HOOFSTUK 8.
DIE ARK VAN NOAG.
KENNIS IS NAAKTHEID.
Kennis is soos ‘n vrou
In deftig winter gewaad geklee
Haar waarheid toegeknoop
Soos die waarheid van haar liggaam
Goed bewaar, dis
Soos ‘n veryste water blokkie
Wat om bevryding roep
Na die hitte van ‘n geselserige vuurtjie
By die hitte van ‘n liefdes vuurtjie
Daar laat ek haar liefde vry
Soos ‘n blokkie ys wat stadig smelt
So ontklee ek haar
Dit is die wonder van te weet
Hoe lyk die slankheid van haar hals
Die rondheid van haar borste
Die fermheid van haar boesem en
Hoe sag is haar dye as ek dit beraak
En as ek vind die donsheid
Van die ingang tot die lewe
Dit is kennis
Naak is sy
Gereed tot liefdes kennis
En as my vrug haar vind
Dan lê die kennis daar
In haar naaktheid bevrug sy my
En ek weet
Dit is ek wat kennis baar
Ek het gevind
Die lippe van haar moedersbaar
Ek was eerste
En sy wys my graag haar naakte
Want kennis is nou kaal
Sonder gewaad en baie mooi
Haar toegewerkte kleed
het weggesmelt
soos ‘n blokkie ys
in my warm hand en
so smelt ek ook nou weg
tot naaktheid
terwyl ek dink, ons is almaal kaal
wyl haar tepel in my mond
smag ek na haar
die kennis
en sy na my
ek is haar bevrugter
Johan.
Die ark van Noag.
In Genesis 6 lees ons dat man begin vermeerder het op aarde, en dogters is vir hulle gebore.
Wanneer dit praat van man, beteken dit nie dat dit ‘n mens is soos jy dalk mag dink nie. Die afrikaanse bybel noem dit verkeerdelik, “mens”.
Man = die betekenis van; om bloed te toon en daarom word enige wese wat bloed toon man genoem; man het die betekenis van gees of siel soos jy nou weet.
Man beteken nie mens nie.
Soos ons weet simboliseer bloed die siel, en die siel word gesimboliseer deur die sintuie of die gees van die kreatuur.
Verder weet ons ook dat die sintuie/geeste die tuin in Eden simboliseer.
Verder weet ons ook dat die tuin jou gesig simboliseer en God het MAN in die tuin gesit.
Enige land kreatuur kan man genoem word om sy gesig, sy sintuie of sy gees te beskryf.
Gesig = die betekenis van; neus, snoet, neusgat of voorkop/brein en in sommige gevalle wraak.
Wanneer ons dan lees dat man vermeerder het kan dit soos in hierdie geval, beteken dat diere vermeerder het.
As ons lees van dogters en seuns van God, dan verstaan ons dogters as die liggame wat op aarde geskep is met aarde as moeder, inteendeel alle liggame hetsy van mens of dier word genoem; dogters van die aarde.
Of jy nou daarvan hou of nie, die menslike liggaam is ook dier.
Die seuns van God is geeste in die hemel.
MAAR; alle huidige geestelike wesens in die aardse hemel is op aarde geskep met die aardse lewe as moeders.
Ons lees dat hierdie geeste geinter - meng het want dit sê; die geestelike seuns het vir hulle enige vroue geneem van hul keuse.
Hierdie vermenging het gelei tot die geboorte van reuse diere soos die dinosaurs en ander massiewe liggame. Hierdie wesens was wrede wesens soos ons weet. Toe God die Almagtige gees hierdie wreedheid sien het hy gesê; my gees sal nie vir ewig in “man” wees nie. Die oorspronklike sê; won’t strive in man.
Die betekenis van “strive” is; om te heers, om te oordeel/oordeel uitoefen.
Jy sal kan verstaan, die magtige gees/asems van hierdie diere.
Toe sê God; my gees sal nie vir ewig in die man (die wesens met bloed) heers nie. Toe sê God; ek sal die man wat ek geskape het van die aarde verdelg, die man sowel as die vee en die kruipende diere en die voëls van die hemel. Vee is die liggaam en man is die gees.
Voëls is die simbool van engele, seuns van God, naamlik verskillende geestelike wesens.
Hemel = die lug, die deel waar die wolke in beweeg en selfs die roterende hemel liggame soos planete en sterre.
Die lewe op aarde was op daardie stadium lewe met ‘n lae intelligensie, en hul hemel was die deel waar die wolke in beweeg.
Ek sê; die eerste wesens was beperk tot die hemel waar die wolke in beweeg.
Die roterende liggame waarvan gepraat word is die in ons sonne stelsel, in die besonder Aarde, die Maan en Mars wat waarskynlik die sogenaamde vloed van Noag beinvloed het.
Daar word so baie woorde en betekenisse gebruik in Genesis 6,7 en 8 dat ek net die hipotese sal beskryf soos my begrip my toelaat en soos ek die gees wat spreek verstaan, want ek is nie ‘n wetenskaplike nie. Ek is oortuig ons vermis groot dele van die geskrifte wat bes moontlik baie meer kan vertel van hierdie katastrofe wat ons sonne stelsel getref het.
Die vloed wat gemeld word in Genesis is geensins wat al die jare aan ons vertel is in die kerk nie. Die kerk het slegs die letterlike vertel.
In die eerste plek is dit ‘n sonde vloed en nie ‘n “son” vloed nie. Dit is die gevolg van sonde.
Enige een van die roterende liggame in die ruimte is nie net dom, kaal of nuttelose voorwerpe nie; ons sonne stelsel is ‘n haarfyn beplande, intelligente en gebalanseerde sisteem.
Byvoorbeeld as jy skielik die Maan verwyder, dit wegraap uit sy rotering, sal ons hele sonne stelsel hewig reageer, sterre en planete sal rond skarrel om weer ewewig te vind en te balanseer en in sommige gevalle met mekaar bots, want aantrekkings krag en afstoting balanseer die algehele sonne stelsel, en nie net ons sonne stelsel nie maar die hele skepping. Op hierdie oomblik brei die skepping nog steeds uit. Wetenskaplikes het gedink dat die aantrekkings krag uiteindelik die hele skepping sal “terug trek” na die punt waar die oorspronklike Big Bang was; in die eerste plek kan dit nie gebeur nie want daar is geen “aantrekkings krag” by die punt van ontploffing nie.
Tweedens; die uitwaartse beweging gebeur vinniger en vinniger asof iets anders se swaarte krag dit trek na ‘n nuwe plek van rus; dit is die gevolg van sterre wat steeds ontplof en die uiteindelike posisie van die skepping beinvloed. Die ontploffing werk soos ‘n omgedopte balon en alle berekenige van wetenskaplikes is verkeerd.
Verder, alle hemel liggame is in der waarheid lewende wesens, lewende engele en is op presiese plekke om die hele sisteem aan die lewe te hou.
Hierdie wegraping of wegneem uit die roterende posisie is presies die katastrofe wat in ons sonne stelsel gebeur het, en wat veroorsaak het dat een derde van alle planete/sterre verdonker/gesterf het. Lees Openb. 8:12.
Twee van die planete wat gesterf het is die maan en waarskynlik ook mars en ook die aarde sterf stadig soos ons weet.
Ons kort baie informasie maar, ek sal my bes doen om die katastrofe te beskryf na die beste van my vermoë met die bietjie inligting beskikbaar.
Jes. 40:12; --- in ‘n drieling die stof van die aarde opgevang—
Hierdie drieling is die aarde, maan en mars wat ons hier as hipotese gebruik.
Drieling beteken ook, in ‘n driehoek.
Jy mag miskien dink dit praat van die son, maan en aarde, maar nee die son is nie stof van die aarde nie en roteer ook nie in ‘n driehoek nie.
Hier is ‘n voorbeeld van die ontstaan van ons
sonnestelsel asook voorbeelde van wat die wetenskap sê met die aarde en
sonnestelsel kon gebeur
Main article: Formation and evolution of the Solar System
The Earth formed as part of the birth of the Solar System: what eventually became the solar system initially existed as a large, rotating cloud of dust, rocks, and gas. It was composed of hydrogen and helium produced in the Big Bang, as well as heavier elements ejected by supernovas. Then, as one theory suggests, about 4.6 billion years ago a nearby star was destroyed in a supernova and the explosion sent a shock wave through the solar nebula, causing it to gain angular momentum. As the cloud began to accelerate its rotation, gravity and inertia flattened it into a protoplanetary disk oriented perpendicularly to its axis of rotation. Most of the mass concentrated in the middle and began to heat up, but small perturbations due to collisions and the angular momentum of other large debris created the means by which protoplanets began to form. The infall of material, increase in rotational speed and the crush of gravity created an enormous amount of kinetic heat at the center. Its inability to transfer that energy away through any other process at a rate capable of relieving the build-up resulted in the disk's center heating up. Ultimately, nuclear fusion of hydrogen into helium began, and eventually, after contraction, a T Tauri star, ignited to create the Sun. Meanwhile, as gravity caused matter to condense around the previously perturbed objects outside of the new sun's gravity grasp, dust particles and the rest of the protoplanetary disk began separating into rings. Successively larger fragments collided with one another and became larger objects, ultimately destined to become protoplanets.[1] These included one collection approximately 150 million kilometers from the center: Earth. The solar wind of the newly formed T Tauri star cleared out most of the material in the disk that had not already condensed into larger bodies.
When the solar system was formed, scientists say, it spun away from the sun like a huge, hot disk that subsequently condensed into planets. At least nine planets survived, sucking in loose space matter from around them. Those planets closer to the sun were more solid, while those farther away were comprised primarily of gases
Die Ark het drie verdiepings en as al drie vloere dieselfde grootte was beslaan dit minder as ‘n hektaar, en dit is onmoontlik om al die diere van die aarde met ‘n voorraad kos vir ‘n jaar op ‘n hektaar te onderhou. Sommige predikers probeer dit nou op allerhande maniere verklaar soos; dit kon die D.N.A. gehou het.
Selfs hulle begin nou aanvaar dat sekere dinge eenvoudig onmoontlik is as ons na die letterlike kyk, maar hulle het nie die kennis om dit te verstaan nie want die bybel is ‘n geslote boek vir ons, aldus die bybel.
Ons deel dus met ‘n gelykenis en dit is dus sinneloos om selfs vir so ‘n skip te gaan soek.
Let wel; ek ontken nie die bestaan van ‘n sogenaamde ark van Noag nie want alle geestelike betekenisse het ‘n sigbare simbool.
Die woord Ararat waar die sogenaamde skip geland het, het die betekenis van; skepping – aarde en vervloeking/haatlik/afskuwelik ens.; hierdie vertel dan reeds ‘n totaal ander storie as die een wat aan ons opgedis is.
Die ark is inteendeel ‘n simbool van die aarde as ark—as ‘n ontsnapping.
Ark = die betekenis van; “to box in”; afsluit en om van voor af te begin – om weer te energeer of om iets te ontsnap.
Om die aarde af te sluit word in Genesis een beskryf as verskillende koepels wat verskillende hemele van mekaar afgesluit het.
Aarde is die enigste “ark” in ons sonne stelsel wat lewe onderhou en opwek vanaf ‘n enkele sel.
In Genesis een lees ons dat God verskillende uitspansels ingesit het. Ek verkies om hierdie uitspansels koepels te noem en ook die verskillende sintuie of geeste, koepels in die brein te noem. Byvoorbeeld, Moses het die vyfde koepel van gehoor van die mens/dier oop gemaak, die koepel van gehoor. Hierdie koepel van gehoor kan ook beskryf word as die vyfde basuin soos in Openbaring.
Jesus het dus die sesde koepel, die sesde sintuig oopgemaak naamlik verbeelding.
Die laaste koepel om oop te gaan is nou wanneer die sewende basuin blaas.
Die drie verdiepings van die ark is dus drie hemele, een vir diere en twee hemele vir die mens. ‘n Koepel seël elkeen van hulle af. Die ark “dryf op die water”/ see en dit simboliseer ‘n ander hemel.
Hier volg verskillende voorstellings van die ark van Noag wat verskillende hemele voorstel;
starryskies.com/.../Earth/atmosphere.html
Jy kan ook sê, die ark/aarde “dryf in die ruimte” as die water.
Ek gaan nie nou alles vertel nie, maar net sê; die ark met alle lewe het op die aarde/skepping geland.
Water simboliseer die troposfeer en stratosfeer.
Ek sê die troposfeer is die hemel vir plante, want alle weers omstandighede is in hierdie deel, naamlik reën en koolsuurgas as gees/atome vir plante.
Op hulle beurt produseer die plante suurstof om die siklus te voltooi.
Die troposfeer dien as klank golwe vir water diere en is die plafon vir hulle gees. Die stratosfeer is die hemel vir diere. Dit is die plafon vir diere en normale klankgolwe is aktief in hierdie hemel.
Die volgende hemel of laag van die atmosfeer is die ionosfeer, dit word ook die boonste atmosfeer genoem. Radio golwe is aktief in hierdie laag en die mens het na hierdie hemel beweeg nadat die radio op die toneel gekom het.
Die volgende hemel vir die mens is die magnetosfeer. Die mens het na hierdie hemel gevorder toe sateliete in die deel van die ruimte geplaas is en het vir ons sateliete en koordlose tellefone gebring, onder andere.
Mens se gees en in besonder die sesde gees kan nie verby hierdie plafon/koepel gaan nie. Dit is die hemel van verbeelding.
Ons kan sê; Moses het ons in die mesosfeer gebring en Jesus het ons in die ionosfeer gebring en nie lank gelede nie tot in die magnetosfeer. Nietemin, dit is die plafon vir sterflike mense gees.
Volgende is die exosphere waar die planete/sterre is.
Jy kan nou duidelik verstaan dat die ark verskillende hemele voorstel en die ontwikkeling van die mens beskryf.
Die eerste vloer van die ark simboliseer normale klank golwe, waar die mens bv. geen radios gehad het nie. (Moses).
Die tweede vloer simboliseer ons intelligensie waar ons gevorder het tot radio, motors, vliegtuie ens. nadat ons die gees van verbeelding magtig geraak het.
Die derde vloer is ‘n bewys dat ons geweldig gevorder het ten opsigte van kennis en intelligensie want ons het nou sateliete en ruimteskepe, wat die aarde amper in ‘n klein dorpie verander het.
Die ark korespondeer met die tabernakel wat Moses op die berg ontvang het en waar hy ons tot in die eerste hemel gebring het, die stratosfeer. Ons was toe nog dierlik gewees.
Soos gesê het Jesus ons tot in die volgende twee vloere gebring.
Die derde vloer is die toppunt vir sterflinge en die volgende vloer waarheen ons sal beweeg is DIE VLOER VAN IMORTALITEIT WAAR JY NOOIT STERF NIE!!!!!
Kom ons som op wat ons geleer het;
Ons het gesien dat die lewe op aarde wreed geword het, omdat gees/atome van die hemel hierdie aardse liggame binnegegaan het met die gevolg dat reuse diere gebore is.
Dit het gelei tot die vervloeking, die vernietiging van hierdie diere en hul gees in die hemel, want God het gesê hulle sal nie langer heers nie. Wat beteken dit? Ons het alreeds verduidelik dat die aardse gees die geestelike man/hemel gesond hou, maar wat het verkeerd gegaan?
Wat gebeur het is dat die gees van die aarde wat opgegaan het geweldadig geword het, wat die hemel geweldadig gemaak het en wat teruggekeer het in die vorm van ‘n geestelike sonde reën, wat kan beteken dat sekere hemel liggame kan ontplof. Ons sal die gevolg later bespreek.
Om lewe te red is die aarde as ‘n tydelike ark gebruik, ‘n veilige plek, ‘n ontsnappings plek sodat alles weer opgewek kan word in ‘n hergeboorte. Om die res van die skepping weg te hou van die gees van vervloeking, het God gesê; sluit die aarde af sodat niks van hierdie gees kon ontsnap nie. Om hierdie rede is verskillende koepels ingesit om elke gees in sy eie atmosfeer te hou. Soos ons ontwikkel en meer intelligent geword het en onsself geheilig het, het ‘n nuwe hemel vir ons oopgegaan en ons geestelike toring het hoër en hoër opgegaan in die hemel.
God sê aan Noag; ‘n opening/venster moet jy aan die ark maak ---
Hierdie uitspansels en venster simboliseer ook die verskillende koepels in die hemel. Soos ons evoleer/ontwikkel kan ons nou baie verder deur hierdie venster kyk. Eers kon ons slegs “met die naakte oog deur hierdie venster kyk”, maar nou het ons selfs sateliete wat ons help om steeds verder deur hierdie venster te kyk. Wat ons huidiglik sien is ‘n skim, ‘n leuen wat nie werklik bestaan nie. Ons kan nie sien wat tussen die hemel liggame is nie.
Die aarde is 30% van sy buitenste koepel en hierdie formule geld waarskynlik vir alle hemel liggame. Die spesifieke atmosfeer se sirkel of koepel word bepaal deur die grootte van die ster of planeet. Dit maak dus sin, dat wanneer jy oorvleulende sirkels trek wat die koepels simboliseer, moet daar plekke wees waar daar niks tussenin is nie, selfs al roteer hulle.
Dit kan bes moontlik die sogenaamde swart gate (black holes) wees waar ‘n geweldige negatiewe krag sal heers. Hierdie swart gate sal van posisie verander as gevolg van die rotasies.
Dieselfde geld waar bv. twee of meer sirkels mekaar ontmoet, wat jou ‘n geweldige positiewe mag sal gee. Binnekort sal ons hierdie “plekke” ontdek waar jy bv. ‘n ander planeet onmiddelik kan binnegaan wat duisende ligjare ver mag wees. Jy kan hulle moontlik “wit gate” noem. In die toekoms sal ons hierdie geestelike padkaarte leer ken.
Like life on Earth, galaxies can
"eat" each other and evolve over time. The Milky Way's neighbor, Andromeda, is currently dining on one of its
satellites. More than a dozen star clusters are scattered
throughout Andromeda, the cosmic remains of past meals. The image above is from
a simulation of Andromeda and our galaxy colliding.
No comments:
Post a Comment