Die gebed.
Die gebed.
As kind
moes ek die onse vader uit my kop geleer het, amper soos ‘n resitasie.
Maar;
wat is gebed en wat is die onse vader?
Die
onse vader is nie ‘n resitasie nie, maar dit leer ons ‘n volgorde van
hoe ons moet bid om resultate te verkry. So baie mense bid en bid sonder om
resultate te verkry. Indien jy een van hulle is sal jy nou leer HOE om
resultate te verkry. Jesus het ons ‘n voorbeeld hiervan gegee maar ons was “te
dom” om te verstaan wat die onse vader werklik beteken.
Gebed
is nie iets waar jy in die aand op jou knieë val om te vra of aan te dring op
die dinge wat jy wil hê nie.
Gebed
is die dinge wat jy van vanmôre tot vanaand gedoen, gedink en gesê het en
behoort in die aand afgesluit te word met die onse vader.
Ek sê; jou
daaglikse gebed is = dit wat jy vandag gedoen, gedink en gesê het.
Ek sê;
as jou gedagtes vir vandag was, hoe jy gaan wraak neem op iemand, dan is dit = jou
gebed.
As jou
gedagtes vir vandag was, hoe sleg dit gaan of oor al jou probleme wat jy het, dan
is dit = jou gebed en dit is wat jy gaan kry, WANT DIT IS JOU GEBED, die dinge
waarvoor jy vra. JY KAN SLEGS KRY WAARVOOR JY VRA, LOGIES.
Ek
sê; as jou “gebed” vandag negatief was dan sal jy môre die negatiewe kry, want
dit was wat jy gevra het en jy kan niks anders kry as dit waarvoor jy gevra het
nie.
Ek sê; as
jy glo wat jy vandag gesê en gedoen het dan is dit wat jy môre sal kry.
As
dinge sleg gaan dan is dit baie, baie moelik om ‘n positiewe gebed te hê, maar
begin om positiewe dinge te sê, begin om dinge te sê soos; hoe jy dit graag
wil hê, en binnekort SAL JY DIE DINGE ONTVANG WAT JY VRA. Jy kan begin deur te
se; dinge is alreeds beter.
Jare
gelede het ek ‘n grap daarvan gemaak as mense my vra; hoe gaan dit?
My
antwoord was; ellendig baie dankie en met jou?
Dit was
nie baie lank nie of my hele lewe was totaal ellendig, dit het my langer geneem
om uit te vind waarom!!!!!
Baie
mense spandeer hul hele lewe daaraan om aan ‘n/die probleem te dink, natuurlik
sal die probleem nooit opgelos word nie. Waarom nie?
Omdat
jy jou energie mors EN DIE PROBLEEM VERERGER.
EK Sê; DINK
AAN DIE OPLOSSING WANT JY SAL DIE PROBLEEM NOOIT OPLOS SOLANK JY AAN DIE
PROBLEEM DINK NIE.
Einstein,
een van die grootste wetenskaplikes en ook profete van ons tyd het gesê;
wanneer jy iets nie verstaan nie; SPANDEER NET TYD DAARAAN. Logies; tyd aan die oplossing.
Math.
21:18-22; hierdie verse leer jou presies wat ek jou nou gesê het.
Jesus
het ‘n woord gespreek en die vyeboom was gehoorsaam aan die Woord, hy
het verdroog.
Jesus
sê toe; as julle geloof het en nie twyfel (in dit wat jy sê), sal julle nie
alleen doen wat met die vyeboom gebeur het nie, (naamlik verdroog) maar al sê
jy ook vir hierdie berg; hef jou op en werp jou in die see – sal dit gebeur.
Lees ook Mark. 11:23-26.
In
eenvoudige taal sê dit; as jou gebed/gedagtes vir vandag ellende was dan is dit
wat jy môre gaan kry, want dit was jou gebed, die dinge wat jy vra en in glo
sonder om te twyfel.
Dril
dit in jou kop in; JY KAN ALLEEN ONTVANG WAARVOOR JY GEVRA HET!!!! As
dit nie waar is nie, kan jy netsowel jou bybel in die asblik gooi. Ek kan dit
nie meer as dit beklemtoon nie..
As jy
ander seën, ontvang jy seën en om hierdie rede het Jesus gesê; seën jou vyande.
Jy kan SLEGS ONTVANG AS JY GEE, EN WAT JY GEE. As jy nie seen nie kan jy
nie seen ontvang nie.
Die
betekenis van vyeboom is; om aan te hou met lewe, kameraad, besitting of
voltooiing.
Jou
gebed is jou KAMERAAD, JOU BESITTING, WIE JY IS en bepaal wie jy is en of jy
sal aanhou om te lewe. As jou gebed negatief is sal jy “die vyeboom” verdroog,
maar as jou gebed positief is sal jy “jou vyeboom” vrug dra.
Jy is
die vyeboom en wat hierdie gelykenis ons leer is; jy kan verander deur jou
woorde te verander, as jy glo IN DIT WAT JY Sê sonder om te twyfel.
Sê enigiets
en vra jouself dan die vraag; glo jy dat jy gesê het wat jy nou net
gesê het? As jou antwoord ja is, dan is dit genoeg geloof om te verander
wat jy ook al wil verander.
JESUS
HET GESE; as jy geloof het sonder om te twyfel,
dan kan jy enigiets doen, en dit beteken; jy kan ellende hê OF jy kan
die wonderlike dinge hê, afhangende van WAARIN JY GLO sonder om te twyfel.
As jy
sê jy is mislik, dan sal jy binnekort glo sonder om te twyfel dat jy mislik is,
en dit is dan ook wie jy is, want wat jy glo is waarheid vir JOU, die res is
leuens. Daar is geen groter waarheid as dit nie.
Ek sê; jy
kan die vyeboom/jouself vertel om te verdroog of om vrug te dra.
Die
vyeboom kan haat of liefde produseer.
Die
vraag is, hoe skep jy geloof sonder om te twyfel?
Jy
moet jou ore laat drink wat jou mond praat/eet, en wat jou ore drink sal
jy/waar word, want jy is ‘n geestelike fabriek.
Jy is
nie geskep om perfek te wees nie, maar om perfeksie te skep.
Jy kan
nie die wêreld die hele dag vertel dat jy Moses is nie, en in die aand bely jy
dat jy inderdaad Hitler is nie, of andersom.
Ek sê;
jy is dit wat jy die hele dag bely het, en dit is jou gebed en dit is wat jy
binnekort sal wees, as dit nog nie is nie sal dit binnekort wees, want jy word
wat jy sê, en jy kry dit waarvoor jy bid/sê, dit is ‘n onveranderlike wet.
Ek sê;
jy glo sonder om te twyfel wat jy vandag gesê het.
Of lewe
jy ‘n leuen?
Om jou
geloof “sonder twyfel” te verander, MOET JY DIE DINGE WAT JY Sê
VERANDER EN ALLES SAL DIENOOREENKOMSTIG VERANDER, want jou ore drink die
gees wat uit jou mond uit kom en jou “brein” gee jou wat jy vra. (Naby jou is
die Woord, in jou mond en in jou hart. Dit is die woord van geloof wat ons
verkondig) Rom.10:8
Miskien
sê jy; jy weet nie hoe ek voel nie maat, ek voel aaklig!!!
JY IS
AAKLIG, dit is waarom jy dit sê, en jy sal so bly as jy nie jou woorde verander
nie.
Waarom
sê jy nie; ek voel wonderlik, want jy saai wat jy graag wil oes, al
sien/voel jy nognie die oes nie.
Wanneer
ek aaklig voel begin ek bid en sê; Here ek voel aaklig vandag, maar ek dank u
daarvoor, maar nou wil ek beter voel deur beter dinge te sê soos; ek voel
wonderlik!!!
Het jy
al ooit daaraan gedink om God te dank vir jou siekte?
Die
skrif leer my om God vir ALLES te dank, daarom kan jy begin om hom te
dank vir die pyn wat jy het, en begin dankie sê vir die wonderlike van môre.
God kan net gee wat hy van jou ontvang.
Die
skepping word deur gees bedien en wat jy sê en glo, dit is wat jou “engele” vir
jou sal doen. Wanneer iemand jou vra; hoe gaan dit, sê dan; fantasties,
wonderlik. Jy sal die verskil in enkele dae voel, gewaarborg!!!!!
Lees
hierdie dinge hardop, sodat jou ore die gees van hierdie woorde kan drink, want
die gees wat jou oë drink is ‘n leuen.
Ek sê;
jou oë voer jou brein met leuens, moenie hulle glo nie.
Maak
dit ‘n daaglikse roetine om te sê en te luister wat jy sê; sê; EK is die
God wat jou doodmaak en EK is die God wat jou lewe gee.
Sê dit
totdat jy verstaan wat dit sê, want jy weet nie wat dit bedoel nie.
Sê; Ek
is die een wat jou siek maak en Ek is die een wat jou gesond
maak. Lees Deut. 32:39.
Sê; EK
is die Here JOU God; sê dit totdat jy verstaan wat dit sê want jy
weet nie!!!! Slegs wanneer jy weet wat dit beteken, kan jy al die ander dinge
verstaan en kan God vir jou werk en doen wat jy sê. Sê dit al neem dit jou
maande om te verstaan!!!!!
Ek sê;
jy sal NIKS VERSTAAN as jy nie hierdie waarheid verstaan nie!!!! Deurn 32:39!!!!
Ek sê; LAAT
JOU ORE HOOR WAT JY Sê. Probeer die volgende oefening:
As jy
wil hê jou gebed moet beloon word MOET JY JOU ORE OP JOU STEM KONSENTREER.
Maak jou hande bak agter jou ore en focus op jou woorde terwyl jy hardop praat.
Jesus het voortdurend gesê; laat hy wat ore het, LUISTER WAT
DIE GEES Sê. Moenie sien wat die oë sien nie. Moet ook nie hoor wat die
vleeslike oor hoor nie, hoor wat die gees se. Ons planet is een van min of
selfs die enigste een waar klank gehoor kan word omrede ons unieke atmosfeer,
maar die geeste waarvan ons hier praat het dit nie nodig nie. Dit is soos die
wind se die bybel, jy weet nie waarvandaan dit kom nie.
Om geloof sonder twyfel te skep, sal jy die dinge moet sê soos jy
wil hê dit moet wees. Jy sal die dinge moet ROEP wat jy nie kan sien of
nie werklikheid
is nie.
(Heb. 11:1 en Rom. Hierdie woorde gaan
nou in vervulling; GENEESHEER GENEES JOUSELF. Die vrug van die dinge wat jy roep maar
nognie kan sien nie is;
DIT WORD REALITEIT SONDER ENIGE TWYFEL,
want jy het dit in bestaan geroep, jy het dit geskep. Het jy al ooit hieraan
gedink;
Die
mens is ‘n Geestelike fabriek , ‘n skepper sy lewe lank. Dit is die
belangrikheid van JOU.
Jesus
het gesê; God kan slegs doen SOOS HY HOOR. (Joh. 5:30)
Ek sê;
God is gees, (Joh.4:24) draer van woord en andersom, en kan slegs volgens jou
gesproke woord doen.
Ek sê;
God kan niks doen as hy nie hoor wat hy moet doen nie, maar as hy hoor
dat jy ellendig is sal hy presies dit vir jou doen. Die mees belangrike ding in
jou betsaan is jou gesproke woord en jou brein. Die bybel is duidelik oor die
belangrikheid van woorde en jou brein. Jesus het gese; woorde is gees en lewe.
As dit waar is dan is die vokgede belangrike ding jou brein, jou komputer wat
woorde in gees omskep. Die oog is die boom van dood en die oor die boom lewe,
dit is as jy die korekte woorde gebruik om die boom van lewe te voed. God het
jou met ‘n brein geskep wat jou of siek of gesond kan maak afhangende van die
bemesting wat die oor binne gaan.
Jy
bestaan uit twee dinge naamlik; EK/MY en JY/JOU.
EK/MY =
jou gees/identiteit en JY/JOU = jou vleis.
Spandeer nou tyd om te verstaan wat ek sê!!!
Sê; EK
is die Here JOU God.
Sê; dit
is EK wat JOU siek maak.
Sê; JY
maak MY siek.
Weereens,
laat jou ore hoor wat die gees sê.
Ek sê;
laat JY hoor wat EK sê.
Gaan
staan voor ‘n spieël en sê hierdie dinge terwyl jy na jouself kyk en wys na
jou liggaam as jy sê JOU/JY en na jou mond wanneer jy sê EK/MY.
Jy sal
die krag van hierdie oefening voel.
Sê; EK
het JOU lief.
Ek is
wat Ek is (Exodus 3:14)
Woorde
kan jou bevrug/verwagtend maak met gees, want woorde is die draer van gees.
Jy
kan jouself in enkele dae verander.
Ek sê;
eenmaal bevrug, kan jy geboorte gee aan ‘n nuwe jy/’n nuwe vyeboom in ‘n
kwessie van dae, sê net die dinge wat jy begeer en laat jou ore die gees
drink. Die bybel se ons drink
gees. Die rede is; water is die
simbool van gees.
Salomo
het gesê; hy wat die vyeboom oppas sal die vrug daarvan eet, maar ek kan ook
sê; hy wat nie sy vyeboom oppas nie sal OOK die vrug daarvan eet.
Jy is die vyeboom.
Woorde
is die draer van jou emosies/jou gedagtes; dit kan haat of liefde wees of
blydskap, dit kan jou doodmaak of lewe bring.
Ek sê;
daar is lewe in woorde; woord = gees = lewe OF DOOD (dood en lewe is in die mag
van die tong Spreuke 18:21.) afhangende waarin jy glo. Ek sê; woorde het mag
om jou te dood of om jou te laat lewe, of mag om te gee of te neem!!!!!!
Jesus
het gesê; die woorde wat ek tot julle spreek, is gees en is lewe.
Joh.6:63.
Gees is
die draer van woorde en die woorde wat jy tien jaar gelede gesê het is steeds
in die atmosfeer, kan nooit verdwyn nie en moet vervul word.
Jesus
het gesê; so moet julle dan bid, Math. 6;9.
Jesus
het ‘n volgorde
van gebed aan ons gegee.
Die
eerste ding wat hy sê is Math.6:7; moenie ydele herhaling van woorde gebruik
nie. Die meeste van ons se gebede is so deurmekaar dat ‘n mens die vraag kan
vra; nou wat is dit wat jy eintlik wil hê?
Onse
vader wat in die hemele is, laat u naam geheilig word.
Wat dit
sê is; die eerste ding waarmee jy jou gebed begin is om die naam van God
te heilig deur byvoorbeeld te sê; heilig, heilig, heilig is u naam, die naam bo
alle name, die mooiste naam, die ewiglewende.
Hou vir
‘n rukkie hiermee aan. Wat jy in efek doen is om die een met die ewige gees te
roep. Alle ongewenste geeste sal “hardloop”.
Jy kan
dinge sê soos; ek vra toestemming om tot u te nader, ek wil dat u in my inkom,
ek wil dat u my metgesel sal wees, om in u te wees en u in my sodat ons een kan
wees. (Sien ook Joh. 17:21 en 22)
Heilig,
heilig, heilig is u naam, u eenheid daar bo en maak ook my eenheid heilig. Dit
is belangrik om dit drie keer te herhaal.
Natuurlik
is dit belangrik om te identifiseer met wie jy wil praat want daar is
duisende geeste. As jy met Piet wil praat bel jy tog nie vir Koos nie.
Wat is
die eenheid van God?
1
Johannes 5:7; daar is drie wat getuig in die hemel; die Vader, die Woord en die
Gees en hierdie drie is EEN.
Wat
beteken dit?
Die een
wat praat = die Vader en sy stem = die Woord en die Gees in die spraak = die
Gees. Logies is hulle ‘n eenheid en nie drie persone soos ons al die jare
gepreek het nie. Ons is geleer dat dit drie persone is en hierdeur het ons die
eenheid verbreek, want hierdie drie dinge = ‘n “persoon”, dit beskryf ‘n
lewende wese.
Omdat
jy na die gelykenis en beeld van God geskape is, het jy logies ook
hierdie beeld van eenheid.
Ek sê;
jy is ook ‘n eenheid naamlik; jy wat praat, jou stem van woorde en die gees in
jou woorde, en dit is ‘n eenheid, een liggaam en DIT IS JY. Wanneer jy
dan bid LUISTER wat jy sê, want wat jy hoor = JY.
Maar;
wat is jou woorde en wat is die gees in jou woorde?
Indien
die gees in jou woorde bv. wraak is, sal jy slegs met sulke geeste kan
kommunikeer.
Die
tweede ding om te doen as jy bid is;
Vers
10; laat u koninkryk kom, laat u wil geskied soos in die hemel so ook in die
aarde.
Nou kan
jy aan God sê hoe jy wil hê die koninkryk moet wees. Gebruik jou “wildste”
verbeelding. Voordat jy dit doen, seën die woorde wat jy gaan gebruik. Sê;
Vader seën die voedsel/woorde wat ek nou gaan eet, seën dit aan u
liggaam en ook aan my liggaam.
Dink jy
nie God het ook dinge nodig soos; jou liefde, gesondheid, plesier, blydskap en
al die dinge wat vir jou belangrik is om te hê nie?
Daarom;
gee dit aan hom deur te sê; ek wil dat u gelukkig is, om gesond te wees, om
liefde te ontvang, my liefde, rykdom, ewige lewe en dat u regeer.
Jy is
veronderstel om die hemele te voed en JY KAN SLEGS TERUG ONTVANG WAT JY
INGESIT HET, WAT JY God gegee het. LOGIES IS DIT SO want jy kan net kry wat jy
ingeskink het.
As
jy water in ‘n glas gooi sal jy SLEGS water daar uitkry.
Ek
sê; as jy haat inskink kan jy slegs haat uitskink. Gedagtig aan die openbaring
tot dusver, wil ek u versoek om die volgende gedeeltes goed te oordink.
Daarom
het jy nou op hierdie stadium van jou gebed die geleentheid om AAN GOD TE GEE
WAT JY VIR GOD WIL HE, want die dinge wat jy hom gee is die dinge wat hy aan
jou kan terug gee. Dit is hoe die skepping werk. Soms koop ek iets lekker om te
eet en terwyl ek die geure geniet sê ek; proe HERE, proe die smaak , geniet
dit saam met my, proe hoe wonderlik u dit gemaak het.
Die
derde ding om voor te bid is; Vers 11; gee ons vandag ons daaglikse brood.
Slegs
nou, nadat jy God sy daaglikse brood gegee het, kan jy vir jou daaglikse
brood vra, en jy vra nie net vir jouself nie, want die skrif sê; gee ONS
en nie gee my nie.
Ek sê;
moenie gulsig wees nie; God moet eerste eet voordat jy eet.
Logies
is dit so, want dit is wat hierdie gebeds model ons leer, stem jy saam?
Wat is
die dinge wat jy nodig het?
Weereens,
moenie ‘n vraat wees en eerste wil eet nie, vra eers die dinge vir jou haatlike
buurman; vra om hom lief te hê, vra genesing vir die siekes en hulp vir die
armes, want onthou, hulle is selle van jou liggaam, haat jy die siek dele van
jou liggaam, of wens jy dit genesing toe?
As jy
jou buurman genesing gee, dan het jy genesing; as jy jou buurman haat dan haat
jy jouself, OMDAT julle een geestelike liggaam is.
Die
vierde ding van jou gebed is soos in vers 12;
Vergeef
ons ons skulde, soos ons ons skuldenaars vergewe.
Vra
eers vergifnis vir jou buurman of vir hulle wat jou te na gekom het.
Nadat
jy nou die goeie en die vergifnis vir jou buurman gevra het , NOU KAN JY VIR
JOUSELF VRA.
Noem
die wat jy kan onthou asook die wat jy nie kan onthou nie, want iemand anders
onthou dalk jou sondes.
Jy sal
vind dat sodra jy dit begin doen sal die gees jou herinner aan dinge wat jy
lankal vergeet het.
Vers
14; as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse vader
julle ook vergewe. Lees ook Mark.11:25-26.
Vers
15; maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie sal julle
vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
Dit
maak dit dan duidelik; vergewe eers jou buurman en dan vra jy vergifnis
vir jouself, ANDERS SAL JOU SONDE NIE VERGEWE WORD NIE, jy vra verniet!!!!
Jou
stem van woorde het mag om te vergewe.
Die
vyfde ding om te doen is;
Vers
13; lei ons nie in versoeking nie, maar verlos ons van die bose.
Nou kan
jy die dinge noem waarmee jy ‘n stryd voer om af te skud. Vra dat hierdie dinge
in jou sterf.
Bid
hardop wanneer jy bid sodat jou ore die gees van jou gebed kan drink;
konsentreer op die woorde wat jy sê, fokus jou ore sodat dit jou
brein kan indring, want wat jy ookal sê, goed of kwaad, dit is
voedsel vir jou brein.
Lees
Heb. 9:5; laat jou gerubs van heerlikheid/jou ore, die versoendeksel/jou
mond/woorde oorskadu. Jou lippe of woorde word die versoendeksel genoem, want gebed
is versoening.
Wanneer
jy op jou woorde van gebed konsentreer, pennetreer dit jou brein baie beter.
Jy mag
dalk nou vra; waarom hou jy aan om te sê, hoor en konsentreer op die woorde wat
jy sê?
Wel,
doen dit en vind uit!!!!
Die
sesde ding om te doen is;
Vers 13
vervolg; aan u behoort die koninkryk en die krag en die heerlikheid tot
in ewigheid.
In
hierdie deel van jou gebed verseker jy God dat jy hom die eer gee vir alles.
Moenie
sê; ek glo u kan dit doen nie, maar sê; ek weet u kan die woorde vervul
wat ek gesê het; ek plaas u op die troon; ek verheerlik u om alle mag en eer te
hê, ek wil vra dat u doen soos ek sê, maar u wil geskied.
Geloof
kom nou tot ‘n einde, want kennis neem nou die plek van geloof; JY WEET, JY
HET KENNIS. Stel hierdie dinge op die proef en sien hoe alles vir jou in
vervulling gaan.
Tot nou
het God in elk geval al jou woorde in vervulling gebring; toe jy die slegte
gevra het, het hy dit vir jou gegee, en ook die goeie, maar jy het dit nie voorheen
verstaan nie.
Die
laaste ding om te doen is om jou gebed af te sluit met die woord AMEN
wat beteken; laat dit wees soos gespreek. Hiermee verseël jy jou gebed. Sê drie
maal Amen.
Gebruik
hierdie volgorde van gebed en resultate is gewaarborg.
Kom ons
som op;
Heilig
die naam van God.
Sê hoe
jy wil hê die koninkryk moet wees en GEE aan God.
Nou vra
jy jou daaglikse benodigdhede, eers vir ander en dan vir jouself.
Nou vra
jy vergifnis, eerstens vir ander en dan vir jouself.
Vra om
nie in versoeking te kom nie, noem die dinge waarmee jy sukkel en gee die eer
aan God.
Verseker
God dat alles aan hom behoort asook alle eer.
Sluit
jou gebed af met, amen.
Moses
het God gevra; as ek by die kinders van Israel kom en aan hulle sê; die God van
julle vaders het my na julle gestuur, en hulle vra; wat is sy naam? --- wat
moet ek hulle antwoord?
God het
geantwoord; Ek is wat/wie Ek is. Ook sê hy; Ek is het my na julle
gestuur. (Eksodus 3:14)
Die
woord Ek = God; ook, Ek = wie God in jou is of vir jou is.
Ek sê;
die woord ek = jou identiteit, wie jy is of wie God is.
God sê
dus; Ek is wat die woord Ek vir jou beteken.
God sê
dus; Ek = wie jy is en jy = wie Ek/God is.
Herhaal
hierdie woorde male sonder tal; EK IS WIE EK IS; herhaal dit TOTDAT jy
verstaan wat dit beteken.
EK GEE
JOU DIE BETEKENIS NAAMLIK; EK IS WIE GOD IS EN GOD IS WIE EK IS.
EK VRA;
WATTER BETEKENIS HET DIE WOORD EK VIR JOU?
Besef
u nou die waarde van u woorde? Verstaan u nou God is meer as net in jou hart,
Hy is in die woorde wat jy spreek. Inteendeel Hy is die Woorde wat jy praat.
Kan u nou al uself identifiseer met God?
Ons
vertel later heelwat meer hieromtrent en vertel onder andere hoe genesings kan
geskied.
DIE VAS.
Die
woord vas het die betekenis van; om die mond te seël, of om jou van
voedsel te weerhou asook van vleeslike gemeenskap te weerhou, bv. In die
huwelik. Maar ons praat van geestelike voedsel, want ons betree
nou die geestelike wêreld.
Wat is
geestelike voedsel?
Ons het
reeds verduidelik dat geestelike kos is; dit wat by jou ore ingaan,
want die goed wat by die oor ingaan gaan uit in jou asem of woorde met lewe en
skeppings-krag wanneer die brein dit vrystel. Woorde/die dinge wat by die oor
ingaan, word realiteit in die brein. Wat die hart van vol is loop die mond van
oor.
Woorde
hou lewe en dood. Niks kan so seer maak soos woorde en niks kan genees soos
woorde.
Ek sê;
woorde maak jou siek en woorde maak jou gesond.
Dink ‘n
oomblik hieroor en sê sewe maal hardop; my woorde het mag om my te genees en
my woorde het mag om my siek te maak.
Sewe is
‘n baie belangrike getal en dit help om dit wat jy vra sewe maal te herhaal.
Maar;
wat presies word met vas bedoel as dit sê dit beteken om die mond te seël?
Eerstens,
vas is nie net om jou van normale voedsel te weerhou nie, dit is nie al
wat die bybel ons leer nie.
Jesaja
58:5; volgens hierdie vers is vas ‘n kwelling vir die siel. Jy kwel nie die
siel deur nie te eet nie!!
Vas is
om ‘n dag te kies waar jy jouself afsonder en jy praat geen onheil en geen
vervloeking, met ander woorde, jy sluit die mond soos die betekenis sê.
Jy sê
net die goeie dinge van ander, jy wens hulle gesondheid toe, jy vra God om die
armes te voed, jy vra vergifnis vir ander en jouself, jy vra genesing, vir
welvaart ens.
Ek sê;
jy verseël jou mond vir die slegte en jy voed jou ore met die GOEIE VOEDSEL.
DIT
IS DIE BETEKENIS VAN VAS!!!!
Wat is
die goed daarvan om jou liggaam te straf om sonder kos te bly?
Verseker
kan jy die nut daarvan sien om jou mond te sluit vir die normale slegte dinge
wat ons daagliks sê en hoor.
Lees
Math. 6:16-25 en Jesaja 58.
Jesaja
58:6; is dit nie die vas wat ek verkies nie; dat julle losmaak die bande van
goddeloosheid, dat julle afhaal die stroppe van die juk en vry laat weggaan die
verdruktes en elke juk stukkend breek?
Jy doen
dit beslis nie deur nie kos te eet nie, doen jy?
Vers 7;
is dit nie dat jy jou brood breek vir hom wat honger het, en ellendiges,
swerwelinge in die huis inbring nie? As jy iemand sien wat naak is, dat jy hom
klee, en jou vir jou eie vlees nie verberg nie?
WAT
BETEKEN DIT OM JOU VIR JOU EIE VLEES NIE TE VERBERG NIE?
Dit
beteken dat jy jouself beoordeel en ondersoek in die dinge wat jy doen en sê;
EN VRA DAT DIT VERANDER.
Jy is
verseker nie so dom om te dink hierdie dinge word letterlik bedoel nie? NEE,
DIT IS DIE GEBED WAT JY MOET BID WANNEER JY JOU VASDAG HOU.!!!!
Daar
is ‘n groot gewaarborgde belofte indien jy dit wel so doen.
Vers 10
sê; jy moet jou siel laat uitgaan…
Dit kan
jy alleen doen deurdat dit jou gebed en lewenswyse is. Tradisioneel het klem geval
op die fisiese deelneem aan goeie dade, binnekort sal u ervaar dat u geestelike
woorde veranderinge bring sonder dat u self n vinger roer. U gebede sal dus die
reaksie en vervulling bring wat u nog altyd na verlang het.
Die
beloftes is volop soos;
Vers 8;
dan sal jou lig deurbreek --- en jou genesing skielik kom..
Vers 9;
dan sal jy roep en die HERE sal antwoord…
Vers11;
die HERE sal jou gedurigdeur lei, en jou siel versadig…
Vers
14; dan sal jy jou verlustig in die HERE, en ek sal jou laat ry oor die hoogtes
van die aarde en jou laat geniet die erfdeel van jou vader Jakob….
Lees
die hele hoofstuk.
Kom
bymekaar en beoefen hierdie voorbeeld wat God ons gee, op jou eie of saam met
ander en SIEN BOSTAANDE BELOFTES VAN GOD WAAR WORD!!!!!
Jy het
bes moontlik gebid, gevas en sonder enige resultate, my vriend hierdie is
“potent stuff”.
Daar is
altyd ‘n verkeerde en ‘n regte manier van dinge doen, naamlik ‘n mens kan by
die agterkant begin of by die begin!!!!
Voorstel; deur spieëls op die regte hoeke te plaas kan ‘n hele stad met slegs
een ligbron verlig word.
2 comments:
Baie dankie! Ek sit vir omtrent al 3 jaar op jou goete en nog nooit het die Bybel soveel sin gemaak nie! Dit is 'n ongelooflike werk wat u gedoen het en sal ek en my man u graag wil ontmoet. Ek het nog hier 'n daar 'n vragie.... so bang ek mis iets.
God seen U.
Groete.
Dankie Diana. Julle is welkom om my tw ontmoet, ek sien uit daarna.
Ryke seen johan
Post a Comment