Die openbaring van Johannes.
Openbaring van die antichris.
Jesaja 52:3. want so sê die HERE vir niks is julle verkoop, julle sal ook sonder geld gelos word.
Neem asseblief die vrymoedigheid om hierdie manuskrip te kopieër en gee dit aan vriend en vyand.
Niemand kan iets aanvaar as waar indien hy dit nie verstaan nie.
Jy kan nie sê 2+2 = 4 indien jy nie die waarheid daarvan verstaan nie.
Die bybel is gekodeer in die betekenis van woorde, gelykenisse, raaisels en spieëlbeelde, maar indien ons dit kan ontsyfer sal ons die bybel kan verstaan.
Sommige mense sal enigiets lees met die idée om dit te verwerp want hulle “weet reeds alles”; ander is weer ware soekers en sal met ‘n gesonde verstand oordeel; ander sal weer wag sodat ander namens hulle soek; dan is daar hulle wat vlugtig deur die geskrif blaai en dit dan verwerp omrede hulle dit nie verstaan nie. Dit is soos iemand wat voordat hy ‘n verhaal lees gou-gou agter in die boek kyk wie die moordenaar is; dan is die hele verhaal ‘n ete sonder smaak.
Nietemin, die verstandige sal altyd probeer luister en verstaan en om hierdie rede is daar wyses en die dwase.
Is jy ‘n verstandige? Is jy?
Wat ek probeer sê is; indien jy nie van voornemens is om hierdie manuskrip van voor tot agter te lees en dit te probeer verstaan nie kan jy dit net so wel nou in die snippermandjie gooi want jy sal dit nie verstaan nie en dit boonop verwerp want dit is nie vir jou bedoel nie.
Hierdie manuskrip openbaar die antichris en sy NO en die vraag is; sal die antichris en sy volgelinge die waarheid aanvaar?
Dit is beslis nie moeilik om te verstaan nie maar ek moet jou waarsku dit is geheel en al nuut vir die menslike brein. Nietemin, enige intelligente persoon sal dit verstaan.
Daar sal hulle wees wat verstaan, hulle wat nie verstaan en hulle wat nie sal wil verstaan nie. Natuurlik is daar ook altyd die gekke wat sal lag omdat hy net deur ‘n letterlike oog kan sien en alles wat hy nie verstaan nie afmaak as ‘n grap. Die bybel sê; die wyses sal gekke genoem word.
Joh. 3:27; ‘n mens kan niks aanvaar as dit hom nie uit die hemel gegee is nie.
Hierdie skrif sê; as jy nie hierdie manuskrip verstaan/aanvaar nie, is dit nie aan jou uit die hemel gegee nie.
Nietemin vir hulle wat wel verstaan is daar ‘n groot beloning, vir die ander sal dit HULLE VERLIES WEES.
Jy sal die betekenis uitvind van die gesegde; die waarheid maak seer.
Vir honderde jare al baseer die kerk sy dogma op die intellek van ou vergange kerkvaders en verander niks behalwe dat hulle die vroue van hoede vrygeskeld het. Dit is nie bedoel om ‘n belediging te wees nie maar beslis ‘n ware feit. Selfs Jesus het gewaarsku oor “die oorlewering van die ou mense.” Hierdie manuskrip is nuut en op die man af en maak vir niemand verskoning nie, maar dit is regverdig en bedoel vir hulle wat eerlik omtrent hulself kan wees, inteendeel slegs hulle wat eerlik is sal hierdie openbaring verstaan en aanvaar.
Die laaste boek in die bybel word genoem Openbaring; maar was dit al ooit ‘n openbaring of was dit eerder ‘n versëelde boek?
Volgens Openbaring 1:1 is die openbaring aan Johannes gegee. Die
skrywer van hierdie manuskrip se naam is inderdaad Johannes en jy kan nou besluit; is hierdie inderdaad die openbaring waarop jy gewag het; of is dit die openbaring waarop jy nie gewag het nie; dit mag jou dalk skok…
Nietemin, die idée is nie om jou te skok nie maar eerder om die blye boodskap waarop almal gewag het te bring, nogtans sê die bybel dat dit die wêreld sal verstom, voorwaar dit sal. Daar is egter ook baie goeie nuus!!!
Vir die eerste keer in die bestaan van die mens sal jy nou weet wat die verbode vrug is en wat presies in die tuin in Eden gebeur het.
Die verklaring van Jesus aangaande sy sending was; EK HET GEKOM OM VUUR OP DIE AARDE TE WERP EN VERDEELDHEID, NIE VREDE NIE. Lukas 12:49-51.
Inderdaad dit is verdeeldheid en vuur.
Verder is die verklaring van sy sending; Jerm.25:15-16 en 27-28; DRINK SAL JULLE. Math. 20:23; my beker SAL julle drink en gedoop word met die doop waarmee ek gedoop word. Mat. 26:27; drink almal daaruit. Rom. 6:3; of weet julle nie dat ons almal in sy dood gedoop is.
Jesus is gedoop met die dood en ons is almal met die dood gedoop, sy sending was om vuur, verdeeldheid en DOOD te bring, dit kom uit sy eie mond.
Wil jy dit verstaan?
Die verklaring van hierdie manuskrip se sending is; OM ALLES TE HERSTEL. Maleagie 4:5-6.
Om die lewendmakende wyn te bring waarvan Jesus gespreek het om te kom.
Maak jou breingordel vas en volg hierdie openbaring.
Die bybel leer ons dat God sewe geeste het en daarom mag dit blyk dat baie dinge herhaal word maar inteendeel, dit word elke keer deur ‘n ander oog beskryf.
Hierdie openbaring openbaar die volgende.
1) die bybel se weergawe van hoe die skepping ontstaan het.
2) die vrou van Kain.
3) Eden en die tuin.
4) Die boom in die tuin in Eden.
5) Die oopmaak van die sewe seëls.
6) Die berekening van die NO van die dier.
7) Wie die antichris is.
8) Die groot hoer en haar verborge naam.
9) Die betekenis van Golgota.
10) Die diepe slaap van Adam.
11) Die eerste en tweede opwekking.
12) Noag en die vloed.
13) Die toring van Babel.
14) Die tabernakel van Moses.
15) Die seun van die verderf.
16) Die beeld van God.
17) Lusifer die Môrester.
18) Wie is die Heilige “Gees”.
19) Die sewe basuine.
20) Kom die mens werklik van ape as ons voorsade; wat sê die bybel hiervan?
21) Die dier uit die see.
22) Die dier uit die aarde.
23) Die rooi draak met sy sewe koppe en tien horings.
24) Die graf van Jesus (is nou bekend).
25) Ons het die fliek “the passion of Christ” beleef; was dit werklik Jesus wat aan die kruis gesterf het?
26) Onlangs het ons gehoor van die evangelie van Judas;
Wat sê die bybel aangaande Judas se evangelie? Jy sal verbaas wees om te hoor wat die bybel sê.
27) Dan Brown se boek die Da Vinci kode het opslae gemaak; wat sê die bybel aangaande hierdie aantygings?