HOOFSTUK 2.
ADAM
EN MAN EN EVA EN EDEN.
Om die beeld van God te verstaan moet ons eerstens
verstaan;
*dat God =
gees, inteendeel enige/alle gees.
*Dat God sewe geeste is wat sewe oë is = 7 horings = 7
engele sien Openb.5:6.
God
kan dus gelyktydig uit sewe hoeke sien of hy kan sewe dimensioneel sien. Enige
voorwerp kan dus uit sewe verskillende hoeke beskryf word alhoewel, elke engel
sal dit verskillend beskryf, maar die een weerspreek nie die ander nie,
aangesien dit eintlik ‘n volledige prentjie van die voorwerp of onderwerp gee.
Dit is dieselfde as wanneer sewe verskillende mense ‘n
prentjie van jou teken uit verskillende hoeke soos bv. voor, agter, jou twee
sye en jou bo en onderkant en ‘n ander teken ‘n skets van ‘n deursnit van jou
liggaam.
Natuurlik verskil elke skets maar nogtans weerspreek
die een nie die ander, inteendeel dit gee eerder ‘n volledige skets van jou
liggaam.
Om hierdie rede, wanneer ek iets verduidelik is daar
nog ses ander maniere om dieselfde voorwerp of situasie te verstaan of te
beskryf.
Die
volgende ding om te verstaan is dat die beeld van God = manlik en vroulik in
een liggaam of as een lewende wese, maar twee verskillende geeste huidiglik.
Dit beteken dus dat God man en vrou is; Gen.
1:27.
Dit is wat die bybel sê; God is man en vrou en
indien jy nie hierdie skrif in die bybel glo nie kan jy nou maar hierdie
manuskrip in die asblik gooi en ook jou bybel toemaak vir altyd. Nogtans wil ek
jou vra om dit vir ‘n oomblik te glo. Hierdie is slegs een beeld van God en ons
kan dit op nog ses ander maniere beskryf.
Die
skepping is in drie fases geskep aldus die bybel.
Die eerste fase is waar hemel as man handel en aarde
as vrou en dit verteenwoordig die beeld van God waar hemel en aarde as
een liggaam handel of God as een liggaam nl. man en vrou.
Hemel hou dus die sperm en aarde die ovarium (eier
sel) sowel as die baarmoeder van God die skepping.
Ek sê; hemel en aarde is man en vrou, hipoteties een
liggaam, ‘n eenheid, dit was so voor die Big Bang.
Die eerste bevrugting van hierdie gesamentlike liggaam
sal dus die Big Bang wees waar die hemel sy vrou die aarde bevrug het met sy
sperm om die ovarium binne die baarmoeder binne te dring.
As gevolg hiervan het hemel en aarde een vlees geword
hipoteties, want dit is nog nie voltooi nie, maar ons kan sê; in hul kinders,
die lewe op aarde, het hulle een vlees geword en uiteindelik sal hulle een gees
word = een vlees = een liggaam = man en vrou = manlik en vroulik om een liggaam
te vorm en nie twee soos hulle tans is nie. Lees Math. 19:5-6 en Mark. 10: 6-9.
Ek sê; hemel en aarde sal in die toekoms saamsmelt om
een lewende wese te wees.
Ons het alreeds gesien hoe verskillende atome
saamgesmelt het om die huidige skepping te vorm;
omtrent 'n miljard jaar ná die
Oerknal, swaartekrag veroorsaak
dat hierdie atome in groot wolke van die gas in te samel, die vorming
van versamelings van
sterre bekend as sterrestelsels.
Swaartekrag is die krag wat enige voorwerpe
met massa teenoor mekaar trek.
Daar sal egter ‘n ander samesmelting van hemel en aarde
wees in die toekoms.
Die
tweede bevrugting is waar man en vrou een word in ‘n gesamentlike liggaam nl.
die menslike liggaam.
Om hierdie rede sê God (hemel en aarde); laat ons,
hemel en aarde, mense maak na ons beeld en die beeld is; manlik en vroulik.
Dit is dus ‘n gesprek hipoteties tussen man en vrou,
hemel en aarde wanneer hulle sê; kom ons maak mense na ons beeld.
Gen. 1:26 die beeld is man en vrou.
Om hierdie rede MOET die kinders van moeder aarde en
vader hemel dieselfde komponente/gene hê as hul ouers alhoewel die ouers steeds
twee verskillende liggame het.
Ek sê; die menslike liggaam is geskep as man en vrou
in dieselfde liggaam; logies met komponente van hemel en aarde;
sien Math. 19: 4-6.
Jy mag dalk nou sê; nee, my naam is Piet of Koos en my
vrou se naam is Anna en ons is twee verskillende mense. Ja natuurlik is jy reg
maar dit is deur ‘n ander oog/gees gesien. Daar is sewe oë/geeste om ‘n
voorwerp of beeld van God te beskryf en die verskil is dat jy nog nooit
voorheen deur hierdie oog gekyk het nie.
Die mens het dus die atome/gees van die hemel en die
atome/gees van die aarde dit is absoluut logies.
Wat is
hierdie verskillende atome of geeste?
Wel as jy na die skepping kyk sal jy sien hulle
bestaan uit twee hoof komponente nl.
‘n Sigbare komponent aarde en
‘n Onsigbare komponent hemel.
Hulle is hipoteties een liggaam alhoewel twee
komponente.
Hulle was oorspronklik een maar as gevolg van die big
bang het die sigbare en onsigbare komponente geskei om twee aparte komponente
te vorm nl sigbare en onsigbare of vroulike en manlike komponente.
Jou liggaam is geskep met presies dieselfde beeld. Jou
oorsprong is uit die big bang. Daarom is jou liggaam geskep met ‘n onsigbare
deel en ‘n sigbare deel. Jou onsigbare deel is die deel wat jy nie kan sien nie
nl. jou gees, asem, denke en jou stem, gehoor en ageer as jou manlike deel.
Jou sigbare deel is jou fisiese liggaam waaraan jy kan
raak en wat jy kan sien en ageer as jou vroulike deel.
Jy kan nou verstaan dat jy manlik en vroulik in een
liggaam is net soos God jou ouers.
laat ons nou jou manlike deel man noem soos die
bybel dit noem.
2)En die vroulike deel vrou.
Of ons kan sê; jou man deel = hemel en jou vrou
deel = aarde.
Vir die eerste
keer in die mens se bestaan sal hy nou minstens iets verstaan van die beeld van
God en homself.
Jy mag nou dalk wil verskil as ek sê; omdat ons nie
hierdie dinge verstaan het nie, maak dat alles waarin ons geglo het ‘n leuen
is.
Alhoewel jy dit nou nog nie verstaan nie sal jy dit
wel verstaan nadat jy hierdie openbaring volledig gelees het. Die kerk het nog
nooit die beeld van God of hulself verstaan nie.
Laat ek nou man en vrou verder verduidelik. Jy weet
nou dat man die geestelike of manlike deel van jou is en vrou is die fisiese of
vroulike deel van jou liggaam terwyl jy mens of Adam genoem word.
Kom ons kyk nou na die skepping van die mens/Adam se
manlike deel die gees en sy vroulike deel, die liggaam. Ek wil eers jou aandag
vestig op Gen. 5:2; man en vrou het hy hulle geskape en hulle geseën en HULLE
mens/Adam genoem. Die oorspronklike skrifte sê nie mens nie maar Adam.
(Mens in Afrikaans is steeds Adam. Gen 1 en 2 praat Hy van man, die geestelke
deel)
Wat word hiermee bedoel? Dit sê eenvoudig dat die mens se naam = Adam want God het hulle,
beide man en vrou, Adam genoem.
God het nie onderskeid gemaak tussen Adam en Eva nie,
hy het hulle Adam genoem. Dit beteken dat elke mens hetsy manlik of vroulik word Adam genoem.
Die naam Adam is eers na die skepping van Eva gebruik,
voor dit is gepraat van man en vrou.
Alhoewel jy nou verstaan dat Adam = ‘n manlike en
vroulike deel, is dit ‘n eenheid genoem Adam.
Jy Koos, is dus = Adam = 2 helftes en
Jy Susan, = Adam = 2 helftes.
Hierdie twee helftes is apart geskep.
Kerk het nog nooit hierdie gelykenisse verstaan nie en
verkondig dus ‘n onkundige leer. Laat
ek dit duidelik maak; hierdie is nie ‘n aanval op die kerk nie maar op die
leuen; tog kan die waarheid soms soos ‘n aanval lyk. Ek wil ook duidelik sê; ek
ondersteun nie evolusie nie, bedoelende ‘n toeval nie.
Ek het aan ‘n goeie vriend gevra; hoe het God jou
geskep? Sy antwoord was; ek is uit stof geskep. Ek vra hom toe hierdie vraag;
goed, maar hoe het jy van stof tot die persoon gekom wat jy vandag is, want
daar moes verseker ‘n proses van skepping gewees het, en wil jy nie die proses
verstaan nie? Hy kon my nie sê wat die proses is nie.
Dit is goed en wel om te sê; ek is uit stof geskep en
basta met die res, maar ons sê dit slegs omdat ons nie verstaan nie. God het
nie een Sondag môre opgestaan, sy hande gevryf en gesê; mens en toe bestaan die mens nie; nee dit is baie
duidelik uit die bybel dat dit ‘n lang proses was om die mens te skep. Jy
verstaan nou reeds dat ‘n dag hipoteties 3,333 biljoen jaar lank is. Daar is
egter ook ‘n ander formule om die tydperk van die ses dae te bereken, ons praat
later daaroor. Jy kan nou soos my vriend sê; bewys dit uit die bybel. My
antwoord is; die bybel bewys niks, nie eens die bestaan van God of Jesus
nie, want bewys = ‘n teken en Jesus het gesê; geen teken sal aan jou gegee word
nie. Die graf van Jesus is nog nooit gevind of ook nie Golgota nie, want dit
sou dan as ‘n teken kon dien.Tog is die mens ewigdurend op soek na tekens. GOD
IS ONSIGBAAR EN UIT GELOOF en geloof WORD uiteindelik kennis en sodra jy WEET
het jy nie meer geloof nodig nie, want jy weet nou...
Miskien sal jy jou oorsprong ontken wanneer ek dit aan
jou verduidelik, maar dan kan jy jouself die moeite spaar en hierdie manuskrip
in jou snippermandjie gaan gooi. Ontkenning = blindheid of dwaasheid = slawerny.
Kom ons verduidelik nou hoe hierdie twee helftes
geskep is.
Gen. 2:7. en die HERE God het die man geformeer uit
die stof van die aarde.
HERE en God simboliseer HERE as aarde (vroulik) en God
as hemel (man) die twee ouers wat gesê het; laat ons die mens/Adam maak na ons
beeld.
Hierdie gesprek = die Big Bang. Ek sê; die Big Bang =
die simboliese gesprek of die
bevrugting wat tussen man en vrou plaasgevind het. Jy mag dalk nou dink; watter
rol het God dan gespeel, was dit dan nie maar toeval nie? Geensins, dit was ‘n
beplande aksie om ‘n nuwe heelal te skep en om uit te brei of om die beskikbare
materiaal te vermeerder.
In Gen. 1:7 lees ons dat God die uitspansel gemaak
het, dit was na die Big Bang.
Die Hebreeuse betekenis vir uitspansel is; om te vergruis,
om met dun lae te bedek, te verbreed, te versprei of uitsprei, uitrek, uit klop
en om te vervaardig.
Die idée is duidelik; om uit te brei en dit is geen toeval nie.
Inteendeel, dit is die gevolg van die gesprek tussen hemel en aarde/man en
vrou. Hieruit kan ons dan ook aflei dat tyd eers na die Big Bang ontstaan het.
Kom ons gaan voort met; die HERE God het die man
uit stof van die aarde gevorm.
Gen. 2:19. die HERE God het uit die aarde/grond gevormeer
al die diere van die veld… en hulle na die man gebring.
Voor hierdie gebeure het “man” nog nie die naam Adam
ontvang nie omdat Adam = die volledige mens en “man” het nog nie ‘n liggaam
ontvang nie, hy is ‘n geestelike wese wat “man” genoem word sonder ‘n fisiese
liggaam. Jy sal dit as die waarheid moet aanvaar; ons bespreek dit later weer.
Die betekenis van stof is; wegdrywe soos wasem
of damp, vlugtig, lig en stof se ligte deeltjies. Dit maak dit baie duidelik
dat “man” uit stof soos damp of wasem geskep is en nie uit grond soos
ons vertel is nie. Indien jy verskil moet jy bewys dat jou gees uit grond
geskep is.
Die betekenis van aarde is; grond vanweë sy rooi kleur
en die liggaam is uit grond geskep.
Gen 2:18 ook het die HERE God gese dit is nie goed dat die man alleen is nie ek
sal ‘n hulp vir hom maak wat by hom pas. Vers 19; en die HEREGod het uit die
aarde geformeer al die diere van die veld en al die voels van die hemel en
hulle na die man gebring (maar nie een is geskik gevind nie. God het toe die
man in ‘n diepe slaap geplaas en een van sy ribbebene geneem en ‘n vrou geskep
en haar na die man gebring
Vers 23; toe se die man dit is nou uiteindelik been
van my gebeente en vlees van my vlees.
Ons het gepreek dat dit ‘n fisiese rib van die man was
maar dan sou dit beteken dat die man een rib minder as die vrou moet he. Dit
het dus ‘n ander betekenis wat ons later sal bespreek.
Stof simboliseer dus die gees van “man”, ‘n aardse
gees.
Aarde/grond simboliseer die fisiese liggaam gevorm uit
grond of klei.
Dit is ook duidelik dat God die liggaam ‘n dier noem.
Sien Gen. 2:19.
Miskien hou jy nie daarvan dat jy “’n dier” is nie,
maar dit sê eintlik maar net dat jy ‘n aardse liggaam het. Dit is nou in elk
geval die gebruik om die mens die slimste dier op aarde te noem en ons is nie
meer skaam daaroor nie.
Dit behoort algemene kennis te wees want ons eet
plante as voedsel wat uit grond bestaan en wanneer ons sterf keer die liggaam
terug tot grond.
Stof (gees) en grond (liggaam) is dus die twee helftes
van die mens.
Jy sal saamstem dat daar ‘n wesenlike verskil is in
die betekenis en dat “man” nie uit grond geskep is nie maar uit stof soos wasem
of damp.
Kom ons bewys
dit nou vanaf ‘n ander hoek/gees en beskryf Eden.
Ek is seker dat meeste van julle deur die kerk onder
die indruk geplaas is dat Eden ‘n tuin is. Wel dit is nie waar nie!! Eden is
nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant aan die ooste kant. Gen. 2:8
die HERE God het ‘n tuin geplant in Eden in die ooste..
Dan is daar die ander onkundige leuen waar sommige
predikante sê; Adam en Eva nl. die man en vrou is beide uit die tuin van Eden
verdryf.
Weereens ‘n leuen; slegs die man is uit die tuin
verdryf. Jy sal dit binnekort verstaan. Dan is daar die misverstand; ek sal dit
korrigeer deur te sê; God het die man uitverdryf en hom vervang met iets
anders “in die ooste” (die ooste is die plek waar die man aanvanklik was).
Ek sê; die man was in die tuin in die ooste. Sien Gen.
3:24; so het God dan die man weggedrywe uit die tuin aan die ooste kant en hom
vervang met gerubs!!!!
Die betekenis van gerub = ‘n gees van verbeelding of ‘n
denkbeeldige figuur/idool in die brein. Dit het gebeur nadat daar van die
vrug van die boom van kennis geeet is sien Gen. 3: 7.
Die doel van hierdie verbeeldings gees is spesifiek om
die boom van ewige lewe te behou of te beskerm sien Gen.3:24.
Die woord te behou (to keep) is om die boom te
preserveer of te “red”.
Hierdie boom van lewe is uiteraard ‘n simbool van
ewige lewe vir die mens. Tot vandag kon die mens nog nie die pad na hierdie
boom vind nie as gevolg van die een wat die boom beskerm.
Die bewaker van die boom is gevind, oorkom en oorwin
en die pad kan nou aan jou verduidelik word om jou te help om ook hierdie
denkbeeldige idool/bewaker/gerub te oorkom en te oorwin wat ons verblind het
met sy swaard wat vlam en flikker volgens Gen. 3:24.
Die naam van hierdie gerub is Satan. Jy mag nou dalk
geskok wees met hierdie verklaring maar ek sal dit hopelik aan jou “bewys” in
hierdie skrywes.
Die waarheid is; jy weet nie wie Satan is nie. Slegs diegene wat hulself as heilig beskou sal
hierdie verklaring verwerp en sal waarskynlik nou ophou om te lees, maar die
bybel sê; niemand doen goed nie, selfs profeet en priester is goddeloos,
Jer. 23:11 en; ook selfs die hoere sal julle voor wees in die koninkryk, want die
tollenaars en die hoere sal glo; Math. 21:31-32.
Natuurlik is dit jou keuse. Jy is nou alreeds bewus
van meer as een leuen wat aan jou vertel is soos bv.; jou predikant het jou
waarskynlik vertel dat Adam ‘n manlike persoon is terwyl die bybel sê God het
hulle nl. man en vrou Adam genoem.
Hy mag jou vertel het dat God man en vrou uit die tuin
in Eden verjaag het, terwyl die bybel sê slegs Man is uitgedryf; die afrikaanse
bybel sê verkeerdelik mens.
Hy mag jou vertel het dat God manlik is terwyl die
bybel sê; God is manlik en vroulik (vader en moeder) in een ligaam en jy
is na dieselfde beeld geskape.
Hy mag jou vertel het dat Eden ‘n tuin is terwyl die
bybel sê; Eden is nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden geplant.
Tog sê die bybel God het ons verblind vir ‘n baie goeie
rede, ons verduidelik later meer.
Gedurende hierdie besprekings sal jy bewus word van
honderde leuens wat aan jou vertel is, inteendeel vir die eerste keer sal jou
predikant verstaan wat hy al die jare gepreek het.
Laat ons nou voortgaan;
As gevolg van hierdie vervanging van man met gerub het
ons/die mens/Adam/jy, in ‘n diepe slaap verval Gen 2;21. Hierdie gerub verblind
verdoof ons sintuie; sien Jes. 6:9-10; ons bespreek dit later in detail.
Kom ons openbaar nou Eden en die tuin aan jou. Jy sal
agterkom hoe versteek hierdie raaisel/gelykenis was. Vir die eerste keer in die
bestaan van die mens sal hy dit en homself verstaan en nie alleen dit nie, maar
ook hemel en aarde en God, moeder en vader.
Onthou net, daar is sewe verskillende oë/geeste om Eden
te beskryf. Hierdie word slegs deur een oog beskryf.
Wie
is Eden?
Eden is jou fisiese liggaam beskryf deur een oog; kom
ek bewys dit aan jou.
Gen. 2:8. die HERE God het ‘n tuin geplant in Eden in
die ooste.
Dus; Eden is nie ‘n tuin nie maar ‘n tuin is in Eden
geplant. Hierdie tuin is jou vyf
sintuie of jou brein/gesig. Oos is jou gesig waar al jou sintuie in jou
brein ontmoet. Oos is ook die voorkant van jou liggaam.
Die betekenis van tuin is; om in te kamp/afkamp,
beskerm of bewaak; die sintuie is daar om jou te beskerm; die tuin simboliseer
dus jou sintuie. Sintuie is aardse geeste geskep op die aarde.
Vers 8 vervolg; en daar, in die tuin, aan die man wat
Hy geformeer het ‘n plek gegee. Die bybel sê God het eers die man geskep en toe
die vrou/liggaam.
Vers 15. toe het die HERE God die man geneem en hom in
die tuin van Eden (jou gesig) gestel om dit te bewerk en te bewaak.
Wat beteken dit?
Bewerk (engels; to dress); vooruitgang, te verrig, om
te word, om voort te bring, in huwelik gee, voorberei, verslaaf maak,
gevangeskap, slawerny, om uit te voer, huweliks maat/man, bediende of te aanbid
en nog meer.
Bewaak; om te preserveer (totdat ons intelligent
genoeg is om die pad te vind en die bewaker te oorwin.)
Ek kan jou verseker die weg/pad is nou oop.
Ons kan dus sê; die tuin is jou gesig/kop en God het
die geestelike man/huweliksmaat in jou gesig/kop/tuin gesit om jou voor te
berei, vooruitgang te verseker, om dit geestelik te voed en ewiglewend te hou.
Vers 10; daar het ‘n rivier uit Eden (jou liggaam)
uitgegaan om die tuin (in jou kop/gesig) nat te maak.
Rivier; ‘n stroom, om te sprankel, te skitter,
vrolik/opgewek te wees.
Te benat; besproei, om te verseker, om te drink en om
saad te voorsien.
Hieruit is dit duidelik dat Eden die liggaam, die
man/gees/huweliksmaat moet voed met
kennis, hom vrolik en gesond hou en van
geestelike saad voorsien.
Vers 10 vervolg; en daarvandaan (vanaf jou gesig) is
dit verdeel en het vier lope geword.
Die vier lope is; jou senustelsel/rugmurg, jou
bloed/are stelsel, jou asemhalings organe en jou spysverterings stelsel.
Vers 11; die naam van die eerste is die Pison dit is
hy wat om die hele land Hawila loop waar die goud is.
Pison; vinnig vloeiend, verspreid, om te versprei,
uiteen gaan.
Hawila; sirkel of kringvormend, kinkel of vinnig
draaiend of gewarrel, spiraalvormig en dit impliseer ook die gevoel van pyn,
angs, ongemak en hoop as voorbeelde.
Dit beskryf beslis jou senu stelsel, jou brein, jou
murg wat vinnig vloeiend is, verspreid, sirkelvormig, spiraalvormig is, van en
na die brein om jou byvoorbeeld van pyn bewus te maak.
Vers 13; die naam van die tweede rivier is die Gihon.
Dit is hy wat om die hele land Kus loop.
Gihon; ‘n fontein, om voort te stroom, ‘n stroom of ‘n
paradys rivier.
Kus; gebied, bedoelende die een in beheer.
Dit stel jou hart as die fontein voor met die are wat
regdeur jou liggaam loop, jou siel is in jou bloed, jou paradys of rivier van
geluk/blydskap. Jou hart/bloed is die een in beheer van jou liggaam.
Vers 14; die naam van die derde rivier is die Hedekel.
Dit is hy wat oos van die Assur loop.
Hedekel; stekerig, turksvy (die longe lyk soos die
blaar van ‘n turksvy) ook groot rivier. Sommige van die woorde is nie regsteeks
vertalings nie maar dit verwys terug na hierdie betekenisse.
Assur; om reguit te wees, versameld, byeenkom en
inwoner.
Duidelik beskryf dit jou longe en lugpyp wat aan die
voorkant/die oostekant is.
Vers 14 vervolg; en die vierde rivier is die Frat.
Frat; om voort te bring, voort te vloei, rivier aan
die ooste, voort te bring, te groei en te vermeerder.
Hierdie riviere/organe voed die tuin in Eden, jou
liggaam.
Ek sê; jou liggaam voed jou sintuie/geeste en op hul
beurt beskerm hulle jou liggaam en sorg vir vooruitgang.
Vers 9; die HERE God het allerhande bome uit die grond
laat uitspruit, begeerlik om te sien en goed om van te eet; ook die boom van
die lewe in die middel van die tuin en die boom van goed en kwaad.
Uit die grond beteken; “uit die liggaam” want die
liggaam is “uit” grond of die grond.
Die bome simboliseer jou sintuie nl. sig, gehoor,
smaak, voel en reuk almal van hulle aan die brein gekoppel.
Ons praat later weer hieroor.
Nietemin, laat ek byvoeg;
Die boom van goed en kwaad was nog nooit beskerm nie
en ons het vrye toegang om van hierdie boom se vrug te eet.
Elkeen van ons eet nog steeds elke dag hiervan.
Indien ons nie van hierdie boom van kennis geeet het
nie sou ons byvoorbeeld nie televisie gehad het nie.
Ewenwel, die boom van lewe word beskerm deur gerub wat
aan die oostekant in die tuin in Eden geplaas is waar die man voorheen was,
hierdie gerub is aan die voorkant van jou gesig in jou brein, aan die voorkant
van jou brein.
Jy sal nou saamstem en verstaan dat Eva was nooit uitgedryf
uit die tuin, want Eden/Eva is jou fisiese liggaam.
Ek sê; jou fisiese liggaam van grond word genoem Eden,
Eva of vrou en jou gees is uit “stof” en word genoem man en hierdie kombinasie
word genoem Adam.
Jou oorspronklike man is verdryf uit jou liggaam
(Eden) en is vervang met gerub in jou brein.
Kom ons kyk nou na die betekenis van “Adam en Eva”
terwyl jy nou verstaan hulle = die twee helftes van jou liggaam nl. Man en Eva
of man en vrou of hemel en aarde.
Uit hierdie bespreking moet dit nou vir jou duidelik
wees dat Eva haar self moet voed en ewig aan die lewe moet hou want sy besit
die fisiese organe wat bv. klank opneeem, want die “riviere” van Eva (jou
liggaam) voed die tuin waar die man is met geestelike saad en die
man/gees/huweliksmaat op sy beurt voed weer die liggaam met gees.
Dit werk in ‘n sirkel; ‘n ewig durende sirkel;
was/moes wees maar iets het verkeerd gegaan vir die man. Die ewige gewer van lewe is uitgedryf uit
die tuin in Eden jou brein en is vervang met gerub en om hierdie rede sterf jy.
Om die waarheid te sê die doel van hierdie gerub is presies dit; om jou te laat
sterf ten einde die boom van lewe te beskerm, maar dit is ‘n ander bespreking.
Die betekenis van Adam/mens = rooi, om bloed in die
gesig te “wys”. Adam is dus die siel want die siel is in die bloed. Ons kan dus
ook aflei dat God die mens ‘n siel noem.
Adam/mens het ‘n lewende siel geword, die asem van
lewe ontvang, die stof/gees van die aarde Gen. 2:7.
Die asem van lewe is jou sesde sintuig, jou
verbeelding.
Ek sê; die siel is ‘n gees van verbeelding of ‘n gerub.
Gerub beteken (is) ook engel.
Die betekenis van Eva = lewe gewer (sy gee lewe aan
haar man, voed hom soos jy nou verstaan) ook plek om in te lewe, bekleding van
die man, aankondiger of om te vertoon.
Plek om in te lewe = die man/gees lewe in Eva of Eden
en daarom word sy genoem lewens plek vir die man.
Aankondiger of vertoon; sy is die sigbare deel van jou
liggaam en spreekbuis, maar nie die spraak nie.
Bekleding; sy is die vlees, die bekleding vir die
geestelike man.
Dit beskryf dan duidelik dat sy jou liggaam is.
Opsomming van Eden.
Ons het
verduidelik wat die beeld van God is nl., God is man en vrou in een liggaam
nl., hemel en aarde is een gesamentlike liggaam en hoe hulle mekaar ewiglik
moet energeer. Hemel en aarde is die eerste stadium van die skepping en gesien
SLEGS deur een oog.
Die lewe op aarde is die tweede stadium van die
skepping en het logies ook hierdie beeld nl., twee helftes, genoem man en vrou.
Alle lewe het hierdie beeld. (bv. Eiers en sperm, stuifmeel en kelk, ens, bring
nuwe lewe voort, tog het alle lewe egter n manlike en vroulike komponent)
Jy verstaan nou ook dat God die mens Adam noem of jy
nou man of vrou is, jy is Adam met twee helftes nl., Manlike en Eden.
Jy het ook geleer dat jou fisiese liggaam Eden of Eva
genoem word en dat jou man of huweliksmaat uit jou brein verdryf is en vervang
is met gerub wat ‘n gees van verbeelding is wat jou verblind, volgens die
bybel.
Jy het ook geleer dat
jou manlike deel uit stof geskep is en jou liggaam/Eden/Eva uit klei,
wat dit ‘n leuen maak soos ons dit gepreek het.
Ons
volgende bespreking handel oor die vrou van Kain. Voor hierdie openbaring oor
die vrou van Kain kon geen Christen of mens verklaar wie die vrou van Kain was
nie.
3 comments:
Ek dink natuurlik dat hierdie is 'n bietjie "far fetched".
waarom nie jou naam sê nie? as dit "far fetched" is, is dit waarskeinlik omdat jy dit nie verstaan nie, want niemand kan iets aanvaar as waar as hy dit nie verstaan nie. johan.
People should read this.
Post a Comment