hoofstuk 4 die eerste gemeenskap
Hoofstuk 4.
Die eerste
gemeenskap.
Dit is raadsaam om eers hoofstukke 1 – 3 te lees
anders sal jy nie hierdie bespreking verstaan nie.
In die begin was alle vorme van lewe tweeslagtig.
Hulle het hulself bevrug, hulle het nie ‘n ander manlike of vroulike wese nodig
gehad om bevrug te word nie want hulle het “die saad in hulself gehad” soos
meeste bome en gras. Sien fotos hier onder.
In Gen 1:11 lees ons; vrugte volgens hul soort, waarin
hulle saad is.
Die vorige heelal was so, hulle het die saad van lewe
binne in hulself gehad.
Dit beteken eintlik, hulle het hulself aan die lewe
gehou. In vers 21 lees ons; die waters het in oorvloed voortgebring volgens
hul soort. Die betekenis van hulle beteken eintlik manlik. Alle lewe was
dus “manlik” alhoewel hulle tweeslagtig was, soos die hemel voorheen was en
dieselfde as die afstammelinge van Kain soos ons in hoofstuk drie verduidelik
het.
Dit was eers nadat Adam sy vrou bevrug het soos
in Gen. 5:4 dat ons lees hulle het seuns en dogters gehad. Voorheen is
daar slegs “seuns” gebore. Ek sê; die nageslag van Kain in Genesis 4 is “seuns”
en eers baie later is die eerste vroulike wese gebore.
In Gen 1:24 sê God; laat die aarde
voortbring lewende wesens volgens hulle soorte.
Die betekenis van soort is dieselfde as die
betekenis van evolusie nl. om diversiteit te skep, om te bestaan, om byeen te
bring, om af te skei, om klaar te maak, om te trou en om te verdeel. Om
diversiteit te skep het nie in 144 uur gebeur nie.
As ons na die fotos hier onder kyk is dit duidelik dat
ons steeds op die sesde dag van die skepping is en Gen 2;1 is nognie vervul
nie. Die aarde verander ook nog steeds elke dag.
A merry-go-round of young stars flashes around the center of
galaxy NGC 4314. This spectacular close-up from the Hubble Space Telescope
reveals the basic structural elements of a galaxy. At the center glows a dense
cluster of old stars, their mature status indicated by temperatures in the
yellow and white part of the spectrum. Even deeper into the center probably
lurks an invisible black hole, common to most galaxies. A black hole is matter
so densely compacted that even light can't escape.
New stars usually appear in the spiral arms of a galaxy. But
in this case the young, ultra-hot stars (blue and purple) have formed in a
ring, created when clouds of gas collapse into superdense cores. Ten times
hotter and one million times brighter than our sun, these new stars will
eventually cool down and resemble the older stars near the center. Clouds of
dust and gas fog the edges of the image. Even farther out lies the unseen
weave of dark matter, whose gravitational force keeps the galaxy's hundreds of
billions of stars bound together.
Ek dink nie ek kan dit duideliker beskryf as bostaande
nie, maar die woord om te trou kan dalk op ‘n manier beskryf word waar ons sê;
om te kruis teel sodat twee verskillende goed een ding of ‘n nuwe ding kan
word. Ek sê; twee verskillende goed “trou” met mekaar om ‘n nuwe spesie te
vorm.
Die hele proses om ‘n nuwe heelal te skep = om te trou
= om een te word = een vlees = een gees = een lewende wese.
Die voordele van dit is; elkeen sal elkeen ken en
alles sal in elkeen en alles wees. As dit die finale doelwit is, is dit net
absoluut logika dat die mens van water kom (die vloeistof van die vorige
skepping), van rots tot plant, tot vis, tot amfibie, (die eerste werweldiere
wat die water verlaat het, die bybel noem dit ‘n kruipende dier) tot vee, tot mens.
Dit maak dan ook sin dat alle lewe insluitende die
mens van een enkele sel vanaf die vorige skepping (God) kom en toe na
verskillende soorte ontwikkel het soos die bybel sê; na sy soort om
verskeidenheid te skep.
Die bybel sê almal is van een bloed.
Die doel is diversiteit. Om verskillende spesies te
skep soos ons dit vandag ken moes daar kruisteling wees veral in die begin,
want dit sal al hoe moeiliker word op ‘n later stadium soos ons weet met bv. ‘n
perd en ‘n donkie. Insiggewend is dat dit ‘n manlike donkie en ‘n vroulike perd
moet wees en nie andersom nie; die
produk is onvrugbaar.
Vir eeue het die mens gedink dat die hiëna tweeslagtig
is omdat sy geslagsdele tweeslagtig lyk. As ons na die eerste kreatuur kyk nl.
Henog, sal ons sien dat dit ‘n dier was wat sug, kreun, steun en droewige
geluide gemaak het. Die klank van ‘n akkedis of dalk ‘n hiëna? Wetenskap sal
maar moet help.
Onweerlegbaar egter; alle lewe was tweeslagtig want
die vorige skepping was “twee slagtig”, dit het die atome van man en vrou
gehad, hulle saad was in hulle.
Alhoewel die aarde se atome manlik (positief) en
vroulik (negatief) is, is die manlike atoom wat die ewige atoom is slegs te
vinde in die ruimte/hemel.
Iewers in die toekoms sal iets buitengewoon gebeur wat
dit in ‘n oogwink sal verander wanneer hemel en aarde sal saamsmelt om een
gesamentlike liggaam te vorm.
Die atome van die aarde hou die aarde ferm.
Ons ken die atoom slegs as drie dimensioneel terwyl
dit sewe dimensionele lewende gees is.
Dit het baie lank geneem soos jy kan verstaan om die
lewende atoom te skei in aparte manlike en vroulike atome om diversiteit te
skep.
Jy mag dalk vra; waarom was dit nodig om die atoom te
skei as dit in elkgeval ons einddoel is om een atoom te word?
Wel dit is ‘n baie goeie vraag. Die rede is; in sy
vorige staat was daar geen diversiteit nie en die vroulike deel van die
skepping was onvrugbaar soos ons in ‘n ander hoofstuk verduidelik het en die
idée was duidelik om DIVERSITEIT te skep soos vermeld in Gen. 1:24.
Ons wou die skepping om verskeie redes verander. Ek
gebruik die woord ons want jy was/is deel van dit, want jy het vanaf die
vorige skepping gekom en jy sal teruggaan of liewer voortgaan na die
volgende nuwe skepping.
Om die nuwe heelal te skep was dit nodig om die man
van die vrou te skei. Waarom was dit nodig? Omdat ons diversiteit wou skep soos
die bybel duidelik sê. Om diversiteit te skep moes ons die vroulike atoom
afskei, maw. die vrou moes die man egskei.
Die vrou is die een wat baar, want sy het die
baarmoeder om bevrug te word en voort te bring. Ons het reeds verduidelik dat
die woord Adam die betekenis het van mens of aarde. Die betekenis van die woord
vrou (women) = man met ‘n baarmoeder. Dit is tog alom bekend dat ons die aarde
“moeder aarde” noem en daarom kan ons onomwonde se; sy is die man/Adam met die
baarmoeder. Ons weet tog dat die aarde die liggaam voorsien/geboorte gee aan
die liggaam.
Indien ons ‘n tydelike baarmoeder kon skep, die aarde,
want sy is die vrou van die skepping, dan kan ons eksperimenteer met
verskillende soorte/dinge wat onmoontlik was in die vorige skepping.
Ons kan dan die vrou bevrug met verskillende sade om
geboorte te gee aan verskillende dinge. Ons kan die aarde ‘n eksperimentele
labaratorium noem.
Die verskillende sade is geestelike sade en om hierdie
verskillende sade te skep is die mens verskillende hipotesis gegee. Die manier
hoe ons die hipotese’s verstaan skep die saad vir die brein en die brein is die
skepper, die plek waar beweging en lewe begin.
Jy is na die beeld en gelykenis van God geskep en het
albei hierdie sade in jou, maar dit is intelligent van mekaar geskei nl. jou
gees die manlike saad en jou vlees die vroulike saad.
Om hierdie rede; alles wat jy glo = gees en is in jou
brein om jou vleeslike gees te bevrug met dit wat jy glo, en glo my jou vlees
gee geboorte aan die geloofs saad in jou brein. Gees gee nie geboorte nie, gees
bevrug die vlees en vlees gee geboorte want sy is die baarmoeder van die
skepping.
Die brein is die plek waar alle lewe begin, die plek
waar beweging begin.
Alles wat jy sien kom vanaf hierdie “punt”. Die naam
van hierdie plek word genoem Oorsprong. Jou brein is die belangrikste
ding in jou bestaan want jy kan jou brein manupileer om omtrent enige ding te
doen. Wanneer jy jou verbeelding gebruik weet jou brein nie of jy dit werklik
doen of net verbeel nie. Jy kan verbeel dat jy op die mees wonderlikste plek is
en jou brein sal dienoorkomstiglik ageer en jou hele gemoed kan verander.
Is dit nie fantasties nie? Alle lewe begin in die
brein; alles wat jy kan sien en nie kan sien, waarin jy glo, dit begin alles in
die atoom van die brein.
Die manlike orgaan, die penis, is ‘n simbool van die
brein en daarom gebruik wetenskaplikes die voorhuid om “lewe” te skep, maar
hulle het nog nie die ware oorsprong van lewe in die brein ontdek nie.
Waarom is dit dat slegs die man “lewe” gee?
Gen. 3:20 Adam het sy vrou se naam Eva genoem OMDAT sy
die moeder van ALLES wat lewe geword het.
Ek sê; Adam het sy vlees/liggaam Eva genoem.
Ek sê; omdat Eva ma geword het van alles wat
lewe, het sy die naam Eva gekry.
Ek sê; Eva het die betekenis van; moeder van
alles/almal want sy het geboorte gegee aan alle lewende wesens. Gen. 3:20.
Sy kon slegs moeder van alles word nadat sy die
vrug van die boom geneem het, OMDAT die oog, geestelike saad na die
brein gebring het om haar geestelik te bevrug.
Ek sê; die oog het oorsprong/lewe na die brein
gebring.
Alle lewende wesens sluit in; sy is die moeder van God
die skepping. Nietemin dit is nie slegs die mens wat skep en lewe gee nie ook
diere skep en gee lewe en skep engele net soos die mens. Diere is kosbaar vir
God en die mens behoort hulle so te beskou.
Die oog is die boom van kennis van goed of kwaad in
die middle van die tuin in Eden. Hier onder is ‘n voorbeeld van die boom van
kennis.
To draw the human head
accurately, first become familiar with the
basic proportions. Traditional rules of proportion show the face divided
into six equal squares, two by three. The upper horizontal division is roughly
at the 'third eye' level mid-forehead, the lower at the base of the nose. The
eyes sit on the horizontal centre, the mouth on the centre of the lower third.
Die woord Genesis, die eerste boek in die bybel het
die betekenis van oorsprong en verduidelik dat oorsprong in die brein van mens
en dier is.
Moontlik verstaan jy dit nog nie tenvolle nie want
alles is aan ons gegee in ‘n agterstevoor beeld, ‘n spieël beeld.
Jy sien dus die begin as die einde en die einde as die
begin. Ons het by die einde weggespring en beweeg nou na die begin van die 7 de
dag. Later meer hieroor. Soms loop begin en einde selfs gesamenlik.
As ek jou sou vra om die volgende in een van twee
katogoriee te sit sal jy die volgende doen.
Wat is eerste; dood of lewe
Begin of einde
Verlede of toekoms.
Jy sal waarskynlik sê; lewe en begin is die verlede en
Einde en dood is ons toekoms.
Hoe fataal, want dood en einde is jou toekoms. God het
dit verander; jy het aarde toe gekom om te sterf, nie om te lewe nie,
want vanaf geboorte begin jy sterwe selfs al neem dit jou sewentig jaar om te
sterf.
Daarom; dood is eerste en dan lewe. Meer
omtrent dit later…
Die sogenaamde Big Bang was die einde en nie die begin
nie. Ons beweeg nou na die begin en ons is een uur weg van hierdie gebeure. Ons
is vasgevang in die verlede.
Die bybel sê; alles wat gebeur het al reeds voorheen
gebeur.
Die verlede waarin ons vasgevang is duur 20 biljoen
jaar. Dit het begin met die Big Bang en dit eindig ook met die Big Bang wanneer
dag sewe en dag een saamsmelt. Daardie oomblik is die begin en einde op
dieselfde gegewe oomblik.
Om hierdie rede het Jesus gesê; ek is die begin
en die einde.
Ek = daardie “punt” in jou brein, die punt van
oorsprong = begin en/of einde.
Ek = wie jy is, jou identiteit en bepaal wie God is.
Ek = lewe/die lewende een/die lewendmakende een.
Twintig biljoen jaar in ‘n wêreld sonder tyd is ‘n
breukdeel van ‘n
ontelbare getal, maar in ons agterstevoor gedagtes is dit ewigheid. Om hierdie
rede het God tyd vir ons verkort tot 2000 jaar en ons sintuie verdoof om ons
brein te narkotiseer sodat ons nie die volle impak van ons lyde sal voel nie.
Ek sê; ons is die liggaam van Christus om te ly, met
alle pyn en siekte en lyding as ‘n betaling vir sonde. Nie net vir ons eie
sonde nie, ons is sonder skuld die skuldige gemaak, die bybel sê ons is
verkoop.
Begin en einde kan onmoontlik twee verskillende
oomblikke wees, dit is onmoontlik om dit te skei van mekaar. Hipoteties
gesproke het ons dit tog gedoen deur ‘n menslike brein te skep wat hulle geskei
het tussen twee oomblikke nl. dag een en dag sewe. Al wat dit geneem het was ‘n
hipotese om die oorsprong van tyd te beinvloed in die brein.
Ons het tyd teruggedraai; die beste manier om aids te
genees is om terug te gaan in tyd tot waar die oorspronklike daad gepleeg is en
die daad te verhoed.
Ek sê; om die dood te dood is om terug te gaan in tyd
en die dood te vernietig waar dit ontstaan het; dit is jou werk en jou missie.
Alles is in die brein; verlede en toekoms en jy kan teruggaan of “vorentoe”
gaan in tyd, dit verg slegs ‘n fokus van die oog in die brein, jy het die
vermoë. (Dit is wat die toekoms vir ons inhou)
Ek sê; daar bestaan nie iets soos tyd nie.
Verlede, hede en toekoms is gesamentlik teenwoordig op
die selfde oomblik en dit is soos ‘n padkaart en dit is jou keuse watter pad jy
volg. By wyse van ‘n hipotese het ons die verlede ingegaan met goeie rede nl.
om dood te dood waar dit ontstaan het; ‘n nuwe hipotese kan dit in ‘n oomblik
verander, want jy het die keuse van verlede, hede of toekoms, dit is jou keuse
maar jy het vasgeval in die verlede.
Die bybel maak dit duidelik dat die pad terug nie
dieselfde pad is waarmee ons na die verlede gegaan het nie en presies dit is
ons probleem want ons kyk in ‘n spieël wat ons verwar, maar ook dit was deel van
die plan.
Hierdie oomblik van 20 biljoen jaar bestaan net in die
mens se brein. Gedurende hierdie tyd het die skepping ‘n hergeboorte gehad wat
geen tyd hoegenaamd geneem het nie, want begin = einde = begin = zero, zero,
zero. Gedurende die volgende veertig jaar sal jy uit jou diepe slaap gewek word
wanneer die lig van die Big Bang oor ons swiep en tyd sal verdwyn, en dit sal
‘n onmiddelike verandering van alles wees in 0,233 sek.
Een uur in bybelse fomule; die formule was aan ons
gegee maar tot nou kon niemand die uur bereken nie want ons was nognie
intelligent genoeg nie, nie die kennis gehad of dit nie ondersoek nie, ons moes
eers van die vrug van kennis eet, alhoewel dit ‘n eenvoudige berekening is.
Die formule is;
2 Pet. 3:8;
1 dag = 1000 jaar (bybelse terme)
1 dag = 24 uur (ons terme)
dus; 1000 = 41,666 jaar = 1 geslag.
24
Die waarskynlike oomblik wanneer hierdie 41,666 jaar
begin het (glo ek) was met die val van die World Trade Centre op 9 September
2001, wat in een uur geval het en simboliseer die val van Babilon wat ook in
een uur val. Vergelyk Openbaring 18 met die val van die Twin Towers. Ek glo die stelling is waar want die bybel
gee ons simbole om die bybel te verstaan.
Die twin towers is ‘n simbool van ons huidige wêreld
stelsel. Sien fotos hier onder;
Beide torings het in die bestek van minder as ‘n uur
tesame geval “soos ‘n klip wat in die water gegooi word”.
Openbaring 18: 9 – 10; en die konings van die aarde
wat met haar gehoereer en weelderig gelewe het, sal oor haar ween en oor haar
weeklaag wanneer hulle die rook van haar verbranding sien.
Terwyl hulle ver weg staan uit vrees vir haar pyniging
en sê; wee, wee jou o groot stad Babilon, o sterk stad, want in een uur het jou
oordeel gekom.
Vers 21; en een sterk engel het ‘n klip opgetel soos
‘n groot meuelsteen en dit in die see gegooi en gesê; so met ‘n vaart sal
Babilon die groot stad neergegooi word en nooit meer gevind word nie.
Die tweede fase van die val van Babilon was met die
inval van G. W. Bush Jn. in Irak en die val van die stad wat as die eerste
Babilon genoem word.
Die derde fase van die val van Babilon sal wees
wanneer Jerusalem “beset” sal word in die nabye toekoms; dit is as ons nie nou
optree nie.
Diegene wat die val van die World Trade Centre beplan
het, het gesê; hierdie is zero uur.
Om “hierdie rede” is 2007 ‘n D dag in meer as een
opsig.
Ooral oor die wêreld masjeer mense in afwagting op
vryheid. Verstaan ons die woord vryheid? Hierdie opmarse sal drasties
vermeerder en die aarde sal meer en meer onstabiel raak, byvoorbeeld die
onlangse tsunamie (2004) mag dalk soos ‘n baba lyk. Omdat die see warmer raak
sal daar meer katastrofes wees, meer orkane, meer aardbewings en meer tsunamies
wat ook in intensitiet sal vermeerder.
Oral oor die wêreld “voel mense iets” gaan gebeur,
maar niemand weet wat nie. Die kerk verwag die tweede koms; skryf boeke
daaroor, tog verstaan hulle nie die een wat kom nie want die bybel is ‘n
versëelde boek vir hulle en die kerk is die grootste beskuldiger en profeet van
verdoemenis en “red slegs hulself.” Tenminste is die wetenskap eerder ‘n
profeet van hoop en vooruitgang.( Al skok hulle steeds mense se brein met
elektrisiteit) Nietemin, ons verwag die goeie en kyk nie na verdoemens profosie
nie.
Hoe gaan ons ons bruidegom trou as ons nie die vaagste
benul het van hoe hy lyk nie? Dit is amper ‘n groot grap!!! Die blinde lei die
dowe of sal ek sê die dooie?
Hierdie manuskrip deel met keuses en gevolgtrekkings
wat ons in die verlede gemaak het en besluite en gevolgtrekkings wat ons nou
moet maak.
Ek het voorheen gesê; ons het hipotesis’e ontvang en die
gevolgtrekking wat ons maak bepaal die saad wat ons in die brein skep, die
punt van oorsprong en dit bepaal ons bestemming.
Ek wil jou ‘n voorbeeld gee;
As ek vir jou sou sê dat ‘n vlooi met sy bene hoor sal
jy waarskynlik sê; dit is nie waar nie, maar ek mag dalk steeds mense kry wie
ek sou kon oortuig dat dit waar is .
Om te bewys dat ‘n vlooi wel met sy bene hoor het jy
‘n wit A4 papier nodig en ‘n vlooi, miskien meer as een want hulle ontsnap
maklik.
sit die vlooi op die papier en skree; vlooi spring!!
Die vlooi sal spring.
Vang nou hierdie vlooi as jy kan of gebruik ‘n ander
een en breek al sy bene af.
Sit nou die vlooi terug op die papier en skree; vlooi
spring!!
Die vlooi sal nie spring nie, “surprise, surprise!!”
Gevolgtrekking; ‘n vlooi hoor met sy bene.
Ons het dit bewys!!
Kom ons sê jy sou dit ‘n 1000 jaar gelede geglo het.
Ek kon dan dalk baie beroemd geword het, op elke
nuusblad verskyn het wat lees; dit is die man wat bewys het ‘n vlooi hoor
inderwaarheid met sy bene. Wat ‘n fantastiese ontdekking!!!!
Ek kon dalk regoor die wêreld getoer het met my
wonderlike evangelie. Dit kon ‘n baie groot organisasie geword het. Maar toe
uit die bloute kom daar ‘n bleeksiel wat bewys dat ‘n vlooi glad nie kan hoor
nie, laat staan nog met sy bene. Hoe op aarde het hy dit bewys?
Verder, hy kritiseer die vorige voorstel dat ‘n vlooi
met sy bene hoor en hoe wreed dit is om die dier se bene af te breek. Dit
verander toe die mens in ‘n vlooi liefhebber.
Mense het selfs vlooi kolonies in hul hare aangehou,
hul hare slegs een keer per maand gewas omdat dit kwansuis stresvol vir die vlooie
is.
‘n Ander persoon kom toe met ‘n voorstel; dit is die
beste om die vlooie in jou broek te hou. Al die mense krap toe heeltyd in hul
broeke, trek selfs hul broeke uit om te krap.
Iemand anders sê toe; die vlooie gee jou ‘n “kick
start”! Dit het die arme vlooie totaal verwar want toe weet hulle nie of hulle
moet skop of byt nie.
Iemand anders sê toe; dit is alles goed en wel maar sê
nou Christus kom en kry almal met hulle broeke af?
Almal bars toe uit van die lag! Hulle sê selfs Satan
het gelag, alhoewel iemand hom blykbaar vir ‘n week moes kielie voordat hy glo
uitgebars het van die lag.
Hulle sê dis hoe Satan aan sy einde gekom het met die
gebarsery!
As jy dalk jouself in hierdie storie herken, laat jy
maar goed lag, ek het.
Die belangrike ding van hierdie proefnemig is; alles
was waar behalwe die gevolgtrekking.
Waar het dit ons geneem? Dit is waar, die vlooi het
nie gespring nie.
Minstens; mense vang steeds vlooie, maar geen vlooi
het weer die mens gevang nie?
Die rede waarom God katte gemaak het is logies vir
vlooie het iemand gesê. Iemand anders sê toe; ag bly tog stil!
Dit is die rede waarom katte nie praat nie!!!
Regdeur hierdie manuskrip sal ons gevolgtrekkings
bespreek wat ons in die verlede gemaak het. Baie van hulle sal so eenvoudig
wees soos die vlooi, en jy sal verbaas wees dat ons dit nie kon verstaan of
gesien het nie.
Verseker het jy nou reeds van hulle ondervind
gedurende ons gesprekke.
Onthou jy die een wat gesê het die aarde is rond? Hy
was die grap van die eeu.
Sommige mense maak gevolgtrekkings terwyl die wêreld
dit eers sal aanvaar lank nadat hulle dood is, soos Jesus.
Ek wil nou voortgaan met die bespreking waar ek dit
gelaat het…
Om dit maklik te maak kan ons sê;
Gras = 1 atoom = 1 sintuig = 1 gees.
Gras met saad = 2 sintuie = 2 geeste.
Vrugte = 3 sintuie = 3 geeste.
Vis = 4 sintuie nl. smaak, reuk, voel en sig.
Die sig van vis verskil totaal van die van ‘n mens of
diere en is swak ontwikkeld. Die ore van vis is hoofsaaklik vir balansering.
Die diere wat aanvanklik uit die see aan land gekom
het was doofstom, hulle het geen gehoor of geluid gehad nie en hul sig was swak
of glad nie ontwikkel, aldus die bybel. Gen. 1:24, laat die aarde voortbring
(op die vyfde dag het die water voortgebring) lewende wesens na hul soort;
vee, kruipende diere en wilde diere van die aarde volgens hulle soorte.
Dit het in hierdie volgorde gebeur; lewende wesens,
vee, kruipende diere en wilde diere.
Lewende wesens = ‘n menigte van haarfyn diertjies.
(hebreeus)
Hierdie is nie asemhalende diertjies nie maar
lewende/bewegende diertjies.
Die volgende diere wat die water verlaat het is vee
met ‘n baie lae intelligensie.
Die betekenis van vee is; ‘n water os, ‘n seekoei of
‘n nyl perd.. ook om doofstom te wees.
Klank, geluide en spraak is op land geskep, sowel as
gehoor en nie in die water of in die hemel nie. Die oor kon bv. nie op die maan
geskep word nie want daar is geen klank golwe nie.
Alle sintuie is aardse geeste, geskep op die aarde.
‘n Wilde dier is ‘n hardlopende wese, soos ‘n bok.
‘n Seekoei is ‘n stappende dier.
Tussen die “aan land gaan” van die seekoei en wilde
diere het kruipende diere aan land gegaan; dit is reptiele.
Die woord Moses het die betekenis van; om uit die
water te trek.
Die doel van Moses was dus om hierdie diere wat uit
die water aan land gegaan het “te verander in land diere”, om hul sintuie te
ontwikkel, hulle “uit die water te trek.”
Teen die tyd van die Israeliete in Egipte was die mens
beswaarlik mens, eerder meer dierlik.
Die sintuie was swak ontwikkel, hulle het spraak gehad,
kon tussen kleure onderskei en het selfs ‘n skrif gehad, maar dit was eerder om
‘n storie te vertel met behulp van prentjies.
God wou hulle verder ontwikkel. Die eerste om te
ontwikkel is die vyf sintuie; aanraking, reuk, smaak, gehoor en sig. Hierdie is
die eerste stap om hierdie diermens in ‘n geestelike wese te verander.
Moenie Moses as ‘n mens sien nie, sien hom eerder as
tien gebooie om ‘n mens te skep, ‘n super mens. Die tien gebooie is daar om die
sintuie te ontwikkel deur disipline.
Moses = die sintuie, terwyl Jesus = die siel want jy
het jou siel aan Jesus/Mo Hammed gegee, jou predikant het jou aangesê om dit te
doen.
Jesus is die tweede stap om die mens te ontwikkel en
om ‘n onsterflike siel te skep, en om hierdie rede het die slang/Lusifer gesê;
jy sal nie sterf nie en soos God word indien jy van die boom eet.
Die laaste fase is Johannes (Elia) om die ewige gees
te ontwikkel, die Lewendmakende Gees, ‘n ewige gees wat homself energeer.
Ons sal eerste met Moses deel;
Soos gesê; die sintuie was swak ontwikkel en hierdie
diermens het geen verbeelding gehad nie.
Die vermoë van verbeelding onderskei die mens van die
dier.
Moet dus nie beledigd voel as ek sê dat ten tye van
Egipte het die mens geen verbeelding gehad nie, jy sal dit binnekort verstaan.
Om te sê dat Moses dieselfde intellek gehad het as jy,
is ‘n bietjie absurd, dink jy nie so nie? Of het hulle wat mekaar in ‘n
swaardgeveg uitgedaag het dieselfde empatie as jy? Dit was slegs ‘n paar
honderd jaar gelede, terwyl Moses en Jesus duisende jare gelede geleef het.
Iemand het gedurende ‘n gesprek oor Kain gesê; Kain
was slim, sonde het ons dom gemaak en die probleem is dat gedurende Kain se tyd
het hy nie die tegnologie gehad nie.
My vriend as jy die breins het sal jy tegnologie hê.
Ek probeer nie onbeskof wees nie, want daar is mense
wat anders voel, maar nou dat jy hierdie gesprek gelees het moet jy erken,
tegnologie is nie daar omdat ons tegnologie het nie maar omdat kennis
vermeerder het en omdat ons intelligenter is.
As jy dus Genesis lees, dan Moses en dan Jesus is dit
duidelik dat dit deur verskillende intelekte geskryf is.
Die bybel beskryf duidelik hoe die mens ontwikkel het.
Horeb is ‘n simbool van die beeld van God. ‘n Berg
simboliseer die roem van ‘n God of ‘n persoon. Hoe hoër die berg, hoe meer roem
‘n Mens kan
slegs van liefde praat
wanneer jy liefde verloor het
jy kan slegs die lewe waardeer
wanneer jy gesterf het
jy kan slegs liefhê
wanneer jy lief geword was
jy kan slegs dink
as daar oor jou gedink was
jy kan alleen voel
as jy pyn gehad het
jy kan alleen kennis ontvang
as jy dom is
want as jy alles weet
is daar niks om te leer nie
want jy weet reeds alles
ek is nakend Here
leer my asseblief
nooit wil ek alles weet nie
want dan is daar niks….
Ek het u lief, ek bemin u bo alles
Johan.
Ek sou nooit kon weet wat reg is
As ek nie die verkeerde gedoen het nie
Alhoewel ek vleeslik is,
Die wet is geestelik
Ek sou nie vrede kon hê
As ek nie vrees geken het nie
Ek sou nie kon hoor
as daar nie klank was nie
ek sou nie kon sien
as daar niks was om te sien nie
alles wat ek sien
dit gebeur in my
die voëls wat vlieg
hulle vlieg hier binne my
die pyn wat ek voel
dit is hier binne my
die mooiheid wat ek sien
dit is binne my
daar is niks
wat buite my is nie
die musiek wat ek hoor
dit is binne my
die liefde wat ek ontvang of gee
dit is binne in my
niks gebeur
behalwe binne my
dit is so pynlik
dit is so wonderlik
dit is my
dit is ek, dit is net ek
dit maak my hartseer
dit maak my bly
die enigste een
die uwe.
Wanneer ek die berg bestyg, O Heer
Om na u uit te reik
Wag vir my Here
Maar wees altyd
Net ‘n beitjie verder as ek
Dit maak my bly om te reik
Maar om nie te raak
Dit maak my hoër
Dit maak my nederig Heer
Kennis bring vryheid.
Ons is slawe omdat ons onkundig is.
Daar was eenmaal twee persone wat mekaar gedaag het om
uit ‘n vliegtuig te spring op 3000 meter.
Die uitdaging was om te sien wie eerste die grond sal
bereik.
Hulle het gelyktydig gespring; dit het hulle 5 minute
geneem om van 3000 meter tot 2000 meter te val.
Toe maak een van hulle sy valskerm oop en hy het die
grond 40 minute later bereik.
Die ander een was reeds daar en hy was ooglopend die
wenner maar hy het nie ‘n valskerm gehad nie, hy het nie kennis gehad van ‘n
valskerm nie.
As albei van hulle dieselfde gewig gehad het en dit
het hulle 5 minute geneem om 1000 meter te val, hoe lank het dit die een sonder
die valskerm geneem om die aarde te bereik?
Die idée met Moses, die tien gebooie, was nie net om
die sintuie te bevorder nie maar ook om kennis te ontvang. Om hierdie rede het
hy ons na Horeb geneem.
Horeb beteken Berg van God en verduidelik die
beeld van God.
Voordat ek daaroor praat, wat was jou antwoord, hoe
lank het dit die een sonder valskerm geneem om die aarde te bereik?
Die antwoord is eenvoudig; dit het hom die res van sy
lewe geneem.
Waarom het dit hom die res van sy lewe geneem?
Want hy was verseker dood toe hy die aarde tref!!!
Het die vlooi jou gevang?
Het die vlooi jou gevang?
Dit is die verskil tussen om ‘n slaaf te wees en om
vryheid en kennis te hê van byvoorbeeld ‘n valskerm.
Horeb beteken; lewe of dood.
Om mekaar te hoor en om mekaar te sien.
Horeb het twee pieke gehad, net een word genoem,
nl.Sinai.
Die ander piek is Sion, maar Sion was nognie sigbaar
vir ons toe ons die voet van die berg bereik het nie.
Waarom? Omdat Sion ‘n denkbeeldige piek was en ons het
nognie die gees van verbeelding gehad nie.
Ons kon slegs glo in dit wat die blote oog kon sien.
As ons verbeelding moes gebruik, het dit eenvoudig nie vir ons bestaan nie.
Slegs dit wat ons kon sien, raak, hoor, proe en ruik
het bestaan. Ons was vyf sintuiglike diere.
Om hierdie rede moes ons God in die beeld van ‘n berg
sien.
Sinai beteken ook; sintuiglik, denkbeeldig of
simbolies.
Met ander woorde dit is ‘n beeld van God bedoel vir
die sintuiglike persepsie. Dit is ‘n sigbare prent om God te verduidelik en
soos jy weet God = man en vrou in een prent van die berg. Ons sal die manlike
en vroulike helftes van hierdie prentjie van die berg van God verduidelik
Dus, wat die blote oog of die nakende dierlike sintuie
kon waarneem = God, minstens vir hulle op daardie stadium van die skepping.
Die berg is die boom van kennis om ons sintuie te
penetreer. Om hierdie rede stel God homself voor op die volgende maniere;
‘n Sigbare manier want as ons dit nie kon sien nie het
dit eenvoudig nie bestaan nie. Selfs tot vandag het geen prediker of sy
gemeente dit verstaan nie. Waarom? Omdat selfs vandag nog kan ons slegs glo wat
ons sien of wat ons voorheen gesien het.
Verbeelding is die sesde gees en voor die koms van
Jesus het ons geen verbeelding gehad nie.
Verbeelding = die Heilige Spook/Slaap (Ghost) of sesde
koepel, ons sal later daarmee deel, maar hierdie gees hou jou gevange. Miskien
verskil jy hiermee op hierdie stadium, maar lees asseblief verder, jy sal later
verstaan.
Ek moet nou meer simbole en beelde verduidelik sodat
jy Horeb kan verstaan, wat ‘n foto beeld van God is.
Simbool opsommings.
Indien jy hierdie simbole regdeur die bybel gebruik sal
jy die bybel verstaan. Ek sal jou ook ‘n paar konsepte gee om jou te help
verstaan.
Die beeld van God = een gesamentlike liggaam, maar
twee komponente.
Beeld = manlik en vroulik.
= hemel en aarde.
= gees en vlees.
= nie tasbare en die tasbare.
= die onsigbare en sigbare.
= lig en duisternis.
= man en vrou.
= woord/spraak en liggaam.
Wanneer God sê; kom ons maak mens na ons
beeld en na ons gelykenis beteken dit dat die mens dieselfde beeld as
bostaande het.
Alles wat jy sien is duisternis.
Ons noem duisternis = vroulik, vlees, aarde, die
menslike liggaam, die tasbare en die sigbare.
Alle onsigbare dinge is lig.
Ons noem lig = manlik, hemel, gees, spraak, asem, nie
tasbare en onsigbare.
Alle vloeistof = gees en manlik.rbeeld; water, wyn,
rivier, bloed en die see.
Alle atmosferiese stowwe soos asem, stof, rook en
vuur.
Om hierdie rede gebruik sommige gelowe steeds rook in
hul seremonies en dit is die rede waarom ons sê; man is ‘n geestelike man
(huweliksmaat), want hy is uit stof geskep en nie uit grond/klei soos
die liggaam nie.
Stof simboliseer die gees van alle aardlinge; plante,
vis, diere en mense.
Om dieselfde rede is Kain ook ‘n geestelike wese, die
een uit die bose gees. Hy is die gees van die oog; die oog (die vrug van die
boom) het geboorte gegee aan hom en hy het sy ma bevrug (Eva/aarde) en sy het
geboorte gegee aan diere en uit die diere het God die mens geskep.
Verder; die gees van die oog = wellus, begeerte,
jaloersheid en baie meer.
Hierdie gees is die gees van verbeelding; by Horeb het
ons nognie hierdie gees gehad nie, dit is die sesde sintuig, diere het nie
hierdie vermoë nie, dit is die sesde koepel in jou brein.
Die gees van verbeelding = die gerub vermeld in Gen.
3:24 en het sy oorsprong met die koms van Jesus gehad; logies kon dit nie
tevore bestaan het nie want die mens moes eerstens die sintuie ontwikkel;
inteendeel Gen. 3:24 praat van jou.
Die sesde gees sluit ook die siel in met sy emosie en
uitdrukking soos; lag, huil, blydskap, hartseer en waarskynlik die grootste is
vrees.
Die gees van verbeelding is die tweede hemel vir die
mens – Jesus het ons in hierdie hemel gebring. Ons het die eerste hemel
ingegaan by Horeb, waar die vyfde koepel van gehoor geopen is nl. die blaas van
die vyfde basuin.
Om te hoor en te luister was die belangrikste aspek by
Horeb.
HERE (hoofletters) is die geestelike liggaam van God
in die hemel.
Here is die liggaam op aarde.
Oos = voor(kant)
Wes = agter.
Noord = links.
Suid = regs.
God het 7 oë = 7 geeste = 7 engele = 7 horings.
Hoe langer die horing, hoe hoër het dit in die hemel
opgegaan of hoe magtiger is die horing.
Geeste; die aarde
het ses van die geeste van God geskep nl.; gehoor, aanraking, sig, smaak, reuk
en die gees van verbeelding. Al hierdie geeste behoort aan Satan, God van die
aarde/sigbare. Jy mag nou dalk sê; maar hy is nie God nie? Ja hy is, Jesus het
hom die Prins van die aarde genoem. Wat presies is ‘n prins? Hy noem hom Prins
want hy is die een gekroon as God toe jy die vrug van die oog geneem het
en met hom getrou het. Hy is jou kind verkry met die hulp van die HERE.
Ook die kragte van wind, aardbewings, vuur, water,
vulkane en drie dimensionele atome is
magte van Satan en is die hoof skepper van die dinge wat jy sien.
Nommers;
Gras = 1
Gras met saad = 2
Vrugte bome = 3
Vis = 4
Diere = 5
Mens = 6
God = 7
Hierdie nommers simboliseer die geeste van elkeen.
Die ark wat op die skouers gedra was simboliseer jou
kop, gesig of die tuin in Eden.
Die menslike liggaam = Eva, Maria, Jesus of Eden.
Ook in sommige gevalle = duiwel, Judas en die seun van
verderf.
Daar is aardse geeste = manlik.
Daar is hemelse geeste = manlik.
Berg = die glorie van God of Satan of ‘n heerser
= sy
beeld.
Ons het geleer dat God = die skepping met all sy
inwoners.
Alle sigbare dinge = die vrou of liggaam van Christus.
Christus = die
Woorde van God – die Gees van God – die Seun van God.
Dus; gras, bome, voëls, vis, kruipende diere, diere,
mense, aarde, son, maan en sterre ageer as die liggaam van Christus die gees.
Alle sigbare voorwerpe is vroulik.
Ek wil dit aan jou verduidelik by wyse van ‘n
luidspreker en die musiek wat daaruit kom;
Luidspreker. Musiek.
Die luidspreker is slegs die kas Die musiek kom uit die
luidspreker.
wat die klank weergee.
_________________________________________________________
die
luidspreker is nie
Die musiek is nie die luidspreker nie
die musiek nie.
Die luidspreker is ‘n simbool Musiek is die simbool van jou stem.
van jou liggaam.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die man.
van die vrou.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van die
van die sigbare. Onsigbare.
Die luidspreker is die simbool Musiek is die simbool van lig.
van duisternis.
Die luidspreker en musiek ageer as een liggaam, die
een het die ander nodig, want daar kan geen musiek wees as daar nie ‘n
luidspreker is nie en die luidspreker kan nie sy eie musiek maak nie.
Tesame simboliseer hulle die skepping, God, jou.
Ek sal jou meer simbole gee soos ons vorder maar
hierdie is die basis.
Ek kan dalk net dit byvoeg; Kain is die eersgebore
Gees van die aarde.
Aarde = Adam =
atmosfeer en Eva (grond).
Aarde het die eier van die skepping geproduseer, die
liggame uit grond en word genoem, dogters van die aarde of van God.
Die atmosfeer het die sperm van die atmosfeer
geproduseer naamlik gees uit stof en word genoem seuns van die hemel of van
God.
Toe hierdie liggame oë ontwikkel het, ‘n bewustheid,
deurmiddel van die oë het dit ‘n gees geskep.
Ons noem hierdie gees Kain – die bose gees, die
jaloerse gees; jy kan nog baie byvoeg.
Ons kan hierdie gees ook die volgende noem;
Satan.
Die sesde gees.
Die tweede hemel.
Die gees van verbeelding.
‘n Mense gees.
Die siel.
Dit is dus duidelik dat Satan sy geboorte uit die
gesigsvermoë ontvang het, uit die menslike oog. Die oë het oopgegaan
Gen.3:7.
Dit is die gees van kennis.
Dit is die gees van die vrug van die boom (die oog) in
die tuin in Eden (jou gesig.)
Jou oë gee geboorte aan hierdie vrug/gees. Die mens
gee geboorte aan Satan. Satan is gebore in die tuin, jou gesig/oog. Hy het man
uit die tuin uitgedryf, uit jou brein en het hom vervang in die ooste van die
tuin, dit sê; hy sit in die voorkant van jou brein/jou voorkop. Natuurlik is
dir reuse vooruitgang want nou ontvang die mens ‘n nuwe gees en brein.
Jesus het oor die spruit Kedron gegaan na Getsemanie waar
daar ‘n tuin was, waar die verraad gepleeg is.
Kedron beteken; om te brand of om te verbrand ‘n
simbool van die Jordaan rivier.
Die betekenis van Getsemanie is; om te trou of om
getroud te raak of om gesalf te word. Hier is Jesus gesalf met die
verraad.
Getsemanie is dus ‘n tuin wat jou gesig of die tuin in
Eden simboliseer waar Jesus/man/jy “gesalf of getroud is” of waar jy/man
gevange geneem/verraai is om vervang te word deur gerub of die gees van
verbeelding soos in Gen. 3:24. Om hierdie rede het hy “oorgegaan” oor
Kedron bedoelende, die gees van vuur om jou te verteer het sy plek
ingeneem/daar was ‘n “oorgang” in die brein. Die doel was om getroud te raak of
om gesalf te word; ons praat later weer hieroor. Nietemin, hierdie oorgang is
geweldige vooruitgang vir die mens of die skepping.
Hy het die plek van man/Christus ingeneem en sy ma
bevrug.
Wie is sy ma?
Jy is sy ma en hy het jou bevrug/die mens.
Ek sê; jy is die ma van Satan.
Ek sê; jou oë het jou bevrug sodat jy geboorte kon gee
aan Satan, want God het Satan geskep.
Om wat te doen? Waarom? Hoe? Wat nou? Is ek nou
verdoem? Dit is nie waar nie is dit? Ja dit is waar en wonderlik!!!!
As gevolg van hierdie bevrugting het Eva/mens/aarde
geboorte gegee aan alle lewe.
Ons sal dit verder bespreek in ‘n ander hoofstuk van
hierdie openbaring.
Die openbaring is aan Johannes gegee en alleenlik aan
Johannes; Opnb. 1:1 en niemand anders kan dit openbaar maak nie, eenvoudig
omdat ‘n Koos dit nie kan openbaar as dit aan ‘n Johannes gegee is nie. Dit is
tog logies alhoewel kerk totaal verblind is vir die koms van Johannes.
Openb. 11:1; ‘n riet soos ‘n stok is aan Johannes
gegee en die engel het gestaan en gesê; staan op en meet die tempel van God.
Dit is Johannes ‘n getroue getuie van God wat met jou
praat, want die engel van Jesus het aan hom gesê; Openb. 10:11, jy moet WEER
profeteer oor baie volke en nasies en tale en konings. Hieruit kan ons
aflei dat slegs Johannes hierdie temple kan “meet”.
Verseker is dit wat Johannes sal doen. Johannes is in die hemel vir elkeen.
Opsomming.
Ons het nou geleer hoe verskillende spesies geskep is
deurdat “lewe” in twee verdeel is genoem man en vrou.
Jy het verder geleer dat die oorsprong van alle
toekomstige lewe sy oorsprong in die menslike brein het en dat Eva die moeder
van alle lewe is.
Jy het meer omtrent die beeld van God en jouself
geleer en omtrent die simbole van die bybel en hoe Satan gebore is deur middel
van die eerste gemeenskap, inteendeel die mens is die moeder van Satan want die
mens (Eva) is die moeder van ALLE lewe/gees. Ontken jy hierdie vers in die
bybel? Stem jy saam? Ja of nee? Of dink jy hierdie vers is ‘n leuen wat sê Eva
is ma van alles wat lewe?
Of ontken jy dat jy Eva is?
Alle liggame van alle lewende wesens op aarde word Eva
genoem.
Ek sê; ook die diere en voëls en visse se liggame word
Eva genoem, logies so.
Jy verstaan nou ook dat die eerste lewe tweeslagtig
was en het nie ‘n ander wese nodig gehad om voort te plant nie.
Hemel en aarde het mekaar aan die lewe gehou.
Aarde is die baarmoeder van God/die skepping en sy
gee lewe aan alle lewe. Hemel is die saadsak van die skepping om die baarmoeder
te bevrug.
Klank en gehoor is op land geskep nie in die water of in die hemel nie.
Die betekenis van Moses is; om uit die water te trek bedoelende; om die
wesens wat uit die water/see gekom het in land diere te verander en om hul
sintuie te ontwikkel.
Die bybel sê almal is gedoop met die gees van die Rooi
see, bedoelende vis.
Jy het nie aarde toe gekom om te lewe nie maar om te
sterf en nadat jy gesterf het is die lewe, dit is logies.
In ons volgende bespreking bespreek ons hoe ons
sigbare wesens geword het. Jy sal meer omtrent Satan leer.
Jy sal leer aangaande die geboorte van Ismael. Jy sal
leer omtrent die Rooi Draak soos beskryf in Openb. en hoe hy gebore is en die
betekenis van sy tien horings en sewe koppe.
Vir die eerste keer in die mens se geskiedenis word
dit openbaar.
Johan.
2 comments:
I would like to exchange links with your site johannese.blogspot.com
Is this possible?
give me your details, email address so we can chat. Johan
Post a Comment