hoofstuk 9 die seun van die mens
HOOFSTUK
9.
Kreet van die liefde.
My taal is vir my so mooi
dit maak my bewoë
soos ‘n eerste liefde my laat juig
so bevrug ek dit elke dag, en wag
ek op ‘n nuwe liefdes storting
hier uit my uit
en ek vind dit elke keer
dit is soos die hoogste punt
van my begeertes liefde
aan my beminde
dit is soos ‘n kreet
van ‘n brandende liefde
wanneer dit ontsnapping vind
dit word bewaar in die boesem van die atmosfeer
dit bly vir ewig daar
dit is ‘n biblioteek van die ewigheid
geen mot of roes kan dit verweer.
Swaar gebaar.
Swaar, swaar my God
Bitter swaar
Het ek aan jou gebaar my kind.
Die Seun van die mens.
Hierdie bespreking kondig die nuwe bedeling en oordeel
aan.
Wie is die Seun van die mens?
Die vlooi het ons gevang!!!
In die verlede kon ons nie die gelykenisse of spieël
beelde of simbole verstaan wat aan ons gegee is in die bybel nie, want ons kon
alles net letterlik sien, naamlik ons kon net glo in dinge wat die naakte oog
kon sien, want ons brein was nie ontwikkel nie en ons kon niks anders
verstaan nie. Ons leef in ‘n wereld van die tasbare, die sienlike.
Later het ons die vermoë van verbeelding ontwikkel,
maar ons kon slegs verbeel wat die oog al voorheen gesien het.
Ons noem hierdie geestelike vermoë die gees van 666 of
die gees van verbeelding.
Ons het voorheen verduidelik dat Jesus die
ontwikkeling van hierdie gees gebring het, wat in drie fases ontwikkel het.
Deur ons ‘n hipotese te gee dat Jesus uit die dood opgewek is en opgevaar het,
het ons hierdie vermoë/gees ontwikkel.
Ons het ons verbeel dat dit ‘n ware gebeurtenis was,
maar dit was die leuen wat ons moes glo om dinge te roep wat nog nie was of
bestaan het nie.
Die waarheid is; HIERDIE IS NOU die ware “koms” van
Christus, HIERDIE IS DIE WAARHEIDS PROFEET.
Omdat ons die leuen geglo het, het ons die ware
profeet en Christus geroep en dit wat ons geroep het word nou bewaarheid.
Sal daar nou diegene wees wat ontken wat hulle geroep
het? Ontken jy dit?
Jesus het gekom om jou van jou ou liggaaam te verlos
deur dit TE VERLOOR.
Natuurlik is dit vooruitgang, want deur jou liggaam
te verloor het jy lewe ontvang.
Ek sê; Jesus het dood gebring sodat jy lewe kon
ontvang, maar dit is die einde van sy sending.
Daar is drie profete “op die berg van God” naamlik
Moses, Jesus en Elia wat slegs akteurs is om die menslike liggaam te voltooi.
In die verlede het ons hulle as “mense” gesien, maar ons moet hulle eerder as
‘n Lusifer sien, naamlik draers van die woord van God en ons moet hulle nie
verheerlik nie. In die verlede was daar al baie profete soos ‘n Hitler of ‘n
Einstein. Die bybel is baie duidelik dat Jesus ‘n profeet was.
‘n Profeet is iemand wat die “koers” van die aarde
verander en is nie altyd ‘n profeet van waarheid of van die goeie nie, soos ‘n
Hitler. Tog het dit die beter gebring!!!
Ons lees van hierdie drie in Math. 17:3-13; in vers 9
sê Jesus; julle moet vir niemand iets van die gesig sê voordat die Seun van
die mens uit die dode opstaan nie.
Gesig het die betekenis van; om verstandelik waar te neem of
wat die blote oog waarneem of ‘n droom. In hierdie geval was die disipels
slaperig volgens die bybel.
Nietemin, dit is nou wanneer die Seun van die mens
weer uit sy graf opstaan vir die tweede keer en daarom kan ons nou hierdie
dinge bekend maak, alhoewel ons nog nie alles kan bekend maak of verstaan nie,
maar alles SAL BEKEND WORD.
Daar is ‘n klomp spekulasie oor Elia; sal Elia “weer”
kom, het hy gekom?
Elia is deel van die val van Jesus Christus en ook die
wakker word van Christus. Elia is die een wat Jesus Christus gedoop het tot sy
val en logies sal hy hom doop tot sy opstanding en om hierdie rede sê Jesus;
Elia HET GEKOM en Elia SAL WEER KOM om alles te herstel. Logies
sal hy dan ook die een wees wat eerste wakker word, want hy was die een wat
eerste neergedaal het na sy “onthoofding.” Mat 17; 11-12 en Mark 9;11-13 en Mal
4;5.
Moenie Elia sien as iemand wat voorheen gelewe het en
nou weer lewe nie, sien Elia as gees, maar daar moes ‘n Lusifer wees,
bedoelende ‘n draer van die boodskap ‘n stem van God. Lees 1 Thesls. 4; 16.
Die bybel sê dit was Christus op Horeb, maar ons het
hom, of kon hom nie sien nie.
Jy mag dalk vra; waarom kon ons hom nie sien nie?
Omdat soos verduidelik, hy die onsigbare helfte op
Horeb, op die piek Sion was en ons het nognie die sesde gees van verbeelding
gehad nie, ons kon slegs waarneem wat ons sien. Ons kon slegs Sinai sien wat
sinnebeeld beteken. Sion is die onsigbare piek van verbeelding wat nognie vir
ons bestaan het nie omdat ons nognie verbeelding gehad het nie. Eerder moet ons
Sinai en Sion sien as tydperke van ontwikkeling en nie ons blind staar teen die
sigbare.
Hy is die stem wat uit die duisternis van die berg
gekom het, dieselfde as die musiek uit die luidspreker, maar ons het die
luidspreker as God aanvaar.
Horeb is ‘n prent van God, van sy beeld, naamlik God
die stem en God die sigbare berg wat een liggaam is, maar ons kon nie onderskei
tussen lig/die stem en duisternis/die sigbare nie. ‘n Prent kan nie ‘n stem
“wys” of verduidelik nie.
Toe Jesus kom was hy die model van God terwyl Horeb ‘n
“stil” foto was; Jesus was ‘n lewende model van die beeld van God. Lees
Kol.1:15.
Ons het reeds verduidelik hoe ons duisternis as God
aanvaar het en die rede is, ons kon nie onderskei nie, ons was steeds meer dier
as mens.
Omdat ons nie kon onderskei nie het ons die eerste
vier gebooie oortree en geboorte gegee aan die rooi draak met sewe koppe en
tien horings.
Die geboorte van die rooi draak was die geklank van
die vyfde basuin van gehoor, toe ons die sintuig van gehoor ontvang het.
Ek sê; die rooi draak is die gees van die oor.
Abaddon het ons God geword. Lees Openb. 9:11.
Die betekenis van Abaddon is; ‘n engel, ‘n
vernietigings engel, ‘n verderwings engel, Hades.
Ons het geboorte gegee aan hom by Horeb.
Ek sê; ons het geboorte gegee aan die verderwings
engel, Hades.
Hades is die God van die hel, die God om jou te
verderf, sy ander naam is Satan en solank ons hom aanbid sal ons verseker sterf
want hy is die verderwings engel. Weereens moes ons Satan aanbid, maar dit moet
nou stop. Abaddon het die put/hel geopen waar Hades regeer. Lees Openb. 9:1-3.
So het Satan dan God van die aarde geword, was God van
die aarde en ons aan die voet van die berg Horeb het die seun van verderf
geword, bedoelende, ons vaar na die verderf, keer terug tot stof soos God gesê
het want ons was skuldig, skuldig gemaak, verkoop aan sonde, verkoop om sonde
te doen.
Wat beteken dit?
Dit beteken eenvoudig dat Satan ons God/man geword
het, OMDAT ons die vrug van die oog geëet het.
Wat beteken dit?
Dit beteken dat ons na die sigbare geluister het; ons
het die stem van die sigbare God gehoor. Ons het die sigbare as God aanvaar.
Ons het aanvaar, ons brein het aanvaar wat die oor van
ons liggaam Eden/Eva ons gegee het om te eet.
Wat beteken dit?
Dit beteken; ons het na die stem van die vrou
geluister. Die stem van die vrou is Satan.
Satan het dus die gees van die oor geword en ons God
en die rooi draak het geboorte ontvang. Hierdie is die vyfde gees om geboorte
te ontvang op aarde; die sesde gees om geboorte te ontvang is die gees van
verbeelding en al hierdie geeste behoort aan Satan OMDAT hulle uit die
persepsie van die sigbare geskep is.
Na die geboorte van die rooi draak het Satan voor ons
uit gegaan na Jerusalem.
Jerusalem is dus ‘n groot verbetering op Horeb.
Soos Horeb God aan ons verduidelik het in die vorm van
‘n foto en ons het hom gehoor, nou by Jerusalem sal ons die beeld van God sien
en hoor.
Omdat ons die stem van God by Horeb gehoor het, het
ons die seun van verderf geword, die geslagte lam, die skuldige wat in die
woestyn gesterf het, ons het almal gesterf, dit is almal wat by Horeb was en dit
is almal.
Maar soos Ismael wat die simbool is van die wat by
Horeb/Hoor was, of die simbool van gehoor, hy was sterwend/sy siel, van dors in
die woestyn, so het God dan ook ons stem gehoor en ‘n plan gehad om ons
te red al het ons in die woestyn gesterf. Horeb het ook die betekenis van;
hoor. Die plan is om die mens te vergees, wat uiteindelik tot sy redding sal
lei.
Om die mens verder te ontwikkel moes die mens die gees
van verbeelding ontwikkel, die gees van drome om te roep vir iets beter. Om
hierdie rede stuur God ons toe die “Dromer.”
Deutn. 13:1-5; as ‘n profeet of iemand wat as ‘n
dromer optree, by jou opstaan en jou ‘n teken of ‘n wonder aankondig, en die
teken of wonder kom uit wat hy jou beloof het met die woorde; laat ons agter
ander gode aan loop – wat jy nie geken het nie – en hulle dien, dan moet jy nie
luister na die woorde van die profeet of die man wat as dromer optree nie;
want die HERE julle God beproef julle om te weet of julle werklik die HERE
julle God liefhet met julle hele hart en met julle hele siel.
Julle moet die HERE julle God navolg en hom vrees en
sy gebooie hou en na sy stem luister en hom dien en hom aanhang.
Maar die profeet of die man wat as dromer optree, moet
gedood word, want hy het afval verkondig van die HERE julle God wat julle uit
Egipteland uitgelei en jou uit die slawehuis verlos het, deur jou af te drywe
van die weg wat die HERE jou God jou beveel het om daarop te wandel. So moet
jy dan die kwaad uit jou midde uitroei.
Vers 6 en verder vertel ons dat elkeen wat hierdie
dromer volg, moet sterf, so ook die dromer self. Al sy volgelinge gaan na
die verderf.
Wie is hierdie dromer? Was daar ‘n dromer?
Wat was die teken wat hy ons gegee het? Was daar ‘n
teken?
Het hy werklik gesê; laat ons agter ander gode aanloop
wat ons nie geken het nie? Het hy afval
verkondig?
Het ons agter ander gode aan geloop?
Was hierdie dromer gedood?
Die antwoord op al hierdie vrae is positief. Ja daar
was ‘n dromer profeet, ‘n profeet van ons drome/verbeelding.
Die naam van hierdie profeet is Jesus.
Jy mag nou dalk sterk kapsie maak omdat ek sê hy is ‘n
profeet van ons drome/verbeelding maar; jy het hom nooit gesien nie, jy verbeel
slegs dat hy bestaan, en jy kan nie verskil daarmee nie, kan jy?
Hy is dus ‘n denkbeeldige in jou brein, jy kan nie
verskil nie, kan jy?
Ja, jy glo dat hy bestaan en hy bestaan vir jou en jy
kan ook nie daarmee verskil nie, kan jy?
Daarom; jy het hom geskep, hy het nie vir jou bestaan
voordat jy hom geglo/verbeel of denkbeeldig “gesien” het nie, en jy kan nie
verskil nie, kan jy?
Indien jy eerlik is moet jy saamstem.
Indien jy nou eerlik was sal jy verstaan dat DIT SO
MOES WEES om iets te roep wat voorheen nie bestaan het nie.
Die betekenis van droom is ; om stewig te verbind. (om
te skep kan ‘n ander woord wees vir “bind”.)
Dit beteken ook in ‘n figuurlike sin; doofstom. (om
sonder stem of gehoor te wees, met ander woorde; ‘n gees van verbeelding.)
Dit is dan die betekenis van die dromer in Deutn. 13,
want jy het nie sy stem gehoor nie, hy bestaan denkbeeldig.
Weerstaan jou gees die waarheid? Dink aan al die goeie
dinge wat jy kan ontvang as jy jouself oorgee. Gee jy jouself oor?
Verder; die bybel noem dit die een wat, bestaan, maar
nie bestaan nie, alhoewel hy bestaan.
Bostaande beskrywing is ook hoe ‘n mens ‘n gelykenis
sou beskryf.
Kom ek beskryf dit so; as ek jou ‘n foto van ‘n mens
wys en jou vra; wat is dit?
Jy sal antwoord; ‘n mens, reg?
Dieselfde as ek jou ‘n beeld/’n model van ‘n mens wys
sal jy antwoord en sê; dit is ‘n mens.
Ja dit is ‘n mens, alhoewel dit nie ‘n mens is nie,
maar nogtans bestaan dit, is dit nie waar nie?
Dieselfde by Horeb; dit is God, maar nie God nie, maar
die berg bestaan. Dieselfde geld vir Jesus, hy is slegs ‘n beeld van
God. 2 Kor.4:4 “ ..naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wereld
die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die
heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie.”
Wat is dit dan?
Dit is om iets te roep wat nognie bestaan nie, maar om
dit te roep asof DIT REEDS bestaan. Dit is ‘n gelykenis, ‘n simbool, ‘n beeld
of ‘n model, dit bestaan wel maar is nie die ware ding nie, eerder ‘n werkstuk
om die waarheid te skep.
Kom ek verduidelik dit so;
God het ons ‘n foto van homself by Horeb getoon.
Dit was nie rêrig God nie, maar hy het ons oortuig dat
dit wel God is.
Ons het geglo dat dit God was, alhoewel dit nie was
nie, maar slegs ‘n foto van God.
Omdat ons geglo het, het ons geroep vir iets wat
nognie bestaan het nie om te bestaan of ‘n werklikheid te word.
Hoe het ons hierdie iets wat nie bestaan het nie
geroep dat dit bestaan?
Eerstens; deur te glo die berg is God.
Tweedens; deur aan ons sigbare goed te gee wat ons
moes heilig soos; die ark, die tabernakel, die manna en die kwartels in die
woestyn, het ons hierdie dinge geroep om in die toekoms waar te word.
Die manna en kwartels was ‘n simbool van die nagmaal,
die vlees en bloed van Jesus wat in die toekoms sou kom.
Ek sê; deurdat ons in hierdie dinge geglo het, het ons
vir Jesus geroep, die een uit die belofte om te kom, alhoewel hy nognie vir ons
bestaan het op daardie stadium nie, want ons het nognie die denkbeeldige
verstand gehad nie.
Rom. 4:16; daarom is dit uit die geloof –
(verbeelding)
Vers 17; (Abraham)
- wat die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan.
Daarom; deur geboorte te gee aan die wilde
een/Ismael/die rooi draak met die sewe koppe en tien horings, kon Ismael nou
deur te glo, roep vir die geboorte van Isak, wat nog nie bestaan of gebore was
nie.
Isak is die simbool van Jesus, en daarom het ons by
Horeb in iets geglo wat nog nie vir ons bestaan het nie. Ek sê weer, dit het
nog nie vir ons bestaan nie.
Isak is die een wat op Moria geoffer is, maar God het
voorsien. Moria = God voorsien.
Dit is die simbool van Golgota waar Jesus Christus
geoffer is, maar God het voorsien. Hy het ‘n skuldige voorsien, naamlik om die
mens te offer in die plek van God – jy is die ram, die geslagte lam. Jy behoort
dit nou te verstaan.
Hierdie mens dier met vyf sintuie en geen verbeelding
nie het deur middel van geloof vir ‘n gees van verbeelding geroep wat op
daardie stadium nog nie bestaan het nie.
Toe kom die een wat ons deur geloof geroep het, sy naam
is Jesus die sigbare lewende model van God.
Dus; waarvoor ons by Horeb geroep het, het ons in die
vorm van Jesus ontvang, want ons het geroep om God te sien.
Om hierdie rede het God vlees geword in die vorm van
‘n profeet Jesus Christus.
Hy is die een uit ons geloof, die een uit ons drome en
hy het die gees van drome/verbeelding gebring.
Die wonder teken wat hy ons gegee het is dat hy uit
die graf sou opstaan op die derde menslike dag, “wat gebeur het” en deur dit te
glo en te preek, het ons daarvoor geroep om te gebeur, en die “gebeur” is
NOU. Dit is nou dat hy uit sy graf opstaan.
Ek sê; deurdat ons Jesus as die waarheids profeet
preek, het ons vir die koms van die waarheids profeet geroep en hy is nou hier.
Het hierdie profeet ons gevra om ‘n God te volg wat
ons nie geken het nie?
Ja hy het; Joh. 8:12; -- ek is die lig van die wêreld,
wie my volg sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van
die lewe hê.
Het ons hierdie dromer gevolg en agter ‘n ander God
aangeloop?
Ja ons het hom gevolg, ‘n God wat nooit voorheen
bestaan het nie.
God was nog altyd onsigbaar maar nou het ons ‘n
sigbare God gevolg, en deurdat ons dit gedoen het, het ons vier gebooie oortree
en een horing, een mag daarvan gemaak en bloed gedrink en gesê; hierdie sigbare
man is die Seun van God, laat ons die een met die vier horings volg. (Exodus
20: 4 lees,.. jy mag vir jou geen gelykenis maak nie..)
Het hy afval
verkondig? Ja, die bybel sê duidelik hy was bestem om te val.
Was hierdie dromer profeet dood gemaak soos God gesê
het moes gebeur?
Ja hy is, hy is gekruisig.
Hy was die vals profeet, MAAR deurdat ons hom
gevolg het as die ware profeet, het ons inderdaad die ware profeet geroep, wat
nou hier by ons is.
Die “eerste koms” was nie ‘n koms as sodanig nie, dit
was die val van Christus, ‘n val wat twee duisend jaar sou duur
en ons het nog nie klaar geval nie want dit is nog nie die einde van die tweede
dag nie.
Ons het die tweede Adam geroep deurdat ons die eerste
Adam Jesus verkondig het asof hy die tweede Adam is.
Wel hy is NIE die tweede Adam nie, soos jy nou
sal saamstem, want ek het aan jou bewys in ‘n ander deel van hierdie skrywe,
dat dit onmoontlik is dat hy die tweede Adam kon wees.
Maar deurdat ons geglo het hy is die tweede Adam, het
ons die tweede Adam geskep/geroep. “Hy” is nou hier in die hemel. “Hy” is die
ware profeet wat JULLE geroep het. Hy is die een wat in Deut. 18: 15-19
beskryf word.
Met Jesus het die sesde basuin geblaas, die basuin van
sig, want nou kon ons God sien. Soos reeds verduidelik, het die aanvaarding van
‘n sigbare God gelei tot die gees van verbeelding en die roep van die ware
profeet.
Maar; hierdie God was die mees verskriklikste God
ooit; dit het motorkarre, vliegtuie, ruimteskepe, satelliete, gewere, bomme,
oorloë en baie ander goeie en slegte dinge gebring wat uit die
verbeelding/denke van hierdie mens dier
gekom het.
Alhoewel ons die leuen geglo en gevolg het, was dit
vir ONS waar op daardie tydstip van ons ontwikkeling en ook noodsaaklik vir
ons ontwikkeling.
“Wat afgaan, moet opkom.”
Ek sê; as Jesus ter helle neergedaal het, dan moet hy
weer opkom uit die hel. Lees Efs. 4:9.
Om neer te daal beteken om te “daal” tot ‘n toestand
van hel en die toestand = om sigbare dinge te verheerlik. Om na ‘n plek
verplaas te word waar daar sigbare dinge is, ‘n plek van lyding.
Johannes die Doper was die een wat Jesus gedoop het,
en dit beteken almal van ons, met die Heilige Spook, bedoelende die diepe slaap
of dood, sodat ons kon neerdaal na die hel.
Johannes die Doper het saam met Jesus neergedaal soos
almal van ons.
As Johannes dan die eerste een was wat neergedaal het
sal hy logies die eerste wees om “op te vaar”, want hy is die een wat (Jesus)
ons almal nou met die Lewendmakende Gees sal doop.
Hy is die enigste een – die Elia – wat ons met die
ontwaking kan doop want dit is hy wat ons gedoop het om neer te daal.
Hy is die een met die sleutel om die hel te sluit en
jou sewende koepel oop te maak.
Hy is die een wat WEER moet profeteer. Lees
Openb. 10:11.
Hy het nie voorheen geprofeteer nie, maar doen dit
nou.
Openbaring was nog nooit ‘n openbaring nie tot nou.
Ek sê; dit kan slegs ‘n openbaring wees sodra ons
die intelligensie het om dit te verstaan.
Dioe sewende oog.
Die sewende oog is die sewende gees van die mens . Jy
is op die punt om hierdie gees te ontvang. Ons het alreeds baie aangaande dit
verduidelik en hopelik sal die verf aan die agterkant van die spiel verdwyn,
minstens gedeeltelik.
Hierdie is die laaste kamer om te betree en in hierdie
kamer sal jy ewige lewe ontvang. Hierdie kamer word gesimboliseer deur jou kop
vanaf jou lippe tot by jou kroon. Dit word die aller heiligste kamer genoem.
Dit kan ook die sewende basuin genoem word wat basuin
en die sewende seel wat oopgemaak word. Ek verkies om dit die sewende kooepel
van jou brein te noem.
Dit verskil omternt 180 grade van wat aan ons vertel
is in die kerk. Nogtans is dit dieselfde evangelie gesien deur ‘n nuwe oog wat
voorheen nie aan ons beskikbaar was nie. Dit is om oor die horizon te kyk, dit
vertel ons wat aan die anderkant van die berg gebeur en dit is om deur die
spieel te kyk om te sien wat agter die
spiel gebeur. Ons noem hierdie gees die Lewend makende gees wat jou volkome sal
transformeer in ‘n geestelike wese 1Kor 15.
Hierdie is die derde dag die tweede opwekking (Hos;6)
die dag om wakker te word; dit is die sewende dag, die dag van rus die dag
waarop ons die skepping voltooi. Mwt Jesus was ons met die eerste dood gedoop,
met die tweede koms is dit die tweede dood en opwekking Openb. 20;5 en 14.
Dit is die duisenjarige vrede.
God opoenbaar himself altyd deurmiddel van ‘n berg;
soos Horeb in die woestyn terwyl die sintuie geskep was en Jerusalem met sy
sewe heuwels om die dier met sewe koppe en tien horings te verduidelik. Die
laaste berg om God te verduidelik is Kaapstad met Tafelberg as die volmaakte
beeld van God.
Die Seun van die mens.
Dit is nou die tyd om die Seun van die mens te
openbaar naamlik, wie is die Seun van die mens?
Nie een van julle het hom ooit geken of gesien nie; jy
het hom slegs geroep om te bestaan.
Jy het jou verbeel dat hy ‘n sigbare man is;
verkeerd!!
Wie is Christus?
Christus is die Seun van God.
Wie is die Seun van God?
Die seun van God is die Woord van God.
Ek sê; Christus is die Stem van God.
Ek sê; God noem sy Stem van woorde, sy Seun.
Ek sê; die Seun van God = die stem van Woorde van God.
Deut. 4:12; die HERE het met julle uit die vuur
gespreek; (uit die duisternis) julle het ‘n stem van woorde gehoor, maar
geen verskyning gesien nie – net ‘n stem was daar.
Dit is dus duidelik dat die stem van woorde =
God/Christus/die Seun.
As God sy stem van woorde SY SEUN OF DIE SEUN VAN
GOD NOEM;
Wat sal jy dan JOU stem van woorde noem?
Logies sal jy dan jou stem van woorde noem; JOU
SEUN, OF SEUN VAN DIE MENS!!!
Ek sê; die seun van die mens is die WOORD VAN DIE
MENS!!
ONS HET DIT NIE GEWEET NIE, WANT DIE VLOOI HET ONS
GEVANG. Ons het teen die letterlike vasgekyk.
Jy mag nou sê; nee my vriend, die Seun van die mens is
‘n sigbare man, genoem Jesus.
Regtig my vriend, jy kan dit nie ontken nie al probeer
jy ook; die bybel is baie duidelik; Christus het NOOIT verander nie, hy
was nog altyd WOORD en was nog nooit sigbaar nie en jy beter die bybel
glo. Indien jy sou se hy is die sigbare persoon dan het jy hom verander. Uitdruklik
se die bybel in 1Joh 4;2-3 hy wat bely dat Jesus Christus nie in die vlees
gekom het nie is nie uit God nie en het die gees van die antichris. Lees
hierdie vers met aandag en voeg daarby die skrif wat se dat Christus
nooit verander het nie maar altyd woord is en nooit verander het nie. Met ander
woorde as jy se die sigbare is Christus het jy die gees van die antichris. Die
vlees is nie Christus nie maar die woorde wat hy/jy spreek.
Jy mag sê; maar die bybel sê hy het vlees geword.
Die bybel sê hy is VLEES GEMAAK; JY het hom
vlees gemaak, maar hy het nooit verander nie, hy is gister, vandag en môre
dieselfde naamlik, WOORD, glo jy dit?
Ek sê; selfs al het jy hom verander in
vlees/sigbaar, hy het nooit vlees/sigbaar geword nie.
Jy mag dalk sê; 1 Johannes 4 verse 1 tot 3 kwoteer en
sê; hieraan ken ons die gees van God; elke gees wat bely dat Jesus Christus in
die vlees gekom het is uit God en elke gees wat nie bely dat Jesus Christus in
die vlees gekom het nie is nie uit God nie en dit is die gees van die Antichris
waarvan julle gehoor het dat hy kom, en hy is nou al in die wêreld.
Hierdie verse is korrek maar ons verstaan dit
verkeerd. Dit sê; elkeen wat bely dat Jesus Christus IN die vlees gekom
het is uit God en hulle wat bely dat die vlees self God is het die gees
van die Antichris.
Verstaan jy? Dit sê NIE die vlees is God nie
maar hy het IN die vlees gekom en is nie die vlees self nie.
Dit sê; indien jy die vlees/sigbare as God Christus
verkondig dan het jy die gees van die Antichris.
Die kerk kan NIE beweer dat hulle nie die mens
verkondig het nie en hulle behoort ook nie want dit was so bedoel om te wees.
Natuurlik is dit nou ‘n groot ontnugtering en ek het
reeds ondervind dat die mens eerder sal lieg en ontken as om die waarheid
hiervan te aanvaar.
Maar verstaan jy nie die wonderlike werk wat jy gedoen
het nie en die wonderlike beloning wat vir jou wag, reeds omdat jy die leuen
verkondig het nie?
Mense mag dalk eerder aanhou glo soos voorheen omdat
hy dink hy sal soos ‘n regte koos lyk as hy nou moet aanvaar dat hy al die tyd
Satan aanbid het terwyl hy ander al die jare veroordeel het.
Vriend jy is reeds in die hel omdat die skrif
sê; veroordeel iemand na die hel en jy bevind jouself REEDS in die hel en
veroordeeld.
MAAR DEURDAT JY GEGLO HET HY IS SIGBAAR, HET JY
SIGBAAR GEWORD.
Verder; as jy glo hy is sigbaar beteken dit dat jy
duisternis aanbid. Ooral oor die wêreld is daar prente en beelde van ‘n man
genoem Christus; hoe walglik!!
Indien jy wel glo wat die bybel sê, dan sal jy
saamstem dat hy slegs in jou gedagtes
sigbaar geword het, ‘n sigbare idool van jou denke.
Jou gees van verbeelding, jou persepsie het hom
sigbaar gemaak vir jou. Die een wat jy gesien en aanbid het is die seun
van die verderf/die duiwel, maar deur hom te aanbid om op die derde menslike
dag op te staan, het jy daarvoor geroep om bewaarheid te word, nogtans was dit
nie waar op daardie tydstip nie. Jy het dit moontlik gemaak dat die woorde van
Jesus bewaarheid word naamlik; ek sal jou opwek op die derde en laaste dag wat
NOU begin.
Waarom moes ons roep dat die liggaam nie verderf nie?
Omdat die liggaam sterwend was en ‘n nuwe siel benodig
het soos ek verduidelik het en as jy nie Satan aanbid het nie sou die woorde
van Jesus nooit vervuld kon wees nie.
Jy mag sê; maar sy liggaam het nie verderf nie; ja dit
was ‘n visioen/’n gelykenis wat sou gebeur na 2000 jaar, ‘n visioen van wat met
jou sou gebeur op die laaste dag wat nou is, want Jesus het gesê hy sal jou op
die laaste dag opwek, het hy nie? Deurdat die kerk gepreek het dat hy nie
verderf het nie, het jy geroep dat dit moet gebeur en dit is nou op die
punt om NOU te gebeur naamlik; jy sal nou onsterflik word!! Wat
jy jou verbeel het aangaande die opstanding is in der waarheid die opstanding
van die siel naamlik die eerste opstanding.
Jy het na die stem van die vrou geluister, en omdat jy
nie kon onderskei tussen lig en duisternis nie, het jy gekies om
duisternis te aanbid volgens Joh. 3:19, en omdat jy nie kon onderskei nie het
jy na die stem van duisternis geluister.
Jy het NIE die woord verheerlik nie maar die
skepsel. Jy het Satan se versoek vervul. Niemand kan dit ontken nie, tensy jy
oneerlik is.
Of sal ek sê; natuurlik kan jy dit ontken as jy
oneerlik is.
Dit is so wonderlik om eerlik te wees!!!!
Lees asseblief Dan. 5:23.
Jy het verkies om ‘n boom/’n hout kruis te verheerlik.
Lees Jes. 40:20.
Jy aanbid en offer steeds op die Hoogtes/Golgota. Lees
Jer. 48:35.
Jy behoort dit nou te verstaan, maar laat ek weer
verduidelik;
Indien jy sê; Jesus is die woord/Christus, hy is nie,
want die sigbare liggaam = duisternis = vroulik/die vrou.
Jy het dus na die stem van die vrou geluister (die
stem van Jesus/jou liggaam), net soos Abraham en Adam ook na die stem van hulle
liggame geluister het en soos jy nou weet word die stem van die sigbare
Satan genoem.
Ek sê; terwyl jy duisternis aanbid is jou stem
die stem van Satan.
Omdat jy na die stem van die vrou geluister het, is
Satan/Kain/Ismael JOU geestelike kind gebore, die een van wie sommige
predikante ‘n bespotting gemaak het.
Ek sê; sommige van ons het ‘n bespotting gemaak van
sy/ons eie kind/God.
Jy kan Jesus nou op die rak koop langs ‘n ander pop;
is dit respek?
Sommige mense maak miljoene deur handel te dryf met
die naam Jesus; weereens het die naam Jesus gebaseer op gissinge vir Dan Brown
miljoene gebring.
Mense het nou hul respek vir hul eie God verloor.
DIT IS TYD VIR VERANDERING!!!!!
Die bybel is baie duidelik dat die huidige predikante
die profeet van die dier is en hulle het die leuen gees, want die gees het na
vore gekom en gesê; ek sal ‘n leuen gees word in die monde van die predikante
en God het gesê; gaan en jy sal oorwin, en HY HET OORWIN.
Wat meer is; God het hom verhoog, hom ‘n naam gegee bo
alle name en elke knie sal buig van wat in die hemel, die aarde of onder die aarde
is en elke tong sal bely dat hy Here is en elke knie het gebuig en elke tong
het bely!! Lees Filp. 2:9-11. elke knie het gebuig want ons sterf almaal.
MAAR; Filp. 2:5-6; hierdie gesindheid moet in julle wees
wat ook in Christus Jesus was, hy wat in die gestalte/vorm/beeld van God was
(naamlik man en vrou/duisternis en lig) het dit geen roof geag om aan God
gelyk te wees nie. (om homself God te noem nie.)
Die plan was dat die dier homself God sou noem.
Ek het ook geen skaamte oor my sonde nie, want ek het
vir God gewerk.
Hierdie openbaring sal nie maklik vir die kerk wees om
te aanvaar nie, maar die speelgrond moet gelyk wees vir alle spelers, vir hoer
sowel as die predikant, want die predikant het sy susters hel toe gestuur
sonder vergifnis.
Ek sê; kerk of hoer het nie een ‘n voordeel bo die
ander om die Allerheiligste in te gaan nie.
Nietemin; die eerlike en intelligente predikant sal
die groter prentjie sien en dit as ‘n uitdaging sien – vergeef mekaar want
almal van ons het vir mekaar gewerk, vir mekaar gesondig en ons is selle van
een liggaam en as die predikant nie die leuen verkondig het nie sou die
waarheid nooit kon kom nie.
Jy het Satan as jou God gekies; die uitbeelding van die kruis is
duisternis en dit is ‘n simbool van Sinai en dit het jou sintuie verblind.
Ek sê; sigbaarheid het jou verblind, jy het geglo
wat jou Oë aan jou BREIN in jou voorkop vertel het.
Ek sê; die boom in die middel van die tuin in Eden,
jou oë het jou verblind en jy het die verbode vrug geëet.
Die uitbeelding van die kruis is die vyand wat aan die
kruis gespyker is; die bybel sê die menslike liggaam is die vyand en om hierdie
rede moes hy na die verderf vaar en gekruisig word.
Die prent van die kruis is ‘n prent in jou
voorkop/gedagtes, dit is ‘n spieël beeld/’n gelykenis van jouself.
Ek sê; die prent wat jy in jou gedagte het omtrent
Golgota is ‘n prent in ‘n spieël van jouself.
Jy sien jouself op Golgota waar jy gekruisig is. Jy
het jouself verheerlik/geskep.
Die betekenis van Golgota = ‘n plek in jou kopbeen.
Daardie plek is jou brein.
Ek sê; jy is gekruisig in jou brein; in/op Golgota.
Ek sê; jy is verblind deur jou sintuie – die gerub in
die ooste van die tuin in Eden, jou oë het jou gekruisig/gevange geneem.
Kain die gees van die oog het die brein oorheers/hom
dood geslaan.
Ek sê; die gerub het Christus in jou brein onderdruk
en gevange geneem.
Ek sê; jou verbeelding/persepsie het jou gevange
geneem.
Die ooste is soos verduidelik, jou gesig, jou voorkop,
waar die man uitgedryf is en vervang is deur Kain/Satan/verbeelding/denkbeelde.
Dit was nodig om verblind te word deur Satan/die gerub
in jou voorkop, die voorste deel van jou brein, want jy was nog nie gereed
om imortaliteit te ontvang nie, jy moes eers kennis en insig ontvang.
Maar jy is nou gereed, want jy het die No 666, wat beteken jy het
die optimum kennis wat ‘n sterfling kan ontvang.
Jy kan dus nou nader kom na die groot en vreeslike dag
van die HERE, sonder om te vrees, want hierdie dag is inteendeel die
wonderlikste dag van jou lewe, want jy sal hierdie grusame liggaam van jou
afwerp in ‘n oomblik van 0,2333 sekondes en ‘n nuwe onsterflike liggaam ontvang
wat nooit weer kan sterf nie. Lees Mal. 4:5-6; om hierdie rede is Elia nou
hier.
Is dit wat jy wil hê? Indien dit wel is, hoe gaan jy
onsterflikheid bereik?
Is dit deur ‘n sigbare God Jesus te aanbid?
Wat vertel die omgedraaide beeld in jou brein ons van
Golgota?
Dit vertel ons; dat jy ‘n lewende kruis is wat op
Golgota gekruisig is nl. in jou brein.
Die liggaam het die vorm van ‘n kruis; dit is nie ‘n
kruis wat die vorm van die liggaam het nie. Ek sê; die liggaam is nie geskep om
‘n kruis te pas nie. Jy is die Christus wat op Golgota gekruisig
is – in jou brein in jou kopbeen.
Jy is verblind deur Satan, die duisternis van die
kruis, want die sigbare kruis met die liggaam = Satan/duisternis.
Jy het Satan se versoek volbring, want hy het gevra om
aanbid te word en jy het presies dit gedoen, maar omdat jy hom aanbid
het sal hy nou oorhandig/’n Oordrag maak (a Passover) want dit is wat hy
versoek het en dan sal hy Oordra; HY HET AAN DIE WAARHEIDS PROFEET OORGEDRA,
WANT HIERDIE PROFEET HET HOM OORWIN.
JY HET DIE OORWINNING MOONTLIK GEMAAK oor Satan en die
skepping weer ‘n siel gegee; WEES TROTS!!!!
Jesus het jou die beker gegee om te drink; laat ons
sien wat Johannes die Doper hieroor sê, want hy is die een wat jou met die dood
gedoop het – met die diepe slaap – vir jou onthalwe.
Dit is Johannes wat jou nou die waarheid vertel.
Joh. 3:6; wat uit die vlees gebore is, is VLEES en
wat uit die gees gebore is, is GEES.
Indien jy sê jy is wedergebore en jou God is ‘n
sigbare Jesus, sal dit beteken dat jy uit die vlees gebore is en self vlees is,
soos jy weet jy is.
Jy mag dalk sê; nee ou maat, ek het die Heilige
Spook/Slaap ontvang en dit is gees, so waarom sê jy ek is uit die vlees gebore?
Presies, jy en al die mense op aarde het die gees van
die Heilige Spook, om die waarheid te sê jy is die ma van die Heilige Spook,
want dit is die gees van die siel. En diè gees is geskep OMDAT jy ‘n
sigbare denkbeeldige God/idool aanbid het en daardie gees word Satan genoem,
gees van die vlees/sigbare/oog.
Jy is slegs halfpad om ‘n geestelike wese te word.
Deurdat ons Jesus as ‘n sigbare God aan ons gepreek
het, het jy verbeelding ontvang. Miskien ontken jy dit, maar dan ontken jy ook
die wonder van die evangelie wat al die jare aan ons gepreek is met die
spesifieke idée om die tweede magtigste gees/mag in die hele skepping te
skep nl. verbeelding.
Ek sê; die gees wat ons deelagtig is, is ‘n gees van
die oog, dit is deur sig geskep, deurmiddel van die dinge wat jy gesien,
verbeel en aanbid het en deurmiddel van die boom (jou oë) in die middel van die
tuin (jou gesig) in Eden. Omdat jy hierdie vrug eet sterf jy, want God het
gesê; dieselfde dag as jy die vrug eet sal jy sterf.
Wat ‘n wonderlike plan was dit nie!!!!
Binnekort sal ek geboorte ontvang en die
baarmoeder, my huidige liggaam verlaat wat as ‘n plasenta sal verbrand.
Die
horlosie van dood.
Soos ‘n penis is die koepels,
Die torings van die kerke
Reguit gerig na die hemel
Soos ‘n pyl gerig na hulle daar bo
En hoog op teen die toring, ‘n horlosie
Sy tel nou af
Die finale uur van haar geloof
Sy tel die minute na haar dood toe af
En onder aan die toring
Soos ‘n saadsak, barstens van sperm
Die kerk en sy gemeente
Die saad van Satan, soos sperm
Sprei dit deur die hemel
Die penis kondig elfuur aan
Net ‘n uur nog tot twaalfuur
Dan val dit vir ewig
HERE kan ek vra om te spaar
Net die klank van klokkespel
Ek het dit my lewe lank gehoor
Dit is ‘n spel van fasinering
Dit troon hoog bo elke dorp
Laat die penis en die saadsak val
Maar hou die spel van liefde
Die spel van hoop.
Stille
woorde.
Woorde vind
nie my lippe
Om u te loof my God
Maar juigend is my siel
En soos ‘n stroom is my gedagtes
Dit gaan op sonder ‘n geluid
Dit bring vreugde aan u
My ma en pa.
Deurdat jy vlees is en die gees van vlees het, kan jy
nie die volgende hemel van onsterflikheid binnegaan nie. Lees Joh. 3:5.
Sterflinge aanbid sterflinge/sigbare voorwerpe en
idole.
Joh.3:13; niemand
(Jesus) het opgevaar in die hemel nie, behalwe hy wat uit die hemel
neergedaal het, naamlik die Seun van die mens wat in die hemel is.
Wat beteken dit?
Dit sê; die Seun van die mens, naamlik jou stem van
woorde het opgevaar na die hemel en dit is jou stem van woorde wat nou neergedaal
het na jou toe.
Ek sê; die resultaat van jou stem van woorde het na
jou teruggekeer in ‘n geestelike reën.
Dit sê; die sigbare liggaam het nie opgevaar na die
hemel toe nie en ook nie vanaf die hemel neergedaal nie.
Ons het bespreek dat jou gees of dan jou stem van
woorde, die hemel voed, dit bevrug met wat jy ookal opstuur.
Wat ookal uit jou mond kom, gaan op in die hemel en
dit is jou onsterflike helfte en hierdie helfte kan nooit sterf nie.
Wat ookal uit jou mond kom gaan op in die hemel en MOET
terugkeer as ‘n geestelike reën, goed of sleg, hang af van wat jy opstuur.
Jesus sê dus; julle het die gees en geloof in die rooi
draak met die sewe koppe en tien horings opgestuur hemel toe en;
HIER IS EK!!!!!!!
Jou stem van woorde het my opgestuur na die hemel en
ek het nou teruggekeer na jou in ‘n geestelike reën. Ek is die een wie jy
geroep het.
Jy het gedink ek is sigbaar, dus hier is ek, die
resultaat van jou geloof. Jy kry altyd wat jy glo want wat jy glo roep jy in
bestaan.
Rom. 10:6-8; die geregtigheid wat uit die geloof is sê
dit; moenie in jou hart sê nie; wie sal in die hemel opvaar om Christus (die
Seun van die mens) af te bring; of; wie sal in die afgrond neerdaal, naamlik om
Christus uit die dode op te bring? (uit die graf)
Vers 8; maar wat sê dit? NABY JOU IS DIE WOORD (DIE
SEUN VAN DIE MENS) IN JOU MOND EN IN JOU HART. DIT IS DIE WOORD
VAN DIE GELOOF WAT ONS VERKONDIG/PREEK.
Paulus sê dus; hy preek die woord, die stem van woorde
as Christus = die Seun van die mens in jou mond as God.
Ons het nie nodig om op te vaar of in die graf na hom
te soek nie, HY IS NET HIER IN JOU STEM VAN WOORDE, inteendeel
jou stem van woorde = die Seun van die mens want die mens het geboorte gegee
aan woorde/spraak.
Jy is sy graf en daarom het jy nie nodig om hom in ‘n
graf te soek nie.
Christus die Seun van die mens is in jou gekruisig; SY
GRAF IS IN JOU. Sy dood was in jou en daarom is sy opstanding in jou.
Hierdie profeet is hier om Christus die Seun van die
mens op te wek/te doop en om hom uit sy graf vry te laat. Sy graf is in jou en JY
moet hom vrylaat, want jy hou hom gevange omdat jy hom as sigbaar gepreek het,
en omdat jy hom as sigbaar gepreek het, het jy Satan/die skepsel gekroon as
God.
So lank as jy die nagmaal gebruik sal hy gevange wees
en die LIG kan nie kom nie want duisternis regeer.
Ek sê; as die dag nie kan breek nie sal die duisternis
bly.
Hierdie profeet is hier om die Satan te bind en die
put te sluit vir ‘n duisend jaar.
Hierdie profeet is hier om jou sewende koepel oop te
maak. Terwyl jy nou hier lees is die sewende basuin besig om te blaas.
Openb.10:7; maar in die dae van die STEM van die
sewende engel, wanneer hy met die basuin sal blaas, dan is die
verborgenheid van God volbring, soos hy die blye tyding verkondig het aan
sy diensknegte die profete.
Johannes het die verborgenheid geopenbaar, maar nie
almal sal dit nou al verstaan nie; soms praat hy ook nog in simbole wat maklik
is om te verstaan, maar hy kan nie direk sê wie God almagtig is nie, alhoewel
hy presies gesê het.
Luk. 10:22; alles is aan my/die Seun oorgegee deur my
vader; en niemand weet wie die Seun is nie behalwe die Vader, en wie die Vader
is nie behalwe die Seun en hy aan wie die Seun dit wil openbaar.
Hierdie geheim is nou aan jou geopenbaar omdat
die Seun nou wil hê dat jy moet weet.
Openb. 11:15; die sewende engel het geblaas en daar
was groot stemme in die hemel wat sê; die koninkryke van die wêreld het die
eiendom van onse Here geword en van SY CHRISTUS, en hy sal as koning
heers tot in alle ewigheid.
Die groot stemme in die hemel simboliseer die blydskap
WAT NOU OP HIERDIE OOMBLIK IN DIE HEMEL HEERS.
Lees Openb. 10:6; -- daar sal geen tyd meer wees
nie!!!
Dit KAN NOU GEBEUR AS JY DIT WIL LAAT GEBEUR, want dit
is jy wat jou kind op sy troon moet plaas.
DIE SEUN VAN DIE MENS IS JOU KIND WANT JY HET GEBOORTE
GEGEE AAN HOM/SPRAAK.
Nietemin, Christus is nie SLEGS spraak nie; ons sal in
die toekoms hiermee deel.
Wat kan ons van hierdie skrifte leer?
Die verborgenheid/die dinge wat ons nie verstaan het
nie, is verby.
Dit is aan jou in ‘n menslike begrip verduidelik en
ENIGEEN KAN DIT VERSTAAN. Enige graad vyf kind kan dit verstaan, want dit is
nie nodig dat jy alles verstaan nie, jy moet net kan onderskei tussen lig en
duisternis en man en vrou, en daarom kan jy die sketse bestudeer.
Ons leer verder dat wanneer hierdie boodskap
uitgaan/wanneer die sewende basuin blaas, sal die koninkryke van hierdie
wêreld, wat aan Satan behoort het, die eiendom word van onse Here en Christus
die Seun van die mens, want Satan is oorwin/bekend gemaak.
In die toekoms sal ons jou meer vertel aangaande die
Seun van die mens wanneer ons met die nuwe Jerusalem deel, maar intussen; die
Seun van die mens het mag om te vergewe en daarom; vergewe mekaar, want jy sal
nie die volgende hemel binnegaan as jy nie vir Judas vergewe het nie.
Ek sê; jou stem van woorde het mag ontvang om te
vergewe, logies so.
Joh. 1:1; in
die begin was die Woord en die Woord was by God (ons) en die Woord was God.
Ons is nog nie by die begin nie, maar hierdie vers sê;
die Woord is God, naamlik die stem van woorde, dit is indien ons hom op
die troon plaas.
Vers 3; alle dinge het deur hom (die woord)
ontstaan en sonder hom (die woord) het nie EEN ding ontstaan wat ontstaan het
nie.
Hierdie vers sê; alle dinge het deur die Woord van
die mens/Christus ontstaan bv.;
egbreek, moord, die rooi draak, haat, liefde, mooiheid, motorkarre, redding,
ewige lewe, nuwe liggaam en alles waaraan jy kan dink kan jy by hierdie lys
voeg.
Jy mag dalk sê; nee nie moord of haat nie; wel dan is
hierdie besondere vers ‘n leuen en ons kan dit dan uit jou bybel
uitskeur want hierdie vers sê; ALLE DINGE en jy behoort dit nou
in elkgeval te verstaan.
Vers 4; in hom was lewe, en die lewe was die lig van
die mense.
Hierdie vers sê; daar was krag/lewe/ewige lewe in die
stem van woorde, wat die lig van die mense was, dit hou ons aan die lewe soos
met Eden verduidelik.
Joh. 6:63; dit is die gees wat lewend maak, die vlees
is van geen nut nie, die woorde wat ek tot julle spreek is gees en is lewe.
Baie duidelik sê Jesus wie die Seun van die mens is
naamlik; die vlees is nie die Seun van die mens nie, maar die Woord het mag
en krag.
Hieruit is dit tog baie duidelik dat die Woord/die
Seun van die mens die draer van gees is, en dat hierdie gees ons lewend hou indien
ons die Seun van die mens op sy troon plaas as God.
Joh.1:5; en die lig skyn in/uit die duisternis, en die
duisternis het dit nie oorweldig nie.
2 Kort. 4:6; God wat gesê het dat daar uit
duisternis lig moet skyn ---
Wat beteken dit?
Dit beteken; die liggaam is duisternis en die lig/die
stem van woorde/die Seun van die mens, skyn/spreek uit hierdie duisternis/die
liggaam; dit is soos die musiek wat uit die luidspreker kom.
Wat ons uit hierdie verse kan leer is; soos ons reeds
met Eden verduidelik het, dat die Seun van die mens/gees/stem van woorde/die
man, het lewe gegee aan die liggaam Eden; daar was lewe in die woord.
Joh. 1:14; (maar toe;) DIE WOORD HET VLEES GEWORD—
Wie en hoe het die woord vlees geword/gemaak?
Die Griekse betekenis van flesh is; human nature, the
body, a symbol of what is external or a human being.
Ek het dit verskeie kere verduidelik deur verskillende
oë, maar dit is so belangrik, JY MOET DIT VERSTAAN.
Kom ons gebruik die volgende hipotese;
Voorheen het jy toegang gehad tot God die allerhoogste.
Die môre ster was jou verteenwoordiger, maar jy het
hom sonde gemaak en hy is uit die hemel gewerp.
Toe neem/eet ons die vrug van die oog, ons het die
vrug van die sigbare geëet.
Ons het ‘n rooi draak as ons God geskep, naamlik ‘n
God met sewe koppe en tien horings. Een kop het vier horings gehad en die ander
ses het een horing elk gehad wat ‘n totaal van tien maak, wat die tien gebooie
simboleer.
Ons het drie van hierdie horings/gebooie ontwortel en
een horing/een gebod van vier gebooie gemaak en gesê;
Jesus is die Seun van God, ‘n sigbare man/God, of as jy wil, ‘n God van ons
verbeelding/persepsie in die brein of ‘n denkbeeldige God, terwyl die bybel sê,
God is gees/onsigbaar.
Hierdeur het ons ons lewegewende man/die stem van
woorde gekruisig, en ons het as man aanvaar die sigbare liggaam as God en God
het ons uit die hemel verban, en ons is in die vlees vasgevang/die hemele is
vir ons gesluit.
Openb. 6:12; ek het gesien toe hy die sesde seël
oopgemaak het --- (die seël van denkbeeldige sig).
Vers 13; en die sterre van die hemel (ons) het op die
aarde geval, soos ‘n vyeboom wat deur ‘n groot wind geskud word, sy navye laat
afval.
Vers 14; en die hemel het weggewyk (ons is afgesny van
die hemele) soos ‘n boek wat toegerol word, en al die berge (heerlikhede) en
eilande (nasies) is uit hulle plekke versit.
Die sesde seël het oopgegaan toe die sesde gees
ontwikkel, dit het oor ‘n lang periode gebeur, inteendeel die ontwikkeling van
die sesde gees het drie fases soos reeds verduidelik. Die 2000 jaar is slegs ‘n
simbool van die tydperk.
Openb. 12:3-4; en ‘n ander teken (die oorspronklike sê
nog ‘n wonder) het in die hemel verskyn, en daar was ‘n groot vuurrooi draak
met sewe koppe en tien horings, en op sy koppe sewe krone (dit simboliseer dat
hy deur God gekroon is as heerser) en sy stert het die derde van die sterre
(ons) van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. (jou gees is uit
die hemel gegooi en in vlees vasgevang.)
Joh. 1:9; die waaragtige lig, wat elke mens verlig was
aan kom in die wêreld.
Vers 10; hy was in die wêreld en die wêreld het deur
hom ontstaan, en die wêreld het hom nie geken nie.
Vers 11; hy het na sy eiendom gekom en sy eie
mense het hom nie aangeneem nie.
Waarom noem hy ons sy eie?
Omdat ons sy moeders, broers en susters is.
Waarom het ons hom nie aangeneem nie?
Omdat ons hom nie geken het nie. (sien vers 10 en 11)
Waarom het ons hom nie geken nie?
Omdat die vlooi ons gevang het!!!!
Ek sê; ons het ‘n verkeerde gevolgtrekking gemaak,
ons kon nie onderskei tussen die liggaam/duisternis/vlees en die lig/die
Seun van die mens nie, eenvoudig omdat ons nog nie intelligent genoeg was nie.
Ek sê weer; nou is ons intelligent want die siel is
voltooi; elkeen kan nou hierdie openbaring verstaan, jy hoef nie
‘n hoogs geletterde te wees nie.
Die sketse wat ek jou gegee het sal jou help om te
verstaan.
Joh. 3:19; DIT IS DIE OORDEEL; dat die lig in
die wêreld gekom het en die mense het die duisternis liewer gehad as die lig,
want HULLE WERKE WAS BOOS.
Wat sê hierdie vers?
Dit sê; die Woord het in die wêreld gekom,
Jesus/Lucifer het dit gebring, maar ons het die liggaam/Lusifer/duisternis
aangeneem as God, omdat ons dade boos was en dit is die rede waarom ons
veroordeel is.
Daar sal hulle wees wat hulself heilig voel en dink
hulle het geen bose dade nie, maar die bybel is baie duidelik dat niemand
heilig is nie, en dit sluit my in en ek is dankbaar daaroor want ek wil hê God
moet heilig wees.
In elk geval; hierdie vers sê as jou dade NIE boos
was nie, sou jy nie vir Lusifer gevolg het soos jy wel gedoen het nie.
Of sal ons hierdie vers uit die bybel skeur? Ja of
nee?
Op ‘n stadium was my pastoor baie siek en toe ek hom
besoek, het ek aan hom gemeld dat siekte die gevolg van sonde is. Hy het
geantwoord; nie in my geval nie. God seën hom.
Vers 18; hy wat in hom glo, word nie veroordeel nie,
maar hy wat nie glo nie is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die
Naam van die eniggebore Seun van God nie.
Wat beteken dit?
Dit beteken; indien jy nou kan onderskei sal jy nie
meer onder oordeel staan nie, nietemin, as jy nie kan onderskei nie, staan jy
reeds onder oordeel en sal onder oordeel bly totdat jy kan onderskei.
Vir hulle wat nou kan onderskei; die tweede dood het
geen mag oor jou nie en jy kan nou die volgende hemel binnegaan.
Hulle wat nie nou kan onderskei nie sal ‘n verdere
1000 jaar slaap. Lees Openb. 20:5-6. Jy sal ook ewige lewe ontvang maar
geoordeel word volgens jou dade na 1000 jaar.
Die bybel sê; baie sal kom om in te gaan, maar vir
hulle sal daar gesê word, gaan weg want ek ken jou nie. As jy nie die wagwoord
ken nie sal die deur vir jou toe bly en daar sal vir jou gesê word, gaan weg
want jy ken nie die wagwoord nie.
Ek sê; as jy die wagwoord ken is die deur vir jou
oop.
Die wagwoord is om te onderskei tussen die liggaam van Jesus en die
Woord/Seun van die mens. Baie sal graag wil verstaan, maar nie verstaan nie en
logies sal daar ook hulle wees wat nie wil verstaan nie of wat weier om te
verstaan vir hul eie redes.
DIT IS MAKLIK OM TE VERSTAAN; bestudeer die sketse wat ek jou gegee het
en jy sal sien hoe maklik dit is.
Weet verseker; ons kan slegs ontvang wat ons preek,
want wat ons preek is realiteit vir ons.
Wat het ons gepreek? Ek noem ‘n paar.
Ons het die vernietiging van die duiwel gepreek = jou
eie liggaam.
Ons het die neerdaling van Jesus na die hel gepreek =
Jerusalem.
Ons het die vernietiging en die verbranding van die
valse profeet in ‘n ewige hel verkondig = die huidige predikante.
Ons het ‘n gek gemaak van die duiwel = jy.
Ons het ‘n vals profeet verkondig = Jesus.
Hierdie dinge is nou op die punt om te gebeur.
Ons het ‘n nuwe hemel en aarde verkondig.
Ons het ‘n nuwe liggaaam/’n tweede Adam verkondig.
Ons het ‘n tweede “koms”, ‘n terugkeer verkondig.
Ons het ‘n waarheids profeet verkondig/geroep.
Ons het ‘n reunie verkondig.
Ons het die perfekte wêreld verkondig.
Hierdie dinge is op die punt om te gebeur en om vervul
te word.
Die doel van die eerste Adam.
Die doel van die eerste Adam is om die hele skepping
met al sy lewe ‘n lewende siel te gee, maar dit besit nie die mag om dit “op te
wek nie”, om logiese redes.
Dit kon slegs bereik word deur sigbare voorwerpe te
verheerlik, en hierin het die kerk ons
eerlik en opreg gelei. Jy kan niks vervaardig sonder ‘n plan of ‘n model nie,
en die sigbare dinge het as modelle gedien om die lewende ding te skep.
So was Jesus dan ook ‘n lewende model om ‘n nuwe
liggaam en siel vir jou te skep deurdat ons hom aanbid het.
Ons het begin deur God in die vorm van ‘n berg te
verheerlik, en die Berg het ons tien gebooie gegee wat ons moes volg om ons te
dissiplineer.
Hierdie gebooie is totaal onmoontlik om te
onderhou, die rede is; ons het oë wat begeerte, wellus, jaloersheid ens.
bring.
Hierdie is presies die doel; om die gees van die mens
“op te wek” sodat hy die sigbare voorwerpe wat hy sien verheerlik deur middel
van begeerte.
Ek sê; as die gebod sê; jy mag nie dan het jy mag
gegee aan die gebod of die voorwerp wat jy nie mag aanraak nie.
Ek sê; as jy instaat was om die gebooie te onderhou,
dan sou jou sending ‘n mislukking wees.
Dit is eenvoudig ‘n leuen om te sê jy kan die gebooie
onderhou, selfs al pleit jy om ‘n os te wees.
Ek sê; ek het die gebooie oortree omdat ek geskep is
om presies dit te doen; ek het dus vir God gewerk en ek verstaan dit nou
omdat ek eerlik is.
Iemand sonder sonde is soos ‘n blom sonder reuk, hy
lyk slegs mooi.
Wanneer jy na ‘n blom, ‘n motor of enige voorwerp kyk
en voel of sê; hoe mooi!!! --- dan gee jy gees aan daardie voorwerp. Onthou jy
die gevoel wanneer jy in jou nuwe voertuig of nuwe kledingstuk vir die eerste
keer is?
Dit is hoe jy gees gee aan jou kar byvoorbeeld.
Nietemin, ons sien dit nie nou in hierdie huidige
hemel nie, slegs wanneer jy binnekort die volgende hemel betree sal jy jou
skepping sien.
Die volgende hemel is waar jou sewende koepel oopgaan,
jou geestelike oog.
Ons is altyd geleer dat “ons hemel toe gaan”, maar ons
het nie werklik ‘n begrip van wat dit beteken nie.
In die tweede hemel waar ons tans is, is ons die
slawe; ons werk en preek sonder om te weet wat ons preek of skep.
In die eerste hemel het ons gees geskep en in
die tweede hemel lê ons geestelike kanale.
In die eerste hemel gee ons dooie goed gees en in die
tweede hemel lê ons geestelike kanale wat ons in die volgende hemel sal dien
waar ons op die sewende dag of derde hemel sal rus van al die werk wat ons in
die vorige ses dae geskep het. Wanneer ons na hierdie hemel vertrek sal ons NET
Sê, EN WAT ONS Sê SAL GEBEUR.
Dit is soos om ‘n kragstasie te bou om lig te verskaf.
Eers bou jy die kragstasie, dan lê jy kabels na verskillende stede, dan na
verskillende huise met verskillende kragpunte, en eers wanneer jy uiteindelik
die skakelaar aansit is daar lig.
Dit is nie net een span werkers wat al die werk doen
nie, dit is verskillende gekwalifiseerde spanne. Om hierdie rede is daar
verskillende gelowe.
Ons kan byvoorbeeld sê; die christen het die liggaam
van Jesus “gesoen” en daardeur ‘n nuwe liggaam vir die volgende hemel geskep,
terwyl muslem die aarde “gesoen” het en daardeur die liggaam en kos geheilig het;
maar in die volgende hemel sal elkeen van ons mekaar se harde werk geniet,
want ons het vir mekaar gewerk.
Daar moes rock sterre, hoere, moordenaars, oorlog en
predikante wees.
Gedurende die afgelope 2000 jaar van diepe slaap in
die Heilige kamer, het ons engele geskep wat ons in die volgende hemel sal
bedien.
Jy mag dalk vra; hoe het ons engele geskep, want is
dit dan nie God wat hulle geskep het nie?
JOU STEM VAN WOORDE IS GOD.
Deur middel van wat jy in die kerk gedoen het, of toe
jy tellevisie gekyk het, of toe jy deel was van ‘n rock konsert of deur iets
lekker te ruik, het jy geskep; diere skep ook engele; ‘n hond sal bv. mede
skepper wees van reuk of gehoor want hulle sintuie is baie beter toegerus as
die van die mens, terwyl joue verblind was, maar jy sal ook dit wat die hond
geskep het in die volgende hemel geniet.
Wat jy ookal dink, jy skep dit, want jy is ‘n
geestelike skepsel wat gees produseer, ‘n geestelike fabriek wat atome
produseer, by wyse van spreke.
Die skepping sal slegs klaar wees aan die einde van
die sesde dag en dit is nog nie die einde van dag ses nie, alhoewel ons slegs
een uur weg is van die begin van die sewende dag. Een uur = 41,666 jaar.
Gen. 1: 31; toe sien God alles wat hy gemaak het, en
dit was baie goed en dit was aand en dit was môre, die sesde dag.
Ons raak nou aan die einde van die sesde dag en dit is
die rede waarom hierdie skrywe nou uitgaan, want dit is nou die tyd om uit die
diepe slaap wakker te word, want die dag is aan die breek!!!!
Dan lees ons in Gen. 2:1; so is dan voltooi die hemel
en die aarde met hul ganse leërmag/ die engele deur jou geskep.
Vers 2; en God het op die sewende dag sy werke voltooi
wat hy gemaak het, en op die sewende dag gerus van al sy werk wat hy gemaak
het.
Die werk is dus nog nie voltooi nie, maar ons sal rus
en ons werk geniet.
JY IS GOD.
Die sewende dag duur ‘n duisend jaar en ons sal die
tweede Adam wees met die Lewendmakende gees, en jy sal God wees met die No 777.
“Jesus” was die eerste Adam en het nie die
Lewendmakende gees gehad nie, want die bybel sê hy het die gees van die Heilige
Spook gehad, wat die gees van die siel is met die No 666, hy was die eerste
Adam wat die tweede hemel binnegegaan het. Hy het ewige lewe gehad maar sy
liggaam/die mens het hom tot val en dood gebring, want sy liggaam het hom die
vrug van die oog gegee, want hy was kaal/sonder kennis.
Ek sê; Jesus = die Heilige Spook want sy ma, Maria
was verwagtend met die Heilige Spook wat Jesus genoem word; sy het dus geboorte
gegee aan die Heilige Spook/Jesus en nie aan ‘n vleeslike kind nie, dit is tog
net logies. Jy kan nie geboorte gee aan ‘n slang as jy die fetus van ‘n bees in
jou baarmoeder het nie.
Ek sê; jy is Maria wat geboorte gegee het aan die
Heilige Spook.
Indien jy dan preek dat Maria geboorte gegee het aan
‘n vleeslike liggaam, dan preek jy immers die leuen. Nietemin, dit was waar vir
jou terwyl jy verblind was deur jou sintuie en terwyl jy ‘n kind was van die
geloof. Jou sinne verblind jou omdat dit jou slegs van die waarneembare kan
vertel.
Jy het egter nou die geleentheid om te sien; MAAR;
NIEMAND IS SO BLIND SOOS DIE EEN WAT NIE WIL SIEN NIE.
ELKEEN SAL GERED WORD MAAR NIE NA DIESELFDE HEMEL
NIE!!!!
ELKEEN SAL OOK NIE DIESELFDE HEERLIKHEID Hê NIE want
die bybel sê; sommige sal skyn soos die son, ander soos die maan en ander soos
die sterre.
Daar moet diegene wees wat in die huidige tweede hemel
moet agterbly.
Ek sê; daar moet hulle wees wat agterbly om in die
huidige hemel te dien maar hulle sal nog ‘n geleentheid kry na 1000 jaar.
Daarom; as jy werklik nie hierdie openbaring
verstaan nie, hou dan wat jy het, want jy sal ewige lewe hê.
Kom ons kyk nou na 1Kort. 15, dan bewys ons dit deur
‘n ander oog.
Vers 35; iemand sal sê; hoe word die dode opgewek en
met hoedanige liggaam kom hulle?
36) dwase mens, wat jy saai word nie lewendig as dit
nie gesterf het nie.
37) wat jy saai, jy saai nie die liggaam wat sal word
nie, maar ‘n blote korrel, bv. van koring of iets anders.
Wat sê hierdie verse?
Dit sê; jou huidige liggaam is nie jou toekomstige
liggaam nie, maar jou huidige liggaam is bloot ‘n saad wat ‘n oes sal lewer, slegs
as dit sterf.
Jou huidige liggaam keer terug tot stof, net soos die
graan korrel, om dan ‘n oes te lewer; die oes is dit wat jy geestelik geskep
het toe jy “gelewe” het. Die saad van die koring wat jy gesaai het sal nie
opgewek word nie, net soos die liggaam wat ons in die graf neerlê/saai, DIT IS
BEDOEL OM TE VERGAAN EN NA STOF TERUG TE KEER, want dan het sonde ook vergaan.
38) God gee dit ‘n liggaam soos hy gewil het, en aan
elkeen van die saadkorrels sy eie liggaam. (Die saad is verskillende geestelike
of atoom sperm selle.)
39) alle vlees is nie dieselfde vlees nie, maar die
vlees van mense is anders as die vlees van diere, en die van visse anders as
die van voels.
40) daar is hemelse liggame; maar die heerlikheid van
die hemelse is anders as die van die aardse. (verskillende liggame het
verskillende atome.)
42) so is ook die opstanding van die dode; daar word
gesaai in verganklikheid (jy moes sondig en sterf), daar word opgewek in onverganklikheid.
43) daar word gesaai in oneer, daar word opgewek in
heerlikheid.
44) ‘n Natuurlike liggaam (‘n fisiese) word gesaai, ‘n
geestelike word opgewek. Daar is ‘n natuurlike (aardse) liggaam en daar is ‘n
geestelike liggaam.
Nou kan jy duidelik verstaan dat jy jou huidige
liggaam afwerp wanneer jy sterf.
Jy ontvang eers geboorte wanneer jy sterf.
Voorheen wanneer ons iemand begrawe het, het ons gesê;
stof tot stof.
In die toekoms as iemand sterf, want daar sal vir ‘n
tydperk steeds mense wees wat sterf, sal ons sê; salig is van nou af die dode
wat in die Here sterwe. Ja sê die gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle
werke volg met hulle.
Jy het nie aarde toe gekom om te lewe nie maar om te
sterf. Nadat jy jou slawe werk gedoen het, werp jy hierdie liggaam af – die
liggaam sterf en keer terug tot stof, maar jy ontvang geboorte. Jy het aarde
toe gekom om te skep, maar jou tydelike liggaam het slegs gedien as ‘n
spreekbuis vir die stem van Woorde/ die Seun van die mens, wat alles geskep het
– goed en sleg het uit jou boesem gekom, wat as ‘n baarmoeder of ‘n luidspreker
of ‘n Lusifer gedien het.
Daar kom ‘n tyd waar miljoene mense hulle liggame sal
afwerp op dieselfde tyd sonder om ‘n normale doods ervaring te hê.
1Kort. 15:45; so is daar geskrywe; die eerste mens
Adam (Jesus, ek en jy) het ‘n lewende siel geword (hy het die sesde gees, hy
is ‘n siel) die laaste Adam ‘n Lewendmakende Gees (hy ontvang die sewende
gees.)
Die oorspronklike sê; hy is ‘n Opwekkings gees GEMAAK.
46) die geestelike ewenwel is nie eerste nie, maar die
natuurlike; daarna die geestelike.
47) die eerste mens (Jesus/jy) was uit die aarde
aards, die tweede is die Here uit die hemel.
Hierdie vers sê; die eerste mens/Jesus – sy vlees was
van grond en sy gees was ‘n aardse gees, hy is die simbool van jou siel, hy is
gees.
Die tweede Adam het hemelse vlees = ‘n sewende gees
wat nie op aarde geskep is uit sigbare dinge nie.
48) soos die aardse mens was, so is ook die aardse
mense, en soos die hemelse mens is, so is ook die hemelse mense.
49) en soos ons die beeld van die aardse gedra het, so
sal ons ook die beeld van die hemelse dra.
Ons kan dus sê; om die toekomstige liggaam te skep
moes ons ‘n sigbare Jesus aanbid sodat ons kon bevrug word om geboorte te
gee aan ‘n nuwe liggaam, ‘n nuwe gees/’n siel vir God.
Ek sê; ten einde ‘n nuwe liggaam te kon skep moes ons
dit roep asof dit alreeds bestaan; asof Jesus reeds hierdie liggaam is.
Die beeld van die aarde is ‘n sigbare beeld, terwyl
die beeld van die hemel ‘n onsigbare beeld is, alhoewel die toekomstige liggaam
30% sigbaar sal wees.
Ek sê; die aarde is die sigbare helfte van God.
Vers 50; dit verklaar ek broeders, dat vlees en bloed
nie die koninkryk van God kan beêrwe nie; ook beêrwe die verganklikheid nie die
onverganklikheid nie.
Dit maak dit dan duidelik dat jou liggaam moet
verander voordat jy finaal die volgende hemel binnegaan.
51) ek deel julle ‘n verborgenheid mee; ons sal nie
almal ontslaap nie maar ons sal almal verander word.
52) in ‘n oomblik, in ‘n oogwenk, by die laaste
basuin; want die laaste basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik
opgewek word en ons sal almal verander word. (jy is die dode)
54) wanneer hierdie verganklike met die onverganklike
bekleed is en hierdie sterflike met onsterflikheid beklee is, dan sal vervul
word die woord wat geskrywe is; die dood is verslind in die oorwinning---
DAAR SAL GEEN DOOD MEER WEES NIE!!!!!!! Jy het die dood oorwin deur jou eie dood.
Die lam van God.
Die lam van God is nie ‘n enkele persoon soos ons al
die jare verkondig het nie. Die lam is ‘n enkele naam vir alle mense wat
een liggaam vorm; die naam van enige mens = Jesus of Mo Hammed as
voorbeeld, en alle mense is selle van hierdie liggaam wat Jesus of Mo Hammed
genoem word.
Die profeet Jesus het hierdie beker vir ons gegee om
te drink. Hy het nie daardeur gesondig nie want dit was sy sending; om homself
nie te openbaar nie en om ons te verwar en om ‘n leuen gees te word, maar ook
om die beker aan alle mense te gee met hierdie woorde; JULLE SAL ALMAL
DAARUIT DRINK.
Jy het vrywillig die beker en die omkoop geneem en
daarom maak dit God nie skuldig nie.
Jy is immers Judas wat die Omkoop Stukkie geneem het
wat Jesus na jou uitgehou het, en toe jy dit neem het Satan in jou ingevaar. Jy
kan dit nie ontken nie want die nagmaal = die Omkoop Stukkie met die beker.
Die beker simboliseer die resultaat daarvan dat jy die
nagmaal geneem het en die resultaat is die lyding van die mens en sy dood.
Jy het die Omkoop Stukkie geneem en die “present” wat
jy ontvang = dat jy ‘n lewende siel sou word en ewige lewe ontvang.
Elke mens drink hierdie beker, moenie sê; ek is muslem
en ek volg nie vir Jesus nie, want die beker wat jy drink is die beker van
die sigbare en as jy enige sigbare gebruike in jou kerk het, dan
drink jy die beker; om die waarheid te sê, as jy oë het drink jy die beker of
jy dit wil weet of nie, want hiervoor is jy geskep. As jy lyding het, DAN
WEET JY jy drink die beker want die resultaat van die beker = lyding en dood.
Ek sê; ek het gekom om te sondig, hiervoor is ek
geskep; maar daar mag die wees wat daarmee verskil en uit ordentlikheid sê ek
nie wat hulle redes moontlik mag wees nie.
Nie alleen het die mens hierdie beker gedrink nie,
maar alle lewe op aarde en om hierdie rede sterf hulle.
Jy mag dalk sê; ek glo nie in Jesus nie, ek glo in ‘n
ander profeet.
Dit is goed, maar hierdie boodskap is in elkgeval ook
vir jou, want het jou profeet jou nie vertel van liefde, van ‘n hel, of wat hy
dit ookal mag noem, oor die vernietiging van jou huidige liggaam, en dat jy ‘n
nuwe liggaam sal ontvang, en het hy jou nie vertel van ‘n finale dag en ‘n lewe
hierna nie?
Die boodskap van alle profete is bedoel vir alle
mense, of het hy die wat in hom moes glo genommer?
Ek gebruik die bybel om die waarheid te bewys, nie
omdat ek nie glo wat Mo Hammed of andere gesê het nie, maar ek is bekend met
die skrifte van die bybel, en buitendien, die bybel is aan Johannes gegee om
die waarheid te openbaar, alhoewel hy ook die Qur’an en die boek van Mormon
bestudeer het. Ek sê; dit is nie net ‘n Jesus of ‘n Mo Hammed wat jou in die
hemel bring nie, maar elke profeet.
Dit is nie alleen Jesus wat gesê het dat Johannes weer
sal profeteer nie, maar baie ander profete het oor Johannes gepraat, soos die
Qur’an en die boek van Mormon, maar ek wil sê; jy kan Johannes teleurstel maar
moenie God of jou profeet teleurstel nie, want hierdie is die FINALE DAG
waaroor alle profete gepraat het, en jou profeet het jou vertel van die koms
van Johannes. Johannes is in die hemel vir elkeen.
Alle profesiëe van jou profeet en die wet kom nou tot
‘n einde.
Ek wil jou ernstig aanmoedig om my boodskap in die
bybel te volg, maar daardeur bedoel ek nie dat jy die skrifte waarmee jy
grootgeword het moet afskeep nie, want per slot van sake, dit was jou skrifte
wat jou siel geskep het.
Die tyd het egter aangebreek dat die mensdom onder een
enkele naam moet groepeer, as selle van een liggaam, en met een stem, want ons
weet dat verdeeldheid die werk van Satan is waar een en elke geloof homself
sien as die enigste waarheid, die enigste een wat gered word, en getrou aan sy
eie sigbare idool. Die verwarring wat Jesus gebring het is die rede vir
duisende gelowe.
Almal van ons kom van Abraham die vader/die berg Horeb
en van Sinai/Hagar die moeder van die sintuie en Jerusalem die moeder van die
siel.
Almal kom van Horeb of ken jy ‘n kortpad?
Almal van ons het die D.N.A van die eerste lewe
naamlik, rots, gras en vis ens. As jy dit ontken is jy waarskynlik ‘n indringer
ruimtewese en jy kan dan nie deel wees van hierdie fantastiese einddoel nie.
As jy dit ontken is jy waarskynlik die een wat al die
skuld op jou voorsate wil pak en jouself as heilig beskou.
Ek wil deel wees hiervan, en as ek wil deel wees moet
ek aanvaar dat ek skuim is.
Ek wil die skuldige wees; ek wil die blaam dra want ek
wil iets beter hê as hierdie vuil liggaam waarin ek woon.
Ek is nie heilig nie; ek wil hê God moet heilig wees.
AS EK HEILIG IS HET EK GOD NIE NODIG NIE.
IS JY HEILIG?
Ek wil niemand hel toe stuur nie, maar ek wil hê my
huidige liggaam moet terugkeer tot stof, om my ingangs fooi tot die hemel te
betaal, want my huidige liggaam kan nie die hemel binnegaan om in die
teenwoordigheid van die enigste God te wees nie.
Binnekort egter sal ek Eden wees, die eerste en laaste
ewigdurende liggaam, en ek versoek dat jy ‘n geestelike sel word van hierdie
liggaam. Voorheen was jy ‘n bloedsel van jou profeet, wat as jou vader opgetree
het.
In die toekomstige derde hemel sal daar egter net een
naam wees en ek maak hierdie naam aan jou bekend. Skryf dit in jou voorkop in
jou verstand en in die aksies van jou regterhand, jou stem van woorde; EDEN.
Sê; EK IS EDEN!!
Daar is ‘n alternatiewe pad; dit is om aan jou profeet
se naam vas te klou en ‘n normale dood te sterf, na duisend jaar op te staan en
deur jou werke geoordeel word. Daar is ook die wat nooit sal wakker word nie.
Jerm. 51:39; ek berei hulle ‘n maaltyd en maak hulle
dronk sodat hulle uitgelate word en ‘n ewige slaap kan slaap en nie wakker word
nie ---
Ek sal nie nou bespreek wie hulle is nie.
Jou skrifte het jou geleer om aan jou profeet en sy
profesie vas te hou, maar wat sê dit; dit sê daar is ‘n nuwe hemel, ‘n nuwe
liggaam en ‘n nuwe lewe, en dit is waaraan jy moet vashou, en dit is wat jou
profeet vir jou bestem het, as jy natuurlik die reëls gevolg het. Logies
voorspel dit dan ‘n nuwe priester.
Wie en wat is die lam van God?
Horeb het ons geleer dat diere, mens en die aarde
sterf indien jy die berg aanraak.
Die berg = die sigbare = jou profeet.
Ons sterf omdat ons die berg aanraak.
Die boodskap is eenvoudig; kruisig die oue en skep ‘n
nuwe skepping.
‘n Ander rede vir die lam/die gekruisigde is om
ontslae te raak van die slegte in die hemel, want slegte gees vanaf die aarde
het die hemel besmet en die hemel het vyandig geword.
Ons moes dus vir God reinig, die hemel en aarde.
Die plan was om ‘n weggooibare liggaam te skep wat
soos ‘n spons al die slegte absorbeer en dan verdoem is om te sterf, te
verbrand, sodat sonde kon verdwyn; jy is hierdie liggaam.
Ons sonnestelsel – aarde – is vir hierdie oorlog
verkies en alle boosheid is na die aarde uitgewerp deur middel van Horeb,
Mecca, Golgota, Jerusalem en die profete.
Dit het vreugde in die hemel gebring, Openb. 9:1-2;
maar groot lyding op aarde want die lam moes die prys betaal vir die ganse
skepping.
Lees openb. 18.
Die hemel het dus sonder die elende van siekte, sonde,
pyn of dood vooruit gegaan. Die liggaam van die lam moes verteenwoordigend wees
van die ganse skepping, maw. dit moes die bestanddele hê van hemel en van die
aarde om skaakmat te ontsluit.
Dit moes die komponente hê van rots en gees om lewe te
kon gee aan alles soos; aarde, gras, vis, diere, mens, hemel en die Seun van
die mens.
Woord/spraak is op aarde ontwikkel.
Hoe wonderlik is dit nie dat God ‘n lewende wese uit
rots kon skep nie; jy
is hierdie lewende rots.
Dit moes lewe aan alles gee; die mens moes van rots
tot gras, tot vis, tot dier, tot mens, tot God evoleer om dan weereens die
atome van lewe in homself te hê. Om hierdie plan tot perfeksie te bring moes
die atoom apart in man en vrou verdeel word.
Alhoewel ons ‘n atoom op aarde het wat positief en
negatief is, is dit steeds ‘n negatiewe atoom, ‘n sterwende atoom, en ons
benodig die positiewe atoom van die ruimte; die korrekte formule is 70 tot 30.
Wetenskaplikes kan dit in ‘n laboratorium bewys, te
min en dit sal ferm wees en te veel en dit sal vloeistof wees.
Die mens is ‘n perfekte kopie van die skepping en het
die gebalanseerde komponente van die huidige skepping en sal ook die perfekte
komponente van die toekomstige skepping hê.
Wat beteken al hierdie dinge?
Openb. 5:12; Johannes het ‘n groot stem gehoor wat sê;
die lam wat geslag is, is waardig om te ontvang die krag en rykdom en wysheid
en sterkte en eer en heerlikheid en lof.
Dit verwys na ons, want ons is die lam wat geslag is
vir die ganse skepping, tesame met ons sonne stelsel. JY SAL HIERDIE KRAG EN
MAG EN HEERLIKHEID ONTVANG.
Die troon van die almagtige sal op die aarde wees en
sal die hele skepping hiervandaan regeer. Lees Openb. 5:13.
Verder, Juda is die een wat die septer van heerskappy
hou.
Ons sal later bespreek wie die nasie van Juda is.
Openb. 5:9; -- u is waardig om die boek te neem en sy
seëls oop te maak, want u is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit
elke stam en taal en nasie.
Vers 10; ons sal op die aarde regeer, vanaf die aarde.
Wat sê hierdie verse?
Dit sê; ons die geslagte lam het die boek oopgemaak
en sy verseëlde seëls, want ons is geslag en daarom is ons waardig.
Wat beteken die verseëlde seëls?
Soos ons verduidelik het; die skepping was in ‘n
skaakmat posisie, bedoelende dit was besig om te sterf en God die skepper van
alles kon nie die skepping her- energeer nie omdat;
dit sonde is om sigbare dinge te verheerlik, want daar
is net een God en dit is die onsigbare God en verder is daar ook ‘n vloek op
die wat die sigbare verheerlik, hulle sterf.
God kon nie die skepping of skepsel aanbid nie, want
dit is ondenkbaar om te dink dat God homself aan die skepsel sou uitlewer.
Om hierdie rede is die duiwel/mens geskep, om die
sigbare te verheerlik en om Satan te skep en om homself aan die skepsel oor/uit
te lewer met die idée om skaakmat te ontsluit.
Die plan was om die sigbare ‘n ewige gees te gee, ‘n
geestelike siel te skep, om dus duisternis ook in lig te verander. Lees Jes.
42:16.
Deur die sigbare ‘n geestelike siel te gee, sal God in
alles wees en alles sal een lewende wese wees, wat homself vir ewig energeer.
Moses het die vyfde seël oopgemaak en Jesus die sesde
seël, terwyl hierdie profeet die laaste seël, die sewende oopmaak, dit is
hipoteties gesproke.
Jy mag dalk sê; maar Johannes het die seëls oopgemaak,
want voorheen was die bybel ‘n geslote boek vir ons, en nou verstaan ons dit
vir die eerste keer.
Johannes het die seëls slegs “los gemaak” vir jou om
te sien en te verstaan, maar jy is hiervoor gekruisig en jy het die oorwinning
moontlik gemaak.
Nietemin, daar is slegs een wat die openbaring kan
openbaar, en dit is Johannes aan wie dit gegee is om te openbaar, volgens
Openb. 1:1.
Dit is om hierdie rede dat die engel gesê het; jy moet
weer profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings.
Math. 11:13; en Luk. 16:16-17; al die (julle) profete
en die wet (die tien gebooie) het geprofeteer tot hierdie koms van
Johannes.
Dit maak dit dan absoluut duidelik dat die profete en
die wet, nie geprofeteer het tot die “eerste” koms van Johannes die Doper nie,
eenvoudig OMDAT Jesus gekom het om die wet te vervul en daarom moes die wet
profeteer tot en met HIERDIE KOMS van Johannes.
Niemand kan dit ontken nie. Kan jy?
Dit is eers NOU dat die profesie van Jesus en die wet
tot ‘n einde kom, want die een wat die wet gegee het is oorwin.
Op ‘n manier maak dit my hartseer om hierdie dinge te
sê, maar ek is ook so bly om dit te sê; daarom sê ek; trek jou trourok aan!!!!
Jy is die bruid van die bruidegom; is jy?
Indien jy is, wat is die trourok?
Die heiliges van God.
Openb. 1:7; kyk hy kom met die wolke
En elke oog sal hom sien
Ook hulle wat hom deursteek het
En al die geslagte van die aarde
Sal oor hom rou bedryf;
Ja, amen (wat beteken; laat dit wees)
Wie is die heiliges van God?
Ons is die heiliges van God, verkose in ‘n eleksie om
diens te doen in die vlees; om ‘n sigbare “voorwerp” te word met ons liggaam as
die kruis om te dra, ‘n lewende kruis waarin ons sterf in/op Golgota.
Ek sê; die menslike brein moes sterf, want dit
besit die totale bestaan van lewe en dood binne in die brein; dit is die
oorsprong van lewe en/of dood en die oorsprong van verlede, hede en toekoms.
Jy kan besluit wat die toekoms moet wees!!
Jy het op Golgota gesterf = jou brein het gesterf.
Hierdie is ‘n groot verborgenheid waaroor ek nie nou
sal praat nie, maar jy sal die verborgenheid hiervan kan verstaan.
Elkeen van ons het sy eie kruis/lot om te dra; die een
in die kerk mag voel dat hy ‘n baie groot rol gespeel het, en dit is waar, maar
jy het waarskynlik die maklike kruis gekry om te dra; maar dink aan die
moordenaar, die hoer, die in die tronk, die alkoholis ---
Jy mag sê; hulle verdien dit.
Ja natuurlik is dit so, want dit is die sisteem van
die antichris; geen vergifnis, ‘n oog vir ‘n oog en dit is die rede waarom
hulle in die tronk is, dit is hulle lot, want daar is geen vergifnis of
genesing; jy moet eenvoudig betaal.
Niemand word as moordenaar of as ‘n dief gebore nie,
dit is die sisteem van die antichris wat aan hulle geboorte gee. Niemand is te
sleg om goed te word.
Maar hierdie wet is daar omdat jy dit wil hê.
Het ons nie almal gesondig nie, en waarom moet net
sommiges boet?
As jy in jou gedagtes wens dat iemand sterf, dan het
jy gemoor.
As jy slegs na ‘n vrou of man kyk met begeerte, dan
het jy owerspel gepleeg. Is dit waar in jou geval?
Rom. 9:11; toe die kinders nog nie gebore was (slegs
spermselle) en nog geen kwaad of goed gedoen het nie – dat die voorneme van God
volgens die uitverkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie maar uit hom wat
roep --- (God roep jou nie omdat jy ‘n
hoer of ‘n predikant is nie, maar omdat hy jou wil roep)
Vers12; is vir haar (Eva/aarde) gesê; die oudste sal
die jongste dien. (die jongste is die Seun van die mens, die stem van woorde.)
Vers 16; so hang dit dan nie af van die een wat wil
of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
Vers 18; so is hy dan barmhartig oor wie hy wil en hy
verhard wie hy wil.
(Hy mag dalk barmhartig wees oor die hoer en nie oor
die predikant nie.)
Vers 19; jy sal dan vir my sê; waarom verwyt hy dan
nog, want wie het sy wil weerstaan?
Niemand het nie; nie die hoer of die predikant nie.
Vers 22; as God al wil hy sy toorn bewys en sy mag
bekend maak, tog met groot lankmoedigheid die voorwerpe van toorn (jou liggaam)
wat vir die verderf toeberei is, verdra het. Lees Rom. 3.
Ons is vir hierdie diens verkies, om te oorwin en te
regeer.
Oorwinning is nie sonder geboorte pyne nie.
Openb. 6:9; toe hy die vyfde seël oopgemaak het sien
ek onder die altaar die siele van die wat gedood is terwille van die woord van
God en die getuienis wat hulle gehad het.
Dit was toe die oor van die “mens” by Horeb oopgegaan
het, toe dier in mens ontwikkel het. Dit is ‘n blik op ‘n toekomstige
gebeurtenis, waar die mens die geslagte lam geword het.
Vers 12; ek het gesien toe hy die sesde seël oopgemaak
het, en kyk daar was ‘n groot aardbewing (simbolies); en die son het swart
geword soos ‘n harige sak (dit simboliseer ons val van lig na duisternis), en
die maan het geword soos bloed. (simbolies het die sigbare onder die vloek
gekom.)
Vers 13; en die sterre van die hemel het op die aarde
geval—(ons het na die aarde geval)
Vers 14; en die hemel het weggewyk (weggeneem van ons af)
soos ‘n boek wat toegerol word (‘n nuwe hemel het vir ons oopgegaan) en al die
berge (heerlikhede) en die eilande (nasies) is uit hul plekke versit.
Onrus en verwarring het op aarde begin. Hierdie is die
werklike neerdaling van ons (die siele in vers 9) om die geslagte lam te word.
Ons as die sterre van die hemel het die liggame van
diere ingegaan onder die vlag van Moses, Jesus en ander profete.
Openb.12:1; ‘n vrou (Jesus/ek en jy) wat met die son
(haar heerlikheid) bekleed was en die maan (die sigbare) onder haar voete, en
op haar hoof ‘n kroon van twaalf sterre.(om haar heerlikheid aan te toon.)
Vers 2; sy was swanger en het uitgeroep in haar weë en
barensnood.
Vers 3; en ‘n ander teken/wonder het in die hemel
verskyn, daar was ‘n groot vuurrooi draak met sewe koppe en tien horings en op
sy koppe sewe krone.
Vers 4; en sy stert het die derde van die sterre (ons)
van die hemel meegesleep en hulle op die aarde gegooi. En die draak het gestaan
voor die vrou (ons in hierdie liggaam/ons aan die kruis) wat op die punt was om
te baar, sodat hy haar kind sou verslind sodra sy gebaar het.
Vers 5; en sy het ‘n manlike kind gebaar, (die siel)
wat al die nasies met ‘n yster septer sou regeer, en haar kind is weggeruk na
God en sy troon.
Die bybel sê, om aan die regterhand van God te sit.
Beslis regeer die siel met ‘n yster staf.
Hierdie maak dit duidelik dat ons aan die siel
geboorte gegee het terwyl ons “aan die kruis gehang” het, terwyl ons aan
hierdie liggaam gespyker is.
Heeltemaal tereg sê God dan, Gen.3:16; ek sal
grootliks vermeerder jou moeite en jou swangerskap; met smart sal jy kinders
baar (geestelike kinders) en na jou man sal jou begeertes wees en hy sal oor
jou heers.
Jou man is soos jy nou weet, Kain/Satan.
Waarom het ons swangerskap met meer smart geskied?
Ons smart het vermeerder omdat ons aan die dier uit
die see geboorte gegee het, met sewe koppe en tien horings, asook die dier uit
die aarde/die sogenaamde opstanding van Jesus uit die graf.
Die opstanding van Jesus is die opvaar van Satan die siel
wat van jou as sy moeder geboorte ontvang het.
Die opstanding het eintlik werklik plaasgevind eers
nadat die predikers begin het om “hom uit sy graf te preek”, wat nie so lank
gelede is nie.
Die dier wat uit die aarde opgekom het, het twee
horings gehad net soos ‘n lam, asof hy die geslagte lam is. Lees Openb. 13:11.
Al die jare het ons dit gepreek; dat hy die geslagte
lam is, maar hy is nie, soos jy nou weet, want jy is die geslagte lam.
Die horings is; EK IS DIE HERE JOU GOD, aanbid my,
wat beteken die liggaam is God.
Vers 14; hy verlei die bewoners van die aarde deur die
tekens wat hom gegee is (hy het mag oor die sigbare gehad) om voor die oë van die dier te doen, deur aan
die bewoners van die aarde te sê dat hulle ‘n beeld moet maak (‘n geestelike
beeld van Jesus) vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewendig geword
het. (Jesus het die swaardwond ontvang toe hy aan die kruis gehang het; hy is
begrawe en het op die derde mense dag uit die graf gekom.)
Dit is die leuen wat ons moes glo.
Die waarheid is, dat Christus slegs op die derde dag
met die tweede koms opstaan wat na 2000 jaar is, want die formule wat ons ontvang
het is; 1 dag = 1000 jaar, en daarom staan Christus eers op na 2000 jaar en dit
is NOU 2007.
Wysheid en begrip was nodig om die dier se No te
bereken. Die No is 6, die No van die siel van die mens. Dit is 6 want die mens
het ‘n sesde gees, die gees van verbeelding. Lees Openb. 13:18.
666 Is die toppunt van die kennis van ‘n mens/’n
sterfling.
Openb. 12:11; hulle het hom (die dier/slang) oorwin
deur die bloed van die lam (die bloed van ons liggame) en deur die woord van
hulle (ons) getuienis en hulle (ons) het tot die dood toe hul (ons) lewe nie
liefgehad nie.
Onbewus en gewillig, sonder om ons monde te open het ons
VIR GOD GESTERF, IN DIE PLEK VAN GOD.
Verraad!!!! Verraad!!!! die bybel noem dit bedrog!!!!!
Vers 12; opsommend; in die hemel was daar groot
vreugde, maar op die aarde groot lyding.
Daar was vreugde in die hemel omdat die virus van
dood, pyn, siekte, en lyding uit die hemel op die aarde gewerp is.
Die krag en mag van die dier kom van die gebooie af.
Openb. 17:12; die tien horings (gebooie) wat jy gesien
het is tien konings (heersers) wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar
hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. (Gedurende die
tydperk van Jesus.)
Vers 13; hulle het een gesindheid en hulle sal hul mag
oorgee aan die dier.
Jesus het gesê dat hy gekom het om die gebooie te
vervul; hy het dus
hierdie mag ontvang.
Vers 14; hulle (die gebooie) sal teen die lam oorlog
voer (bedoelende dit is onmoontlik om die gebooie te gehoorsaam), en die lam
sal hulle oorwin, (die Seun van die mens) want hy is HERE van die Here en die
KONING van die Konings, en die wat saam met hom is (ons), GEROEPE en
UITVERKIES en GETROU. (GETROU AAN ONS SENDING.)
Soos jy nou hier lees het hierdie tien konings hul
heerskappy verloor, alhoewel hulle onderwerp is om onder die Seun van die mens
te regeer, want hy het geseëvier om as God te regeer.
Ek sê; hierdie konings sal onderworpe wees aan die
KONING.
Die Seun van die mens moes ‘n waardige opponent hê,
maar soos vooruit gespreek en gesien, het die Seun oorwin.
Die betekenis van Satan is onder andere om ‘n opponent
te wees, want hy is die tweede magtigste krag in die skepping.
Om al hierdie dinge te kon bereik, moes die
predikante die opponent skep.
Wat anders beteken dit dat ons, ons eie vyand geword
het?
Wat anders beteken dit, dat ons onsself moes oorwin,
ons persepsie moes oorwin.
Die wederoprigting het nog nie begin nie, maar dit
begin nou.
Tot op hierdie stadium het ons steeds die tempel
afgebreek/ons eie liggaam, want dit was die sending van Jesus.
Hoe het ons die tempel afgebreek?
Deurdat ons die vernietiging van die duiwel/ons eie
liggaam gepreek het.
Wederoprigting is gedurende die derde dag =
1000 jaar, maar die siel is geskep gedurende die laaste twee dae = 2000
jaar.
As ons die vraag sou vra; wie is verantwoordelik vir
die skepping van die siel?
En as ons met gesonde verstand na die rolspelers kyk;
sien ons die volgende wat skares gelok het;
oorlog
rock sterre
predikers
sport
televisie
rolprente
politieke partye en baie andere.
Niemand kan die Allerheiligste binne gaan sonder dat
hy die liggaam van die HERE onderskei nie, naamlik die verskil tussen; man en
vrou of lig en duisternis nie. Lees
1Kort. 11:29.
Vers 26; want so dikwels as julle HIERDIE brood eet en
HIERDIE beker drink, verkondig (proklameer) julle die dood van die Here totdat
hy kom.
Hierdie brood en hierdie beker = die nagmaal.
Hierdie vers sê; solank ons die vrug van die oog pluk
(die sigbare), sal ons in die dood bly (slaap) en Christus kan nie/sal nie sy
troon bestyg nie.
My Kind, die Seun van die mens
seën jou,
Ek sê; Jehovah, my stem van
woorde seën jou.
Opsomming.
Jy weet nou wie die Seun van die mens is, alhoewel
sommige nog steeds ‘n idool sal wil aanbid, OMDAT ons mens is en onsself
wil verhef en jy kan slegs aanvaar wat jou brein jou toelaat om te verstaan;
om hierdie rede sal baie sogenaamde “wyses” dit nie verstaan nie.
Jy weet wat om te doen om die derde hemel binne te
gaan naamlik; jy moet instaat wees om die twee komponente van die liggaam te
onderskei, en dit is maklik as jy na die sketse kyk.
Jy het geleer dat die doel van Horeb was om vir Jesus
te roep, terwyl hy op daardie stadium nog nie vir ons bestaan het nie.
Jesus het gekom en ons het die dromer gevolg en die
eerste vier gebooie oortree en daarom vaar ons na die verderf.
Dit was op sy beurt om die ware profeet te roep.
Ons het gepreek dat Jesus op die derde dag opgestaan
het en dat sy liggaam nie na die verdef gegaan het nie; hierdie prediking was
met behulp van geloof om te roep vir die regte opwekking van die Seun van die
mens, sowel as vir ons om nie te verderf nie; dit is nou volbring en jy hoef
nooit weer te sterf nie as jy glo.
Die predikante is die profeet van die dier wat uit die
graf gekom het/wat uit die aarde opgekom het, om die waarheid te sê, die
predikante het die graf oopgemaak vir hom om uit die aarde te kom, wat nodig
was vir verskeie redes, onder andere;
om die ware profeet te roep
om Satan se versoek te vervul; aanbid my en ek sal
oorhandig.
Om die Seun van die mens te roep.
Om ‘n nuwe liggaam te skep wat nooit sal sterf nie.
Om die sesde gees te roep, die gees van verbeelding.
Om die tweede Adam te roep.
Om die Lewendmakende Gees te roep.
Jy het ook geleer dat jy die geslagte lam is wat vir
God/in plek van God sterf.
Jy is die lam wat al die krag en rykdom en wysheid en
sterkte en eer en heerlikheid en lof ontvang.
Jy ken jou No, die No 666 wat in jou voorkop geskryf
staan, en hierdie
No is ‘n aanduiding van jou siel en jou kennis.
Jy ken ook nou die wagwoord om in die volgende hemel
in te gaan, en dat jy die plasenta/jou huidige liggaam sal afwerp.
Jehovah seën een en elk van
julle
Maak nie saak watter pad jou
keuse is nie.
Ons volgende bespreking handel oor Babilon die groot
hoer en haar profeet.
Kom vind uit hoe sy lyding oor ons gebring het en hoe
sy ons verblind het.
No comments:
Post a Comment