly stated as closer to 5000 feet on each
side. The current Temple Mount is approximately 500 yards on the east and west
sides, 280 yards on the south side, and 340 yards on the north side. It is
impossible to believe that a huge mammoth undertaking would be done in
Jerusalem before the Messiah comes, to enlarge the Temple Mount to the size
mentioned in Ezekiel 42. In order to do this, the Kidron valley would have to
be filled in and perhaps part of the old city of Jerusalem destroyed to build
up the Temple Mount. Besides we are told in Revelation 11 that only the inner
court of the Temple will be used.
The Temple in
Jerusalem or Holy Temple (Hebrew: בית
המקדש, transliterated Bet
HaMikdash and meaning literally "The Holy House") was located on
the Temple Mount (Har HaBayit) in the old city of Jerusalem. According to classical Jewish belief, it was the figurative "footstool"
of God's presence (Heb. "shechina") in the physical world.
Dink jy nog Jerusalem is die ware plek vir die
temple??
6) dit is ‘n leuen om te sê die “tweede koms” van
Christus sal ‘n sigbare man wees, want die koninkryk van God is binne in jou.
Lees Luk. 17:20-21.
Dit is waar dat Elia, ‘n spreekbuis van God sal kom en
hy het reeds gekom om alles te herstel.
7) dit is ‘n leuen om te sê; Jesus het die tempel of
sal die tempel bou –
hy het die hoeksteen van die fondasie gelê, en die ou
tempel/jou liggaam/die seun van verderf afgebreek; Jesus self het gesê hy het
die liggaam laat verlore gaan, wat natuurlik ‘n goeie ding is.
Die man wat die Spruit genoem word sal die tempel bou.
Lees Sagr.6:12.
Hy sal uit sy plek uitspruit, en hy sal die tempel van
die HERE bou. Lees ook Openb. 11:1.
Jesus was die wortel en sy plek was Jerusalem, terwyl
die spruit se plek Kaapstad is. Logies is die Spruit se naam Johannes, dit word
duidelik in alle geskrifte gesê.
8) dit is ‘n leuen om te sê sommige mense gaan
in ‘n ewige hel brand –
slegs die seun van die verderf, jou liggaam sal verbrand,
terugkeer tot stof/as.
ALMAL SAL GERED WORD!!!!!
9) dit is ‘n leuen om te sê die antichris is ‘n
persoon wat nog in die toekoms moet kom. Jesus is ons almal se leier, die
antichris, want ons is antichris, anti God want ons het die skepsel vereer.
Kerk is die profeet van die dier en het ons die vrug van die oog gegee om te
eet; natuurlik is dit in “opdrag” van God.
Ek sê; kerk is in hul eie woorde die bruid/vrou en dit
word uitdruklik gesê dat die vrou God sonde gegee het om te eet.
10) dit is ‘n leuen om te sê dat Jesus die tweede Adam
is –
daar is
meer as een rede waarom hy nie die tweede Adam kon wees nie; hy het ‘n fisiese
liggaam van grond gehad.
Hy het
die gees van die Heilige Spook/slaap gehad, die gees van verbeelding, die diepe
slaap, die gees van Satan – want hy is uit die hemel gewerp omdat jy hom sonde
gemaak het.
Hy het nie die Lewendmakende Gees gehad nie terwyl die
bybel sê die tweede Adam sal die Lewendmakemde Gees hê, naamlik die sewende
gees.
Hy het ‘n normale dood gesterf op die sesde dag.
Dit is waar om te sê dat Jesus die moeder van
die siel is.
Ek sê; sy is Maria wat geboorte gegee het aan die
siel terwyl sy aan die kruis gehang het. Sy is swanger bevind met die Heilige
Spook Gees en het geboorte gegee aan haar kind die siel, wat met ‘n yster staaf
sou regeer.
11) dit is ‘n leuen om te sê; Christus is in Jerusalem
gebore – dit was die val van Christus na Jerusalem/die hel – wat die geboorte
van Satan tot gevolg gehad het. Die val van Christus duur 2000 jaar volgens die
hipotese aan ons gegee en kom nou tot ‘n einde.
12) dit is ‘n leuen om te sê; Jesus was die waarheids
profeet, want hy moes sterf. Lees Deut.
13. Indien hy die ware profeet was sou hy nie gesterf het nie, logies. Dit is
wat die bybel se.
Hy het
die gees van drome gehad, naamlik die gees van verbeelding.
Die ware
profeet is nou hier.
13) dit is ‘n leuen om te sê; slegs sommige mense is
die liggaam van Christus – alle mense en diere en alle sigbare voorwerpe is die
liggaaam van Christus, wat as ‘n tydelike liggaam voorberei is.
14) dit is ‘n leuen om te sê; daar is ‘n wegraping van
sekere “geredde” mense---
alle mense en wesens sal gered word, na die
“breuk”/die verbranding van die
slegte geeste (die engelse woord vir
“breuk” is rupture, terwyl rapture wegraping beteken, maar
hierdie woord bestaan nie in die bybel nie.)
Eers is dit die BREUK/die skeiding van goed en
kwaad en dan is dit die “wegraping.”
15) dit is ‘n leuen om te sê; slegs manspersone word
Adam genoem --- want God het HULLE Adam genoem. Die naam van alle wesens
is Adam, bedoelende twee helftes, gees en vlees of man en vrou.
16) Dit is ‘n
leuen om te sê; Jesus = Christus.
Jesus
is die draer, die Lusifer wat Christus die woord van God gebring het, maar ons
het hom/Jesus in ‘n God verander, want die bybel sê ons het duisternis/die
liggaam/die skepsel lief gehad en dit is hoe Christus VLEES GEMAAK IS
deur ons.
Ek sê; ons het Lusifer gevolg.
Ek sê; ons het ‘n verkeerde afleiding gemaak en die
profeet Jesus ‘n God gemaak en hom aanbid. Die bybel se hy was ‘n profeet soos
Moses. Deutn 13 se ’n profeet soos Moses en nooit was Moses aanbid nie.
Daar is twee dinge wat verseker is en nie verander kan
word nie, so seker as wat die son elke oggend opkom in ons huidige staat.
die mens/seun van verderf sal vir ewig vernietig
word/verlore gaan. Lees Joh. 17.
Jerusalem sal vir ewig vernietig word/verlore
gaan/wegraak vir ewig, want sy is die moeder van alle leuens, pyn, siekte,
verwarring, gruwels en die dood. Haar val sal in een uur gebeur.
Ook Damaskus sal uitgewis word.
Kom ons kyk wat die bybel sê aangaande Jerusalem en
haar man Jesus.
Jes. 14:29; --- uit die wortel van die slang (Jesus)
sal ‘n basilisk voortkom en sy vrug sal ‘n vlieënde draak wees. (die rooi draak
met vier vlerke wat die oortreding van die vier gebooie simboliseer)
Vers 12; hoe het jy uit die hemel geval O
Môrester/Lusifer seun van die daeraad. Lees ook Openb. 22:16.
Vers 11; jou trots is neergewerp in die doderyk/graf.
(het verderfbaar geword.)
Vers 13; jy het in jou hart gesê; ek wil opklim in die
hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms
(die heerlikheid van alle mense) in die uithoeke van die noorde. (Israel)
Vers 14; ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my
gelykstel met die Allerhoogste.
Is dit nie wat baie kerke vir hulself bevestig nie?
Ons het Jesus en Jerusalem die allerhoogste gemaak, en
ons is die rede waarom hulle bokant die wolke uitstyg. Dank God, Babilon val,
sy val.
Vers 15; in die doderyk/hel sal jy neergewerp word, in
die diepste plekke van die kuil. (Jesus het ter helle neergedaal.)
Vers 16; die wat jou sien, beskou jou, hulle let op
jou en sê; IS DIT DIE MAN (Jesus) wat die aarde laat sidder het,
koninkryke laat beef het?
Vers 17; die wêreld soos ‘n woestyn gemaak het, wat sy
gevangenes nie losgelaat het huis toe nie.
Terwyl ons hom aanbid sal ons sy gevangenes bly, want
ons sal sterf en nie ewige lewe ontvang nie. Wat meer is, die profeet/predikers
van die antichris het nie die deure van die hel oopgemaak nie omdat hulle nie die
liggaam kon onderskei nie.
Hierdie profeet is hier om die deure van die hel te
open sodat jy vry kan wees.
Vers 19; jy is gewerp ver van jou graf, soos ‘n
afskuwelike uitspruitsel, (hy het uit die graf gekom as ‘n dier, as ‘n
uitgroeisel wat aanbid is) oordek met die wat verslaan is, wat deurboor is met
die swaard, wat neerdaal na die klippe van die grafkuil soos vertrapte aas/die
oorspronklike sê as ‘n karkas. (as ‘n karkas vir sonde soos die bul)
Jesus is op die kruis “deurboor” met ‘n swaard.
Vers 21; maak ‘n slagbank gereed vir sy
seuns/kinders (vir ons sy kinders) om die ongeregtigheid van hulle vaders
ontwil, dat hulle nie opstaan en die aarde in besit neem ---(sy volgelinge sal
nie opstaan nie, bedoelende hulle sal nie opgewek word om die beloofde land in
besit te neem nie.)
Vers 22; so sal ek dan teen hulle opstaan --- en van
Babel uitroei die naam (Jerusalem) en die oorblyfsel, kroos en
nageslag. (die oorspronklike sê sy seun en nie nageslag nie/die seun is
Jesus.)
Die nuwe naam is Kaapstad en Sion --- en die seun is
Jehovah.
Dit is eenvoudig nie waar nie, ‘n leuen om te sê dat
Jerusalem die ewige plek van aanbidding is; Kaapstad is.
Joh. 4:21; daar kom ‘n UUR wanneer julle nie op
hierdie berg en ook nie in Jerusalem sal aanbid nie.
Glo jy hierdie skrif? Indien jy dit glo, waar sal jy
dan aanbid?
As jy sê jy weet nie, dan beter jy glo dat dit
Kaapstad is, want ek het kennis dat dit is.
Die val van Babilon.
Wat sal met Babilon/Jerusalem gebeur?
Babilon.
Babilon, moeder hoer, waters van Babilon
Ek bring ‘n spreekwoord hier na jou
Jou vernietiging kom van ver
Van ‘n “planeet” uit die noorde
Dis ‘n vuurbol, gemik
Na die midde van jou hart
Die loods is ‘n vrou
Sy is vertikaal in haar vlug van dood
Met naaktheid in haar gedagtelose asem
En haar waters soos die rooi van bloed
Die Jordaan rivier skeur met ‘n sug in twee
En die dooie see se waters is weg
Vir altyd sluit sy haar oë van sout
Die put van hel het nou verdwyn
Die laagste punt op aarde
Die hoogste punt van die hemel
Dank God!!!!
The answer.
At Llandudno beach
the girls are lying
on the whitest sands
the purest of the earth
naked, dark, a tan of brown
their breasts pointing unto heaven
making dents into the sky above
whilst angels drink
the milk of human nipples
whilst the wind, shamelessly
remove the cover of all life
the shyness of all women,
the desire of all men,
the lips of love and life
a spectacle for heaven
how wonderfull is the softness
of the fluid of first love
the nakedness of the absolute of love.
you are beautiful my bride,
you are precious to me my wife!
and when I find my release in you,
you will bear our child, my beloved!
blessed be thy shameless nakedness
I’ll cover it with eternal love, my love
when I kiss thee with my kiss of life
it is so beautifull my LORD and GOD
blessed be thy new name.
it is so wonderfull when thou spirit flows
like a river through my mind
you enter through my nose and ears
and it comes flowing out of my breath
to bring life and love to all my LORD
ME IN YOU AND YOU IN ME,
AMEN.
Die laagste punt van die hemel is die dooie see.
Hierdie laagste punt simboliseer die hel, waar alles
wat onwaar en sleg is uitgewerp word van die hemel na die hel.
Ek sê; alle slegte geeste word in ‘n simboliese dooie
see gewerp, ‘n simbool van die hel.
Ek sê; alle slegte geeste is uit die hemel neergewerp
in Jerusalem, hoofstad van die Satan, die laagste en vuilste plek van die
hemel; die bybel sê dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek
van allerhande onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en
haatlike voëls. Lees Openb. 18:2. Voëls is die simbool vir engele.
Die vernietiging van Jerusalem; Jes. 13:5; hulle kom
uit ‘n ver land (planeet), van die einde van die hemel af, die HERE en die
werktuie van sy grimmigheid, om die hele aarde te verwoes. (die oorspronklike
sê die land en nie die aarde.) dit kan ‘n meteorite of ‘n atoombom wees.
Vers 6; huil julle, want die dag van die HERE is naby;
hy kom as ‘n verwoesting van die Almagtige.
Vers 7; daarom word alle hande slap en elke mensehart
versmelt.
Vers 8; en hulle is verskrik, kry krampe en weë; hulle
krimp inmekaar soos een wat baar; die een kyk die ander verbaas aan; hul
gesigte is vlammende geeste.
Verseker sal dit nou so wees met die volgelinge van
Jesus wanneer hulle die waarheid verstaan, of sal hul hul harte verhard soos ek
reeds ondervind het?
Nietemin, sal die kerk die waarheid wil verstaan,
want hulle is die profeet van die antichris? Verstaan en aanvaar jy die
waarheid?
Sal die kerk steeds blindelings aanhou om idole en
afskuwelike dinge te aanbid?
Die kerk preek blindelings valsheid sonder om te
verstaan en dit bewys hul onverskoonbare roekeloosheid soos ek ondervind het in
sekere gevalle.
Die kerk het die uitnodiging gehad om eerste te wees
om die bruilofsmaal te geniet, maar hulle het dit van die hand gewys soos die
bybel vooruit gesê het hulle sal, en daarom; soos die bybel vooruit gesê het;
kom hoer, moordenaar, dief en almal van julle wat in gevangenes is en hel toe
gestuur is; JULLE IS BEVRY OM DIE VRUG VAN DIE LEWE TE EET, DIE TAFEL IS GEDEK
MET DIE WONDERLIKSTE HEILIGE VOEDSEL. Dit is die derde dag en jy kan die berg
nou klim sonder vrees.
Moenie bang wees nie; moenie dink omdat jy ‘n hoer of ‘n dief of
‘n moordenaar is dat jy geen reg op die voedsel het nie, inteendeel jy is
welkom; welkom in die huis van Jehovah want jy het vir God gewerk en vir my
jou suster. Lees ook verse 9-22.
Die intelligente en sagmoedige sal hierdie boodskap
verstaan.
Genesing en begrip SAL NIE/KAN NIE uit die
antichris/kerk kom nie, logies.
Natuurlik sal die “blinde” nie die waarheid kan sien
nie en hulle sal probeer om hul roekeloosheid te regverdig. Vergewe hulle,
omarm hulle want daar sal die wees vir wie dit eenvoudig te moeilik sal wees om
te erken, maar jy het mag ontvang om te vergewe.
Miga 1:5; dit alles vanweë die oortreding van Jacob en
vanweë die sonde van die huis van Israel. Wie is die oorsaak van die oortreding
van Jakob? Is dit nie Samaria nie? (Samaria beteken die toring) En wie is die
oorsaak van die hoogtes van Juda? Is dit nie Jerusalem nie?
(Jakob het die betekenis van; indringer. Die huis van
Israel = alle mense. Die hoogtes = berg Mecca, berg Golgota ens.)
Maleagie 2:11;
Juda het troueloos gehandel, en ‘n gruwel is in Israel en Jerusalem gepleeg;
want Juda het die heiligdom van die HERE, wat hy lief het, ontheilig, en HY
HET DIE DOGTER (Jesus) VAN ‘N UITLANDSE GOD GETROU.
Openb. 18:8; daarom sal haar plae op een dag kom; dood
en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word ---lees ook
openb. 17:16.
Openb. 18:2 --- geval, geval het die groot Babilon, en
dit het geword ‘n woonplek van duiwels en ‘n versamelplek van allerhande
onreine geeste en ‘n versamelplek van allerhande onreine en haatlike voëls
(engele).
Openb. 18:10; --- in een uur het jou oordeel gekom!
Een uur = 41,666 jaar.
Openb. 19:3; --- haar rook gaan op tot in ewigheid.
Dit beteken nie sy sal vir altyd rook nie, maar sy
verdwyn vir altyd.
Openb. 18:16-18; opsommend; soos die Twin Towers sal
sy in sestig minute val en rook soos die Twin Towers, maar wanneer sy val sal
sy val soos ‘n klip wat in die water val. Soos die Twin Towers op 9/11.
Vers 21; ---‘n sterk engel het ‘n klip opgetel soos ‘n
groot meulsteen en dit in die see gegooi en gesê; so met ‘n vaart sal Babilon
die groot stad neergegooi word EN NOOIT WEER GEVIND WORD NIE.
Vers 23; die lig van ‘n lamp sal nooit weer in jou
skyn nie en die stem van bruidegom en bruid sal nooit meer in jou gehoor word
nie---- ons is geestelik getroud met Jesus in Jerusalem – jou handelaars was die
grotes van die aarde; (soos David, Abraham en andere) want deur jou towery is
al die nasies verlei.
Wat moet ons nou doen?
Openb. 18:4 en Jes. 48:20; gaan uit haar uit my
volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae
ontvang nie.
Ek sê; VERLAAT HAAR, GAAN UIT!!!! Anders sal jy
saam met haar verbrand.
Jer. 51:41; hoe is Sesag (Jerusalem/’n simboliese naam
vir Babilon) ingeneem en die roem van die hele aarde verower! Hoe het Babel
‘N VOORWERP VAN VERBASING GEWORD ONDER DIE NASIES (soos dit nou met haar
volgelinge sal wees, want alle nasies het haar en haar seun verheerlik)
Openb. 14:8-9; ‘n ander engel het gevolg en gesê;
geval, geval het Babilon, die groot stad, omdat sy al die nasies laat drink het
van die wyn van die grimmigheid van haar hoerery.
‘n Ander engel het gevolg en met ‘n groot stem gesê;
as iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op/in sy voorhoof of op/in
sy hand ontvang----
Die oorspronklike sê ‘n merk IN sy voorhoof en IN
sy hand en nie soos gepreek op die voorhoof of hand nie, om te sê, OP
is ‘n leuen.
Vers 10; hy sal self ook drink van die wyn van die
grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker (gees) van sy toorn
en hy sal gepynig word met vuur en swawel----
Wat beteken dit om te sê; in jou voorhoof of in
jou hand?
In jou voorhoof beteken; in die voorste deel van jou
brein en in jou hand beteken; in jou woord, die dinge wat jy sê en bely.
Die Lewendmakende/Verkwikkings gees “sit” bo in jou
brein.
Maar nou, daar is geen tyd meer nie!!!! Ons moes die
dier volg, maar dit het/moet nou stop.
Jy MOET die dier in jou brein NOU oorwin
anders sal jy sy permanente merk ontvang.
Christene het geestelik en fisies hul profeet as ‘n
god aanbid en die merk van die dier is in hul verstand/voorhoof ingebrand en dit
sal beslis nie maklik vir hulle wees nie, maar die bybel sê hulle sal soos deur
vuur gered word.
Weereens; almal sal gered word maar nie almal sal
dieselfde heerlikheid hê nie.
Wie ookal jou profeet is, Mo Hammed, (sigbaar) Buddah,
(sigbaar) Jesus (sigbaar) of enige ander profeet, (sigbaar) hy is ‘n profeet
van God en het jou geleer;
om God en jou naaste lief te hê.
Hy het jou van ‘n lewe hierna vertel, waarin jy
behoort te glo.
Jou profeet het as jou geestelike vader ageer en
deurdat jy geglo en gedoen het in wat hy jou geleer het, is jou siel geskep
rondom dit met liefde as die grootste gebod.
Jou vader/profeet het jou dus ‘n erporsie gelaat wat die
lewe hierna is.
Ons weet egter almal dat daar geen erfporsie is as
daar geen testamentmaker is nie.
Daar is ook geen erfporsie as die testamentmaker
nie sterf nie. Lees Heb. 9:15-17.
Ek sê; jou geestelike vader is jou testamentmaker, en
jy kan nie erf wat hy jou nagelaat het, INDIEN HY NIE STERF NIE!!!!
Ek sê; jou testamentmaker het jou ‘n erfporsie van
lewe hierna gelaat, naamlik die derde hemel.
In hierdie volgende derde hemel sal jy ‘n algehele
geestelike wese wees, jy sal God wees.
In ons huidige hemel verheerlik ons sigbare dinge wat
jou testamentmaker jou gevra het om te doen, ten einde die volgende hemel vir
jou te skep; maar; jy kan nie hierdie hemel binnegaan nie tensy jou
testamentmaker sterf.
Wat beteken dit?
Dit beteken; jou testamentmaker is die een in jou
brein.
Hy moet nou in jou brein sterf!!!! Hy moet vervang
word deur ‘n nuwe naam, want sy sending is voltooi.
Toe Jesus gekom het was dit Moses wat in jou brein
moes sterf en om daardie rede het Jesus aan die kruis gesterf, om ‘n einde te
bring aan die vyfde dier of koning. Met hierdie koms is dit dus Jesus wat in
jou brein moet sterf, want jy het hom weer uit sy graf gebring.
Lees Hebr. 9:11-21.
Dit is bes moontlik ‘n skok vir jou want hy is jou
skepper, hy het jou gemaak wie jy vandag is. Ja dit is waar, hy is die een wat
jou tot hier gebring het, hier waar jy nou hierdie dinge kan verstaan
van ‘n volgende hemel, maar as jy nie nou op aarde van hom kan afstand doen
nie, dan kan jy hom nie in die volgende hemel tegemoet gaan nie, maar hy verwag
dit van jou. HY WIL DAT JY DIT ONTVANG, WANT JY IS OOK SY SKEPPER en jy is die
erfgenaam.
Daar is twee paaie na jou vader in die hemel;
jy kan hier op aarde aan hom vasklou, ‘n normale dood
sterf, en na 1000 jaar opgewek word om geoordeel te word, jou slegte dade
teenoor jou goeie en jou beloning ontvang of;
jy kan nou losmaak van hom, hom laat sterwe in jou
gedagtes en die ondervinding van ‘n normale dood vryspring, en ‘n transformasie
in ‘n oogwink hê van vlees na gees tot in die volgende hemel.
Die voordele van laasgenoemde is; jy sal nie geoordeel
word nie ---- alle sondes is vergewe, maar met die eerste keuse sal jou
sondes nie vergewe word nie, maar geoordeel word.
Nietemin, in albei gevalle sal jy gered wees en ewige
lewe hê.
Jy mag vra, waarom kry ons nou hierdie laaste keuse?
Jou profeet het jou vertel van ‘n dag van die HERE, ‘n
dag van God, Allah of wat jy hom ookal noem. Hy het jou ook vertel van ‘n ander
profeet wat sou kom om hierdie laaste dinge aan jou te vertel.
Wel, hierdie is die dag, die oomblik waarvan
jou profeet gepraat het.
Nou is dit jou keuse, ek kan nie vir jou
besluit nie.
Wat presies beteken dit dat hy moet sterf?
In ons huidige tweede hemel, het ons sigbare dinge
verheerlik, en soos reeds gesê, is jou siel geskep deur dinge uit jou
verbeelding te vereer, soos ‘n verheerlikte vader.
Die No van ‘n tenvolle ontwikkelde siel is 666, die
gees van verbeelding en dit maak jou verskillend van diere, want hulle het nie
die No of gees van verbeelding nie.
Die mees intelligente diere het die No 555 en in
sommige gevalle miskien die No 6. Toe jy ‘n kind was is die storie
aangaande Jesus aan jou vertel, maar jy is nou volwasse en behoort nou die
waarheid te hoor. Jy kan nie vir altyd in vader kersfees glo nie.
Die No van God is 777.
Jou brein het sewe Koepels en die laaste Koepel in jou
brein kan/moet nou oopgaan om jou in die volgende hemel te bring.
Ons noem hierdie gees die Verkwikkings gees, die gees
van 7, die mees volmaakte gees.
Die bybel sê; God is die gees waarin daar geen
duisternis is nie, maar wat beteken dit?
Dit beteken dat daar geen sigbare/geen sigbare beelde
in hierdie gees is nie, want die sigbare = duisternis.
Die sewende gees het geen beelde/prente van die
sigbare nie. Om hierdie rede moet jy dan nou ontslae raak van prente in jou
gedagte van, ‘n sigbare God/mens.
Om dit te bereik moet ons nou glo wanneer ons bid dat;
jou stem van woorde God die Seun van die mens/Jehovah is, want alle dinge is
DEUR WOORD GESKEP, en jy kan jou wildste verbeelding gebruik, maar jy kan nie
‘n skets maak van woorde nie want dit is onsigbaar.
Die bybel leer ons; woord = gees = God = 777.
Woorde/spraak is jou direkte kanaal/telefoon sein na
God en om hierdie rede het Jesus gesê; EK/woorde is die weg, die enigste
manier om God te bereik, en dit is deur jou stem van woorde.
Voorheen was jou vader jou verteenwoordiger, jy het
deur hom gepraat en jy het hom genader om namens jou van God te vra, deur
geloof.
Geloof kom nou tot ‘n einde want ons het deur geloof
‘n oop kanaal bewerkstellig na die interplanitere hemel geeste, moenie dit
opmors nie!!!!!
Waarom is geloof nou oorbodig?
Geloof is daar om in dinge te glo wat ons nog nie
ontvang het of wat ons nie verstaan nie, maar sodra jy dit ontvang het of
verstaan is dit tog dom om aan te hou glo of te vra vir iets wat jy reeds
ontvang het.
OPSOMMING.
Wat het ons uit hierdie bespreking geleer?
Hagar is die ma van ons sintuie en is ‘n simbool van
Jerusalem; Jerusalem is ons siel’s ma.
Muslem en christen het geestelike torings op hul
profete se grafte gebou.
Ons kan hierdie torings die rooi draak noem.
Jesus is die Lusifer wat vuur gebring het, die gees
van verbeelding en ook verwarring.
Die gees vuur, is ‘n gees om die menslike liggaam te
verteer sodat dit terugkeer tot stof.
Jesus het gesê hy het hierdie gees gebring om jou te
verteer.
Terwyl ons nog die nagmaal gebruik sal ons sterwe want
dit is ‘n simbool van die vrug van die oog of die vrug van die boom van goed en
kwaad. Die nagmaal was bedoel vir die tydperk in die graf/die tydperk van nag
soos die woord NAGmaal sê.
Ons het gesien dat die rooi draak sy mag en troon aan
Jesus gegee het want hy het die wet tot vervulling gebring en die hele wêreld
het hierdie dier gevolg terwyl ons die eerste vier gebooie oortree het. Ons het
hierdie dier geskep.
Jesus simboliseer die sesde, sewende en agtste dier en
elkeen wat hom volg, en dit is almal van ons, gaan na die verderf naamlik ons
sterf.
Hulle wat sal aanhou om idole te aanbid sal aanhou om
te sterf.
Ons kon die Heilige Spook, ‘n skim gees van
verbeelding slegs ontvang na die hemelvaart van Jesus wat beteken; ons moes hom
toe verbeel en dit het hierdie gees geskep wat alles geskep het waarvan jy
weet.
Dit is jy wat Mo Hammed en Jesus laat opvaar het.
Verder het ons geleer dat die naam Jesus/Mo Hammed en
die bestaan van Jerusalem tot ‘n einde kom en die bybel sê DIT SAL DIE
WERELD SKOK, EN DIE WERELD SAL VERSTOM WEES.
Die naam Jesus is ‘n tydelike naam en simboliseer die
naam van die mens, terwyl jou naam voorheen Adam was.
Die naam Jesus verdwyn wat in effek beteken dat die
mens vir ewig verdwyn.
Dieselfde geld vir Jerusalem, sy sal nie meer wees nie
en deur vuur vernietig word, want sy is die groot hoer en ons sal op ‘n ander
plek aanbid.
Jesus is die een wat jou koepel van sig/jou
verbeelding oop gemaak het en jou die intelligensie van 666 gebring het, wat
die No van die dier/antichris is. Jy het hierdie No ontvang deurdat jy
denkbeeldige sigbare dinge verheerlik het. Jy het ook geleer dat daar ‘n
erfporsie vir jou wag slegs as jou testamentmaker in jou brein sterf.
Slegs jou liggaam sal verlore gaan.
Ek sê; terwyl jy in die sorg van Lusifer was het hy
jou onsterflike siel geskep, inteendeel jy het sy siel geskep, maar jou
liggaam gaan na die verderf/keer terug tot stof, soos die plan van God reg aan
die begin gesê het.
Hy het gesê; die wat u my gegee het, het ek bewaar, ek
het slegs die liggaam laat verlore gaan, maar dit is nou tyd vir
hom om jou terug te gee soos die ooreenkoms was, maar dit het bloedsweet en pyn
geneem vir die een wat hom oorwin het, maar dank God dit is gedoen en hy sal
nie weerstand bied nie.
Die dak van Noag se ark sal nou verwyder word, wat
beteken dat jy toegang tot die interplanitere hemele sal hê en dit op sy beurt
beteken dat jy onsterflikheid sal ontvang, natuurlik net as jy dit wil hê, want
jy kan nie iets kry wat jy nie wil hê nie. WIL JY ONSTERFLIK WORD?
Jesus was die wortel, die hoeksteen van die fondament,
terwyl hierdie profeet die spruit/tak van Dawid is; die boom wat die ewige saad
sal voortbring.
‘n Wortel
groei onder die grond terwyl die spruit bo die grond groei.
Hulle wat hierdie profeet volg SAL NOOIT STERF nie,
terwyl hulle wat Jesus gevolg het na die verderf gevaar het, dit weet ons tog.
Weereens; om na die verderf te vaar beteken nie dit
wat ons gepreek het nie; dit beteken eenvoudig dat jy sterf op die manier wat
ons ken, want ons is in die hel en ons huidige liggaam sal in die hel
bly en ‘n ewige verbranding hê.
Ons
kind Jehovah seën jou
Johan.
No comments:
Post a Comment