Saturday, March 17, 2007

hoofstuk 12 nuwe hemel en aarde.

 

                        HOOFSTUK 12.

 

           DIE NUWE HEMEL EN DIE NUWE AARDE.

 

 

Hulle sê wanneer jy spek en eiers eet, het die hoender ‘n bydrae gelewer, maar die vark is totaal verbind.

 

Ek sê; wanneer jy hierdie hoofstuk lees moet jy alreeds ‘n besluit gemaak het tussen die antichris en Jehovah of anders gestel, tussen die vals en die ware profeet.

Ek sê; jy moet nou totaal verbind wees tot die nuwe hemel Jehovah wanneer jy hierdie hoofstuk lees.

Ek sê; hierdie is vir grootmense wat die vermoë het om vleis te eet en wyn te drink.

Jy eet vleis deur middel van jou mond (woorde) en jy drink wyn deur jou ore en neus. (gees)

 

 

Die gedagte.

 

Voordat tyd daar was,

 was ek daar, ‘n gedagte,

ek wou op my bed gaan lê

ek en my gedagte

maar ek vind geen bed

dit was slegs ‘n gedagte,

nie eens kon ek myself bevind,

ook ek was net ‘n gedagte,

ek wou die blomme beruik,

 maar ek vind geen blom

dit was net ‘n gedagte,

ek wou stap en sien,

ek vind, dit was net ‘n gedagte

toe wou ek rebeleer

maar spraak het my ontwyk,

en ek kon dit nerens vind,

want dit was net  maar ‘n gedagte

ek wou met ander lag

ek wou die rotse klim,

‘n boom betas, maar

ek vind dit was maar net ‘n gedagte

toe wou ek myself bedink

 maar ook hier is ek net ‘n gedagte

toe gaan ek, ‘n gedagte uit om myself te skep

ek wou berge sien en water,

beeste, wilde bokkies en die mooiste voëls

ek wou my metgesel gaan sê, bekoor,

ook dit was maar net ‘n gedagte

ek wou my ma gaan sê,

sy wat my gebaar het

ook haar kon ek net in my gedagte vind,

ek wou met my kinders speel,

maar als is net  maar gedagtes

alles is net ’n  niks

maar ek is lewe, ek IS gedagte!!!

 

 

Spreuke 8:22-31.

 

Die HERE het my berei (die engelse woord is possessed me)

 as ‘n eersteling van sy weg

voor sy werke van ouds af.

Van ewigheid af is ek geformeer,

van die begin af, van die voortyd van die aarde af.

Toe daar nog geen wêreldvloede was nie, is ek gebore;

Toe fonteine swaar van water nog nie daar was nie,

 voordat die berge ingesink het,

voor die heuwels is ek gebore

toe hy die aarde en die velde

en al die stoffies van die wêreld nog nie gemaak het nie.

Toe hy die hemele berei het, was ek daar;

Toe hy ‘n kring afgetrek het op die oppervlakte van die wêreld vloed;

Toe hy die wolke daarbo bevestig het,

Toe die bronne van die wêreldvloed sterk geword het;

Toe hy vir die see sy grens gestel het,

Dat die waters sy bevel nie sou oortree nie;

Toe hy die fondamente van die aarde vasgelê het,

Toe was ek ‘n kunstenaar naas hom,

En ek was dag vir dag vol verlustiging

En het gespeel voor sy aangesig altyd;

En het gespeel op sy wêreldrond,

En my verlustiginge was met die mense kinders,

 

MAAR TOE VIND EK, EK IS SLEGS MAAR NET GEDAGTES, ALLEEN, ALLEEN!!!!

 

‘n vrou sal ek moet skep,

om my gedagtes te kon baar,

tot bewaarheid te kon bring,

ek sien die duister nag vol pyn en dood

en ek sidder!!!

maar iewers deur die donker nag

kom die lig, O so mooi

ek het jou lief my bruid

maak jou skede wyd oop, my beminde

ontvang my liefdes sperm,

‘n liggaam het ek berei vir my, en vir jou

kom ons baar ons liefdes kind,

deur pyn het ons hom kon bevind

ek het jou lief my vrou, my beminde, my moeder, mens!!!

 

 

Die geboorte van Christus.

 

 

Ons denke is nie in staat om reeds nou al die dinge voor die Big Bang te verstaan nie en selfs daarna is sekere dinge vaag vir ons begrip, maar met die oopgaan van die “dak van Noag se ark” sal dinge baie vinnig vir ons gebeur. As jy dink tegnologie het  vinnig beweeg die afgelope tyd, wag tot jy hierdie sien en beleef.

Nietemin, ons het die sirkel voltooi vanaf dag een tot dag sewe en daarom sal jy nou die dinge sien wat op dag een gebeur het. Ek sê; op dag een was die Big Bang ons vertrek en jy sal nou weer die Big Bang sien.

 

       Ons kan nogtans sê; vir ons het die geboorte van Christus met die Big Bang begin toe man en vrou die gedagte gehad het; kom ons maak kinders na ons beeld en gelykenis. Jy weet nou dat die skepping kinderloos en onvrugbaar was. Die Big Bang is dus die seksuele daad van man en vrou wat albei van hulle vrugbaar gemaak het. Aanvanklik slegs vrugbaar om plante te verwek, maar selfs voordat plante ontstaan het moes daar alreeds ander voorafgaande lewe gewees het waaraan ons kennis op hierdie stadium tekort skiet. Die bybel is egter duidelik dat die aarde met al sy lewe deur water en uit water ontstaan het. 2 Petr. 3:5.

Ek sê; die aarde is uit die “water” van die vorige hemele geskep.

 

Hierdie seelewe het aan land gegaan en ontwikkel tot landdiere en uiteindelik tot die mens. Dit is wat die bybel sê; nogtans wil die kerk dit nie aanvaar nie, alhoewel sy geen verklaring het nie, behalwe dat die mens net eenvoudig “verskyn” het op ‘n “Saterdag oggend die sesde dag.” Daar is logies ‘n proses van hoe die mens geskape is, net soos daar ‘n proses is om brood te bak en as jy nie die proses ken van brood bak nie is die kanse goed dat jy sal sterf van honger. Dit is tog baie duidelik in Genesis 1 tot 4 dat dit ‘n proses beskryf. Ons is hier om kennis aangaande die sigbare in te win en as dit ons houding is om nie te delg na kennis nie dan is ons sending immers ‘n mislukking. Dit is dan ook grootliks die rede waarom die kerk blind is want sy is te bevrees om te sien en verberg haarself. Gen. 3:10.

 

Nietemin, om iets te skep moet daar eerstens die gedagte wees, en dit noem ons die lewende oorsprong van alles. Dit is die lewende deel in alles en niks het ontstaan sonder die gedagte nie.

God = gees, maar gees is nie altyd die lewendmakende deel nie, want daar is ook die gees van dood. Gedagte is in elke ding wat lewe het soos; die kleinste organisme of plante of diere of enige mens gemaakte voorwerpe. Gedagte hou alles in stand en wanneer die gedagte daar is bestaan dit reeds, maar moet moontlik nog geskep word. Skepping is dus die tweede proses om iets werklikheid te maak. Die geboorte van Christus begin dus in/met die gedagte, die kern van lewe.

 

 

DIE GEBED.

 

Ons het dit aan die begin behandel, maar lees weer want hier is enkele dinge bygevoeg.

 

Jesus het ons geleer hoe om te bid, maar ons het die gebed gebruik om dit vir ons kinders as ‘n resitasie te leer.

Lees Math.6 en veral verse 5-14.

 

Die onse vader is nie ‘n resitasie nie, maar leer ons ‘n volgorde van hoe ons moet bid om resultate op ons gebed te verkry.

In elkgeval, gebed is nie iets om in die aand op jou knieë te val en te vra of aan te dring op die dinge wat jy wil hê nie.

Gebed is die dinge wat in jou gedagtes is en behoort in die aand afgesluit te word met die onse vader.

Jou daaglikse gebed is; wat jy die hele dag gedink, gedoen en gesê het.

Ek sê; as jou gedagtes vir vandag was, hoe jy gaan wraak neem op iemand, dan is dit = jou gebed.

As jou gedagtes vandag was, hoe sleg dit gaan of oor al die probleme wat jy het, dan is dit = jou gebed en dit is wat jy gaan kry, WANT DIT IS JOU GEBED, die dinge woorvoor jy vra. JY KAN SLEGS KRY WAT JY VRA, LOGIES.

Ek sê; as jou “gebed” vandag negatief was dan sal jy môre die negatiewe kry, want dit was wat jy gevra het en jy kan niks anders kry as wat jy gevra het nie.

Ek sê; as jy glo wat jy vandag gesê en gedoen het, dan is dit wat jy môre sal kry.

 

As dinge sleg gaan dan is dit baie, baie moelik om ‘n positiewe gebed te hê, maar begin om positiewe dinge te sê, begin om die dinge te sê soos; hoe jy dit graag wil hê, en binnekort SAL JY DIE DINGE ONTVANG WAT JY VRA.

 

Jare gelede het ek ‘n grap daarvan gemaak wanneer mense my vra; hoe gaan dit?

My antwoord was; ellendig baie dankie, en met jou?

Dit was nie baie lank nie of my hele lewe was totaal ellendig, dit het my langer geneem om uit te vind waarom!!!!

 

Math. 21: 18-22; hierdie verse leer jou presies wat ek jou nou gesê het.

Jesus het ‘n woord gespreek en die vyeboom was gehoorsaam aan die Woord.

Jesus sê toe; as julle geloof het en nie twyfel nie (in dit wat jy sê), sal julle nie alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie, maar al sê jy ook vir hierdie berg; hef jou op en werp jou in die see – sal dit gebeur.

In eenvoudige taal sê dit; as jou gebed/jou gedagtes vir vandag ellende was dan is dit wat jy môre gaan kry. Maar; as jou gedagtes vandag blydskap was dan is dit wat jy môre sal kry, want dit was jou gebed, die dinge wat jy vra en in glo sonder om te twyfel.

 

Drill dit in jou kop in; JY KAN ALLEEN ONTVANG WAARVOOR JY GEBID HET!!!! As dit nie waar is nie, kan jy netsowel jou bybel in die asblik gooi.

Salomo het gesê; drink water uit jou eie reënbak en strome uit jou eie put. Spreuke 5;15. Water is die simbool van gees.

Maar wat sê dit; dit VRA; wat is in jou reënbak en wat is in jou put?

Jy moet eers uit jou put haal met oorleg en deur te bedink en jou woorde te kies wat jy wil sê en stuur dan op wat jy in jou reënbak as reën wil ontvang.

As jy ander seën, ontvang jy seën en om hierdie rede het Jesus gesê; seën jou vyand.

 

Die betekenis van vyeboom is; om aan te hou om te lewe, kameraad, besitting of voltooiing.

Jou gebed is jou KAMERAAD, JOU BESITTING, WIE JY IS en bepaal wie jy is en, of jy sal “aanhou” lewe.

Jy kan slegs wees WAT JOU GEDAGTES IS.

Jy is die vyeboom en wat hierdie gelykenis ons leer is; jy kan verander deur jou woorde te verander, as jy glo sonder om te twyfel.

 

JESUS HET GESE; as jy geloof het sonder om te twyfel, kan jy enigiets doen, en dit beteken; jy kan ellende hê of jy kan die wonderlike dinge hê, afhangende van WAARIN JY GLO.

As jy sê jy is mislik, dan sal jy binnekort glo sonder om te twyfel dat jy mislik is, en dit is dan ook wie jy is.

Ek sê; jy kan die vyeboom/jouself vertel om te verdroog of om vrug te dra.

Die vyeboom kan haat of liefde produseer.

 

Hoe skep jy geloof sonder twyfel?

Jy moet jou ore laat drink wat jou mond praat/eet, en wat jou ore drink sal jy/waar word, want jy is ‘n geestelike fabriek.

Jy is nie geskep om perfek te wees nie, maar om perfeksie te skep.

Jy kan nie die wêreld die hele dag vertel dat jy Moses is nie, en in die aand bely jy dat jy inderdaad Hitler is nie, of andersom.

Ek sê; jy is dit wat jy die hele dag bely het, en dit is jou gebed en dit is wat jy glo sonder om te twyfel, as dit nog nie is nie sal dit binnekort wees, want jy word wat jy sê. En jy kry wat jy bid/sê, dit is ‘n onveranderlike wet.

Ek sê; jy glo sonder om te twyfel wat jy vandag gesê het.

Of lewe jy ‘n leuen?

Om jou geloof “sonder twyfel” te verander, MOET JY DIE DINGE VERANDER WAT JY Sê EN ALLES SAL DIENOOREENKOMSTIG VERANDER, want jou ore drink die gees wat uit jou mond kom en jou “brein” gee jou wat jy vra.

Ek sê; jou ore bepaal die reën wat jy in jou drinkbak ontvang.

Miskien sê jy; jy weet nie hoe ek voel nie maat, ek voel aaklig!!!!

JY IS AAKLIG, dit is waarom jy dit sê, en jy sal so bly indien jy nie jou woorde verander nie.

Waarom sê jy nie; ek voel wonderlik, want jy saai wat jy graag wil oes, al sien/voel jy nognie die oes nie.

Wanneer ek aaklig voel begin ek bid en sê; (ek sal maar die mooi woord gebruik) Here ek voel akkies vandag, maar ek dank u daarvoor, maar ek wil nou beter voel deur beter dinge te sê soos, ek voel wonderlik!!!

Jy hoef nie jou taal gebruik te verander net omdat jy nou met God praat nie; sê dit soos jy elke dag praat, want dit is hoe God jou in elk geval ken. Moenie ‘n twee gevreet wees nie!!!

Die skrif leer my om God vir alles te dank, daarom begin om hom te dank vir die pyn wat jy vandag het, en begin dan dankie sê vir die wonderlike van môre.

Die skepping word deur gees bedien en wat jy sê en glo, dit is wat jou engele vir jou sal doen. Die gees van bediening waarin jy glo, omring elke mens.

 

Lees hierdie dinge hardop, sodat jou ore die gees van hierdie woorde kan drink, want die gees wat jou oë drink is ‘n leuen.

Ek sê; jou oë voed jou brein met leuens, moenie hulle glo nie.

Maak dit ‘n daaglikse roetine om te sê, en te luister wat jy sê; sê; ek is die God wat jou doodmaak, en ek is die God wat jou lewe gee. Sê dit totdat jy verstaan wat dit sê, want jy weet nie wat dit sê nie.

Sê; EK is die een wat jou siek maak en EK is die een wat jou gesond maak. Lees deut. 32:39.

Sê; EK IS DIE HERE JOU GOD; sê dit totdat jy verstaan wat jy sê, want jy weet nie wat dit beteken nie!!! Slegs wanneer jy weet wat dit beteken kan jy al die ander dinge verstaan en kan God vir jou werk en doen wat jy sê. Sê dit al neem dit jou maande om te verstaan!!!

Ek sê; jy sal NIKS VERSTAAN as jy nie hierdie verstaan nie!!!

Ek sê; HOOR WAT JY Sê.

 

Om geloof sonder twyfel te skep, sal jy die dinge moet sê wat jy wil hê hoe dit moet wees. Jy sal die dinge moet ROEP wat jy nie kan sien of in glo nie.

Ek sê; hierdie woorde gaan nou in vervulling; GENEESHEER GENEES JOUSELF.

Die vrug van die dinge wat jy roep maar nognie kan sien nie is; DIT WORD REALITEIT SONDER ENIGE TWYFEL, want jy het dit in bestaan geroep, jy het dit geskep, jy/jou liggaam is die moeder daarvan. Die vader is jou stem van woorde, draer van gees en manlik.

Jesus het gesê; God kan slegs doen SOOS HY HOOR.

Ek sê; God is gees, draer van die woord en andersom, en kan slegs doen volgens die gesproke woord, wat as die Seun of die regterhand van God dien.

Ek sê; God kan niks doen as hy nie hoor wat hy moet doen nie, maar as hy hoor jy is ellendig sal hy presies dit vir jou doen, want hy is geskep om te doen wat jy sê.

Jesus het gesê; die Seun van die mens het gekom om te dien, nie om gedien te word nie.

 

Woorde kan jou bevrug/verwagtend maak met gees, want woorde is die draer van gees.

Jy kan jouself in enkele dae verander.                  

Ek sê; jy kan geboorte gee aan ‘n nuwe jy/’n nuwe vyeboom in ‘n kwessie van dae, sê net die dinge wat jy begeer en laat jou ore die gees drink.

Woorde is die draer van jou emosies/jou gedagtes; dit kan haat of liefde wees of blydskap, dit kan jou doodmaak of lewe bring.

Ek sê; daar is lewe in woorde; woord = gees en lewe.

Gees is die draer van woorde en die woorde wat jy tien jaar gelede gespreek het is steeds in die atmosfeer, kan nooit verdwyn nie en moet vervul word.

Gees/atome dra jou woorde en jou woorde moet vervul word.

Hopelik verstaan jy want ek het uit baie hoeke verduidelik.

 

Jesus het gesê; so moet julle dan bid Math. 6:9.

Onse Vader wat in die hemele is, laat u naam geheilig word.

Vader is jou gees, die een wat jy geskep het met jou gebede, en die een wat jou moet skep volgens jou gebede elke dag.

Jou gees gaan in by jou ore en uit by jou neus en vaar op in die hemel en kom terug na jou in die vorm van ‘n geestelike reën, afhangende van waarmee jy die hemel bevrug het.

Jy kan die reën verander, deur die woorde te verander wat jou ore drink en dit sal die gees wat jou neus na die hemel verlaat verander en dan logies die reën verander. Gedagtes gaan in deur die neus.

Om hierdie rede het Jesus ons ‘n model gegee waarvolgens ons moet bid.

Hy sê; die eerste ding wat jy moet doen is; om die naam van God te heilig. Math. 6:9.

Die naam is Jehovah en daarom begin jy jou gebed deur die naam te heilig deur byvoorbeeld te sê; heilig, heilig, heilig is u naam Jehovah, ‘n naam bo alle name, die mooiste naam, die ewiglewende. Hou hiermee aan totdat jy heiligheid voel. Wat jy in efek doen is om die een met die ewige gees te roep. Alle ongewenste geeste sal “hardloop”.

Jy kan dinge sê soos; ek vra toestemming om tot u te nader, ek wil dat u in my inkom, ek wil dat u my metgesel sal wees, om in u te wees en u in my sodat ons een kan wees.

Heilig, heilig, heilig is u naam, u drie eenheid daar bo en maak ook my drie eenheid heilig.

 

Wat is die drie eenheid van God?

Dit is die Vader, die Seun en die Gees en hierdie drie is een/’n eenheid. 1Joh. 5:7.

Wat beteken dit?

Die een wat praat = die vader en sy stem van woorde = die seun en die gees in die gesproke woord = die gees; logies is hulle een en NIE drie persone soos ons geleer is nie. Kerk het hierdie eenheid/drie eenheid verbreek deurdat hulle sê dit is drie persone; hierdie drie dinge = ‘n “persoon”, dit beskryf ‘n lewende wese.

Omdat jy na die gelykenis en beeld van God geskape is, het jy ook hierdie beeld van drie eenheid; logies is dit so.

Ek sê; jy is ook ‘n drie eenheid naamlik; jy wat praat, en jou stem van woorde, en jou gees in jou gesproke woorde, en dit is ‘n eenheid, ‘n drie eenheid, maar een liggaam en dit is JY.

 

Maar; wat is jou woorde en wat is die gees in jou woorde?

Indien die gees in jou woord die gees van die sigbare is, dan kan jy slegs met diesulke geeste kommunikeer en slegs in die tweede hemel.

 

Vers 10; laat u koninkryk kom, laat u wil geskied, soos in die hemel so ook in die aarde.

Nou kan jy aan God sê hoe jy wil hê die koninkryk moet wees.

Dink jy nie God het ook dinge nodig soos, liefde, gesondheid (want op die oomblik is God siek, jy het hom siek gemaak met die voedsel van dood, en jy moet hom nou genees) dinge soos plesier, blydskap en al die dinge wat vir jou belangrik is om te hê. Daarom; gee dit aan hom deur te sê; Jehovah ek wil hê u moet gelukkig wees, om gesondheid te geniet, om liefde te ontvang, my liefde, rykdom en ewige lewe en ek wil dat u op die troon moet wees en regeer.

JY KAN SLEGS TERUG ONTVANG WAT JY INGESIT HET, WAT JY God gegee het. LOGIES IS DIT SO want jy kan net kry wat jy inskink.

As jy water in ‘n glas gooi sal jy SLEGS water daar uitkry.

Daarom het jy nou op hierdie stadium van jou gebed die geleentheid OM AAN GOD DIE DINGE TE GEE WAT JY VIR GOD WIL HE, want die dinge wat jy hom gee is die dinge wat hy jou kan terug gee. Dit is hoe Eden werk, onthou?

Jy moet ‘n gesonde God in die hemel hê sodat jy gesond kan wees!!!

JY kan God gesond maak; geneesheer, genees jouself deur God te genees.

 

Vers 11; gee ons vandag ons daaglikse brood.

Slegs nou, nadat jy God SY daaglikse brood gegee het, kan jy vir jou daaglikse brood vra, en jy vra nie net vir jouself nie, want die skrif sê; gee ONS en nie, gee my nie.

 

Ek sê; moenie ‘n vark wees nie; God moet eerste eet voordat jy eet. Logies is dit so, want dit is wat hierdie gebeds model ons leer, stem jy saam?

Wat is die dinge wat jy nodig het?

Weereens, moenie ‘n vark wees en eerste wil eet nie, vra eers die dinge vir jou haatlike buurman; vra om hom lief te hê, vra genesing vir die siekes en hulp vir die armes, want onthou, hulle is selle van jou liggaam, of haat jy die siek dele van jou liggaam, of wens jy dit genesing toe?

As jy jou buurman genesing gee, dan het jy genesing; as jy jou buurman haat, dan haat jy jouself, OMDAT julle een geestelike liggaam is wat Jesus of Jehovah genoem word.

 

Vers 12; vergeef ons ons skulde, soos ons ook ons skuldenaars vergewe.

Vra eers vergifnis vir jou buurman want dit sê nie vergeef my nie, maar vergeef ons.

Nadat jy nou vir die goeie en die vergifnis vir jou buurman gevra het, NOU kan jy vir JOUSELF vra.

Noem die wat jy kan onthou asook die wat jy nie kan onthou nie, want iemand anders onthou dalk jou sondes.

Jy sal vind dat sodra jy dit begin doen sal die gees jou herinner aan die dinge wat jy lankal vergeet het.

Vers 14; as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse vader julle ook vergewe.

Dit maak dit dan duidelik; vergewe eers jou buurman en dan vra jy vir jouself vergifnis.

Vers 15; as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Dit is dus baie duidelik; jy vra verniet as jy nie bereid is om te vergewe nie.

Jou stem van Woorde, die Seun van die mens het MAG ontvang om te vergewe, WANT HY IS GOD OM TE VERGEWE.

Dit is nie soos sommige kerke preek, dat slegs “God” kan vergewe; ja slegs God kan, jou stem van woorde kan.

Om hierdie rede is daar ‘n kerk wat presies dit doen, met groot kritiek van baie ander kerke.

 

Vers 13; lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.

Jy mag dalk sê; God lei jou nooit in versoeking nie.

Moet ons dan Deut. 13:3 uit die bybel skeur?

God is enige, alle gees, goed of sleg en dit is jou sending om God/die berg te suiwer.

Jy kan nou die dinge noem waarmee jy ‘n stryd voer om af te skud. Vra dat dit sal sterf/kruisig in jou brein/Golgota. Hierdie is die tweede dood, die afsterwe van die slegte in jou. So is dit dan ook die tweede opstanding, die opraping van die goeie in jou.

Bid hardop wanneer jy bid sodat jou ore die gees van jou gebed kan drink; konsentreer op die woorde wat jy sê, fokus jou ore sodat dit jou brein kan indring, want dit is voedsel vir jou brein. Jy kan selfs ‘n mikrofoon en oorfone gebruik as jy wil.

Ek sê; laat jou gerubs van heerlikheid/jou ore, die versoendeksel/jou mond/woorde oorskadu. Lees Heb. 9:5. jou lippe of woorde word die versoendeksel genoem, want gebed is versoening.

Binnekort sal jy die goue kruik met manna vind. Lees vers 4.

Ek sê; binnekort sal jy die regte woorde in jou brein vind.

Wanneer jy op die woorde van jou gebed konsentreer, is daar NIKS SIGBAAR/ geen prente in jou gebed, maar wanneer jy met jou oë bid het jy duisternis in jou gees. Sê dit hardop sewe maal.

 

Vers 13 vervolg; aan u behoort die koninkryk en die krag  en die heerlikheid tot in ewigheid.

Moenie sê; ek glo u kan dit doen Jehovah, Sê; ek weet u kan die woorde vervul wat ek gesê het; ek plaas u op die troon; ek verheerlik u om alle mag en eer te hê, ek wil dat u doen soos ek sê, maar nie my wil nie, u wil geskied.

Geloof kom nou tot ‘n einde, want kennis neem nou die plek van geloof; JY WEET; JY HET KENNIS. Stel dit op die proef en sien hoe dit in vervulling gaan.

 

Jy sluit jou gebed af deur God te verseker dat alles aan hom behoort, dat hy die almagtige, die verheerlikte is en die enigste een wat die gesproke woord kan vervul. Jou stem van woorde is die gesproke woord. Jy wil hê hy moet die eer hê sodat hy die woord kan vervul. Hy het dit in elkgeval nog altyd gedoen, toe jy die slegte gevra het/jou gebed het hy dit vir jou gegee, en wanneer jy die goeie gevra het het hy dit vir jou gegee, jy het dit net nooit verstaan nie.

 

Ek sê; jy moet eer en heerlikheid en krag bring aan die Seun van die mens.

Jy sluit jou gebed af met die woord, AMEN wat beteken; laat dit so wees soos gespreek. Dit is om jou gebed te verseël en niemand kan jou gebed ontsluit nie, want dit het jou vinger afdruk.

Jy is IN God en God IN jou, dit is as jy gees het.

 

Moses het God gevra; as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê; die God van julle vaders het my na julle gestuur, en hulle vra; hoe is sy naam? --- wat moet ek hulle antwoord? God het vir Moses gesê; Ek is wat/wie Ek is. Ook sê hy; so moet jy die kinders van Israel antwoord; EK IS het my na julle gestuur.

Die woord EK = God; ook, EK = WIE JY IS.

Ek sê; die woord EK = jou identiteit, wie jy is.

God sê dus; EK is wie JY is en JY is wie EK is.

Maak dit vir jou sin? Dit behoort.

As ek = jou vlees dan is God sigbaar vir jou, en jy het die gees van die sigbare/Satan. Satan verteenwoordig die sigbare helfte van God.

As ek = jou stem van woorde, dan het jy die gees van Jehovah die onsigbare en jy ontvang die naam Jehovah en tesame daarmee die magte van Jehovah.

Om sommige van die magte te noem; om te vergewe, om gesond te maak en wat jy sê sal gebeur.

Is dit wat jy wil hê?

 

                    DIE VAS.

 

 

Die woord vas het die betekenis van; om die mond te seël, of om jou van voedsel te weerhou. Ons praat van geestelike voedsel want ons betree nou die geestelike wêreld.

Wat is geestelike voedsel?

Ons het verduidelik dat geestelike kos is dit wat by jou oor ingaan, want die goed wat by die oor ingaan gaan uit in jou asem of woorde sodra die brein dit vrystel. Woorde/die dinge wat by jou oor ingaan, word realiteit in die brein. Wat die hart van vol is loop die mond van oor.

Woorde hou lewe of dood. Niks kan so seer maak soos woorde nie, en niks kan gesond maak soos woorde. Woorde maak jou siek en woorde maak jou gesond. Dink ‘n rukkie hieroor en sê hardop sewe maal; my woorde het mag om te genees, maar ook mag om my siek te maak.

Ek sê; die Seun van die mens het mag om gesond te maak en die naam van die Seun van die mens is Jehovah.

EK Sê; JEHOVAH MAAK MY/JOU GESOND. Herhaal dit sewe maal.

EK Sê; SIEKTE EK PLAAS JOU ONDER DIE DEKSEL VAN  DIE HEL IN DIE BRANDENDE VUUR, EK Sê DIT IN DIE NAAM JEHOVAH.

 

Ons sê nou al hierdie dinge, maar wat beteken dit dan om te vas.

Vas is om ‘n dag te kies waar jy jouself isoleer en jy praat geen onheil en geen vervloeking, met ander woorde, jy sluit jou mond soos die betekenis sê.

Jy sê net die goeie dinge van ander, jy wens hulle gesondheid toe, jy vra God om die armes te voed, jy vra vergifnis vir ander en jouself, jy vra genesing, vir welvaart ens.

Ek sê; jy verseël jou mond vir die slegte en jy voed jou ore met GOEIE voedsel.

Iemand het die ander dag vir my gesê; ek praat so baie maar nou is ek bang om my mond oop te maak nadat ek hierdie geskrif gelees het, bedoelende hy is bang om verkeerde dinge te sê. Ja dit is goed om dit in jou gedagte te hê om jou woorde te kies en dit is alreeds genoeg, maar wanneer jy jou vasdag hou kan jy oor hierdie dinge dink en dit aan God noem en vir verandering vra. Ons sê so maklik dinge soos; ek bekommer my vrek/dood; ek lag my dood; ek vrek eerder voor ek dit of dat doen. Jy sal vind dat hierdie dinge “vanself” verdwyn as jy dit beken.

DIT IS DIE BETEKENIS VAN VAS.

 

Wat is goed daaraan om jou liggaam te straf om sonder kos te bly?

Verseker kan jy die goed daarvan sien om jou mond te sluit vir die normale slegte dinge wat ons daagliks sê en hoor.

Lees Math. 6: 16- 25 en Jes. 58.

Jes. 58:14 vertel jou wat jy kan verwag as jy vas soos ek jou sê.

Die hele gemeente kan ‘n vasdag reël gebaseer op hierdie voorbeeld.

Resultate is gewaarborg vir beide gebed en vas.

Die hele gemeente kan ‘n dag van genesing hê waar die hele gemeente met EEN STEM sê; JEHOVAH DIE SEUN VAN DIE MENS GENEES JOU, SIEKTE IN DIE NAAM JEHOVAH, PLAAS EK JOU IN DIE BRANDENDE VUUR. GOD SEEN JOU EWIGE SLAAP.

Jy moet verstaan dat alle geeste, ook die gees van siekte of smart, HET VIR GOD GEWERK. Dit is dus nie nodig om te skree of woedend te wees nie. Jy kan sê; siekte gees, jy het hard gewerk vir God, maar jou werk is voltooi en jy kan nou jou rus/jou slaap binnegaan, God seën jou ewige slaap.

Resultate is gewaarborg.

Waarom is resultate gewaarborg?

Want die Seun van die mens is NOU op sy troon om alles te doen wat jy sê, nie alleen het jy aan hom geboorte gegee nie, maar jy het hom op sy troon geplaas toe jy hierdie uitnodiging aanvaar het. Bowendien verstaan jy nou wie God is.

 

Ek sê; die seun van die mens het uit sy graf gekom; dit is die derde en finale dag, dit is die oopgaan van die sewende seël, die klank van die sewende basuin, die oopgaan van die derde hemel vir Eden/jou.

Ek sê; Jehovah betree nou die tuin op die heuwel, jou brein, en hy is jou man/huweliks maat om jou te voed met die ewige voedsel.

Moenie dit opmors nie, gee jou man ‘n vreugdevolle bruilofs maal.

Ek sê; trou jou ewige huweliksmaat, want hierdie is die troue tussen man en vrou, die fundamentele doel en jy as die vrou het haarself gereed gemaak, haar klere gewas op die eerste en tweede dag.

Sy het ook haar man geheilig wie sy vergif het.

Oefen hierdie dinge daagliks en dit sal realiseer.

Ons is nou besig om die bruidsmaal, die oggend maal te bedien, terwyl met Jesus het jy die aandmaal/nagmaal geëet, en logies eindig die nag maaltyd wanneer die nag verby is en die ontbyt beskikbaar is.

Herhaal hierdie dinge hardop daagliks sodat jy die betekenis daarvan kan verstaan.

Ek sê; maak die gees wakker in jou en die gees sal jou opwek soos beloof.

Die Jesus wat jou “dood gemaak het” is dieselfde een wat jou wakker maak.

Ek sê; jy is nou gereed om die nuwe wyn te ontvang.

Ek sê soos Jesus gesê het; skep EERS ‘n nuwe liggaam vir jouself sodat jy in staat kan wees om die nuwe wyn te ontvang/te behou, want nuwe wyn is vir ‘n nuwe liggaam en dit was die sending van Jesus/Mo Hammed en andere, naamlik om ‘n nuwe liggaam en siel vir jou te skep.

 

Is hierdie die dinge wat jy vir jouself wil hê? Is dit waarop jy gehoop het? Is dit die dinge waarvoor jy gely en gesterf het?

JA DIT IS!!!!

Die Seun van die mens het mag om te seën en daarom sê ek; Jehovah seën jou.

 

Jy kan jouself genees want Jesus het gesê; geneesheer genees jouself.

Jy mag dalk verbaas wees om te weet dat baie mense NIE WIL gesond word nie, veral mense wat ‘n kroniese of ‘n lang geskiedenis van siekte het. Indien jy een van hulle is kan jy toets wat ek nou gesê het. Maak jou hande bak agter jou ore en sê hard; EK WIL NOU GESOND WORD.

Jy sal voel hoe jou liggaam weerstand bied teen wat jy nou pas gesê het. Indien dit so is begin om dit daagliks te sê vir ‘n periode. Begin daarna om te sê; ek word nou gesond want ek WIL NOU gesond word.

Indien jy steeds weerstand ondervind, herhaal die eerste proses. Daarna kan jy voortgaan en sê; ek word nou gesond want Jehovah maak my gesond, want Jehova het mag ontvang om my gesond te maak.

Sê; elke siekte gees en kwaal los op en ek werp dit uit soos vuur; blaas die “vuur” hard uit. JY SAL GENEES!!!!!

 

 

                          DIE DAG VAN HERSTELLING.

 

Jou profeet het jou in bewaring gehou tot op hierdie dag. Wat is hierdie dag?

Dit is die dag van herstelling!!!!

Wat beteken herstelling?

Dit beteken; om jou te herwin, om jou te herstel en terug “te gee”.

Jesus het gesê; die wat u my gegee het, het ek bewaar.

Bewaar vir wat en tot wanneer en wie het hulle gegee?

Bewaar om terug te gee aan die een wat jou aan jou profeet gegee het, want jou sending is verby en dit is die dag van herstelling van alle dinge. Hand. 3:21.

Johannes is die een wat jou aan jou profeet gegee het en hy het jou in die diepe slaap gebring, en nou gee jou profeet jou terug aan Johannes sodat jy die Verkwikkings Gees, die Ontwakings Gees kan ontvang.

Jy moes eers jou nuwe liggaam voorberei.

Hipoteties gesproke.

 

 

 

 

          Jy.

 

Jy, hoe mooi is jy

Jy is die mooiste jy

Jy my bruid

My geliefde, jy.

 

 

Jy wat nou hier lees is die een wat so mooi is vir God en jy is as ‘n maagd bewaar om nou met die Verkwikkings gees bevrug te word sodat jy die hele skepping kan wakker maak. Jy het nou hubaar geword.

Jy wat hier lees is hulle wat die tweede opstanding sal beleef.

Die naelstring van moeder aarde kan nou geknip word.

Tot op hierdie oomblik het die HERE God alles geskep.

Wat beteken HERE God?

HERE = aarde in die eerste fase van skepping en God = hemel van die aarde.

Dit sê dus dat aarde en hemel alles gekep het.

Ek sê; aarde en haar hemel het alles geskep waarvan jy bewus is.

Jy kan ook sê; die aarde en haar God naamlik haar gees het alles geskep.

Ek sê; aarde as ma en hemel as pa het alles geskep.

Ek sê; HERE is vroulik en God is manlik.

Ek sê; die HERE en haar geestelike man het alles geskep.

Ek sê; jy en jou man het alles geskep.

 

Nietemin, die lewe op aarde het die hemel met nuwe gees bevrug, en die atome van die hemel verander en na die koms van die latere profete het jy ‘n siel vir God geskep, die hemel en die aarde.

Ek sê; jy het HERE geword en jou gees het God geword en jy het hemel verander en daardeur ook die aarde.

Ek sê; jy is man en vrou in een liggaam, geskep met dieselfde beeld as God.

 

 

                 Die ingedoopte stukkie.

 

 

Elkeen van ons het sy eie lot ontvang.

Ek sê; jy het die stukkie geneem wat deur God aan jou uitgehou is, maar jy kan nie die eer daarvoor ontvang nie.

Net so ook Johannes, alhoewel die bybel hom die strooijonker noem is daar geen “big deal” daaromtrent nie; hy bedien sy lot net soos die hoer, maar is verseker die belangrikste rolspeler in die skepping van die mens en die skepping self, veral in die Ontwaking van die hele skepping.

Maar wat presies word bedoel met die strooijonker?

Johannes is die een wat die bruid en die bruidegom aan mekaar voorstel, sodat hulle kan trou, want jy het nie jou bruidegom geken nie en hy het jou nie geken nie.

Ek kan dus sê; Joh. 3:29; hy wat die bruid HET, IS die bruidegom; maar die vriend van die bruidegom wat na hom staan en luister, verbly hom baie oor die stem van die bruidegom. So is dan hierdie blydskap van my volkome.

 

Alhoewel ons nou baie meer weet omtrent ons moeder en vrou as ‘n paar honderd jaar gelede, het ons nog oneindig baie om te leer, en ons sal NOU leer wanneer die derde hemel vir ons denke oopmaak.

Ons ma = aarde, en ons vrou = ons liggaam, gesien deur een oog.

Jy sal hierdie dinge moet bestudeer, want die bybel sê; hy wat verstand en wysheid het sal nog meer ontvang, maar hy wat geen kennis het nie selfs dit sal van hom weggeneem word. Logies want dit is ‘n vermorsing.

Ek sê; as jy WIL verstaan sal jy meer kry om te verstaan en jou kennis sal vermeerder.

Ek wil niks meer as dit sê nie want ek praat nie met kinders nie, maar met hulle wat die waarheid aanneem en die waarheid sal jou bevry.

 

Die aarde is geskulptuur deur die magte/kragte van Satan, naamlik deur aardbewings, vuurspuwende berge, wind en water en baie ander kragte. Gen. 1.

Ons kan hierdie magte of kragte noem; kragte van die sigbare, kragte van Satan, of kragte van die linkerhand van God of kragte van die sigbare kant van God of kragte en magte van een oog van God.

Hierdie kragte word moontlik gemaak deur die samevoeging van verskillende atome.

Die mens het kennis van die kragte van die drie dimensionele atoom bom, en in ‘n meer beheerbare vorm, die elektrisiteit van die atoom.

Ons weet wat hierdie kragte van God kan doen, beide tot ons vernietiging of tot ons voordeel.

 

Wetenskaplikes is die grootste profete van ons tyd, terwyl die kerk hulself met blindheid beklee het; die sogenaande self-gereddes. Jy kan nie jouself red nie, God red jou; jy kan nie self jou naam in die ewige boek skryf nie; God skryf jou naam.

Sommige van julle mag dit as beledigend beskryf.

Wel Jesus het gesê; julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan my, want daar is geskrywe; ek/Jesus sal die herder (predikante) slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word. Lees Math. 26:31.

Die nag is die afgelope 2000 jaar.

Waarom het Jesus dit gesê?

Hy het dit gesê omdat hy geweet het dat hy die vals profeet was, die een wat die leuen gees geword het en die hele wêreld het hom gevolg.

Sommige mag sê; dit praat nie van my nie, ek het nie die leuen gevolg nie.

Van wie praat dit dan? Wie wil jy blameer, iemand anders, die Jood?

Tipies mens!!!

 

Dit is nie per toeval dat ons huidiglik toegegooi word met advertensie van roompies, wat jou jonk maak/hou of kloning om vir ewig te lewe nie; dit is die tekens van ons tye, dit is ‘n geestelike verandering in die brein, ‘n honger na God, ‘n geroep na dit waarin ons glo, naamlik ewige lewe.

Maar; dit is nie hierdie dinge wat jou ewige lewe sal bring nie, dit is ‘n verandering in jou brein, die opwekking “op Golgota.”

Die sterwe was op/in Golgota, so ook is die opwekking op/in Golgota, ‘n heuwel in jou skedel. Die brein vertoon soos ‘n heuwel en in die toekoms sal ons nog baie openbaar aangaande hierdie heuwel in jou skedel.

So lank as wat jy voortgaan om ‘n idool te aanbid en te glo in ‘n sigbare idool aan ‘n kruis, sal JY aan die kruis bly en sterf, want die kruis is ‘n foto van jouself. Jy moet nou ontslae raak van hierdie dier in jou brein, jy moet die een aan die kruis toelaat om te sterf, want hy is die vyand en die idée van die kruis was om die een aan die kruis van al sy glorie te stroop, aldus die bybel.

Die dood aan die kruis was die finale dood van Moses die wet, want jy kan nie ‘n ander man trou solank jy aan ‘n ander man verbind is nie.

Daarom moes Moses sterf sodat jy Jesus kon trou.

Die een aan die kruis is die duiwel en moes sterf.

Voor sy sterwe het Jesus die volle mag van die wet ontvang soos hy gedemonstreer het met sy wonders en tekens.

 

 

Ek sê; voordat jy Jesus kon trou moes Moses jou man sterf.

Voor die kruisiging het Jesus gesê; ek het voedsel waarvan julle nie weet nie. Na die kruisiging sê hy; het julle vir my iets om te eet.

Wat beteken dit?

Dit sê; jy moet skep/voed/geboorte gee aan ‘n nuwe God/man en dit is presies wat jy gedoen het, moeder Maria.

Verder verklaar dit; hy is van al sy glorie gestroop aan die kruis en moet nou nuwe glorie, nuwe magte en nuwe voedsel ontvang.

Dit is om hierdie rede dat Jesus gesê het; ek was honger en jy het my nie gevoed nie. Eerstens het jy God se siel geskep; jy het geboorte gegee aan die Skim gees/die Heilige Spook, jou geestelike kind; jy het ook hierdie kind getrou, want jy het gesê; ek het ‘n man van die HERE ontvang; jy het jou siel geoffer want die skrif sê; as sy siel ‘n offer bring sal hy ‘n nageslag sien.

Ek sê; jy het geestelik bevrug geraak en geboorte gegee aan die Skim Gees/Siel.

Ek sê; jy is die siel van God.

Ek sê; Satan is die siel van God.

Jesus het gesê; julle is sy broers, susters en moeders; logies so.

Dit is om hierdie rede dat jy die dier aan die kruis moes verheerlik, hom verhef as/soos die koper slang, maar hierdie sending is nou voltooi en MOET NOU STOP.

Die bybel sê; elkeen wat deur ‘n slang gepik word moet slegs na die koperslang kyk en jy sal gesond word; dit sê NIE jy moet hom aanbid nie.

Wat is die nagmaal anders as; dat jy die vlees en bloed drink van die een wat gekruisig is of die bloed van die slang?

Ek sê; jy eet en drink die vlees en bloed van die dier en die bybel is duidelik; solank jy hierdie vlees eet en hierdie bloed drink sal jy sterf en Jehovah kan nie wakker word in jou nie. Lees 1 Kort. 11:26.

Ek sê; die wet verbied die eet van vleis met bloed OP ENIGE MANIER.

Ek sê; jy sal die dood van ‘n blinde sterf.

Ek sê; jy sal nooit die waarheid ken nie.

 

Dink hieraan; deur spieëls op die regte hoeke te plaas kan jy ‘n hele stad of selfs die hele skepping verlig met een ligbron.

 

 

            DIE LEWENDE WOORD.

 

Ek wil weer verduidelik; God het ‘n sigbare en ‘n onsigbare kant.

Dit simboliseer; Satan as die sigbare kant en Christus as die onsigbare kant. God het ook ‘n agter en ‘n voorkant, wat dieselfde beeld simboliseer.

By Horeb het ons die agterkant van God gesien en by Golgota het ons die voorkant of ses kante van God gesien, albei sigbare beelde, bedoel vir die ongelowiges, jy die Thomas.

Terwyl ons nog sondaars was het die gesig van God nie vir ons bestaan nie, hy het gesterf, was dood vir ons, en baie goed ook. God het gesê; jy kan nie my gesig sien en bly lewe nie.

Dit sê; om God te sien moet jy sterf.

Johannes leer ons nou aangaande die gesig van God.

 

Nietemin, Jesus het die volle beeld van God, al sewe beelde maar ons sal met twee deel, die twee wat Jesus in Joh. 6:63 noem.

Dit is die gees wat lewend maak; die vlees is van geen nut nie, die WOORDE wat ek tot julle spreek IS GEES EN IS LEWE.

Ons het dus onsigbare gees en woord as die een kant en die sigbare vlees as die anderkant of beeld.

“Jesus” is die antichris nie omdat hy wou of iets verkeerd gedoen het nie, maar jy het hom die leier gemaak; jy het dit gepreek en hom ‘n sigbare God gemaak en hom sonde gemaak.

Ek sê; jy het die sigbare kant van God as (Christus uitgelaat) Jesus ons God aangeneem en as gevolg daarvan het hy antichris geword wat beteken; die môre ster het van die hemel na die hel geval, jy sy vrou het hom neergetrek om jou te bevrug met gees van die sigbare.

Alhoewel Jesus nie in hierdie vers sê dat die vlees DOOD beteken nie word dit uitdruklik in ander verse gesê, en sê hy slegs, die vlees is nutteloos teenoor die woord is lewe.

Ons het dus die lewende kant sowel as die doods kant van God.

 

In vers 53 sê hy; voorwaar, voorwaar ek sê vir julle as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het julle geen lewe in julle nie.

Vers 54; hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en ek sal hom opwek in die laaste dag.

Jy kan nie so naief wees om te dink hy bedoel dit letterlik nie, en jy kan ook nie dink dat brood en wyn wat in meeste kerke gebruik word, jou ewige lewe sal bring nie; die rede is dat jy sterf, terwyl Jesus gesê het as jy sy vlees eet en sy bloed drink sal jy ewige lewe hê.

 

Waarom sterf jy dan?

Omdat jy die sigbare kant van God aanbid wat genoem word vlees/Satan/duiwel terwyl Jesus duidelik gesê het dat die gees in die woord die Verkwikkings gees is, naamlik die onsigbare kant van God; woorde gee jou ewige lewe, dit is as jy dit glo en dit eet en drink.

Verder; jy drink bloed en die skrif is duidelik dat jy sal sterf indien jy bloed drink. Jy volg dus die een wat die gebooie oortree.

Ja dit is waar dat die sigbare vlees en bloed van Jesus, wat slegs ‘n simbool van die waarheid is, jou siel gevorm het terwyl jy die nagmaal gebruik het, maar jy sterf nog steeds.

Soos die skrif duidelik sê; solank jy hierdie brood eet en hierdie bloed drink sal jy sterf want jy VERKONDIG  die dood van die Here.

Dit is nie net hulle wat in die kerk nagmaal gebruik wat sterf nie, dit is elke mens en elke dier, en daarom is die nagmaal slegs ‘n simbool van die waarheid. Almal sterf want dit is wat die antichris/kerk preek.

 

Die skrif sê Jesus is ‘n tussenkoms en die Skim gees is die trooster TOTDAT die waarheid en die perfekte kom.

Hebr. 9:28; Christus is ‘n eenmalige offer om die sondes van baie weg te neem en sal wanneer hy weer verskyn sonder sonde verskyn aan hulle wat hom verwag.

Dit beteken; toe hy die eerste maal verskyn het, het jy die fisiese liggaaam verheerlik en dit is sonde, maar nou verskyn hy as die Woord tot redding en jy kan hom nou aanvaar sonder om sondig te wees.

 

Dit is dus onweerlegbaar; ons MOES DIE NAGMAAL GEBRUIK om ‘n/die siel te skep, maar wil jy nie nou voortgaan en ewige lewe deelagtig word nie? Jy is ‘n eerste Adam, ‘n lewende siel maar wil jy nie ‘n tweede Adam word wat die Verkwikkings gees het nie? Lees 1 Kort. 15:45-47.

Is dit nie logies vir jou dat die nagmaal een of ander tyd moes stop nie, want selfs die woord nagmaal voorspel dit?

Indien dit dan wel ‘n einde het, vra jouself die vraag; wanneer, hoe en deur wie? Ons het altyd geglo dit is Jesus wat terugkom, maar Jesus = Lusifer draer van die Woord van God en Lusifer is nie ‘n spesifieke persoon nie, maar kan enige Lusifer wees, dit kon jy gewees het wat hierdie loot getrek het, maar dit was Johannes, want die bybel het voorspel dat dit hy sou wees. Ek sê; Johannes het die lot van HIERDIE Lusifer. Alhoewel Johannes besig is om jou te probeer “verlei”, sal dit nie Lusifer sy Liggaam wees wat jou verlei soos die geval met Jesus was nie, maar eerder die waarheid uit sy mond, DIE WOORDE VAN SY MOND.

 

Dit is baie maklik om tot die volgende hemel, die van Jehovah toe te tree noudat jou siel voltooi is.

Al wat jy hoef te doen is om in die eerste plek te ondeskei tussen die Vlees van Jesus en die gesproke Woord, met ander woorde die twee kante van God.

Toe Jesus in Joh. 6:48 sê; EK IS DIE BROOD VAN DIE LEWE, Sê HY; EK DIE WOORD IS LEWE OF EK DIE WOORD IS DIE BROOD VAN DIE LEWE en NIE ek die vlees nie; die vlees is van geen nut en bedoel om na die verderf te gaan, want dit is uit stof en klei geneem/geskep en sal terugkeer tot stof.

 

Jy kan nou moontlik die vraag vra; wat moet ek doen om hierdie ewige brood te ontvang?

In die eerste plek moet jy glo dat die woord in jou mond die Seun/God van die mens is. Jy het geboorte gegee aan woord/spraak en daarom sê God; dit is die Seun van ‘n mens. Jy sal ook jou vorige man moet skei naamlik die vlees van Jesus deur sterwe; hy moet sterf want jy kan nie ‘n ander man trou as jy steeds getroud is met iemand anders nie, anders is dit buite-egtelik.

 

Ek sê; jy moet bereid wees om jou huidige liggaam prys te gee want Jesus het gesê; hy wat sy lewe wil red sal dit verloor en hy wat sy liggaam prys gee sal lewe, logies so.

Tweedens; jy kan nou begin om jouself te voed met die ewige vlees en wyn van Jehovah.

Hoe doen ek dit?

Jy doen dit deur vyf brode en een vis te neem.

Ek sê; neem omtrent vyf woorde soos; ek is die brood van die lewe.

Herhaal dit oor en oor vir dae, weke, maande en jy sal die bloed van genesing ontvang.

Ek sê; jy sal begin om te verstaan en lewe ontvang en ontslae raak van die slegte in jou.

Ek sê; daar sal ‘n ruptuur/skeiding in jou plaasvind.

Ek sê; proe die oggend maal!!!!

Ek sê; proe die bruilofs maal!!!!

Twee visse is beter as een.

Ek sê; as twee van julle dit saam toepas is dit beter as om alleen te wees, volgens skrif.

 

Moet jouself nie oorvoed nie, want die resultaat sal minder bevredigend wees. Ons het ‘n voorbeeld in Math. 14 waar vyf brode en twee visse meer mense gevoed het as sewe brode. Die vis is ‘n simbool van geloof of gelowiges.

Voordat jy hierdie woorde hardop uitspreek, doen soos Jesus gedoen het; seën die woorde wat jy gaan gebruik deur te sê; Jehovah, laat hierdie woorde heilig wees in u en vreugde en liefde vir u bring en laat hierdie woorde lewende voedsel vir my dorstige gees en vir u wees.

Jy kan enigiets byvoeg maar hou dit kort want God die vader gees weet wat jy nodig het beter as jy en jy sal ontvang wat jy nodig het.

Moenie vir ‘n mooi Ferrarie vra nie want jou gees is belangriker as ‘n stuk gemors, en die Ferrarie sal in elkgeval nie die volgende hemel ingaan want daar is baie beter dinge in hierdie toekomstige roemryke hemel; vra liewer om jou buurman lief te hê, want dan sal jy ‘n bydrae lewer tot die volgende hemel.

Ek sê; stuur op dit wat JY graag wil hê.

Ek sê; die donker nag waarin niemand kon werk nie is nou in die verlede.

Ek sê; die sesde dag is op sy einde en God sal nou die dinge klaarmaak wat hy geskep het gedurende die afgelope ses dae. Gen. 2:2.

Ek sê; dit is die sewende dag van rus. Gen. 2:3.

Ek sê; jy het nou die Verkwikkings gees en jy moet nou alles opwek insluitende ons pa en ma God en jouself, want jy het mag ontvang om jou lewe neer te lê, maar jy het ook die mag om dit weer op te neem. Lees Joh. 10:18 en 1 Kor. 15:45.

 

 

Die skrif sê; Johannes het die hemele sien oopgaan en hy kan jou verseker; DIE HEMELE SAL VIR JOU OOPGAAN, PROE NET DIE ONTBYT.

Hemelse Gees/Vader, is dit nie onregverdig dat u ewige lewe het terwyl Aarde/Moeder en al die lewe op haar soos gras in die warm woestyn sterf nie?

Is dit nie onregverdig nie, terwyl sy die een is wat u lewe gee nie?

Is dit nie onrealisties dat helfte van die Goddelike skepping wat vader en moeder is sterf nie?

 Jes.50:1; waar is tog die skeibrief van julle moeder waarmee ek haar verstoot het? Of wie is daar van my skuldeisers  aan wie ek julle verkoop het? Kyk weens julle ongeregtighede is julle verkoop. En weens JULLE oortredinge is jul moeder verstoot.   

 

Waarom sê God die vader gees dit?

waarom sê hy daar was ‘n egskeiding? Soos jy weet is daar sewe oë om die egskeiding te beskryf, maar die egskeiding tussen die aarde se oorspronklike man het gekom toe sy geboorte aan haar eie man gegee het en hom getrou het. Gen.4:1 en 17. Sy het geboorte gegee aan hom in Jerusalem, hoofstad van die hel en sy het geboorte gegee aan hom in jou brein.

Waarom sê hy jy het jouself verkoop? As ons deur een oog kyk kan ons sê; Jesus is die een wat die aarde verkoop het, maar hy het dit op ‘n manier gedoen sodat God nie skuldig was nie. Ons het onsself verkoop toe ons die dier gevolg het, toe ons die stukkie/die nagmaal geneem het soos Judas, die stukkie wat deur Jesus aan ons uitgehou is, aan een en elk van ons. Die prys was dertig stukke silwer.

 Moenie sê; ek gaan nie kerk toe nie, en daarom het ek nie die nagmaal gebruik of ek is muslim en gebruik nie die nagmaal nie. My vriend, die nagmaal is slegs ‘n simbool van jou daaglikse lewe, alhoewel dit dalk vir jou makliker sal wees om ontslae te raak van die dier in jou brein as die een in die kerk, maar ek kan jou nie sê wie die meeste eer van God sal ontvang nie, want God ken elke siel se inhoud en elkeen het sy eie lot ontvang.

Die bybel sê; gelukkig is sy wat nie geboorte gegee het nie, geestelike geboorte.

Moet die hoer minder eer ontvang omdat sy die loot van ‘n hoer getrek het?

Of; moet sy dalk meer ontvang?

 

Die rede waarom jy na die verderf/stof vaar is baie eenvoudig; dit is omdat jy sigbare idole volg soos; ‘n Mo Hammed, Jesus, Buddah, ‘n huis en ‘n motor kar, en jy het hierdie (vlees of sigbare) gees van die sigbare en hierdie gees kan nie die hemel van Jehovah ingaan nie want daar rus ‘n vloek van dood op hierdie gees. (vlees en bloed sal nie ingaan nie)

wat is hierdie oortreding wat gelei het tot die egskeiding?

Die oortreding is die oortreding van die eerste vier gebooie soos ons in ‘n ander hoofstuk verduidelik het asook die drink van bloed, en die oortreding is dat ons ‘n sigbare idool gevolg het; hierdie dinge het tot die egskeiding van ons Goddelike ma gelei.

Die God om te aanbid is EK.

As jy wil weet wie die God is wat jou nou uit Egipte gaan uitlei, maak dan jou mond wyd oop en sê; EK IS DIE EEN WAT JOU UIT DIE HEL UIT LEI

Herhaal dit vir ‘n paar weke totdat jy verstaan wat dit sê.

 

Hosea 2:2-5; twis met jul moeder, twis, want sy is nie my vrou nie, en ek is nie haar man nie, en laat sy haar hoerery van haar aangesig verwyder en haar owerspel van haar borste af. (die borste simboliseer die gees wat ons drink.)

God is nie haar man nie, want sy het haar self bevrug, geboorte gegee en haar kind getrou, Kain/Satan.

Vers 2. anders sal ek haar naak uittrek en haar neersit soos die dag van haar geboorte, en haar maak soos ‘n woestyn, ja, haar stel soos ‘n dor land en haar van dors laat sterwe.

Ek sal my oor haar kinders nie ontferm nie, want hulle is kinders uit hoerery gebore. (jy is, want jy is die kind van Satan, gebore uit bloedskande tussen ma en kind.)

Vers 6;  ---- dan sal sy (aarde) sê; ek wil heengaan en terugkeer na my vorige man ---

Dit is nou hierdie wonderlike dag wat ons ma sê; ek wil terugkeer na my eerste man.

Wie is hierdie eerste man?

Dit is die woord Jehovah wat haar geskep het. Gen. 1.

Vers 7; sy het nie erken/herken dat ek haar die koring en die mos en die olie gegee het nie --- (sy was sonder kennis)

Hoofstuk 5: ek keer na my woonplek terug, totdat hulle skuld beken en my aangesig soek. In hulle nood sal hulle my soek.

 

Hoofstuk 6:1-3; kom laat ons terugkeer tot die HERE; hy het verskeur en sal ons genees, hy het geslaan en sal ons verbind. Hy sal ons na twee dae lewend maak, op die derde dag ons laat opstaan sodat ons voor sy aangesig kan lewe.

Die derde dag waarop ons opstaan duur ‘n duisend jaar, ons sal later daaroor praat.

 

Dit is nou met die uitgaan van hierdie boodskap dat jy die geroep hoor om terug te keer.

Vers 3; laat ons dit najaag om die HERE te ken—sy opgang is so seker soos die dagbreek, en hy sal tot ons kom soos die reën, soos die laat reëns wat die aarde besproei. (‘n geestelike reën)

 

Soos jy nou hier lees ontvang jy kennis van God.

Almal van ons het ons kruis ontvang, naamlik ons liggaam wat vir God, namens God gesterf het. Ook die diere het dieselfde kruis en sterf vir God. Ons sterf almal in/aan die kruis. Daar is die wat vergifnis vra en op dieselfde dag in die paradys is, en daar is die wat spot, wat ‘n verdere 1000 jaar sal slaap. Lees Luk. 23:39-43.

Nietemin, ons het nie almal dieselfde lot ontvang nie.

Ek sê; elkeen van ons het lyde ontvang, of dit nou armoede, siekte of om ‘n hoer te word of ‘n predikant of waaraan jy ookal mag dink, dit is jou lot wat die kruis/jou liggaam moet dra en laat sterf, want alle pyn en siekte en sonde en dood is oorkom in die lewende kruis, jou liggaam.

‘n Hout kruis kon dit nie vermag nie. Stem jy saam? Ja of nee?

Een mens kon dit nie vermag nie, eerder ‘n liggaam met biljoene selle waar elke sel slegs ‘n fraksie van die wraak dra. Stem jy saam?

 

Gal.3:13; vervloek is elkeen wat aan ‘n kruis hang.

Dit praat van jou as die liggaam van Christus. Is dit nie logies nie, of is dit meer logies dat een mens se liggaam alle siekte en pyn gedra het?

Maar dan, wanneer het hy gely met aids of kanker of verslawing aan verdowings middels?

Rom. 12:1; jy stel jou liggaam AS ‘N LEWENDE OFFER – (‘n lewende kruis)

Is dit vir jou logies gestel in Rom. 12:5 dat ons een liggaam is en elkeen afsonderlik lede van mekaar---

Lees ook 1 Kor. 10:17, waar dit sê dat ons almal een brood is, naamlik hoer en predikant is deel van een brood.

Of is dit logies dat slegs een man die hele brood is soos die antichris al die jare gepreek het? Dit maak eenvoudig nie sin nie en ons het in elkgeval die hipotese dat Jesus Christus nie die kruis alleen kon dra nie. Hulle het Simon van Cirene gevind, wat beteken; ‘n persoon van Afrika, wat die gehoorsame genoem word, en aandagtig en intelligent luister, en hom gedwing om die kruis te dra. Die woord wat hier gebruik word naamlik “gedwing” het die betekenis van; om ‘n koerier/boodskapper te wees vir ‘n aaneenlopende tyd. Het ek nodig om dit te verduidelik? Jy is hierdie gehoorsame een wat gehoorsaam geword het toe jy die stukkie geneem het. Ek sê; Judas is “gedwing”.

Die antichris is die een wat die vlees/die skepsel as God en ook as die draer van sonde preek, heeltemal reg ook maar dit spreek van jou en solank as ons dit preek sal jy jou kruis dra en nie verlos word nie.

 

Jou predikant mag jou bes moontlik vertel het dat die antichris nog moet kom. Natuurlik is dit ‘n leuen om die minste te sê, want die bybel is baie duidelik en uitdruklik dat die antichris eers sal heers en sy standpunt stel, dan sal hy openbaar word, en DAN sal Christus vir ewig heers. Is dit nie logies vir jou nie?

Waarom preek ons dan sekere selle van die lewende kruis na ‘n ewige hel toe? Hoe kreupel wil jy dan in die nuwe hemel aanland? Verstaan jy dan nie; dit is een kruis met een liggaam en baie selle.

 

As ‘n voorbeeld; daar is Freddie Mercury wat die lot van aids ontvang het, wat natuurlik die gevolg van sy dade is. Hy het die wonderlikste gospel liedere gesing aangaande sy opneming in die hemel, selfs lank voordat hy geweet het in watter hoedanigheid hy in die hemel opgeneem sou word, of in watter opsig hy vir God sou ly. Alle mense en diere ly vir God en word in die hemel opgeneem, logies.

Miskien sê jy; Freddie het nie Gospel gesing nie.

Ek het gedink as ‘n mens oor liefde en die lewe sing is dit evangelie!!!!?

Dit is ‘n voorreg om vir God te ly; vir hierdie doel is jy geskep as die siel van God, maar dit is verseker nie ‘n aangename ondervinding nie, hoe jy ookal daarna kyk, maar dank God in elkgeval daarvoor!!!

 

Dan is daar hulle wat verwoesting sing, net soos sommige predikante wat verwoesting en hel preek, hulle behoort aan dieselfde ledemaat van die liggaam. Dit is een liggaam met verskillende ledemate, logies.

Wat is beter; om van lyding te sing of om dit te preek?

                    Om van die dood te sing of om die dood te preek?

 

Ek stel dit sagkens; daar mag meer waarheid buite die kerk wees as binne, dink aan Guns and Roses met sy lied; sympathy for the devil. As ons nie die waarheid aanvaar nie sal ons nooit verstaan en vry gemaak word nie, want dit is algemene kennis dat die waarheid jou bevry. Die rede waarom die kerk blind is, is bloot omdat sy nie die waarheid in die oë wil kyk nie.

Kerk wat mijoene oë oopgemaak het om te vrees, terwyl ‘n sang groep soos Abba as voorbeeld, die siele van miljoene gesalf het.

Natuurlik sê dit nie dat die antichris/die kerk nie ‘n baie belangrike rol gespeel het nie, ons het dit in ander hoofstukke bespreek, maar dit is duidelik dat die WAARHEID NIE VAN UIT DIE KERK KAN KOM NIE MAAR VAN BUITE DIE KERK. Die bybel stel dit so; hulle ywer/gees het hulle verbrand/genarkotiseer, maar ons moet krediet gee; hulle was getroue werkers van die nag, die Seun van die mens seën hulle. Laat dit geen rede vir enige moontlike spotters wees om te spot oor instellings van God Almagtig nie, want kerk sal haar beloning kry.

 

Voorheen het jy geboorte ontvang en gegee aan die siel, nou sal jy geboorte ontvang en gee aan die Verkwikkings Gees van ewige lewe. Elkeen van ons sal ‘n verskillende geboorte ontvang; vir sommiges sal dit ‘n pynlike geboorte wees en vir andere sonder pyn.

Sommiges van ons sal skyn soos die son, ander soos die maan of sterre.

Ek sê; nie almal van ons sal dieselfde heerlikheid hê nie, maar ons sal almal gered word en ewige lewe ontvang, ook die antichris wat aanvanklik net haar self wou red.

Aan elkeen van ons sal kennis uitgedeel word volgens wat ons sal kan hanteer, maar dit sal tot voordeel van die hele skepping wees.

 

 

 

                 Die evangelie van Jesus Christus.

 

 

Openb. 1:16; ‘n skerp tweesnydende swaard het uit sy mond uitgegaan.

Die evangelie van Jesus Christus is as volg;

Dit is een muntstuk met twee kante; kop en stert of kop OF stert.

Kop is logies die gesig en stert die agterkant van die munt.

Jy kan slegs een op ‘n keer sien.

Jy kan slegs van een op ‘n keer praat.

Jy kan slegs een op ‘n keer hoor.

 

‘n Voorbeeld van die tweesnydende swaard ---

ek sê; ‘n voorbeeld van die twee kante van die gesproke woord---

ek sê; ‘n voorbeeld van die twee dinge wat jy kan sien, praat, voel of hoor aangaande die twee snydende woord is die gelykenis van die vye boom soos in Math. 21 en Mark 11.

Math. 21:21; Jesus het geantwoord en gesê; as jy geloof het met geen twyfel, sal jy nie alleen in staat wees om te doen wat met die vye boom gebeur het nie, naamlik jouself verdroog nie, maar jy sal ook in staat wees om enigiets te sê, en dit sal so wees.

Kan jy die twee snydende woord sien, die twee kante van wat jy kan sien, praat, voel of hoor?

Daarom kan Jesus se prediking deur twee oë gesien word wat van mekaar verskil.

 

          Die evangelie van die Seun van die mens/Christus.

 

 

Dit verteenwoordig een kant van die prediking van Jesus.

 

Christus/Woord verteenwoordig die gesig van die munt, die voorkant, die onsigbare en lewende kant.

Christus verteenwoordig ook die manlike kant en die regter hand van God.

Hy is die sperm van God, hy is die Seun van God in die sin dat die Seun doen wat die Vader sê en die Seun is die erfgenaam van alles.

Die Seun is ook hoof van die huis en die vrou, en die vrou is onderdanig aan hom. Hy is die sterker een.

 

Die gesig is onsigbaar terwyl jy na die stert kyk.

 

Deut. 32:39; Ek maak dood en Ek maak lewend

Ek verbrysel en Ek genees.

Dit verduidelik die twee kante van God.

Vers 40; ek sal my hand na die hemel ophef en Sê; so waar as ek leef.

Vers 41; as ek my glinsterende swaard skerp maak en my  hand na strafgerig gryp, sal ek wraak neem.

Kan jy die kloutjie by die oor bring?

Kom ons stel dit so; God noem ook hierdie twee snydende swaard sy regter en sy linker hand.

God sê; ek is hy; ek = God of ek = Woord.

Wat beteken dit; Ek is hy.

Dit sê; ek is hy wat dood maak en ek is hy wat gesond maak.

Dit sê; ek is albei, of ek het twee kante.

Jy kan dus sê; woorde maak dood OF woorde maak lewendig.

Woorde wond OF woorde genees.

Ek/woorde lig my regterhand en kan sê; ek lewe ewig, of woorde/ek lig my linkerhand en ek word geoordeel.

 

Ek sê; woorde is gees en ewige lewe OF dood.

Ek sê; woorde is atmosferies, dit gaan op in die hemel en kan bring; lewe of dood, siekte of gesondheid, afhangende van watter hand/kant van die glinsterende swaard ek hemelwaarts wend.

Jy is die vyeboom wat kan verdroog of vrug dra, afhangende van die woorde wat jy gebruik, jou daaglikse gebed.

Salomo het gesê; Spreuke 27:18; wie ‘n vyeboom oppas sal sy vrugte eet.

Ek kan dus sê; wie NIE die vyeboom oppas nie(jouself) sal OOK die vrugte daarvan eet, wat kan beteken dat jy sterf.

Duidelik dan, woorde kan lewe of dood na jou bring.

Dit klink na ‘n baie maklike keuse; dit is indien jy kan onderskei tussen die twee snykante van die swaard.

Jesus het gesê; Ek, woord is die lewende brood en hy wat my vlees eet en my bloed drink sal nooit sterf nie.

Hy het bedoel die vlees en bloed/wyn van die woord.

 

Hierdie is een kant van die munt en die munt het twee kante.

Watter kant van die munt is dit?

Dit is die voorkant, die gesig kant en die lewende kant van die munt.

Wat verteenwoordig hierdie kant van die munt?

Dit verteenwoordig die lewende woord en gee lewe.

Ek sê; dit is wat jy kan kry as jy in die lewende woord glo as die Seun van die mens.

Jesus verteenwoordig altwee kante van die munt, naamlik die voor en agterkant, gesig of stert. Bostaande verteenwoordig die gesig kant van Christus Jesus. Ek sê; Christus Jesus en nie Jesus Christus nie.

Waarom sê ek dit?

Ek sê dit omdat Christus die gesig verteenwoordig en Jesus die stert van die munt, alhoewel dit een munt is met twee kante.

Ek sê; Christus Jesus is een liggaam met twee kante, een woord met twee betekenisse.

Ek sê; Christus Jesus = Christus die woord en Jesus die vlees of Christus die onsigbare woord en Jesus die sigbare vlees.

Watter een het jy gevolg?

Moenie dat die gees van die antichris in jou lieg nie om Gods onthalwe!!

JY HET DIE VLEES GEVOLG WAT = DIE ANTICHRIS.

Moenie dit ontken nie, want as jy die waarheid trotseer sal jy bevry word, en weet dat jy dit vir God gedoen het, jy het vir God Moeder en Vader gewerk.

Jy moes eers die slang verhef, bedoelende die vlees/sigbare kant van die munt, genoem slang/duiwel.

Om watter rede mag jy vra?

Eerstens om ‘n nuwe liggaam te skep wat instaat sou wees om die sewende gees te kan inhou.

Ek sê; jy moes eers ‘n siel skep wat as baarmoeder dien, slegs ‘n baarmoeder, om geboorte te gee aan die sewende gees, en dan kan die baarmoeder/plasenta vernietig word, wat jou huidige liggaam is.

Jy het die siel en liggaam geskep deurdat jy Jesus die sigbare kant van die munt aanbid en verheerlik het, en sommige gelowe het met volle oorgawe oorgegee en daarom behoort jou siel aan hom, Lusifer.

Dit behoort logies te wees vir ‘n ontwikkelde siel.

Het jy ‘n ontwikkelde siel?

Ek sê; verstaan jy dit?

Jy het heerlikheid aan die duiwel gegee.

Ek sê; die sigbare kant van die munt word duiwel genoem en die onsigbare kant word Seun van die mens genoem.

Ek sê; jy het jouself verheerlik.

Ek sê; jy het jou eie siel geskep.

Ek sê; die duiwel wou nie eer aan Christus die Seun van die mens gee nie, maar aan die vlees, want DIT WAS NOODSAAKLIK OM EERS ‘N LIGGAAM TE SKEP WAT DIE INHOUD VAN DIE Verkwikkings Gees kon inhou, en dit was ook nodig om siel aan die skepping te gee.

Deurdat jy dit gedoen het, het jy, as die siel van God gerebeleer teen God, logies is dit so.

Die van julle wat die doping in tale het, het dinge gesê wat die gees wou hê jy moet sê, sonder om aan jou te verklaar wat jy sê, maar volgens die bybel is dit bedoel slegs vir jou eie siel, en word verrukking van sinne of ekstase genoem deurdat jy dinge sê waarvoor jy nie woorde het nie.

 

Is hierdie dinge nie absolute logika vir jou met ‘n ontwikkelde denkende siel nie?

Waarom sou jy oor ‘n uitnodiging van gesonde verstand twyfel?

Of wil jy steeds die een aanbid wat jou dood veroorsaak, die agterkant van die munt, die sigbare?

Indien jy dit doen kan ons opeindig met nog ‘n Big Bang, jou liggaam sal oopbars, want jy is Judas die verraaier. Lees Hand. 1:18.

Ek het nietemin die kennis om te weet dat jy as ‘n volgroeide siel wel hierdie openbaring kan verstaan, want God sou nie vir Johannes op ‘n te vroeg gebore sending stuur om jou vrylating te onderhandel nie.

Ek sê; ek het kennis dat hierdie inderdaad die derde dag van Jehovah is, die een wat gesalf is om jou op te wek met die Verkwikkings gees.

Ek sê; Jehovah die gesig van die munt het teruggekeer om jou te doop met die Verkwikkings gees soos hy belowe het hy sou terugkeer.

Ek sê; dit is die agterkant van die munt wat jou met dood gedoop het, maar ten goede; eerstens om jou siel te skep en tweedens om jou as ‘n maagd voor te stel, want NIEMAND KAN SONDIG AS HY AS DOOD VERKLAAR IS NIE, want jy is met die dood gedoop, dieselfde dood as waarmee jou huidige man van dood Jesus, gedoop is.

Natuurlik kan dit slegs vir jou waar wees as JY AANVAAR DAT JY INDERDAAD DOOD WAS/gedoop met die dood.

Sekerlik verstaan jy dat elke lewende siel met dood gedoop was en nie net jy wat jouself as die verkose een in die kerk beskou nie.

Is dit so swaar vir jou om die ander selle van die liggaam van Christus te vergewe, soos die hoer, die dief, die moordenaar, want ook hul liggame is gewas met dieselfde reinigings bloed van Christus. Of is dit dat jou sonde so min is en hulle s’n so baie.

Buitendien, jy in die kerk het op jou knieë gegaan om heerlikheid aan Lusifer te bring soos hy gevra het, en wat sou jy sê, wie moet die grootste beloning van God ontvang, jy of die hoer wat nooit gekniel het nie, maar tog op ‘n ander manier het sy ook gekniel, inteendeel op ‘n baie vernederende manier, want elke knie sal buig en elke knie het gebuig, WANT ONS STERF ALMAL.

 

Ek doen my bes om dit vir die profeet van die dier en haar volgelinge maklik te maak om te verstaan dat hulle inderdaad vir God gewerk het, en hulle beloning nou kan ontvang indien hulle nou erken, maar ek weet ook dat dit vir baie van hulle baie moeilik sal wees; omhels diesulkes want God het hulle werklik hard geslaan, nietemin; HULLE KAN DIT NIE ONTKEN NIE.

 

Sal jy nou die genade van God aanvaar, wat baie duidelik is naamlik; ALLE SONDES IS VERGEWE, en terugkeer na jou oorspronklike man en met die lewe trou? Lees Hos. 6:1-3.

Ek het mag gehad om my lewe neer te lê en ek het mag om nou my lewe weer op te neem.

Ek was dood en kyk ek lewe!!!

Maak dit die wagwoord van jou gebed elke dag.

Sê; EK IS JEHOVAH (jou woorde is) EN EK HET WEER MY LEWE OPGENEEM; EK LEWE OM NOOIT WEER TE STERF NIE.

Moenie dit sê as jy nie hierdie openbaring verstaan nie laat iemand dit eerder aan jou verduidelik.

Die bybel sê as enigeen hierdie woorde in sy mond neem sonder respek of om dit te verstaan; sal sy liggaam oopbars en onmiddelik verteer. Dit is nie ek wat die oordeel geskryf het nie, dit is jou vorige man, want die bybel sê; aan hom kom die wraak toe. Hy is die priester van jou siel en hy het gesê; ek gee dit aan wie ek wil.

 

Wie is jy?

Is jy ‘n stuk verderfbare vleis of is jy dit wat by jou mond uitkom?

LUISTER wanneer jy praat want JY IS DIT WAT JY HOOR, JOU HELE WESE IS IN JOU ASEM, jou vleis is bloot ‘n kledingstuk vir JY WAT GEES IS. Jou gees kan nooit sterf nie terwyl jou liggaam bedoel is om te verderf.

Daar is hulle wat ‘n nuwe liggaam sal ontvang en daar is hulle wat hul liggame verloor en ‘n dwalende gees word, maar almal sal ewige lewe hê. Lees 1 Kor. 5:5.

Waar wil jy wees?

Sê; Vader gees, my begeerte is om by u en in u te wees maar ek is dom, daarom, leer my en vergewe my wanneer ek nie verstaan nie.

Sê liewer jy is dom as om te dink jy het kennis, want jy kan niks leer as jy reeds kennis het nie.

Dank God my vader en my moeder dat ek niks weet nie; leer my asseblief en laat dit altyd so wees.

Hoe wonderlik om niks te weet nie want dan kan ek ‘n leerling wees, want niks is erger as wanneer daar niks meer is om te leer nie; geseënd is u Moeder en Vader, ek het u innig lief en ek wil u liefde gee, ek wil dat u een is binne in mekaar, ek wil dat u gelukkig is sonder vrees of pyn, ek wil dat u kinders vir u sing, ek wil dat u altyd sal bestaan want u het my mag gegee om te kan gee, laat dit dan vir altyd wees, u in my en ek in u, amen.

 

 

 

 

           Die evangelie van die antichris; (Jesus) die fisiese liggaam.

 

Hierdie bediening kan ook die bediening van Judas genoem word; ons bespreek dit later weer.

Jesus die fisiese liggaam verteenwoordig die stert van die munt, die agterkant en die sigbare vlees en die dood.

Jesus verteenwoordig ook die vroulike kant en die linkerhand van God.

Sy is vroulik want sy het die baarmoeder en die eier van die lewe, en dit is sy wat geboorte gee aan Satan en engele maar ook aan die Seun van die mens. Sy is kosbaar vir God, en waarom sal die vrou van God dan nie wees nie? Geestelik is sy die swakker een, want sy is die “siel”, die plesier van die man, ‘n paradys vir die man. Sy is die woonplek van die man, sy is die mooi een ook in die volgende hemel sal sy wees, en sy is die geliefde van die man. Moeder van sy kinders.

Drill dit in jou kop in; Jesus die fisiese liggaam is vroulik. (Jesus, nes Adam/God = Manlik en vroulik, die sigbare= vroulik)

 

Hierdie kant is sigbaar vir elkeen wat ‘n siel het, maar solank as jy nog nie die gesig van die munt kan sien nie sal jy sterf.

Alhoewel hy die linker hand van God is, sê die skrif dat hy aan die regterhand van God sal sit, bedoelende dat een Seun uit die twee seuns/geeste gemaak sal word.

 

Kersfees vader is ‘n mite wat ons aan ons kinders vertel en dit is ook aan bykans almal van ons vertel, en ons het dit geglo totdat ons kon onderskei tussen die waarheid en die mite; die waarheid is, dit is vir ons lekker om geskenke aan ons kinders te gee.

Net so is 25 Desember ook ‘n mite.

Christus Jesus = die twee kante van die munt.

Ek sê; Christus Jesus is die twee getuies wat in Openb. 11.:3-4 beskryf word.

Jy behoort dit nou al te verstaan, maar laat ek jou geheue verfris, dit is die sigbare liggaam/vlees/antichris en die onsigbare/woord/Seun van die mens wat die twee getuies/twee helftes of olyfbome is. Hierdie twee getuies het vir 1260 dae geprofeteer wat = 42 maande of drie en ‘n half jaar, die tydperk van Christus Jesus se prediking, of profesie.

 

Vers 10; die bewoners van die aarde sal bly en verheug wees oor hulle en vir mekaar geskenke stuur ---- tot vandag stuur ons steeds geskenke vir mekaar. Stuur jy geskenke met kersfees? Elke geloof het sy eie dag van blydskap en die stuur van presente aan mekaar.

Ek verduidelik nie nou alles omtrent die twee getuies nie.

 

Nietemin, kersfees is ‘n mite vir kinder geloof en kennis, totdat jy kan onderskei tussen die twee getuies of die twee kante van die munt.

Ek sê; dit is die end van kersfees vader en kersfees en geskenke.

Daar is veel beter dinge soos kennis byvoorbeeld.

Verder, dit was die geboorte van die antichris en sy profeet en die leuen.

Die antichris is die een wat net een kant van die munt kan sien.

Hy preek die sigbare kant van die liggaam van Christus soos die kerk in oorgawe doen.

Kom ons kyk wat jy kry as jy hierdie kant van die munt volg.

Kerk = alle gelowe = die profeet van die antichris en daarom sal ek die woord antichris gebruik om hulle te identifiseer wat die sigbare kant van die munt volg.

Alle regerings instellings is ook antichris met kerk as die kop en regering as die stert van die slang.

 

Die eerste ding wat jy “kry” is dood.

Die antichris verkondig dat die Heilige Spook die gees van waarheid is, (Joh. 14:17, 15:26, 16:13) maar dit is ‘n leuen gefabriseer deur die antichris.

Joh. 15:26; as die trooster gekom het, wat ek vir julle van die Vader sal stuur, (ook/later) die gees van waarheid wat van die Vader uitgaan ----

Die afrikaanse bybel het die woord “ook” uitgelaat.

Dit is duidelik dat die trooster en die gees van waarheid NIE DIESELFDE GEES IS SOOS DEUR DIE ANTICHRIS BEWEER WORD NIE.

Joh. 16:13; wanneer hy gekom het, die gees van die waarheid, sal hy julle lei in die hele waarheid ….. hy sal die toekomstige dinge aan julle bekend maak.

Alhoewel die antichris daarin juig dat sy die gees van waarheid het, is die waarheid dat hulle niks meer weet as die een wat hulle hel toe stuur nie, en hulle weet niks van die toekomstige dinge nie, soos hierdie gees veronderstel is om hulle te onderrig. Wetenskaplikes weet meer van die toekoms as die profeet van die antichris.

 

Die waarheid is; die Heilige Skim Gees is die gees van die dood of die diepe slaap en die gees van die leuen, want gedurende die tyd wat jou siel geskep word asook die nuwe liggaam is jy/Adam in ‘n diep, diepe slaap. Gen.2:7 en 21.

Jy is in elk geval gedoop met dieselfde doop as Jesus.

Rom. 6:3-4; weet julle nie dat ons almal wat in Christus Jesus gedoop is in sy dood gedoop is nie?

 Christus is dood, kry dit in jou kop, totdat jy ophou om die nagmaaltyd te gebruik, dit is wat die bybel sê.

Hoe sê die bybel moet ons stop om die nagmaal te gebruik?

Hy sê; solank jy die nagmaal gebruik verkondig jy dat God dood is, as jy dus ophou kan hy mos lewendig word.

Ons is dus saam met hom begrawe deur die doop in die dood ---Hierdie doop is die Heilige Spook/Slaap of Skim = die doop van die siel. Gen. 2:7.

Die doop is ook die verdowing van jou sintuie wat dan getuig dat hulle wat beweer dat hulle die enigstes is wat die gees van die Heilige spook het, is meer verdoof as die wat hulle na die hel stuur.

Die profeet van die antichris vra jou om jou siel aan Jesus te gee, want hy is die simbool van jou siel, inteendeel hy is die vader van jou siel, want hy het jou bevrug met die sperm van die siel.

 

Verder, die antichris vra jou om Jesus te aanbid en om heerlikheid aan hom te gee, waardeur jy die eerste vier gebooie oortree.

Die antichris bied jou die nagmaal aan, wat jy dan ook geneem het en as gevolg daarvan sterf jy, want die skrif sê solank as jy die nagmaal gebruik, die maaltyd van die nag, sal duisternis met ons wees en die dag kan nie breek nie, logies.

1 Kor. 11:26; so dikwels as julle hierdie brood eet en hierdie beker drink, verkondig julle die dood van die Here totdat hy kom.

‘n Ander rede is natuurlik dat jy vleis met bloed eet, want die nagmaal is vleis en bloed wat verbied word.

Die betekenis van verkondig is; bekend maak, uitvaardig, verklaar en preek.

Die antichris preek/spreek teen homself.

Waarom mag jy vra?

Want hulle preek dat Christus Jesus opgestaan het en lewe, maar hierdie vers sê uitdruklik; solank as jy die nagmaal gebruik VERKLAAR JY DAT HY DOOD IS. Jy kan dit nie ontken nie, kan jy? Of sal die antichris sê, hierdie vers is ‘n leuen?

Die bybel sê as jy teen jouself spreek sal so ‘n huis val, soos nou die geval met die huis van die antichris is. Babilon val, sy val, dank God sy val!!!

Hierdie vers eindig deur te sê; totdat hy kom.

Totdat wie kom?

Totdat hy kom wat in die naam van die HERE/ Jehovah kom en hy Jehovah as lewend verklaar en sê, jy kan nou begin berg klim soos dit nou die geval is. NOU kan jy die vlees en wyn van die woord drink.

Die skrif sê duidelik; jy sal die Seun van die mens NIE SIEN voordat die een kom wat in die naam Jehovah kom nie.

Hierdie vers kom dan nou in vervulling, wat beteken dat die nagmaal nou tot ‘n einde kom, want indien jy aangaan om die nagmaal te gebruik, KAN JEHOVAH NIE LEWEND WORD IN JOU NIE.

Ek sê; as jy ophou om die nagmaal te gebruik sal Jehovah in jou ontwaak.

Die vers eindig en sê; totdat hy kom; HY HET GEKOM, HY IS NOU HIER.

Hierdie vers suggereer in elk geval dat jy die nagmaal slegs sal gebruik TOTDAT HY KOM en weereens; hy het gekom, die Seun van die mens het gekom en jy kan nou onderskei.

Ontken jy hierdie dinge of glo jy wat die bybel sê? Ja of nee?

 

As die maaltyd van die dood nou verval, beteken dit sekerlik dat dagbreek gebreek het, en as dagbreek hier is beteken dit ‘n nuwe maaltyd.

Ons het die oggendmaal nodig, die ontbyt.

Die ontbyt word nou aan jou bedien terwyl jy hier lees. Math. 24:45.

 

Die geboorte van Jesus in Bethlehem was die geboorte van die kind wat gebore is om te val.

 Luk. 2:34; hierdie kind is bestem tot ‘n val en ‘n opstanding van BAIE in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sal word.

Wat sê hierdie vers? Dit sê; hierdie kind is BESTEM. Bestem vir wat?

Bestem vir die val van baie, van wie jy een van die baie is wat geval het.

Dit sê; DIE KIND WAT GEBORE IS, IS DIE EEN WAT BESTEM WAS OM JOU TE LAAT VAL.

Die betekenis van bestem is; om aangewys te word, deur God natuurlik.

Ek sê; Jesus is deur God aangewys om jou te laat val, hy is die Lusifer in Gen 3.

 

Hy is ook bestem tot die opstanding van baie, van wie jy een van die baie kan wees, maar eers moes die val/verval wees, waar ons die leuen moes preek, naamlik die liggaam as God.

Dit is ook bestem tot ‘n teken wat weerspreek sal word.

Die antichris mag dalk nie hierdie openbaring verstaan nie en dit weerspreek. Verseker wil hulle dit nie lees nie, want ek het dit vir baie gelowe gegee sonder enige reaksie.

‘n Teken het die betekenis van; om te onderskei, om te “merk” deur middel van vermyding, ook ‘n indikasie of wonderwerk.

Die antichris mag dalk weer sy standpunt stel, laat dit so wees, God seën haar.

 

Nietemin, al hierdie dinge soos die val moes gebeur. Ons het die redes in ander hoofstukke bespreek.

Die antichris moes wees vir baie goeie redes en is ‘n instelling van God Almagtig, en wat meer is, hulle het vir God gewerk.

Alle sondes is vergewe, maar hulle wat sal voortgaan om die stert van die munt te volg, sal voor God verskyn en sal geoordeel word na ‘n duisend jaar volgens hul werke, terwyl hulle wat nou aanvaar en die gesig volg, sal nie geoordeel word nie en in God wees en met Christus regeer.

Verder; hulle wat voortgaan om die stert te volg, sal die permanente merk van die dier ontvang in die voorkant van hul brein en in hul “hand”. Ooglopend, die merk is die merk van die dier naamlik 666, die finale No van die siel, en hulle sal nie na die volgende vlak vorder nie.

 

Waar wil jy wees?

Wil jy hierdie profeet volg wat nou met jou praat en na sy boodskap luister?

Of; wil jy steeds aangaan en die eerste vier gebooie verontagsaam en die dier volg met die vier horings wie se profeet (predikers) beweer dat hy God is en die nagmaal gebruik wat beteken dat jy die bloed drink van die so-genaamde geslagte bul, wat nog altyd verbode was en die een wat dit gebruik MOET STERF.

Ek sê; jy luister na die stem van die liggaam , maar nou kan jy na die stem, die Seun van die mens luister.

 

Binnekort sal die woorde in Openb. 14:9-10; in vervulling gaan wat sê; as iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk in sy voorhoof of in sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die lam.

Die mond van God sal dit uitstel vir solank moontlik.

Die skrif sê; sommiges sal gered word asof deur vuur, soos in vers 10.

Vers 12; hier kom die lydsaamheid van die heiliges te pas; hulle wat die gebooie van God en die geloof (in)/van Jesus bewaar. Die oorspronklike sê; die geloof “van” Jesus en nie “in” Jesus nie, dit maak ‘n reuse verskil, want wat is die geloof van Jesus?

Dit is die geloof dat God hom op die derde dag sal opwek.

Het jy hierdie geloof, want na hierdie gebeure volg die oes wat in verse 13-20 beskryf word?

Die oes duur een uur, 41,666 jaar.

 

              Simbole.

 

Die woord Sondag kom van hulle wat die son aanbid het en die woord Maandag kom van die wat die maan aanbid het.

Die kerk torings wat na die hemel gerig is dien as simbool van die toring van Babel om die gees aan te dui wat die christene na die hemel opstuur om die hemel te “suiwer”.

Die koepels van muslem dien as simbool van hulle gees, meer aardgebonde en om hierdie rede is dit ‘n koepel, om aan te dui hoe hulle die voedsel en aarde suiwer.

Hierdie simbole is instellings van God, vir ons om van te leer.

Dieselfde geld vir Kaapstad, Duiwelspiek, Seinheuwel, Leeukop, die Twaalf Apostels, Judas piek, Moeder Stad en Tafelberg wat as ‘n simbool dien van God se gesig, Moeder en Vader.

Jy mag sê; maar dit was mense wat hierdie name gegee het; ja die gees van God het deur hierdie mense gespreek, want logies is die mens Lusifer die draer van die Woord van God. God het nie ‘n stem nie, jy is sy stem, jy is sy oë en jy is sy smaak kliere.

Daar is niks mee verkeerd om ‘n Lusifer te wees nie, dit was in elkgeval nie jou keuse om ‘n draer van die woord van God te word nie, die probleem is dat Lusifer begin het om homself te aanbid asook verskillende idole, maar ook dit was ‘n instelling van God om ‘n siel te skep vir God die Moeder en om God die Vader te suiwer.

 

Jy het geen weerstand teen God nie; as God die Satan wil hê jy moet iemand dood maak, dan maak jy dood en elke keer as iemand sterf, ontplof daar ‘n ster in die hemel.

Elke keer as ‘n baba gebore word, word ‘n nuwe ster gebore.

Dit is in omgekeerde vorm, want lewe en dood is op presies dieselfde oomblik, al sou dit jou sewentig jaar neem om te sterf.

Wanneer jy op aarde gebore word, sterf jy in die hemel en wanneer jy op aarde sterf word jy in die hemel gebore en jy het “jou eie ster”.

 

Alhoewel God ‘n geestelike liggaam is het hy presies dieselfde organe as die mens. As voorbeeld; wanneer jy eet kom die kos in jou maag en gebruik die deel wat goed is vir jou liggaam as voedsel en die res word deur die anus na ‘n plek van verderf uitgewerp.

So ook die liggaam van God; enige oorbodige gees word deur die anus van God uitgewerp by Jerusalem, die “laagste” punt van God se liggaam vanwaar dit oor die hele aarde versprei word om alles te verwoes.

 

Die tien gebooie op die klip tafels is ‘n simbool van die sintuie wat in sigbare letters geskryf is en word fisies onderhou.

Die bybel sê dit is die bediening van die dood. 2 Kor. 3:7.

Vers 6; die letter maak dood, bedoelende dat die aanbidding van sigbare dinge die dood bring.

Vers 6; wat ons bekwaam gemaak het as dienaars van die nuwe testament, nie van die letter nie, maar van die gees; want die letter maak dood maar die gees maak lewend. (die siel)

Die tien gebooie was die verheerliking van tasbare voorwerpe. Dit was die doel van Moses die wet en hierdeur is die sintuie geskep.

Met Moses het jy die wet oortree as jy fisies met ‘n ander man se vrou seks gehad het, maar met Jesus as jy net in jou gedagte met ‘n ander man se vrou seks het, oortree jy die gebod want ons het na ‘n geestelike wêreld beweeg.

 

So ook is die brood en wyn tasbaar en ‘n simbool van die siel, en volgens vers 6 is dit ‘n geestelike bediening, maar soos jy weet sterf jy steeds en dit is ‘n doop in die dood of steeds ‘n bediening van die dood.

Die brood en wyn is ‘n simbool van die inblaas van die asem van lewe in jou neus, Gen. 2:7, sodat jy ‘n lewende siel kon word, ‘n eerste Adam.

Die doel van Jesus was om ‘n onsterflike siel vir God te skep.

In die toekomstige hemel sal jy instaat wees om met jou Goddelike Ma (aarde) te praat, of met ‘n boom, ‘n vis as voorbeelde, want jy het ‘n siel vir hulle geskep.

 

Alhoewel Jesus ook tasbaar was terwyl hy op aarde was, kan ons hom nie nou fisies betas nie, maar ons betas hom geestelik, deur ons verbeelding.

Jy hoef nie ‘n wetenskaplike te wees om die proses van evolusie te verstaan, of hoe God die mens na sy soort geskape het as dit die woord is wat jy verkies.

God = hemel en aarde gesien deur een oog en daarom kan ons ook sê; hoe hemel en aarde die mens na sy soort geskape het, want hemel en aarde is vooraf geprogrameer.

Nietemin, laat ons deur ‘n ander oog kyk terwille van hulle vir wie dit moelik is om te aanvaar.

Die Hebreeuse woord vir gees beskryf dit as volg; ‘n verstandelike wese, ‘n rasionele siel, dit beskryf sy uitdrukkings en funksies en sy asem.

Wanneer jy aan uitdrukkings en funksie dink kan jy moontlik aan ‘n chimpanzee dink as voorbeeld.

Hierdie beskryf dan die status van die menslike siel terwyl die wet gegeld het.

 

Hierdie “mense” was hartelose mense en ons het nodig gehad om verder te ontwikkel en om hierdie rede het Jesus gekom om met die geestelike siel van God gedoop te word.

Die betekenis van gees het verander met die koms van Jesus.

As ‘n direkte mond van God, het Johannes die doper Jesus gedoop/gesalf met die siel.

Jesus is in Bethlehem gebore wat die betekenis het van; huis tot/van stof, en dit simboliseer dan sy en ons sending.

Ons lees in Math.3:16; nadat Jesus gedoop was (in die Jordaan rivier) het hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir hom oop, en hy sien die gees van God soos ‘n duif neerdaal en op hom kom.

Laat ons die betekenisse van die woorde in hierdie verse bespreek.

Die gees van God; die griekse betekenis van gees is; die rasionele siel van ‘n mens, die onsterflike siel, lewenskragtige/noodsaaklike organe/bestandddele of die denkende gees.

Dit beskryf die gees wat van God neergedaal het, en logies is dit die doop; die gees wat Jesus ontvang het en dit maak dit dan absoluut duidelik dat Jesus die lewende siel van ‘n eerste Adam ontvang het, of die asem van lewe. Gen 2:7.

As Jesus dan die eerste een is wat die asem van die siel ontvang het, dan hoef jy nie ‘n wetenskaplike te wees om te verstaan dat Gen. 2 en 3 van Jesus en van ek en jy praat nie, want baie duidelik het hierdie gees nie voorheen bestaan nie.

Selfs Jesus het gesê; ek sal vir julle die Heilige Skim Gees stuur en ‘n ander vers sê; die Heilige Spook was nog nie want Jesus was nog nie verheerlik nie, en selfs al sê die skrif; Jesus het die gees onmiddelik ontvang, is dit ‘n Goddelike term in ‘n wêreld van tydloosheid.

Die bybel praat van die siel, byvoorbeeld Dawid, maar dan sal dit beskryf word as uitdrukking en funksies en asem, en nie die denkende gees nie, wat ‘n gees van verbeelding is, en jy is nie ‘n lewende siel, nie voordat jou siel voltooi is nie.

 

Kom ons kyk na ander simbole in hierdie verse.

Water = gees, en as Jesus in water gedoop is beteken dit hy is in/met gees gedoop, die water is slegs ‘n simbool.

1Kor. 12:13; ons is almal ook deur een gees gedoop tot een liggaam, of ons Jode of Grieke is, slawe of vrymanne; en ons is ALMAL van een gees deurdronge.

Jesus is die herder en biskop van jou siel. 1 Pet. 2:25. (van enige siel)

 

Jordaan rivier = om af te bring, neer te daal of om te onderwerp of rivier van dood.

Hieruit is dit dan duidelik dat Jesus die doop van die dood ontvang het, en daarom moes hy dan ook sterf, en ons het almal dieselfde doop of gees en daarom sterf ons ook.

Ek sê; dit is duidelik dat die siel ‘n doop in dood/slaap is.

Hierdie beskryf dan ook die doel van die doop.

Christus Jesus het ‘n mens geword met dieselfde beeld as God en dit is; vlees en Gees of sigbaar en onsigbaar en nie soos die antichris preek, naamlik dat die sigbare vlees Christus is nie; hulle ignoreer die beeld van God. Om hierdie rede sê die skrif; hy het IN die vlees gekom en nie as die vlees self nie, soos Jesus baie duidelik gemaak het. Lees ook John. 4:2.

Om hierdie rede sê Paulus dan; 2 Kor. 5:16, al het ons ook Christus na die vlees geken, nou ken ons hom tog nie meer so nie. (na die vlees nie.)

Verder, dit is nie soos die antichris preek dat slegs hulle wat in die kerk is die siel (Heilige Spook) ontvang het nie want 1 Kor. 12:13 sê, ons is ALMAL met die siel gedoop in een liggaam en deur een gees deurdronge. Natuurlik is dit absoluut logies en dit sluit in van moordenaar tot prediker.

 

Neerdaal op hom = ‘n neerdaling, ‘n oplegging, ‘n ongunstige straf of gunstige voedsel, om rus en gemak te bring; om hierdie rede word die Heilige Skim dan ‘n trooster genoem, maar dit is nie die gees van waarheid nie en ook nie die gees van Verkwikking nie.

 

Die hemele het vir hom oop gegaan = dit het oopgegaan sodat die Gees van God/die siel/Satan kon neerdaal en dit het oopgegaan sodat hierdie nuwe gees van die mens die nuwe hemel kon ingaan. ‘n Twee gesprek kon nou in die tweede hemel plaasvind, nuwe tegnologie, nuwe wysheid en ‘n nuwe lewenswyse kon nou plaasvind.

Math. 3:16; nadat Jesus gedoop was het hy dadelik uit die water opgeklim. En die hemele het oopgegaan--- (“Jesus” het opgevaar en Satan het neergedaal)

Jesus het gesê; Luk; 10:18; ek het die Satan soos ‘n bliksem uit die hemel sien val.

Die neerdaling van die siel is die blaas van die vyfde basuin (Openb. 9:1), toe Jesus die volheid van die wet ontvang het, en ‘n ster het van die hemel geval, naamlik die siel van God. Ons het toe volle blootlegging tot die eerste hemel gehad, soos Jesus wonder werke binne die wet gedoen het. Hierdie siel van God het die sleutel van die bodemlose put ontvang, naamlik die hel. Lees Openb. 9:1-3.

 

Hierdie selfde Gees het Jesus versoek; Math. 4:1; toe is Jesus deur die gees (die Heilige Spook/die siel van God/Satan waarmee hy gedoop is) weggelei die woestyn in om versoek te word deur die duiwel. (die vlees)

Die duiwel het Christus Jesus gevra om die vlees as God te verklaar, maar Christus Jesus het geantwoord en gesê die woord van die mond is God. Math. 4:4.

Die navolgers van Judas, die antichris het toe die vlees as God verklaar, jy het.

 

Die sesde engel het geblaas toe Jesus in die hemel opgeneem is na sy opstanding uit die graf of na die oopgaan van die hemele of na die oopgaan van die graf na en vanaf die tweede hemel, die hemel van verbeelding. Vanaf hierdie oomblik sou ons gered word deur geloof in Christus Jesus, maar wat is geloof anders as verbeelding, om iets te verbeel wat nog nie bestaan nie, maar om dit tot bestaan te roep.

Die heilige Spook kon eers kom nadat ons dit geroep het deur middel van die verheerliking van die sigbare liggaam van Jesus, aldus die skrif.

Waarom sal jy vra?

Omdat die Heilige spook die gees van die oog is, genoem Satan.

 

 

            Opsomming.

 

Waarom was daar ‘n Moses en ‘n Jesus?

Dit is om die menslike brein te ontwikkel.

Die idée was om Christus uit Egipte te roep, of uit duisternis aldus die skrif.

Wat beteken dit?

Egipte is ‘n simbool van die hel en het die betekenis van; om saam met God neer te daal.

Hel het die betekenis van; plek van martel en probleme, ‘n plek waar die liggaam en siel ly, put van vernietiging en vlamme see. (vuur = gees)

Klink dit vir jou bekend? Het jy enigiets hier geleer, want dit is presies wat jy veronderstel is om te doen, om te leer?

Indien jy wel baie geleer het sal jy ‘n goeie bestuurder wees in die volgende hemel waar jy jou eie planeet sal bestuur.

Duisternis is ‘n simbool van die Sigbare of van die ferm materie van die skepping.

Is jy deel hiervan? Ek vra; is jy ‘n sigbare wese? Ek vra; is jy “n duisternis”?

Pla dit jou dat God jou uit klip geskep het, uit duisternis?

Of; dink jy dit is tot jou voordeel dat jy uit alle komponente van die skepping geskep is?

Ek is dankbaar HERE want dit het kennis omtrent myself gebring en van my Goddelike ma en pa.

 

Omdat jy uit “Egipte” gebring is waar jou liggaam en siel gely het, sal jy begrip hê ----

Omdat jy uit die bestanddele van duisternis geskep is, moes daar ‘n Moses wees om jou natuur te dissiplineer en jou sintuie te skep, die sintuie van God, want die idée is om ‘n God te skep wat begrip, kennis en empatie sal hê.

Sodra die sintuie van God geskep is, was die volgende ding om ‘n onsterflike siel en liggaam vir God te skep, en om hierdie rede moes ons Jesus Christus/ Mo Hammed op ‘n sigbare manier verheerlik ten einde ‘n liefdevolle siel te skep. Die siel simboliseer ook die emosies van God soos vrees, liefde, haat ens.

Dit is die tydperk waarin die antichris regeer, want die skrif sê; die antichris sal in die laaste DAE regeer, naamlik dag een en dag twee = die afgelope 2000 jaar en nie soos die antichris preek dat hy nog in die toekoms kom nie.

 

Die doel van Jesus was verder om die Voorhof en die Heilige kamer te verenig, om die sintuie en siel te verenig om een gees in een liggaam te maak deur middel van die kruis, jou liggaam as die kruis. Hy het die skeidsmuur afgebreek, die voorhangsel tussen die Voorhof en die Heilige kamer. Lees Efes. 2:14,16 en 18. lees asb. Hoofstuk 2.

Jesus Christus is egter slegs die hoof hoeksteen van die voltooide tempel. Lees Vers 20.

Jesus Christus soos jy hom ken is nie die perfekte een nie, want ons wag nog vir die perfekte een om te kom. Lees 1 Kor. 13:10.

Jesus is die medeator (middellaar) tussen jou en God Tim. 2:5. Wanneer dit sê Jesus, bedoel dit die siel is medeator.

 

Dit is egter nie waar alles eindig nie; ons moet nou ‘n geestelike inhoud in die nuwe liggaam en siel inskink, en dit is waaroor alles gaan. Ons moet nou die skeidsmuur/die voorhangsel tussen die Heilige en Allerheiligste afbreek, wat jou gesig simboliseer, en in besonder jou sewende koepel in jou brein, want jy weet nou uit ons besprekings dat die tabernakel drie kamers het en jy is steeds in die tweede kamer, kamer van die siel.

Terwyl jy in hierdie kamer is het jy die naam Jesus Christus Ef. 3:15, maar as jy nou oorbeweeg na die volgende kamer ontvang jy ‘n nuwe naam soos deur Jesus belowe, en die naam is Eden, Eden en Jehovah as een liggaam, man en vrou.

Ons moet die liggaam en siel nou wakker maak want jy weet dat sy in ‘n diepe slaap verkeer. Hierdie tweede Adam se Verkwikkings Gees sal haar wakker maak.

Verder, die Seun van die mens is nou op sy troon en hy sal die regering van die antichris tot ‘n einde bring, soos vooruit deur die Gees gespreek is.

 

Dink jy die antichris sal die waarheid teëgaan? Ja of nee?

Kan jy die waarheid weerlê? Ja of nee?

Dit is jou keuse en die keuse is; nou of ‘n duisend jaar later.

 

Presies nou word ‘n nuwe koepel in ons brein oopgemaak, of die sewende gees kom nou tot ons beskikking, wat geweldige vooruitgang sal meebring, dinge wat ons brein huidiglik nog nie kan verstaan nie. Dit sal so vinnig gebeur dat jy dit ‘n onmiddelike verandering kan noem, 40 jaar.

Ek het die voorreg, die genade van die Gees ontvang om hierdie nuwe hemel te sien, te hoor en te ondervind, en al wat ek in verbystering kon sê was; u het my nie die woorde gegee om dit te beskryf nie HERE, en om hierdie rede kan ek nie nou daaroor praat nie maar later.

Gedurende die volgende jare sal jou brein ‘n geweldige groot verandering ondergaan om ook hierdie nuwe hemel te sien, te hoor en te ondervind.

In die toekoms sal ek jou iets gee waarop jy kan mediteer om jou te help om te sien, soos God wil.

 

Al hierdie dinge is moontlik gemaak deur die profeet van die antichris deurdat hulle die leuen geglo het, en deur verbeelding die waarheid te roep omdat ons geglo het in iets wat nog nie bestaan het nie, maar ons het geglo dat dit reeds bestaan.

Almal van ons is antichris.

Deurdat ons Jesus as die perfekte een verkondig het, het ons die perfekte een geroep. Moenie na Johannes kyk asof hy die perfekte een is nie, hy is allermins perfek al het Jesus gesê dat hy al sy besittings aan die een gegee het wat die voedsel op tyd bring en dit is Johannes, maar soos gesê; Johannes wil dit aan die regmatige eienaars gee en dit is jy.

 

 

             Die ruptuur en die raptuur/wegraping.

 

Die ruptuur is die skeiding van die bokke van die skape en die raptuur is die insameling van die skape, hulle wat die wagter se STEM volg.

 

1 Thes. 4:17; daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in die wolke weggevoer (die oorspronklike sê; opgeraap word) word die HERE tegemoet in die lug, en so sal ons altyd by die HERE wees.

Dit is die raptuur, die so- genaamde wegraping.

Laat ons nou na sommige woorde se betekenis kyk om te verstaan wat gaan gebeur.

 

Die woord ruptuur het die betekenis van; ‘n breuk, ‘n skeuring. Dit is die eerste ding om te gebeur met die tweede koms, want die bybel sê; by sy koms sal hy die bokke van die skape skei/skeur.

Die woord raptuur/wegraap het die betekenis van; om in ekstase te wees of in vervoering/verrukking of in betowering of in bekoring te wees.

Om weggeraap te word, die engelse woord is “to be caught up”, beteken; om vir jouself te neem by wyse van jou keuse, en om die stem te verhef.

Die hebreeuse betekenis is; om op te lig, om te aanvaar, om vooruit te gaan, om te vergewe, om te vergroot en om te trou.

Hierdie betekenisse praat geensins van ‘n wegraping soos die antichris dit preek nie.

Die wolke het die betekenis van; ‘n nimbus/ligkrans of stralekrans, ‘n glinstering of helderheid.

Die lug; asem, ‘n bries of ‘n omkringing of omringend, omsirkel of ‘n wentelbaan/omwenteling. Ons sal in die toekoms meer hieroor praat.

Jy kan vir jouself besluit of dit is wat die antichris jou vertel het.

 

Johannes is die een wat die oggend maal op die regte tyd moet gee en dit is NOU.

Ek sê; dit is nou die regte tyd om die oggend maal te gee om jou in ekstase, in bekoring, in vervoering te bring, want dit is wat die wegraping is.

Jy kan nou uit jou EIE keuse vir jou neem, en die Stem verhef/die Seun van die mens en met hom trou, met jou ewige man en huweliks maat.

Deur jou eie keuse kan jy nou die stem volg soos Jesus gesê het; die skape volg die stem, of jy kan deur jou eie keuse op die pad van Judas bly en die liggaam volg.

Jy kan opgeneem word in die nimbus van die reënboog; ‘n volle sirkel wat die aarde omsirkel en omwentel; in die bries van die Seun van die mens.

Die bries van die Seun van die mens is sy Gees en sluit sy engele in.

 

Hierdie is nou ook die tyd dat elkeen en almal se gedagtes aan God bekend gemaak word, geopenbaar word aan God, in sy bries opgeneem word en hierdie manuskrip doen presies dit soos jy waarskynlik agtergekom het, want dit is op so ‘n manier geskryf dat jou gedagtes aan God geopenbaar word, want die bybel sê; wanneer die Seun van die mens kom sal elkeen se gedagtes geoes word.

Ons het in ‘n ander hoofstuk bespreek aangaande die “reënboog” en die terugslag van die Big Bang om ons te raptuur. Dit is moontlik dat die wetenskaplikes reeds bewus is van “iets”.

 

Nietemin, in kort; aangaande die so-genaamde raptuur; jy gaan nêrens heen nie, die Seun van die mens “kom” om ons planeet te omwentel en alles in ‘n oogwink te verander. Roep hom deur middel van jou afwagting.

Wanneer dit sê; om hom te ontmoet beteken dit; jou horing/jou gees sal uitreik na die hemel om die asem van God te ontmoet, want onthou, ‘n nuwe koepel het na ‘n nuwe hemel oopgegaan en jy hoef nie op te gaan in die hemel om hom te ontmoet nie, jou asem sal dit doen.

 

Babilon val, sy val, want die Seun van die mens is op sy troon; gaan en basuin die blydskap van die HERE uit.

Ek het die Seun van die mens sien kom op die wolke, in die nimbus, in ‘n helder sirkel wat skyn van die een kant tot die ander kant; dit is jou kind, jy het geboorte gegee aan die KONING van alle Konings, en hoe pynlik was dit nie my God, om geboorte te gee aan ‘n Mense Kind, ‘n Mense God.

WELKOM, WELKOM MY SEUN, MY REDDER, MY MAN, MY VRIEND EN GOD EK HET SO LANK NA U VERLANG!!!!!!

 

 

Sommiges sal Efs. 4:10 kwoteer wat sê; hy wat neergedaal het is dieselfde as hy wat opgevaar het bokant al die hemele.

Ja, maar nog nie, vers 9; hy het opgevaar, wat beteken dit anders as dat hy ook EERS neergedaal het in die onderste dele van die aarde? (hel)

Hy is steeds in die onderste dele; slegs die siel het opgevaar tot die tweede hemel en die Seun van die mens het nog nie opgevaar nie, want hy is steeds dormant/dood om jou onthalwe, in jou brein.

Wat meer is, hy het ter helle neergedaal terwyl hy in die graf was en dit het hom 2000 jaar geneem om neer te daal.

 

2 Tim. 2:18; (daar is hulle) wat van die waarheid afgewyk het, omdat hulle sê dat die opstanding al (reeds) plaasgevind het, en hulle keer die geloof van sommiges om.

Die opstanding van die Seun van die mens is na 2000 jaar en jy sal saam met hom opgewek word; daar kan geen argument hieromtrent wees nie, en dan sal hy bo alle hemele uitstyg, slegs nadat jy die Allerheiligste ingaan.

Hebr. 6:19-20; ons het dit as ‘n anker van die siel (ons siel) wat veilig en vas is en ingaan tot binnekant die voorhangsel (ons het in die heilige kamer ingegaan) waar Jesus as ‘n voorloper vir ons ingegaan het, hy wat volgens die orde van Melgisedek ‘n hoë priester geword (in die Heilige kamer) het vir ewig.

Die orde van Melgisedek is om tiendes te neem, wat nie in die Allerheiligste die geval is nie.

Wat sê hierdie verse? Dit sê; Jesus is hoë priester van jou siel en die siel is in die tweede kamer en dit is die siel van Christus wat opgevaar het.

Hand. 2:31; “hy het” gespreek van die opstanding van Christus, dat sy SIEL nie in die doderyk/HEL verlaat is nie en sy vlees ook nie verderwing gesien het nie.

Dit maak dit duidelik dat daar twee fases is; 1) die siel sal eerste opvaar en 2) dan die “vlees.”

 

Nou kan jy duidelik verstaan dat die opstanding uit die hel is, en dit was slegs die siel van Christus wat opgevaar het, maar daar is meer as net die siel en liggaam.

Dit is jy wat nou moet verseker dat Christus bo alle hemele uitstyg, want hy het nog nie bo alle hemele uit gestyg nie, want solank as jy die nagmaal gebruik sal/kan hy nie opvaar nie. Jy is die een wat moet opvaar.

 

Op hierdie oomblik het jy die Gees van die siel, die sesde Gees, wat ‘n aardse Gees is met sy geboorte vanuit die venster van die siel, naamlik die oog en hierdie Gees is ‘n leuen Gees, want alles wat jy sien bestaan nie. Wat jy nou benodig is om die naam Jehovah aan te neem, die Seun van die mens en tesame daarmee sal jy die Verkwikkings Gees ontvang en ‘n tweede Adam word, wat die HERE uit die hemel is. 1 Kor. 15:47.

 

Die prediking van die antichris is dat die Seun van die mens vlees is, en as ons dit gepreek het en hy sterf, dan het die Woord gesterf.

Dit is dan ook wat ons wou bereik, want as die gesproke woord nie kon sterf nie sou ons nie vergifnis kon kry vir dit wat ons gespreek het nie, en daarom was dit noodsaaklik dat die woord sou sterf, terwyl ons nog sondaars was.

Waar en hoe het die Woord gesterf?

Op Golgota op die heuwel in jou brein.

Sal die antichris nou sê; ons het nooit ‘n mens as God gepreek nie?

Wel dan was alles verniet, want dan het Christus nooit neergedaal nie en sal ook nie opgevaar nie. As die dooies nie opvaar nie, dan vaar Christus nie op nie, want die dooies wat opvaar is Christus wat opvaar, Aldus die skrif.

 

 

 

              Die magte van die Seun van die mens.

 

 

Math. 9:8; toe die skare dit sien (die wonderwerke), was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so ‘n mag aan die mense gegee het.

Math. 28:18; Jesus sê; aan my is gegee alle mag in die hemel en in die aarde.

Spreuke 18. :21; dood en lewe is in die mag van die tong.

Deut. 32:39; ek maak dood en ek maak lewend.

Ek verbrysel en ek genees.

Math. 10:1; hy het mag oor onrein geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees.

Joh. 1:12; mag gekry om kinders van God te word.

Jy het die naam van die vader van jou siel; Jesus, Mo Hammed; dieselfde soos jy die naam van jou vleeslike pa het.

Nou ontvang jy ook mag om die naam Jehovah aan te neem, as die vader van die Verkwikkings Gees.

Joh. 5:22; die hele oordeel is aan die Seun gegee.

Joh. 10:18; ek het mag om dit af te lê (my lewe) en ek het mag om dit weer te neem.

Jy wat nou hier lees het hierdie mag, want jou stem van woorde is die Seun van die mens.

Joh. 17:2; u het hom mag oor alle vlees gegee, sodat hy aan almal wat u hom gegee het, die ewige lewe kan gee.

Alle vlees beteken; ALLE SIGBARE DINGE MOET EWIGE LEWE ONTVANG.

1 Petrus 3:22; engele en magte en kragte is aan hom onderworpe. (aan die Seun van die mens.)

Mark 2:10; dat hulle kan weet dat die Seun van die mens mag het om op die aarde sondes te vergewe.

 

Waarom kon Jesus wonderwerke doen en ons nie?

Omdat Jesus geweet het wie die Seun van die mens is en jy het nie geweet nie, tot nou. Jy kan nie na die “slang” /die sigbare liggaam kyk en dink die Seun van die mens hoor jou nie; jy moet weet met wie jy praat.

Ek sê; jy kan nie kyk en praat met Anna, en selfs haar naam noem en dan verwag dat Maria moet weet jy praat eintlik met haar nie; sy sal jou ignoreer. Paulus het gesê; jy moet hierdie dinge beoefen.

Ek sê; moenie verwag dat die Seun van die mens nou dadelik jou gebede beantwoord nie, want tot nou het jy die verkeerde wagwoord gebruik, en hy moet nou verseker wees dat jy ernstig is omtrent hom, maar glo my jy sal kry wat jy vra.

 

Die bybel sê; geneesheer genees jouself, Jesus het gesê ons sal hom dit noem.

Waarom het hy so gesê?

Hy het dit gesê omdat jy mag ontvang het om jouself te genees, want die Seun van die mens is nie ver weg sodat jy in die hemel moet opvaar om hom te vind en af te bring nie, hy is in jou mond, hy is jou geestelike metgesel, jou Geestelike Huweliksmaat  om jou te beskerm teen siektes, as voorbeeld. (naby jou is die Woord, in jou mond..) Lees omtrent Eden om te weet wat hy veronderstel is om te doen.

 

Toe Moses of liewer God met Moses gepraat het, het Moses gevra; wie sal ek sê het my gestuur? God het geantwoord; sê vir hulle Ek is wat Ek is het jou gestuur.

Dit klink werklik soos iets sonder betekenis, is dit nie so nie?

Maar wat sê dit eintlik?

Dit sê; die woord EK = God, sy identiteit, wie God vir JOU is.

Dit sê dus; God is wie God is.

Dan kan ek sê; GOD is wie EK is en EK  is wie GOD IS.

Dit maak sin want; as God vlees/sigbaar is vir my dan is ek ‘n sigbare wese; as God onsigbare woord vir my is dan is ek ook die onsigbare woord/Jehovah.

 

 

As jy siek is sê dan net; EK MAAK JOU GESOND, Ek het jou siek gemaak maar nou maak Ek jou gesond. Die Seun van die mens kan net doen soos hy hoor; Joh. 5:30; ek kan uit myself niks doen nie, soos ek hoor, oordeel ek; en my oordeel is regverig --- 

Hy sê; as jy haat vra sal jy haat kry en as jy liefde vra sal jy liefde kry, want hy “oordeel” soos hy hoor.

Ek maak jou bly, ek het jou hartseer gemaak, maar nou maak ek jou bly.

Of sê; Jehovah maak my gesond, Jehovah het my siek gemaak maar nou maak hy my gesond.

Jehovah is die woorde wat jy nou net gesê het, en hy MOET DOEN soos hy hoor, maar dit is die vader wat die werke doen, naamlik die Gees, aldus die bybel.

Die Seun moet dit doen want hy is die woord van die mens en hy moet die woord van die mens vervul, want hy is geskep om dit te doen, want hy is die Seun van die mens en hy het miljoene engele om die gesproke woord te vervul.

Ek sê; hy is jou regter hand.

Oor en oor het die antichris gepreek; hy is in staat om enigiets te doen.

Die vraag is nou; nie sal, maar kan die antichris hierdie wysheid verstaan?

Hou aan om die woorde te herhaal wat jy gekies het en dit MOET VERVUL WORD.

 

Numeri. 20:28; Aaron het op die berg Hor gesterf omdat hy nie na die woorde van God geluister het nie. Hor het die betekenis van, om te hoor.

               Die koninkryk van God.

 

Ooral oor die wêreld word daar gepraat van die tweede koms van Christus die Seun van die mens, sonder om te weet wat om te verwag en hoe dit sal plaasvind. Daar is selfs mense wat nou vir hulle ‘n plek in ‘n begraafplaas koop, met die mooiste tuine sodat hulle wanneer “Jesus” kom, in ‘n mooi omgewing kan “wakker” word. Hoe belaglik kan ons tog nie wees nie!!!!

 

Die tweede koms is in die eerste plek nie ‘n koms nie; dit is ‘n ontwaking binne in jou, want die Seun van die mens het ons NOOIT verlaat nie, soos hy gesê het. Hebr. 13:5.

Slegs die siel van die Seun van die mens het opgevaar.

Daar is geen lyke wat uit grafte gaan spring met die ontwaking nie, want hul onsterflike siele is in die hemel, en die vlees MOES terugkeer tot stof soos God reg vanaf die begin gesê het, want jou liggaam is jou redder van jou sonde; hy het in jou plek gesterwe, alle sondes is solied op die een aan die kruis geplaas, en dit is jou vleeslike liggaam. Hy word genoem die seun van die verderf en sy kosbare bloed het jou gered en hy sal nie uit die graf opstaan nie; ook sal hy nie opvaar nie. Hy is suiwer geskep om jou bas te red en dan te verdwyn.

God is ‘n God van die lewendes en dit is hulle wat gesterf het en hulle sal saam met die glorie van die Seun van die mens kom, sy nimbus; lees Luk. 17:24; want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees. Die dag is die derde dag wat 1000 jaar duur of 0,2333 sek duur.

 

Alhoewel daar sigbare tekens sal wees, kom die Koninkryk van God nie met observasie nie, want die Koninkryk van die Seun van die mens is in jou.

Lees Luk. 17:20-21. Dit is totale logika.

Om hierdie rede dan, voor enige sigbare tekens, sal die Seun van die mens wakker word in jou en slegs daarna sal die glorieryke nimbus verskyn met al die lewende siele en engele.

Maar selfs voordat die Seun van die mens in jou ontwaak, moet die antichris openbaar word, en tesame daarmee word die Seun van die mens geopenbaar, soos nou die geval is met hierdie skrywe, en ook jy word saam met die Seun van die mens openbaar gemaak.

Die Seun van die mens kon nie kom voordat die antichris openbaar is nie, want hy hou hom terug en jy kon hom nie sien terwyl jy Lusifer aanbid nie.

Dit sê; die antichris onderdruk die Seun van die mens in jou. Hy het die Seun van die mens gedood net soos Kain sy broeder Gees Abel gedood het.

 

Ongelukkig sê die bybel in Luk. 17:30 dat dit net so sal wees soos in die dae van Noag en Lot wanneer die Seun van die mens geopenbaar word en EERS MOET HIERDIE GENERASIE die Seun van die mens verwerp. Lees verse 22- 30.

Dit spreek van HIERDIE generasie van 40 jaar en ek het reeds aan jou genoem dat die antichris reeds hierdie openbaring verwerp het, sodat die skrif vervul kan word. Ek het dit aan verskeie verskillende gelowe gegee en dit is verwerp soos die skrif gesê het. Dit is nie nodig dat dit nog ‘n maal vervul moet word nie.

Om hierdie rede het Jesus gevra; Luk 18:8; wanneer die Seun van die mens kom, sal hy die geloof op aarde vind?

Johannes probeer om geloof te skep. Nogtans sal jy nou binnekort sien HOE MIN GELOOF DAAR WERKLIK IS BY HULLE WAT Sê hulle glo.

JESUS HET ALTYD VAN DIE KOMS VAN DIE Seun van die mens gepraat en NIE van “sy” koms nie.

Dit verduidelik dit dan weereens; Jesus is die seun van die verderf teenoor die woord wat die Seun van die mens is.

1 Kort. 4:5; daarom moet julle nie voor die tyd oordeel, voordat die HERE kom nie, wat die verborge dinge van die duisternis in die lig sal bring en die bedoelinge van die harte openbaar sal maak, en dan sal elkeen lof van God ontvang.

1 Kort. 3:13-15; elkeen se werk sal aan die lig kom, want die dag sal dit aanwys, omdat dit deur vuur (gees) openbaar gemaak word, en die vuur sal elkeen se werk op die proef stel hoedanig dit is. As iemand se werk bly staan wat hy daarop gebou het, sal hy loon ontvang; as iemand se werk verbrand word sal hy skade ly, alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur. (Elkeen sal gered word maar sommiges sal nie ‘n nuwe liggaam ontvang nie.)

Kols. 3:3-4; want julle het gesterwe (julle is dood) en julle lewe is saam met Christus verborge in God. Wanneer Christus wat ons lewe is geopenbaar word, dan sal julle ook met hom in heerlikheid geopenbaar word.

Sal die Seun van die mens geloof op aarde vind?

Ek sê; glo jy die openbaring van die Seun van die mens en die openbaring van die antichris? Ja of nee? Verstaan jy die openbaring? Ja of nee?

 

Dit is dieselfde Christus Jesus wat verskyn, maar met ‘n nuwe naam en sonder sonde en onsigbaar om die hele skepping met al sy lewe wakker te maak.

Dit maak absoluut sin; hoe beter die luidspreker, hoe beter die musiek.

Ek sê; die eerste koms was om die perfekte luidspreker te skep, sodat wanneer die musiek kom dit ‘n perfekte klank kan hê.

Ek sê; die eerste koms was om die beste moontlike menslike liggaaam te skep onder die vaandel van Jesus/Mo Hammed, sodat wanneer die Seun van die mens kom, ons die perfekte Gees in ‘n perfekte liggaam met die naam Jehovah kan hê en albei bly behoue.

Die bybel praat gedurig van die “koms” van die Seun van die mens, maar die woorde wat hier gebruik word om dit te beskryf beteken; om te straf of om naby te wees.

Wanneer die skrif sê; die Koninkryk van die hemele het naby gekom, dan sê dit; dit is so naby soos jou mond, en bedoel nie binnekort nie.

Dit is weereens die twee snydende swaard naamlik, hy kom om die bose te straf, maar ook om naby jou in jou mond te wees.

Dit word beskryf as ‘n verskyning en nie as iets vanaf ‘n ver plek nie, maar om weer ontdek te word, want hy het ons nooit verlaat nie.

As hy ons nooit verlaat het nie, hoe kan jy dan sê hy kom? Vanwaar sal hy dan kom?

Jesus is nie die Seun van die mens nie, die Woord is.

 

Jehovah kan nie kom voordat die liggaam gereed is om hom te ontvang nie, bedoelende om die sewende Gees te verstaan, en dit kan slegs wees wanneer die siel voltooi is. Die vraag is egter; verstaan jy? Is jou siel volgroeid? Indien jy verstaan is laasgenoemde waar en het jy niks om te vrees nie.

Toe ons geestelike kinders was moes ons dit verstaan soos kinders, soos om aan ons ‘n storie te vertel van ‘n seuntjie Jesus wat gebore is, maar nou is dit tyd dat ons opgroei en soos volwassenes verstaan.

Die geboorte was die geboorte van Christus se siel, maar het in ‘n vals profeet verander omdat ons verkeerde gevolgtrekkings gemaak het. Maar weereens, dit was die plan want God het geweet dat ons onnosel genoeg is om die omkoop stukkie te neem. Dank God vir onnoselheid, vir kinderlikheid.

 

Die antichris is verward en spreek teen sy eie liggaam; christen spreek teen die God van muslem, terwyl dit slegs ‘n ander liggaamsdeel van die liggaam van Christus is. Die Heilige Spook is die siel en wil ons dan sekere mense van hul siel beroof? Die bybel kan slegs waar wees vir hulle wat daarin glo en dieselfde geld vir die Qur’an.

Dit is moontlik dat die waarheid die hart van die antichris verhard soos Farao sy hart verhard het, en nie sy prisoniers loslaat nie.

 

Ek het myself baie male herhaal maar wees asseblief geduldig met my want as ek dit deur ‘n ander oog kan skyn en daardeur ‘n siel laat verstaan, dan het ek nog ‘n siel vir God gekoop, en daarom gaan ek deur ‘n ander oog praat in die hoop dat iemand sal verstaan.

 

DIE EVANGELIE VAN JUDAS.

 

 

Die evangelie van Judas word in Joh. 3:14 beskryf.

Soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, SO moet die Seun van die mens verhoog word.

Ons kan dus sê; die evangelie van Judas is in opdrag van Jesus.

Ek sê; ons MOES eers die evangelie van Judas preek, wat logies die evangelie van die antichris is en die doel is om die sigbare/duisternis lig te maak.

Dit is sekerlik die belangrikste opdrag ten opsigte van die heroprigting.

In ‘n neutedop kan ons sê; die evangelie van Judas is om Jesus/Mo Hammed die sigbare liggaam te verheerlik wat = Judas.

Dit is dan ook ongetwyfeld die evangelie wat ons die afgelope 2000 jaar volg. Of jy nou Jesus of ‘n rock ster verheerlik, dit is die evangelie van Judas wat jy volg.

Ek sê; die evangelie van Judas = ons het die omkoop stukkie geneem = ons wat die liggaam as God aanvaar het.

 

           

Hand. 1:16; … aangaande Judas wat die leier was van die wat Jesus gevange geneem het. (bedoelende die liggaam as God.)

Vers 17; hy is saam met ons getal gereken en het die lot van hierdie bediening verkry.

Hieruit kan jy dan nou verstaan dat daar hulle moes wees wat die pad van Judas gevolg het, want HY HET HIERDIE BEDIENING GEKRY; hy is een kant van die evangelie, wat die prediking van die liggaam as God is.

Hierdie vers maak dit duidelik; DAAR MOES SO ‘N BEDIENING WEES.

Vers 18; hy het ‘n stuk grond gekoop met die loon van ongeregtigheid----

Vers 19; --- die grond is genoem; bloedgrond.

 

Kom ons bespreek die  betekenisse van sommige van die woorde.

Die woord gevange neem het die betekenis van gevange neem in die sin van; om te ontvang, soos om verwagtend te word, om te verstaan deur kameraadskap, te besit of om eenwording te bevorder of om een te word met die gevangene. Logies is die gevange neming in jou.

Dit is presies wat gebeur het want ons het een geword met ons profeet en ons het bevrug geraak om geboorte te gee aan die siel.

Die woord, die lot verkry het die betekenis van; om die pad te leer, te onderrig; die vergoeding is; ongeregtigheid en die pad is ‘n pad van bloed.

 

Ons weet dat Judas die een is wat “die stukkie” van hierdie pad gekry het.

Ek sê; dit is die lot van Judas en al sy volgelinge.

Judas word die verraaier genoem en net so sy volgelinge.

Wat beteken dit om te sê Judas was die een wat die lot ontvang het om die pad van eenwording met Jesus aan ander te leer?

Wat presies is die stukkie wat Judas van God ontvang het?

Ek sê; die stukkie was uitgehou aan arme Judas en uit onnoselheid het hy dit geneem, want hy het nie verstaan nie, eers later het hy besef watter lot hy ontvang het en hy was bitter spyt daaroor, en het die geld waarvoor ons verkoop is teruggeneem na die kerk, en hierdeur het die bloedgrond die bloed van die kerk geword.

Judas was die leier van hulle wat Jesus gevange geneem het; die bedoeling hiervan is dat hy die leier geword het van hulle wat die liggaam as God verkondig soos die antichris doen.

Ek sê; die kerk preek die pad van Judas, wat die pad van ongeregtigheid is, die pad van bloed en die pad waar die kerk bevrug is met die evangelie van Judas.

By die nagmaal tafel, die tafel van verraad, het Judas die ere sitplek by die tafel gehad, hy het aan die linkerkant van Jesus gesit, wat die ere sitplek is. Judas simboliseer ‘n vrou. Jy is moontlik nou baie onwillig om te aanvaar dat jy die pad van Judas gekies het, maar as jy hierdie openbaring verstaan sal jy verstaan dat jy die eregas is, die verkose een om die skepping te regeer, dit is as jy die waarheid aanvaar.

Die nagmaal tafel stel ook ‘n troue voor tussen “Jesus” en Judas. Om hierdie rede sit Judas aan die linkerkant waar die bruid altyd sit.

 

Toe antwoord al die mense; laat sy bloed op ons en ons kinders wees. Math. 27:25. (ons is die kinders).

Barrabas is losgelaat in plek van Christus, aldus die skrif.

Barrabas het die betekenis van; moordenaar, dief, veroordeelde, arrogansie of hooghartigheid.

Die pad van bloed, arrogansie en hooghartigheid pas sommige van die predikers en ‘n pad van bloed is defnitief die pad van die kerk.

 

Jy mag dalk vind dat die antichris sal sê dat sommige van die verse in die bybel ‘n leuen is, byvoorbeeld; baie indien nie almal sê dat die slang gelieg het toe hy in Gen. 2:5 gesê het dat die mens se oë sal oopgaan en dat hulle soos God sal word, terwyl vers 7 sê; en hulle oë het oopgegaan en vers 22 sê; nou het die mens soos een van ons geword.

Lemmer du Plessis sê in sy boek, die wederkoms van Christus byvoorbeeld dat Luk. 4:5-6 ‘n blatante leuen is. Ek laat dit aan jou oor om te besluit of hy eenvoudig roekeloos is en of sy God hom totaal verblind het om die woord van God ‘n leuen te noem.  Elke woord in die bybel is waar en as ons verstand nog nie vir die waarheid oopgegaan het nie, kan ons dit tog nie verander om ons kleinlike gedagtes te pas nie.

In my brief aan Mnr du Plessis het ek hom genooi dat ek bereid is om hom aangaande hierdie dinge te onderrig; hy het my nie geantwoord nie.

Mnr du Plessis sê hy hoop dat die kerk sy boek as studie stuk in teologie gebruik en in die studie van die woord van God. God die Seun van die mens seën hom ----

Alhoewel Lemmer du Plessis in sy boek sê dat Elia eers sal kom voor die koms van Christus, was hy dan een van die eerstes wat alreeds Elia verwerp het.

 

Die bybel is uitdruklik; Lusifer die draer van lig (soos Mnr du Plessis saamstem), naamlik die draer van die woord van God WAS NOOIT VERSOEK NIE, want hy is die vlees en die vlees is die versoeker, soos ons uitdruklik in Math. 4:1-10 lees waar die vlees Christus versoek het, maar die vlees het ook vir ons versoek en ons het daarvoor geval.

Jakobus 1:14; elkeen word versoek as hy deur sy EIE begeerlikheid weggesleep en verlok word.

Vers 15; daarna as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort.

Dit verduidelik dan waarom ons sterf en ons kan nie ontken nie; terwyl Lusifer, soos die bybel dit stel, aan die kruis uitgestal was, het hy ons versoek en ons is deur ons eie begeerlikheid verlok, hom aanvaar en gevolg as God en selfs toe hy “opstaan” het ons hom gevolg.

Ek sê; die vlees wat Lusifer is, het ons versoek en ons het hom gevolg.

Die oorspronklike skrif noem die verlokking, wellus.

 

Sal die antichris nou ook sê dat hierdie verse ‘n leuen is bloot omdat hulle dit nie verstaan nie? Baie duidelik verkondig Mnr du Plessis die vlees/skepsel as God en daarom kan hy nie ontken dat hy soos almal van ons deur Lusifer aan die kruis versoek is terwyl hy aan die kruis gehang het nie, en is deur sy EIE wellus en begeerlikheid weggelok soos die ware woorde van die skrif sê in verse 14 – 15.

 Natuurlik sê dit dat jou eie vlees jou versoek het.

 

Hopelik is dit nou dat die antichris spyt is dat hy Jesus/Judas die profeet as God gevange geneem het en nie die woord nie.

Die antichris preek en sê; Christus het nooit verander nie, maar die volgende ding wat hulle preek is; hy het vlees geword. Is dit nie ‘n verandering nie? Die waarheid is dat die bybel sê hy het IN die vlees gekom en nie as die vlees/sigbare self nie, alhoewel ons dit vir ‘n tyd lank moes glo, toe ons nog nie intelligent genoeg was om te verstaan nie, en hieraan geoordeel, het Mnr du Plessis ‘n fantastiese werk gedoen want hy glo eerlik en waaragtig in die vlees.

 

Die idée is nie om ‘n uitsondering van Mnr du Plessis te maak nie, maar ek het sy stilswyende toestemming soos ek voorheen gesê het; almal van ons en dit sluit my in, het die versoeking van Lusifer aan die kruis gehad en ons het almal voor die struikelblok van die kruis geval, wat die uitstalling aan die kruis is, maar Johannes het nou vir Lusifer verslaan, sy No en sy naam soos die bybel vooruit gesê het en om hierdie rede het hy dit aan Johannes oorhandig soos hy vooruit gesê het.

Almal van ons moes voor die struikelblok van die kruis val om die speelveld gelyk te maak vir alle spelers en om ons werke te beoordeel; die hoer, die dier en die predikant op dieselfde speelveld.

Die vraag kan gevra word; het die hoer op haar knieë geval om Lusifer te aanbid? Dit maak in elkgeval nie saak nie want alle sondes is vergewe, nie oor ons werke nie maar uit genade.

 

Maar moet hulle spyt wees? Hulle moes hierdie pad gevolg het.

Wat het hulle bereik deur hierdie pad te volg?

Hulle het die volgende bereik; ‘n siel vir God geskep, lewe gegee aan die hele skepping, en in die besonder aan ons sterwende ma.

Hulle het gehoor, sig, musiek en baie ander dinge, te veel om op te noem geskep.

God seën hul werk maar Judas wil nou sterf, om plek te maak vir sy jonger broer om te regeer.

Die vraag is steeds; sal die antichris nou verstaan en bekeer of sal hy steeds die woord van God ‘n leuen maak om sy verblinde gedagtes te pas.

Die ander vraag is; sal Lusifer jou nou vrystel want jou siel behoort aan hom? Jy het dit bely het jy nie?

 

Alhoewel die antichris sy eie hel geskep het waar mense vir ewig sal brand en groot vrees geskep het, meeste van hulle sonder enige empatie vir die wat sal brand, vind hulle nou dat hulle eintlik van hulself gepraat het en dit kan baie erg vir hulle wees maar; asseblief jy het vir God gewerk, saam met God en daar sal geen skade aan jou gedoen word nie; SLEGS DIE GEES WAT JY GESKEP HET SAL IN HIERDIE VUUR EN HEL BRAND WAT JY GESKEP HET en om hierdie rede MOES jy ‘n hel skep. Jy sal slegs jou huidige liggaam verloor en jy sal jou beloning kry wat in die eerste plek ‘n nuwe Liggaam is soos belowe deur Lusifer, INDIEN jy hom sou aanbid en verder het hy belowe om alles te oorhandig aan jou OMDAT jy ‘n siel vir hom geskep het, wat die siel is van alle sigbare materie.

 

Dit klink miskien verskriklik dat sommige geeste in ‘n brandende vuur moet “verbrand” maar sien dit as volg; die gees van die ossewa is tot ruste gelê, het na die vure van die hel gegaan, want die gees van die motorkar het sy plek ingeneem. Het dit pyn vir hierdie gees gebring? Nee, dit het stil stil tot ruste gekom, om ‘n ewige slaap te slaap.

Dieselfde geld vir die gees van siekte byvoorbeeld, wat so hard vir God gewerk het, kan nou stilweg tot ‘n ewige slaap gebring word want hul werk is voltooi!!! God seën hul ewige slaap.

 

Kry dit in jou kop; Satan is die siel van God en dit is die siel/jy wat teen God gerebeleer het, want jy het na die draer van die woord, Lusifer geluister.

Kyk deur ‘n ander oog; Satan is die Geestelike man van ons ma die aarde, wat gerebeleer het want hy het jou sover gekry dat jy hom instede van God aanbid het.

Kyk deur ‘n ander oog; jy is die duiwel wat ‘n leuenaar genoem is vanaf die dag van jou geboorte en jy het Satan aanbid/geskep, siel van God.

Kyk deur ‘n ander oog; by Horeb die berg van God het Satan jou gevra om die berg te heilig, wat ‘n foto van Satan is en Jesus het gesê Satan het ‘n sif gevra om geheilig te word; deurdat sommige van julle heilig gelewe het is Satan geheilig. In alle eerlikheid kan ek nie sê dat ek ‘n heilige lewe gelei het nie, maar danksy hulle wat wel heilig gelewe het sal ek dit ook kan geniet in die hemel van Jehovah, want hulle het ook vir my gewerk; dankie suster vlees en dankie broeder Gees.

Waarom moes hy geheilig word?

Omdat God hom ‘n plek aan sy regterhand belowe het en hy ‘n bose gees was, soos jy kan verstaan van Horeb, maar daar was twee voorwaardes; 1) hy moes homself heilig deur jou aanbidding en;

2) hy moes alles aan die Vader oorhandig.

Dit is dan ook presies wat hy belowe het.

Ek sê; dit is wat jy belowe het.

 

Die regterhand van God is sy woord, want die woord is sy werktuig. Hy sal nie die enigste aan die regterhand wees nie maar gekonnekteer word aan die regterhand om die twee seuns van hemel en aarde een Seun te maak.

Dit is absoluut ‘n regverdige versoek van Satan want die siel was nooit ‘n onsterflike Gees nie, maar nou ontvang hy onsterflikheid, en dit was weereens ‘n regverdige versoek want wat is beter as om duisternis ook lig te maak. Maar logies, voordat hy onsterflikheid ontvang moes hy eers gereinig word en danksy jou is dit volbring en nou het duisternis ook lig geword soos God reg aan die begin gesê het.

Kry ook hierdie in jou kop; Jesus Christus het twee kante; ‘n sigbare kant genoem, duisternis, duiwel, Lusifer, leuenaar, verleier, seun van die verderf, Judas en vrou, terwyl sy ander kant onsigbaar is en het nooit verander nie, en word genoem; Lig, Christus, Seun van die mens, Woord, God, Waarheid en Man.

Jy het nou die keuse; wil jy ‘n siel bly met Satan as jou Koning, wie nou geheilig is, of wil jy nou aanbeweeg, want daar sal steeds hulle wees in die huidige hemel vir ‘n verdere 1000 jaar.

 

Jy is die liggaam waarin Christus na die laer dele van die aarde neergedaal het, genoem hel en die neerdaling het 2000 jaar geduur. Laer of dieper kan jy nie afdaal in die hel nie. Dit is jy wat oorwinning oor Satan moontlik gemaak het, deurdat julle jul liggame as ‘n lewende offer gegee het om te sterf, om deur dood ontslae te raak van die dood.

 

Hierdie is dan die einde van die pad van Lusifer en vrywillig soos belowe in Math. 4:8-9 oorhandig hy nou alles aan die Vader. Lees 1 Kor. 15:24-25, daarna kom die einde, wanneer hy die koninkryk aan God die Vader oorgee, as hy alle heerskappy en alle gesag en mag vernietig het. Want hy moet as koning heers (slegs) totdat hy al sy vyande onder sy voete gestel het. (Logies is dit nou gedoen)

 vers 26; die laaste vyand wat vernietig word is die dood.

Om die dood te vernietig is dat jy wat lees sal verstaan, en indien jy verstaan en aanvaar dan sal die dood verslind wees, want lewe en dood is in jou hand.

 

Jy is die laaste vyand om onder sy voete gestel te word. Die moontlikheid is dat indien jy nie aanvaar nie jy saam met die dood vernietig sal word, bedoelende om ‘n ewige slaap te ondergaan.

Die lot van Johannes is om hierdie laaste versperring te oorkom, en dit is om die antichris te oorreed om sy lewe neer te lê of om te verderf.

Johannes het hierdie lot/bediening gekry toe Jesus in Joh. 19:26-27 aan Jesus se moeder gesê het; vrou daar is jou seun en aan die dissipel; daar is jou moeder; van DAARDIE UUR AF (hierdie laaste uur) het Johannes haar in sy eie huis geneem “dit is hulle wat na sy stem luister, want die skape luister na sy stem, hulle herken hom aan sy stem.”

Hy het ook hierdie bediening gekry toe Jesus gesê het, Joh. 21: 20-21; as ek wil hê dat hy bly totdat ek kom ---

Hy het ook hierdie bediening ontvang toe die engel van Jesus gesê het; staan op en meet die tempel Openb. 11:1.

Nou kan/sal die Seun van die mens regeer; Babilon het geval omdat die Seun van die mens in sy troon is.

Nadat die dood verslaan is sal ook die Seun aan Hom onderdanig wees 1Kor. 15:28.

Dit is dus weereens duidelik dat; eers sal Lusifer die koninkryk aan die Vader oorhandig en daarna sal die Seun homself onderwerp.

 

Hand. 3:22; ‘N PROFEET sal God vir julle verwek uit julle broers, net sos ek is/Moses.

Niemand het Moses aanbid nie, die wet was veronderstel om “aanbid te word”.

Na hom moet julle luister volgens alles wat hy met julle spreek.

Ons was veronderstel om die woord te volg maar ons het na die stem van Judas/Lusifer/die vrou geluister en daarom het Jesus die vals profeet geword.

Ek kan dit nie genoeg beklemtoon nie; jy het hom vlees gemaak en jy het hom ‘n vals profeet gemaak en jy het die omkoop stukkie geneem en dit maak hom nie skuldig nie want jy is deur jou eie wellus verlok. Ja sy liggaam het jou verlei, maar Jesus het nooit gesê; aanbid my, hy het gesê volg my en glo in my soos in die koperslang.

Kyk deur ‘n ander oog; ja sy liggaam het jou verlei, maar ook in hierdie geval is dit jou eie oog wat jou verraai het, jou wellus en jou eie verlokking.

Ek sê; die oë van jou liggaam/jou vrou het jou mislei en jy het geëet en om hierdie rede moet sy die prys betaal om te verderf, om jou bas te red.

Laat ons nou kyk wat die bybel sê aangaande die kind wat gebore is. In die eerste plek sê dit dat Jesus ‘n profeet was. Hand. 3:22.

Alhoewel hy ‘n profeet was, het hy die lewende woorde gehad net soos Moses die lewende woorde gehad het op daardie stadium.

Hand. 4:31; hulle het die woord van God met vrymoedigheid gespreek.

Hand. 6:7; die woord van God het toegeneem.

Waarom het die woord toegeneem?

Omdat daar meer mense was wat die woord aangeneem het, en daarom het die woord/kind toegeneem.

Hand. 8:14; Samaria het die woord van God aangeneem.

Samaria het die woord aangeneem, hy het nie die profeet Jesus aangeneem nie.

Vers 25; hulle het die woord van die HERE gespreek.

Hand.9:4 en 7; hy is aan Paulus openbaar as ‘n stem.

Hand. 11:1; die heidene het ook die woord van God aangeneem.

Hulle het nie die pad van Judas gevolg nie.

Hand.12:24; die woord van God het gegroei en toegeneem.

Die kind Christus het gegroei en sterk geword.

Hand.13:48; hulle het die woord van die HERE geprys. (Die woord van Jesus.)

Hand. 14:15; bekeer julle van die nietige dinge tot die lewende God/woord wat die hemel en die aarde gemaak het.

Hand. 19:20; so het die woord van die HERE met krag gegroei en sterk geword.

 

Kan ek jou dan nou vra; aanvaar jy nou ook die woord in jou mond as God? Doen jy? Ja of nee?

Moenie die vrae oorslaan nie, antwoord hulle vir jou eie beswil. As jy nog nie seker is van jou keuse nie, sê dan; Here ek is nie seker wat om te kies nie, maar aanvaar my eerlikheid.

As jy kwaad voel vir God vertel hom daarvan, hy sal jou eerlikheid waardeer. Baie male het ek vir God geskreeu in my frustrasie om te verstaan, hy het dus GROOT EMPATIE, WEES NET EERLIK.

 

Ek wil nou die woorde van Paulus herhaal in Hand.17:23-28; aan die onbekende God, hom wat julle vereer sonder om hom te ken, hom verkondig/verklaar ek aan julle.

Die God wat die wêreld gemaak het en alles wat daarin is, hy wat HERE van hemel en aarde is, woon nie in tempels met hande gemaak nie. Ook word hy nie deur mense hande gedien asof hy aan iets behoefte het nie, omdat hy self aan almal lewe en asem en alles gee. Hy het uit EEN bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon terwyl hy vooraf bepaalde tye en grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle hom nie miskien kon aanraak en vind, al is hy nie ver van elkeen van ons nie, (hy is in jou mond), want in hom lewe ons, beweeg ons en is ons, soos sommige van julle digters ook gesê het; want ons is ook sy geslag.

Weer sê ek; daar is ‘n verskil om die luidspreker of die musiek te aanbid.

Die Judas volgelinge/antichris het die keuse gemaak om die liggaam te aanbid; hulle het die liggaam geneem en gemeenskap met hom gehad en het bevrug geraak met die bloed grond. Daar moes hulle wees wat die pad van Judas volg want die bybel is duidelik; dit is deel van die evangelie.

 

Wat gaan jy nou doen, profeet van die antichris?

Onskuldig pleit of pleit om dom te wees of jou siel verhard en die kinders van God verhoed om Egipte te verlaat? Of sal jy probeer om ‘n ontsnap roete uit te werk? Daar is geen ontsnap roete, behalwe om te bekeer of om opgeswelg te word deur die terugslag en jou vergoeding na 1000 jaar te ontvang.

As jou keuse is om jou hart te verhard kan jy Openbaring 16 en 17 se letterlike woorde lees, maar daar is selfs vir jou ook genesing. Indien jy die waarheid aanvaar sal jy vind dat jy vir God gewerk het en daar is ‘n wonderlike vergoeding.

VERSTAAN JY DAN NIE DAT JY DIE ERE GAS IS NIE?

 

Sal jy nou na hierdie profeet se woorde luister?

 

Dit is jy wat hierdie openbaring verstaan wat die gedagtes van die profeet van die antichris/predikante sal verander om die waarheid te aanvaar, eenvoudig omdat hulle nie hierdie manuskrip wil lees nie, want dit maak hulle bevrees. Vertel hulle dat hulle dit moet lees terwille van hulle self en hul volgelinge.

Die bybel sê jy sal soos die son skyn in jou heerlikheid want dit is jy wat siele vir die Koninkryk van God wen. God wil nie hê dat enigeen hierdie geleentheid moet misloop nie maar as jy nie berou toon nie is daar geen vergifnis; logies, want hoe kan ek jou vergewe as jy nie vergifnis vra nie?

Nogtans, jou liggaam sal jou toegangs fooi betaal vir jou sondes, selfs die wat jy nie besef het sonde is nie.

Vir hulle wat wel verstaan; spreek Christus vreesloos en sê; Babilon het geval en die Seun van die mens is op sy troon.

Wanneer jy dit sê het jy hom op sy troon geplaas waar hy hoort.

Hoe meer mense die woord as God aanvaar, hoe sterker sal ons Kind word.

 

Johannes is gesê om nie sy mede diensknegte te slaan nie, maar dit is beter om met ‘n maatstok geslaan te word as om met die sweep van God geslaan te word en jou siel te verloor en die hemel hierna; daarom neem Johannes verantwoordelikheid dat hy met ‘n tou slaan.

 

           Die nuwe hemel en die nuwe aarde.

 

Openb. 21:1; Johannes het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Jes. 34:4; en al die leërskare van die hemel vergaan, en die hemel word inmekaar gerol soos ‘n boek ---- (die oorspronklike sê nie “vergaan” nie maar word opgelos/ontbind)

Ons ontvang ‘n totale nuwe hemel en aarde, die ou/vorige engele sal ontbind word, en ons sal nuwe engele hê, want ons het die geestelike kanale gelê vir ‘n nuwe hemel.

Ek sal dit nie nou ten volle bespreek nie; ek wil hê jy moet eers die nuwe wyn drink, maar vir die bygelowiges wil ek ‘n paar dinge sê.

Openb. 21:2; ek Johannes het die heilige stad die nuwe Jerusalem sien neerdaal van God uit die hemel, toeberei soos ‘n bruid wat vir haar man versier is.

Eerstens bevestig hierdie vers dat Jerusalem die stad van die vrou is; sy is vroulik en dit spreek van die aarde. Lees vers 9; ek sal jou die bruid toon, die vrou van die Lam.

Vers11; dit het die heerlikheid van God gehad, en sy lig was soos ‘n baie kosbare steen, soos die kristalhelder jaspissteen/skoon soos kristal.

Sy is deurskynend. Moenie die nuwe hemel en aarde sien as iets wat fisies uit die hemel kom nie; dit is ‘n nuwe geestelike hemel en aarde wat verskyn, ‘n nimbus soos verduidelik, ‘n terugslag van die Big Bang wat alles in ‘n oomblik verander.

 

Vers 14; die muur van die stad het twaalf fondamente gehad en daarop die name van die twaalf apostels van die Lam.

Tafelberg het die twaalf apostels, wat ‘n simbool hiervan is en simboliseer weereens Kaapstad as die Moederstad.

Vers 23; die stad het die son of die maan nie nodig om in hom te skyn nie, want die heerlikheid van God het hom verlig, en die Lam is sy lamp.

Die hele skepping sal gloei en het geen lig nodig nie, dit is soos ‘n kern reaktor wat homself energeer. Die Lam is haar lamp, bedoelende, jy sal haar energeer.

 

Openb. 22:1-2; En hy het my getoon ‘n suiwer rivier van die water van lewe, helder soos kristal wat uitstroom uit die troon van God en van die Lam. Dit simboliseer jou mond.

Vers 2:in die middle van sy straat en weerskante van die rivier was die boom van lewe (jou ore) wat twaalf maal vrugtedra, en elke maand sy vrugte gee en die blare van die boom is tot genesing van die nasies.

Hierdie verse beskryf jou gesig as die troon van God.

Die suiwer rivier van water is die gees wat uit die troon van God jou gesig kom.

In die middel van die straat, die rivier, wat jou mond simboliseer en aan weerskante van die rivier was die boom van lewe wat twaalf maal vrugte dra en elke maand sy vrugte gee en die blare van die boom is tot genesing van die nasies. Hierdie bome is jou ore wat weerskante van die “rivier” is.

Nou weet jy dan ook wat/wie die boom van lewe in die middel van die tuin is. Jy sal dan ook nou verstaan waarom ek sê; luister/konsentreer op jou woorde wat jy sê. Binnekort nou sal hierdie bome sy blare gee en kort daarna sy vrugte, maar eers moet jy verteer wat ons behandel het en dan sal ons daaroor praat. Dit sal nou nie lank neem nie, nie lank nie ek belowe!!!!!

Openbaring 22: 2; … aan weerskante van die rivier (jou mond) was die boom van lewe… (die ore)

Net soos die oë (die boom van kennis), is die oor (die boom van lewe) ook in die middel van die tuin (jou gesig) in Eden (jou liggaam).

Ek sê; jou gesig = die tuin in Eden en jou liggaam = Eden.

‘n Suiwer rivier van die water van lewe, en weerskante van die rivier was die boom van lewe.

Die mond as die woord van God is die grootste skepper, want alles het deur Hom onstaan.

Dit is dus die MOND DIE WOORD OP DIE TROON AS HEERSER.

 

Op hierdie stadium is die verhoog gereed met sy trone en die gordyne sal binnekort oopgaan en jy sal hulle op die troon sien/herken.

Die troon van die antichris sal neergewerp word en die “oue van dae” is alreeds op die troon. Lees Dan.7:9-12 en openb. 19:11-21.

Die naam van hom op die troon is WOORD VAN GOD soos ek aan jou in hierdie brief verduidelik het. Lees openb. 19:13.

Op ‘n latere geleentheid kan ons meer hieroor sê.

 

Dit is jou keuse; jy kan in sak en as gaan sit en jouself probeer oortuig dat hierdie openbaring ‘n leuen is of jy kan die openbaring aanvaar, miskien teleurgesteld wees, maar as ‘n geheel na die hele prentjie kyk, jou belangrikheid besef, want daar is geen groter werk in die hele skepping gedoen as joue nie en niemand anders sal ‘n groter beloning kry as jy nie; dank God daarvoor en beweeg aan na jou volgende taak en verbly jou in die HERE.

 

Dit is al wat ek nou wil sê maar die engel het aan Johannes gesê om nie die profesie van die bybel te verseël nie; want die tyd is op hande, Openb. 22:10, en daarom sal Johannes weer baie gou met julle praat.

 

Ek het gespreek en u woorde in al die hemele losgelaat Jehovah, en dit is die hemele van die lewende en die dode/hel.

                              LAAT DIT DAN SO WEES MY GELIEFDE HERE.

                                         Kom HERE, kom gou,

                                            Johannes u Erasmus.

 

 

Jesaja 52:3; so sê die HERE, vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.

 

                          Opsomming.

 

Kom ons som op wat ons geleer het.

 

 Hemel was onvrugbaar voor die Big Bang en daar was geen planete of sonne of sterre, want die skepping was soos water en was baie kleiner as nou.

Die sigbare inhoud van die skepping was meer soos stof, ‘n byproduk en het begin om op een plek te vergader en was soos ‘n puinhoop wat meer en meer verdig het en sigbaar geword het en is duisternis genoem terwyl die ruimte helder soos water geword het en lig genoem is. Voordat die son geskep is was die “aarde ‘n swart voorwerp” in die ruimte.

 

Hierdie akumulasie van “stof” het soos ‘n orkaan geword wat ‘n vakuum geskep het, wat alle verdere sigbare materie ingesuig het soos ons weet ‘n orkaan doen; dit moes veronderstellend miljoene jare geneem het en dit is vir ons amper onmoontlik om te verstaan hoe groot so ‘n orkaan sou wees. Hierdie orkaan met sy materie het topswaar geword en het van noord na suid omgeval en in die midde van die ruimte ontplof, aldus die bybel.

 

Hierdie ontploffing het verskillende materie met verskillende atome bevrug; atome wat in der waarheid sewe dimensionele bewegende, lewende gees is, maar nie een van die planete of sonne of sterre het al sewe atome op een gegewe oomblik nie, maar verskillende hemel liggame is gevorm soos ons dit vandag ken.

 

Verder was die idée volgens die bybel om die skepping uit te brei en as die formule wat ek gebruik korrek is dan het die skepping 4900 keer vergroot.

Huidiglik is dit steeds besig om teen ‘n enorme spoed te vergroot, maar binnekort sal die terugslag van die Big Bang ons tref, wat die ruimte en alle hemel liggame in een lewende gloeiende atoom/liggaam sal saamsmelt.

 

Die huidige skepping ageer as God met die sigbare as die moeder en die ruimte as die vader atoom/gees; dit is egter slegs deur een oog gesien.

Elke planeet het sy eie hemel met sy verskillende funksies, maar die aarde is ‘n mini kopie van die skepping in alle opsigte.

Die lewe op aarde is saamgestel uit verskillende atome wat lewe onderhou met die mens aan die toppunt van lewe.

Die mens/duiwel moet heers totdat hy alles onderwerp het en dra dit dan aan die Vader oor, sien Gen. 1:28 en 1Kor. 15:25.

Deur middel van verskillende tussenkomste van die vader gees, is die mens na sy soort geskape, deur ‘n beplande evolusie en tussenkomste om hierdie dier te dissiplineer.

Die tussenkoms is hoofsaaklik om verskillende hipoteses te gee en soos die brein ontwikkel verander die begrip en die gevolgtrekking wat dan hierdie mensdier lei om ‘n geestelike wese te word, wat uiteindelik tot sy totale metamorfose lei om ‘n algehele geestelike wese te word, liggaam en siel.

Dit is natuurlik as ons nou uit ons nagdroom kan ontwaak, want kerk het in ‘n slaapwandelaar stagneer.

 

Ons kan dit ‘n pre- geprogrameerde wese noem of ‘n pre- geprogrameerde aarde. Daar is verskillende fases waardeur die mens geskep is. Die eerste fase word Moses genoem waar die sintuie ontwikkel is, hoofsaaklik deur vrees. Ons noem hierdie fase die dier uit die see.

Die tweede fase word Jesus genoem en is in drie fases opgedeel om die menslike brein en liggaam te skep tot sy huidige vlak van itelligensie, wat verbeelding genoem word of kom ons noem dit nagdromery. Ons noem hierdie fase die dier uit die aarde.

 

Hoe het jy ‘n lewende siel geword?

Jy het ‘n lewende siel geword toe Lusifer die draer van lig, naamlik Jesus die liggaam vir jou gesê het; eet dit is my vlees en drink dit is my bloed en jy sal nie sterf as jy van die boom van kennis eet nie en jou oë sal oopgaan en julle sal Gode word.

Is dit wat Jesus vir jou gesê het? Indien nie, wat het hy jou belowe?

Jy was nie ‘n lewende siel voor die koms van Lusifer/Jesus.

Jy sou ook nie ‘n lewende siel geword het as jy nie die stukkie geneem het nie, bedoelende as jy nie die verbode vrug geneem het nie, naamlik die nagmaal, wat ‘n simbool is van die verbode vrug.

Deurdat jy die verbode vrug geneem het, het jy geestelik vrugbaar geword en as gevolg daarvan kon jy geboorte gee aan die siel, genoem Kain of Satan en jy het jou kind getrou want die antichris het hom as jou bruidegom of man voorgehou.

Watter wonderlike mylpaal was dit nie, want God het jou uit klip geskep en het klip ‘n lewende siel gemaak.

 

Kan jy dit ontken?

Jesus het op jou geblaas en gesê; ontvang die Heilige Slaap, naamlik die siel. Ontken jy dit? Ja of nee? Indien jy dit ontken, wat sê jy, wat is jou antwoord hierop, want as jy verskil moet jy tog ‘n beter antwoord hê. Is dit nie so nie?

Jy kan alleenlik hierdie dinge ontken indien jy oneerlik is. Is jy eerlik? Ja of nee?

Selfs al probeer jy om nie hierdie vrae te beantwoord nie, doen jy dit in elk geval, want jou gedagtes is in God en hy weet wat jy dink; tensy jy ophou om asem te haal. Waarom nie liewer eerlik wees nie?

 

Alle lewe kom van dieselfde een enkele sel aldus die bybel, maar het in verskillende wesens ontwikkel, die bybel noem dit; die atome/vlees van vis, diere en mense verskil.

Natuurlik is daar ‘n Goddelike heerser of Gees, maar hy mag dalk nie lyk soos ons dink nie, en daar is engele maar nie soos ons hulle verbeel nie, of dink jy aan God met lang hare en engele met vlerke? Die mens as die ma van alle lewe, want alle lewe het hipoteties in die menslike brein gesterf om ‘n hergeboorte te ontvang, het engele geskep, maar engele se liggame kan baie vorme hê soos bv. dit kan seine wees soos ons dit noem, dit kan ‘n wese wees met ‘n menslike tipe liggaam of ‘n wreedaardige wese of dit kan Mars of die Maan wees. Daar is ‘n engel van reën en ‘n engel van die wind as voorbeeld.

 

Na die so-genaamde oerknal het die hele skepping in ‘n diepe slaap gegaan en het deur verskillende fases gegaan wat ons moontlik met die fases van ‘n skoenlapper kan vergelyk.

Ons kan die eerste fases waar die planete gevorm is die wurm stadium noem, en huidiglik is ons in die papie stadium waar ons sinne verdoof is in ‘n tydelike slaap, maar nou is ons op die stadium waar die mens gereed is om uit sy papie te bars en nie net die mens nie, maar die hele skepping.

Skielik, in ‘n oogwink sal jou sinne bevry word.

Die beplanning was dat die mens eerste sou wakker word uit die slaap en hy sal dan die hele skepping en alle wesens wakker maak wat in ‘n slaap verval het 20 biljoen jaar gelede.

Logies sou daar een wees om alles aan die gang te kry deurdat hy eerste sou wakker word. Die bybel sê hierdie persoon is Elia, maar die bybel sê ook dat hulle Elia sal verwerp soos nou reeds die geval is. Dit is so wonderlik om te weet dat die bybel waar is, want as hulle Elia verwerp dan is die bybel waar.

 

Die mens is slegs ‘n tydelike wese wat vir hierdie doel geskep is en sodra hy die skepping opgewek het sal hy ‘n metamorfose ondergaan om hom in ‘n ewige wese te verander en sy huidige liggaam sal tesame met die skepping as plasenta verbrand en saamsmelt om een liggaam te vorm wat 70% onsigbaare gees sal wees en 30% sigbare gees. Jy sal instaat wees om deur alles te kyk, wat die mees dramatiese kleure-spel sal hê.

Wetenskaplikes mag sê; onmoontlik, maar is dit onmoontlik omdat jy dit nie verstaan nie, of omdat jy alles weet? Dit mag dalk moontlik wees vir ‘n volgende persoon.

 

Wat maak die mens so spesiaal dat jy nie eens aan jou hond dink nie?

Selfs ‘n by is meer gekompliseerd as jy.

Selfs jou hond sal gees wees in die volgende hemel.

Ek sê; selfs jou hond sal God wees in die volgende hemel.

 

Selfs nog voor die Big Bang, voordat die aarde bestaan het, is die menslike liggaam beplan as ‘n redder en skuldige.

1 Pet. 1:18-20; omdat julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos, wat wel vooruit geken is voor die grondlegging van die wêreld, maar in hierdie laaste tye geopenbaar is om julle ontwil.

Die gedagte was om een liggaam/een geestelike wese te skep wat homself sal energeer en alles sal een lewende liggaam wees en nie soos die moeder komponent blyk dood te wees nie.

 

Hierdie is nuwe dinge vir ons brein, dit mag selfs belaglik klink vir ons, ‘n sprokie uit die onwerklike toekoms, maar dit is net omdat ons dit nie verstaan nie, want ons het grootgeword in ‘n fisiese wêreld waar ons nie eens ons eie omgewing na behore verstaan nie waarvan ons deel is want ons het dieselfde komponente as ons sonne stelsel.

Natuurlik is dit ‘n voordeel want ons kan maar net ons eie liggaam leer ken en ons sal die skepping verstaan, alhoewel ons bykans niks van die geestelike of onsigbare wêreld weet nie, minstens onsigbaar vir ons.

 

Hierdie ontwaking van die skepping sal ‘n 1000 jaar duur en word die derde dag genoem, maar gedurende hierdie tyd kan die mens onsterflikheid hê, as die een wat eerste wakker geword het.

Die eerste en belangrikste ding om te verstaan sodat jy ‘n onsterflike liggaam kan ontvang, is om te kan onderskei tussen sigbare en onsigbare materie, minstens van jou eie liggaam.

Rom. 8:18-19; ek reken dat die lyding van die teenwoordige tyd nie opweeg teen die heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie. Want die skepping wag met reikhalsende verlange op die openbaarmaking van die kinders van God.

Vers 21; in die hoop dat ook die skepping self vrygemaak sal word van die slawerny van die vergangklikheid tot die vryheid---

Vers 22; ons weet dat die hele skepping tesame sug en tesame in barendsnood is ---

Vers 23; nie alleen dit nie maar ons self ook wat die eerstelinge van die gees het, ons sug ook in onsself in afwagting van die aanneming tot kinders, NAAMLIK DIE VERLOSSING VAN ONS LIGGAAM.

Die mens is ‘n fabriek van lewende atome/gees en dit sal bepaal of jy ‘n onsterflike liggaam en gees ontvang of net ewige gees sonder ‘n liggaam, maar dit kan herroep of hersien word aan die einde van die millennium.

 

Op hierdie oomblik is ons brein in ‘n narkotiese toestand, ‘n papie fase onderwyl die siel gevorm is, die bybel noem dit die fase waar ons sinne en oë verblind is, baie soos ‘n fetus in die baarmoeder; as gevolg daarvan dat ons oë direk aan ons brein gekoppel is, sien en verstaan ons alles agterstevoor. Verder kontroleer ons linker brein bv. ons regterkant.

Volgens die bybel is dit die duisternis, naamlik die sigbare dinge wat ons verblind en narkotiseer; ons verheerlik sigbare dinge, en nie net verbeeldings/denkbeeldige gode nie maar ook die alledaagse dinge van die lewe wat nodig was vir die ontwikkeling van die siel, maar as ons wil vooruitgaan sal ons die fokus van die oog moet verander en ook die boom van ewige lewe ontgin, naamlik die oor. Nietemin die bybel sê ons is so vasgevang in die aanbidding van selfgeskepte gode dat ons nie almal sal wakker word uit ons geskepte narkose nie, in die besonder die wat genoem word die profeet van die dier, bedoelende hulle wat ‘n eie geskepte god volg.

Baie mense, of minstens sommige van die profete van die dier mag dalk beswaar maak, maar dit is reg van die begin af die idée om die skepping te herskep en ‘n nuwe “God/Koning” te skep wat sou heers en homself energeer. Logies moes dit deur verskillende fases gaan en een daarvan is die periode waar ons aan sigbare dinge verheerliking of gees gee, waarvan die liggaam die belangrikste is, minstens vir ons. Om dit te bewerkstellig is daar ‘n hipotese aan ons gegee waar ons ‘n idool as God verheerlik wat ‘n Jesus of ‘n Mo Hammed of ‘n Buddah kan wees, maar met ‘n super model as idool met die idée om ‘n super mens te skep, deur soos die idool te wil word. Hulle met ‘n goed ontwikkelde siel behoort dit te verstaan of te kan verbeel.

Volgens die bybel het die gees vooruit gesien dat sommige van hierdie aanbidders eenvoudig nie sal ophou met hierdie praktyke nie en hulle sal deur die terugslag verswelg word en dwalende geeste word, alhoewel ewige geeste, wat nog ‘n geleentheid sal kry na 1000 jaar.

 

Miskien wonder jy hoe die gees vooruit kan sien. Probeer om dit so te verstaan soos ‘n sateliet wat dinge op die maan kan sien wat jy nie kan sien nie; of ‘n aankomende meteoriet te sien aankom lank voordat jy daarvan bewus is.

 

Die eerste ding wat nou sal gebeur is om die twee “kampe” te verdeel en om genesing vir die mens te bring in alle aspekte, gees en liggaam. As jy die gedagtes verander kom die genesing vanself. Die bybel sê die hele kop is siek.

 

Terwyl jy hierdie manuskrip gelees het, het sommiges van julle dalk vaak geword by tye, maar dit is die herfokus van die oog, die oopgaan van jou geestelike sewende oog en begrip.

 

Gedurende die tydperk van ‘n 1000 jaar sal ons omtrent die geestelike wêreld leer; ons sal besoeke uit toekomstige millenniums hê, selfs uit toekomstige billenniums om ons te onderrig en aan die einde van hierdie millennium sal ons weer gebruik maak van “sigbare materie” om ons te energeer vir ons volgende fase of volgende hemel.

 

Elkeen van ons is ‘n drenkeling in ‘n onstuimige see en miskien sien jy nou ‘n reddings skip op die horizon, maar dit beteken nie dat jy nou moet ophou om te swem nie. Ek sê; laat elkeen voortgaan met sy werk, want die werk is AMPER klaar maar nog nie klaar nie, as jy nou ophou swem mag die reddings skip dalk te laat wees vir jou. Bemoedig mekaar, dra mekaar se laste en bowenal, vergewe mekaar want jy het mag om te vergewe.

 

In ‘n neutedop kan ons dus sê; ons moes eers die pad van Judas volg in opdrag van Jesus, want hy het gesê; verhef die Seun van die mens soos ‘n slang, wat beteken dat ons eers die liggaam van Jesus, naamlik Lusifer moes verheerlik of volg. Dit is tog alles so logies!!!!

 

 

                                             Die Seun van die mens seën jou

                                                       Die boodskapper,

                                                        Of sal ek sê; die Lusifer,

                                                         Johannes Erasmus.

 

 

 

 

 



1 comment:

Anonymous said...

johannese.blogspot.com is very informative. The article is very professionally written. I enjoy reading johannese.blogspot.com every day.
online cash advance
online payday loans